Ek het nog nooit geglo in vreemde vlieënde voorwerpe nie, en nog minder aan gevaarlike buiteruimse wesens totdat ek die droom gehad het in Mei 2005. Van toe af het ek openbarings begin kry oor wat dit is en die ergste van alles is, dit is die waarheid. Dit is die droom wat "MOMMA WISDOM" van praat in "Profesie 89".
Dit is wat SY gesê het, "Ek het jou die droom gegee van wanneer die vreemde vlieënde voorwerpe gaan kom. Waarlik hulle is satan se weermag, en het 'n reg tot diegene wat die verkeerde naam (Jesus) aanroep want hy (die seun van satan) sal sê "Hier is ek." Na wie toe sal julle uitroep as dit gebeur?


Die V.V.V.s Is Oppad! Wat Gaan Jy Doen?

Ek het myself gesien in 'n plek wat soos n stad lyk. Ek het gesien hoe mense vreesbevange weghardloop vanaf V.V.V.s. Daar was veral een groot V.V.V, in die vorm van 'n sigaar, met twee vinne op die een punt van die V.V.V. Mans en vrouens het gillend geroep," JESUS HELP ONS!" Toe sien ek die hoe dieselfde, sigaar vorm V.V.V. 'n blou/groen ligstraal uitskiet. Die helder blou/groen straal sal die mense tref en hulle dan optrek in die maag van die V.V.V. Die mense het bly skreeu, "Jesus help my!" net om tevergeefs deur hierdie sigaar vormige V.V.V. opgetel te word. Niemand kon van die V.V.V. af weghardloop nie.

Skielik was die spesifieke V.V.V. bokant my. Ek het probeer weghardloop, maar kon nie. Ek het gesien hoe die blou straal na my toe kom. Net toe die lig bo my is roep ek uit, "YAHUSHUA bewys aan my dat U my gebede verhoor, help my!" Die straal stop toe onverwags net hier bokant my, toe ek die naam YAHUSHUA gebruik. Meteens gaan dit toe na die naaste persoon wat "JESUS" skreeu. En so was hulle almal al skoppende en skreeuende en gevul met vrees, opgetel deur die blou straal, en tot binne in die sigaar vormige V.V.V. ingetrek.

Einde van die droom.

Hierdie bediening waarsku mense hoekom dit so belangrik is om die Hebreeuse NAAM van ons Messias YAHUSHUA of YAHSHUA te gebruik. Die naam van Jesus Christus het nou nog verlossende, salwing, geneesende, vrymaakende krag, maar dit SAL NIE enige krag hê, tydens die Groot Verdrukking nie. Ek glo wel nie ek sal hier op aarde wees tydens die Groot Verdrukking in my aardse liggaam nie. Alhoewel ek in die droom daar was om almal nou te kan waarsku. In die droom is dit ook 'n waarskuwing dat die antichris, wat die seun van satan is, die naam van Jesus Christus sal gebruik, omdat christene regoor die wêreld, van alle tale gebruik maak van die naam, Jesus Christus. Die mees bekendste evangeliste berei die mensdom voor vir hierdie Blou Straal Wegraping, wat 'n valse wegraping is.

Apostel Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu)
Mei 2005