Vir Diegene wat Geroep is om die Bruid te wees van YAHUSHUA, wat in Ongelyk Gejukte Huwelikke is
Oorgeskryf vanaf audio band:
Hierdie droom was op 12 Augustus en dit was nadat gelees is wat .............. geskryf het (op die YDS forum) en my geliefde man het nie gehoor van YAHUVEH nie, so [my man] het begin werk om Profesieë bymekaar te kry oor wat YAH dink van ongelyk gejukte huwelikke. En soos gewoonlik wag ons net vir 'n Woord om na vore te kom. Ons het alreeds die Profetiese Woorde van YAHUVEH gehad so ek het nie regtig hierdie droom verwag nie. Toe ek hierdie droom gehad het was ek nie van plan om [my man] te vertel nie want ek het gedink dit was dom (gelag) en somtyds is ons “domste” drome die diepste drome.
Hierdie keer het YAHUSHUA my 'n droom gegee wat 'n gelykenis was, my einste eerste gelykenis. (Gelag) “Gelykenisse is verskriklik” as jy nie (gelag) onderskeiding het nie. My man het my 'n kyk gegee soos jy nie kon glo nie, maar dis die waarheid. Ek wil net nog een ding byvoeg, ek het wakker geword met die ergste hoofpyn reg in die middel van my voorkop, waar ek weet die seël is, die seël vir die Bruid. My seun het dit voorheen gesien, toe ek eerste georden was as 'n Apostel. Ek het nie toe geweet wat dit was nie. Nou doen ek. En dit was daardie aaklike, aaklige drukkende pyn. Maar die wonderwerk deel was toe ek [my man] die droom begin vertel het, toe ek gelei gevoel het, en ek bly hoor het, "Jy moet [jou man] die droom vertel.” En ek het gedink, “Nee, hy's nie in 'n goeie bui nie. Ek dink nie so nie.” Maar (laggie) soos ek gehoorsaam het en ek hom vertel het teen die tyd wat ek die hele droom vertel het, was die drukking in my kop weg en nie net dit nie, ek het onderskeiding gehad. Hierdie is vir al diegene in gevaarlike ongelyk gejukte huwelikke, ons het 5 mans op die oomblik, soos die “5 Wyse Maagde”, plus ons het K natuurlik maar ons praat oor die mans op die oomblik en almal van hulle is geestelik ongelyk gejuk en almal van hulle moet nie in hierdie ongelyk gejukte huwelikke wees nie soos YAHUVEH verorden het. Hierdie mans gaan bewys wie hulle die liefste het, of dit hulle rebelse heidense vrouens is, diegene wat in rebelsheid wil wandel, of dit nou hulle Geliefde YAHUSHUA ons MASHIACH is. Sommige van hierdie mans het alreeds hulle besluit gemaak vir YAHUSHUA, PRYS YAHUSHUA!
Hier is die droom. Man ek hoop ek kan hierdie doen. Ek het hulp nodig om te onthou omdat so baie dinge na ons toe gekom het, soos 'n aanslag, soos 'n stortvloed. Ugh….OK.
Droom
Ek was verloof om te trou met 'n man en die man was nie baie gaaf met my nie. Daar was 'n vasgestelde datum vir die huwelik en ek was veronderstel om besig te wees om my dinge te koop wat 'n “Aanstaande Bruid” koop en dit sou 'n groot, pragtige, deftige troue wees maar die man wie ek gedink het YAHUVEH wou gehad het ek mee moes trou, daardie was die enigste rede wat ek met hierdie man sou trou was omdat ek gedink het YAHUVEH wou hê ek moes met hom trou. En hy het geweet ek het gedink YAHUVEH wou hê ek moes met hom trou. So hy het opsetlik in hierdie verskriklike groot baie groot geveg met my betrokke geraak om die troue te vertraag, so ek kon nie voorberei vir die troue of my trourok koop nie. En hy het geweet enige tyd wat hy wou kon hy my manipuleer en sê, “Die troue gaan weer voort.” Maar hy wou hê ek moet seker maak dat ek nie al die seëninge kry wat 'n bruid moes gereed maak en koop voor die tyd wanneer sy haar groot troue beplan nie. Ek was baie, baie depressief en baie ongelukkig want ek wou nie met hierdie man trou nie maar ek het gedink ek word gedwing om dit te doen oor wat YAHUVEH wou hê.
Tussen hierdie deur, het ek Kathrynyah gesien, in my droom. Kathrynyah was ook verloof om te trou en sy was saam met haar Bruidegom. Ek het net geweet dat sy in en uit die kamer bly gaan het waarin ek was en sy sou net een ding sê, “Oops! Moet gaan inkopies doen!” En sy het gelag, gelukkig en jubelend dat sy 'n liefdevolle vrygewige bruidegom het. Ek het hartseer na haar gekyk elke keer wat sy dit gedoen het en ek het gedink, “Dit moes ek gewees het! Ek moes kon gaan om inkopies te doen vir my troue!” Maar in plaas daarvan was ek verloof aan hierdie bose man. Ek gaan hom nou boos noem want ek het niks van hom gehou nie. Hy was beheersend en baie manipulerend en my familie het jammer gevoel vir my en hulle het bly sê, “Moenie bekommer nie. Hy sal sê die troue is weer aan. Dis net sy tydsberekening.”
In die tussentyd is daar 'n ander man. Hy wou my Bruidegom wees. Hy het my so liefgehad. Hy het gesê, “Daars nie enigiets wat ek jou nie sal gee nie. Ek wil nie hê jy moet ongelukkig wees nie. Ek wil nie hê jy moet misrabel getroud wees nie. Kom trou eerder met my. Ek sal jou nie beledig nie. Ek sal jou nie mishandel nie. Ek sal nie goedkoop met jou wees nie. Ek sal jou nie manipuleer nie.” En ek het, ek was lief vir hierdie ander man, maar omdat ek gedink het ek het 'n gelofte gemaak aan YAHUVEH, en HY wou hê ek moes met die gemene ou trou, was ek verward en ek was verskeur en ek het nie geweet wat om te doen nie.
So die einde van die droom is…die gemene bruidegom het vir my gelag en hy het gesê, “Yeah, wel, jy kon saam met die ander ou gewees het jy weet.” Ek het na hom gekyk en ek het gesê, “Jy weet dat ek regtig geglo het dat YAHUVEH my vertel het om met jou te trou.” Hy het net vir my gelag want hy het geweet hy was in beheer van die situasie. Alles sou sy manier wees. En basies sou dit wees as ek met hom sou trou was ek gedoem om misrabel getroud te wees. Toe het die telefoon gelui en ek het wakker geword met 'n aaklike pyn in my kop totdat ek hierdie droom vertel het.
Einde van Droom
Toe ek eerste begin het om [my man] te vertel het ek nie 'n idee gehad wat die droom beteken het nie. [my man] het bly sê, “Ek is nie goekoop nie is ek?” Ek het gesê, “Wel, in die begin van ons huwelik was jy maar jy is nie meer nie.”
[My man]: “Vee daardie van die band af…”
Elisheva: (Laggend) Ek het kommentaar gekry van die “Peanut Gallery” daar oorkant. Ek het gesê, “Moenie bekommer nie ek wou jou nie vertel het nie. Ek weet jy is nie my gemene bruidegom nie. Hierdie moet 'n geestelike betekenis hê.
Skielik het YAHUSHUA gesê, “Ek het vir jou 'n gelykenis gegee in die droom. Dis die ‘5 Wyse Maagde’, en dit het betrekking op die Bruid”. En ek is soos, “Yeah! Whoa! Nou het ek die betekenis gekry”, so hier gaan dit. En sommige van julle sal selfs meer van 'n betekenis kry.
Droom Interpretasie:
Daar is deel van die Bruid, beide manlik en vroulik, sommige wat misrabel getroud is. Hulle is misrabel getroud en hulle het die beledigings verdra, die manipulasie verdra, hulle het die beheer verdra want hulle het lank gelede 'n gelofte gemaak en hulle dink YAHUVEH het hulle vertel om dit te doen. Maar YAHUVEH het nie. En dan is daar diegene wat nie misrabel getroud is nie tog is hulle in geestelik ongelyk gejukte huwelikke. Daardie is die volle sleutel tot alles hiervan. YAHUVEH het hulle nie in hierdie huwelik geplaas nie dit was hulle eie vlees. YAHUVEH wil hê julle moet vry wees. Kathrynyah is in die droom. Sy weet reeds sy kan gaan inkopies doen. Sy het toegang tot alles in die Hemel en haar Bruidegom weerhou niks van haar nie. Kathrynyah is in hierdie posisie want sy het haar geestelik ongelyk gejukte man geskei in Maart hierdie jaar. Dit is waarom sy gereed maak vir haar huwelik met YAHUSHUA, ons MASHIACH.
In die droom het ek iemand wat my baie, baie liefhet. As die Ringmaagd moet ek beide kante van die partye speel dink ek, diegene van die miserabele getroudes en diegene van die Bruidegom. En ek het iemand wat my baie, baie liefhet en HY wil my alles gee. HY wil my volle toegang gee tot die Hemel. HY wil my SY Bruid noem. Maar in die droom is ek verskeur. In werklikheid is ek nie verskeur nie. Ek wil net dit op rekord plaas. In die droom moet ek die ander kant wys van diegene wat verskeur is in hierdie ongelyk gejukte huwelikke.
Die hoof boodskap van die droom is julle het 'n keuse, julle kan bly in julle misrabele huwelikke, dink dat jy YAHUVEH behaag wanneer jy dit nie doen nie, vir 'n gelofte wat jy lank gelede gemaak het. Of jy kan die Bruid van YAHUSHUA wees, ons MASHIACH, wie jou 'n lewe van geluk wil gee en volle toegang tot die Hemel. Een van die seëninge is jy hoef nie deur die Groot Verdrukking te gaan nie as jy Openb. 14 Bruid is. HY het jou so baie, baie, baie lief, net soos HY my liefhet in die droom. Ek het my keuse gemaak. Ek het my miserabele huwelik opgegee van baie, baie jare, gedink ek moes 'n gelofte hou aan 'n GOD wat ek nie eens toe geken het nie. En nou is ek baie gelukkig getroud nie net op hierdie aarde nie maar ek behoort aan YAHUSHUA wie my BRUIDEGOM is, my eerste BRUIDEGOM. En soos [my man] gesê het, “Dis geen toeval dat ons vyf mans het op die oomblik wat hierdie besluit maak nie en sommige het YAHUSHUA gekies bo hulle heidense vrouens,” en almal van hulle het aardse geloftes gemaak. So daardie is die betekenis. Daardie is die gelykenis van die droom. As ander meer daaruit kry laat my weet maar dit was nie 'n dwase droom nie. Dit was 'n droom om mense vry te maak. En dis nie selfs net vir die Bruid nie, dis vir al diegene wat YAHUSHUA liefhet. HY wil nie hê mense wat aan HOM behoort moet miserabel getroud wees nie. Daardie is nie waaroor huwelik gaan nie.
Ek onthou lank gelede het HY my vertel, HY het gesê, “Elisheva, as jy dink daar wag 'n beloning vir jou in die Hemel omdat jy miserabel getroud gebly het, is jy verkeerd.” Daardie is wat HY my vertel het. Ek dink ek het gedink ek gaan 'n beloning kry deur miserabel getroud te bly maar wanneer HY jou vertel om te gaan, gaan jy, want as jy nie doen nie, dan het jy daardie miserabele huwelik gekies. (Lees Elisheva se Getuienis)
[My man]: Jy sal nie getroud wees met YAHUSHUA as jy geroep is om SY Bruid te wees en jy kies om te bly in 'n ongelyk gejukte huwelik nie, hierdie is die "bottom line".
Elisheva: Daardie is net die harde werklikheid. Die Bruid van YAHUSHUA, wanneer hulle vertel word om uitmekaar te gaan, moet hulle uitmekaar gaan. En daardie is daardie heidense man of vrou se keuse want die tyd is nou gevaarlik om in 'n ongelyk gejukte huishouding te wees. Hulle sal die wees wat jou oorgee en [my man] en ek het ook hierdie openbaring gekry, ons het altyd gedink dat die gevaar sou wees gedurende die Groot Verdrukking. Ons glo daardie nie langer nie. Ons sien YAHUSHUA gebruik die skeiding swaard soveel keer. Jy doen HOM nie enige guns deur jou te sien huil en misrabel te wees en beledig en gemanipuleerd en beheerd, aanhoudend te moet kies, gedwing te word om te kompromitteer of dat jy nie saam met daardie eggenoot kan lewe nie. So hierdie is die betekenis van die droom en ek sien uit na wat ander sê. Die nuwe gelykenis van die Vyf Wyse Maagde, kom uit hierdie misrabele huwelikke uit terwyl julle kan voordat dit te laat is en jou jou lewe sal kos.
[My man]: Dit sal jou kos om die Bruid van YAHUSHUA te wees.
Elisheva: Dit sal jou kos om die Bruid te wees.
[My man]: Daardie is die belangrikste ding. Jy kan nie getroud wees met YAHUSHUA as jy bly in hierdie heidense huwelik nie. HY sal nie met jou trou omdat jy hierdie ander heidense vrou of man kies nie.
Elisheva: Daardie is presies wat dit beteken. Dit beteken jy is liewer vir daardie heidense vrou of man as vir YAHUSHUA. Ek weet wat ek gekies het en ek bid dat wie ookal luister hierna dat jy ook die regte keuse sal maak want ons YAHUSHUA, ons Geliefde MASHIACH, wil net die beste hê vir jou en nie die slegste nie. Oor en uit!
Apostel Elisheva Elisheva
Mat 10:32
Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor My Vader wat in die Hemele is.
Mat 10:33
Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor My Vader wat in die Hemele is.
Mat 10:34
Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.
Mat 10:35
Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder.
Mat 10:36
En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees.
Mat 10:37
Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie.
Mat 10:38
En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.
Mat 10:39
Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
Mat 10:40
Wie julle ontvang, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
Mat 10:41
Wie ‘n profeet ontvang omdat hy ‘n profeet is, sal die loon van ‘n profeet ontvang; en wie ‘n regverdige ontvang omdat hy ‘n regverdige is, sal die loon van ‘n regverdige ontvang.
Mat 10:42
En elkeen wat een van hierdie kleintjies net ‘n beker koue water laat drink, omdat hy ‘n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
Neh 13:23
In dié dae het ek ook Jode gesien wat Asdodiese, Ammonitiese, Moabitiese vroue getrou het.
Neh 13:24
En van hulle kinders het die helfte Asdodies gepraat, of die taal van watter volk ook al; maar hulle kon geen Joods praat nie.
Neh 13:25
Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek, en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!
Neh 13:26
Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie? Alhoewel daar onder baie nasies nie ‘n koning gewees het soos hy nie en hy ‘n liefling van sy God was, sodat God hom as koning aangestel het oor die hele Israel, het die vreemde vroue hom tog sonde laat doen.
Neh 13:27
Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen God deur vreemde vroue te trou?
Neh 13:28
En een van die seuns van Jójada, die seun van die hoëpriester Éljasib, was ‘n skoonseun van Sanbállat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af weggeja.
Neh 13:29
Dink aan hulle, my God, oor die bevlekking van die priesterskap en van die verbond met die priesterskap en met die Leviete.
Neh 13:30
So het ek hulle dan gereinig van al wat vreemd was, en die diensordeninge vir die priesters en die Leviete vasgestel, vir elkeen in sy werk,
Neh 13:31
ook vir die lewering van hout op vasgestelde tye en vir die eerstelinge. Dink aan my, my God, ten goede!