Wees gewaarsku! Antichris/Buiteruimse Wese/Vals Profeet Hipnotiseer Mense Met TV
Elisheva het mense gesien TV kyk en sy was in hierdie vrou se huis. Die vrou het 'n draagbare TV gehad, bedoelende dit was nie teen die muur gemonteer nie. Die vrou het gestaar na die TV en gehang aan die lippe vir elke woord wat 'n persoon op TV besig was om te sê. En sy het nie eens geweet Elisheva was daar nie. Elisheva het selfs haar hand geneem en dit beweeg voor die vrou se gesig en sy het gesien die vrou was in 'n trans. Elisheva het op haar geskreeu en sy het haar nie gehoor nie. Elisheva het probeer om die TV af te skakel. Dit wou nie afskakel nie. Sy vat toe 'n hammer en slaan die monitor skerm. En dit het afgegaan en natuurlik was daar 'n groot gat in en al die krake. En die vrou het begin om haar kop te skud uit te kom uit die hipnotiese trans asof sy nie geweet het waar sy was nie. Sy het na Elisheva gekyk vir die eerste keer met 'n uitdrukking op haar gesig wat gesê het, "Wat het gebeur?" Terwyl Elisheva gejuig het dat die houvas op haar gebreek was, het sy hierdie kraak geluid gehoor en voor haar oë het sy gesien hoe die TV homself herstel en dit weer aangaan. Toe het die vrou se kop terug gedraai om weer na die TV te kyk.
Einde van die droom.
Hierdie drome herinner Elisheva aan 'n droom wat aan haar gegee was in die middel 90`s en dit is nie die eerste keer dat sy hierdie droom gehad het nie. Vir veiligheidsredes sal sy nie alles in die droom verklap nie maar in die toekoms sal dit verpligtend wees 24 uur 'n dag. In die droom was daar 'n vals evangelie op die TV stel en niemand was toegelaat om dit af te sit nie of hulle sou gearresteer word. Elisheva het gesien iemand doen iets om hulle uitsending te onderbreek sodat die ware Evangelie van YAHUSHUA HA MASHIACH nie gepreek kon word nie, die godsdienstige leuens te ontbloot wat daar uitgesaai was en toe dit onderskep was vir 3 minute was mense vrygemaak van daardie hipnotiese trans op hulle wat veroorsaak het dat hulle die leuens glo. Toe hierdie gebeur het het twee mans in swart opgedaag by die huis van die persoon wat hulle uitsending onderbreek het en die mans het die persoon beskuldig dat dit hy is wat dit doen, deur te sê dit was opgespoor tot by hierdie huis. Maar toe hulle gesien het wie daar gebly het, het hulle hulle kop geskud en gesê," Nee, ons moet verkeerd wees. Dit kon nie van hier af kom nie." Daar was meer in hierdie droom wat nie op hierdie tydstip verklap kan word nie maar leser, wees gewaarsku. In een van die Profetiese Boodskappe wat geplaas was, het YAHUVEH 'n waarskuwing gegee dat die wêreld 'n buiteruimse wese sal sien in 'n onderhoud op die TV wêreldwyd. Wees versigtig na wie jy kyk op TV. Want die dag van die antichris kom vinnig nader, die seun van satan.
Elisheva het so pas vir Oprah Winfrey gesien op TV, 8 Desember 2007, 'n promosie vir Barak Obama in Iowa waar daar 18,000 teenwoordig was. En hulle het almal gesê hulle gaan vir Obama ondersteun as gevolg van wat Oprah Winfrey gesê het. Deur na haar te luister, as jy nie van beter geweet het nie sou jy dink sy staan vir Presidentskap. Wees versigtig vir hierdie vals profetes met 'n slang se tong wat 'n boek geskryf het genaamd," Die Evangelie van Oprah" (The Gospel of Oprah). In haar boek sê sy, daar is baie paaie na die Hemel toe. Sy wyer om te glo dat JESUS CHRISTUS/YAHUSHUA die enigste weg is. Sy erken nie so 'n ding soos sonde of hel nie. Leser, pasop. In een van die onlangse Profesieë sê YAHUVEH sy sal siele lei na die antichris toe, die seun van verderf. Is sy die ware vals profeet wat gestuur is deur satan om die wêreld te mislei?