Waarskuwing aan die vyf State...
Arkansas, Texas, California, Nevada, Missouri


Wees op die uitkyk, Wes Virginia!


Van: Jason Adams
Aan: revholyfire@yahoo.co.uk
Onderwerp: Wes Virginia
Datum: Woensdag, 26 Oktober 2005 07:28:23-07:00

Het nou net jou droom gelees in verband met Wes Virginia. Ek het daar groot geword, ek kan moontlik meer lig skyn op die onderwerp. Die hele Ohio valei is gevul met chemiese fabrieke, steenkool myne, krag stasies, ens so dit is 'n moontlike teiken.

Dit is my persoonlike opinie dat aangesien daar so baie chemiese en bio- chemiese fabrieke in Wes Virginia is, selfs net 'n ongeluk en nie noodwendig 'n terroriste aanval, sal veroorsaak dat die hele staat onder kwarentyn geplaas word.

Vertel die mense dat hulle hulself moet verneder en op hulle knieë neerval en wegdraai van hulle sondes af en YAHUVEH vra om dit nie te laat gebeur nie, en bid vir YAHUVEH se genade! Nog net eenkeer voorheen het ek twee drome so rug teen rug gehad. Wes Virginia kom onder YAHUVEH se woede en net innige gebed sal dit verhoed!

Iets gaan die mense blok om of in of uit te kan gaan en dit sal wees asof die plek nie bestaan nie. Ek het vir iemand gevra “ wat het gebeur?” Dit is asof die regering iets wil wegsteek. Iets bo menslik het gebeur en ek het die volgende gesien.

24 April 1998, 13:00, het ek wakker geword. My droom was so realisties. Ek het 'n 3 dimensionele kaart gesien wat van klei gemaak is. Op een van die state wat uitgebeeld is, was die naam Wes Virginia. Toe sien ek 'n hand wat Wes Virginia afbreek en dit was glad nie meer op die kaart nie!

Dit was grys klei in die groot hand. Toe ek iemand van die droom vertel, sê hy, niemand het verwag dit sal gebeur nie, maar niemand kan meer Wes Virginia binne gaan nie want dit is asof daar nie meer 'n ingang is nie! Toe sê ek “maar het jy gehoor dat daar iets bomenslik besig is om daar te gebeur?”

Einde van die droom.

Drie ure later nadat ek op die internet was en na die kerk se webtuiste gekyk het, het ek nog 'n droom gehad. Wanneer YAHUVEH my 'n droom gee, dan luister ek. Maar wanneer YAHUVEH twee keer met my praat, dan luister ek aandagtig!

Ek het by Sheila Walsh gestaan wat gewoonlik saam met Pat Robertson was. Sy was baie bekommerd terwyl sy luister en het gesê, Pat moet dit hoor. Ek moet jou by Pat kry sodat jy hom kan vertel en dat hy kan bid, en ander mense vra om hulleself te verootmoedig voor YAHUVEH en hulle rug draai op hul sondes. Dan moet hulle bid vir genade dat hierdie dinge nie gebeur nie. Ons het altwee gehardloop na 'n kar wat gelyk het of dit vir ons wag.

Einde van die droom.

Die mense van Wes Virginia moet vir genade bid vir hulle staat. Ek was nog nooit in Wes Virginia nie, en ek ken ook niemand wat daar bly nie. Ek woon in Indiana. Hoekom YAHUSHUA wil hê dat ek die waarskuwing moet gee, weet ek nie maar ek weet dat Hy eers Sy profete stuur om te waarsku, voordat Hy die oordele stuur.

Om mee af te sluit, as jy aan YAHUSHUA behoort, dan sal jy weet dat YAHUSHUA ons nie 'n Gees gegee het van vreesagtigheid nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. Bid asseblief dat hierdie droom nie sal waar word nie en dat die Heilige Gees vir Wes Virginia, Pat of Sheila Walsh sal wys wat YAHUVEH so kwaad gemaak het. Wat beteken dit dat Sy hand WesVirginia so afbreek soos 'n stuk grys klei? Hoekom is daar geen ingang na die staat nie? Wat se tragedie word beplan? 'n Atoombom aanval? 'n Orkaan?