Fotos van YAHUVEH se Glorie wat HY
aan my openbaar het





30 Januarie 2010
Twee gesigte van YAHUSHUA in die wolke

Vandag was ek besig om met 'n swartman te gesels. Hy het 2 weke gelede vir my gevra of ek nie vir hom 'n Afrikaanse bybel het nie. En vandag het ek vir hom een gaan gee.
Ek het hom vertel dat YAHUSHUA vinnig terug kom. Ek het ook vertel van die Almightywind profesieë en dat dit die waarheid is wat ons Hemelse Vader YAHUVEH en YAHUSHUA aan 'n profeet met die naam Elisabeth Elijah spreek.
Toe voel ek skielik gelei deur die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) om 'n foto van die wolke te neem.
En toe ek die foto oopmaak op my foon, sien ons twee gesigte van YAHUSHUA ons MASHIACH in die wolke. HalleluYAH!! YAHUSHUA U is sooo Groot!!!



Een gesig kyk op en die ander is 'n duidelike gesig van YAHUSHUA ons MASHIACH


Ek het duidelik gemerk waar YAHUSHUA ons MASHIACH se gesigte is.


30 Januarie 2010
'n Veertjie in die wolke

Vandag het ek ook 'n veertjie in die wolke gesien. Die oomblik toe ek besef dit is 'n veertjie waarna ek kyk, het Psalm 91 by my opgekom. "HE covers us with HIS feathers and under HIS wings we take refuge."
HalleluYAH!! Baie dankie ABBA YAHUVEH vir die wonderlike tekens in die wolke. U is soo Groot en ons dank U dat U altyd daar is vir ons en dat U ons beskerm met U vlerke.





22 Januarie 2010
YAHUSHUA se Hand wat die son vashou!!

Sjoe!! YAHUSHUA het ons waarlik vandag weer geseën met hierdie amazing foto van SY Hand wat die son vashou. Julle kan duidelik SY mou van SY kleed sien.




24 September 2009
YAHUSHUA teken 'n groot duif in die wolke.

Wow!! Ek was besig om 'n webbladsy te ontwerp wat gehandel het oor die groot doop en ook oor die doop van die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES). Toe ek skielik gelei was om uit te gaan en die foto in die wolke te neem. Kan julle die duif sien. Die HEILIGE GEES het in die vorm van 'n duif op YAHUSHUA neergedaal nadat HY gedoop was.




3 Junie 2008
YAHUSHUA openbaar SY gesig in die wolke

Terwyl ek buitekant besig was om vir iemand van die Almightywind website, waarna YAHUSHUA my gelei het, te vertel, sê ek vir hom. "Jy weet nooit. YAHUSHUA kan nou net daar vanuit die wolke vir ons glimlag." Wel op daardie selfde oomblik maak die wolke oop en ek sien hierdie helder lig skynsel wat na vore kom. Die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) sê toe vir my, "Neem fotos". En dit is toe wat ek doen.
Later, toe ek by die huis kom en die fotos op my rekenaar laai, is dit wat ek toe sien.
YAHUSHUA het waarlik SY gesig in die lug geopenbaar!
Prys YAHUSHUA ons MASHIACH!!



Die helder lig skynsel.


YAHUSHUA ons MASHIACH se gesig! HalleluYAH!!


6 Maart 2008
YAHUVEH wys vir my SY Hand in die wolke

Ek was besig om in my kar te ry, toe die RUACH HA KODESH (Heilige Gees) vir my sê, "Stop jou kar en klim uit en kyk in die wolke." Wel ek het net daar gestop en toe sien ek YAHUVEH se hand in die lug.


Die kamera wat ek het, het nie 'n "wide angle" lens nie.
Anders sou ek SY hele hand in die foto kon kry.


Later daardie dag, het ek bevestiging van die profeet Elisabeth Elijah
gekry dat dit wel YAHUVEH se hand is wat HY bokant Suid Afrika gehou het.
SY woorde aan haar was, "Ja, dit is MY Hand wat in die foto is. MY Hand wat MY Kinders sal beskerm, maar wat ook MY woede gaan uitstort oor die mense wat MY nie wil ken nie of wat nie 'n sterk verhouding met MY het nie!"
Dankie ABBA YAHUVEH. U het gepraat..


5 Junie 2007

YAHUVEH skryf op 2 verskillende kere SY NAAM in die Wolke

Ons was besig om vir vriende op 'n plaas te kuier. Oomblikke voordat ek hierdie foto geneem het, het ons in die kombuis gesit en gesels. Ek het vir my tannie vertel dat ek op 'n webwerf geleer het dat Jesus se Ware NAAM, YAHUSHUA is en dat God se Ware NAAM, YAHUVEH is. Die mense was baie geseën met wat hulle gehoor het.

Tien minute later, het ons vertrek. Ons het so ruk gery en toe moes ek stilhou om die plaashek oop te maak. Skielik het ek net hierdie baie sterk gevoel gehad om op te kyk in die lug. En toe sien ek dat ABBA YAHUVEH (GOD) SY Ware NAAM in die wolke geskryf het.
GOD se NAAM is YAHUVEH. Die korter weergawe van SY Naam is YAH. En HY het die letters Y....A....H in die wolke geskryf. Wanneer jy die foto bestudeer, kan jy sien dat HY selfs die letters van regs na links geskryf het. YAHUVEH is 'n Hebreeuse Naam, en die Hebreërs skryf ook van links na regs. Was YAHUSHUA (Jesus) nie as 'n Hebreeuse seuntjie gebore nie?




ABBA YAHUVEH het ook op 'n ander geleentheid SY NAAM in die wolke geskryf. Ek en 'n gewese vriend was daardie dag besig om in die strate rond te loop en vir die mense te vertel dat YAHUSHUA se koms nie meer ver is nie.
Later die dag, terwyl ek oppad huis toe was, het ek die letters Y...A...H in die lug gesien. ABBA YAHUVEH het weer SY Ware Hebreeuse NAAM in die wolke geskryf. Amen! Dankie ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA ons MESSIAS en die Heilige Gees (RUACH HA KODESH)!!




Ek het hier met 'n paint program die letters ingeteken, sodat julle kan sien waar dit in die lug geskryf was.