Die Vyf Wyse Maagde




Hierdie droom was gegee aan lid op sy verjaardag 11 Februarie 2008

Hy was in 'n vertrek saam met 'n klomp volwassenes, beide mans en vrouens. Almal het gepraat en was in gesprek met mekaar. Toe het hy opgelet dat 'n man in die vertrek instap saam met wie hy gewerk het by 'n adolossente behandeling sentrum. [Hy kan nie sy naam onthou nie.] Die man het gekyk na Hom maar het Hom nie herken nie maar Hy het hom herken. So het Hy na hom toe gegaan en gesê, "Het jy gewerk by ..........behandeling sentrum. Die man het gesê, "Ja" en Hy het gesê, "Ek is Hy, ek was jou baas by die behandeling sentrum." Die man het gesê, "Wow, ek het jou nie herken nie. Jy het so baie verander." Hy het grappenderwys gesê, "Is dit ten goede of erger."

Sodra Hy dit klaar gesê het, het almal in die vertrek op die vloer geval en hulle was bewusteloos. Hulle het nie hard geval op die vloer nie maar baie saggies soos in stadige aksie. Hy was die enigste een wat staande gebly het in die vertrek en het gestaan en gekyk na almal wat plat lê. Hy het vir YAHUVEH gesê, "Nou wat doen ek Abba" en YAHUVEH het gesê, "Spreek die woorde wat EK in jou mond plaas." Daarom het Hy sy mond oopgemaak en gesê, "Almal in hierdie vertrek wat 'n ware verhouding het met YAHUSHUA ha MASHIACH ek beveel julle om nou op te staan."

Sodra hy dit gesê het het hy 'n vrou gesien opstaan aan die buitewyke van die vertrek by die buite muur, toe het nog 'n vrou opgestaan, toe het nog 'n vrou opgestaan, toe het nog 'n vrou opgestaan en uiteindelik het nog een vrou opgestaan. Al hierdie vrouens het gestaan aan die buitewyke van die vertrek by die buite muur en het in 'n ry langs mekaar gestaan geskei deur ongeveer 'n 5 voet spasie. Toe het Hy gewys na die vrou aan die regterkant van hom en het begin tel 1,2,3,4,5 terwyl hy gewys het na elke vrou in volgorde. Toe het Hy gesê, "Die Vyf Wyse Maagde." Die vrouens was baie opgewonde en het na hom toe gehardloop en die eerste een het vir hom gesê, "Sal jy my soen op my wang" en Hy het haar gesoen op haar wang maar niemand van die ander nie.

Toe het Hy op 'n bank gesit in die vertrek en Elisheva het langs hom gesit. Daar was 'n hut langs die bank en 3 van die 5 vrouens het in die hut gesit en met mekaar gepraat. Hy en Elisheva het op die bank gesit en ook met mekaar gepraat. Een van die vrouens het toe omgedraai en het met Hom begin praat en Hy het gesê, "Wag, ek wil julle graag voorstel aan my Geliefde Vrou Elisheva." Die 3 vrouens het uit die hut gekom en oorgestap na Elisheva toe en hulle het gesê, "Ja, ons weet wie Elisheva is."

Toe was Hy terug in dieselfde vertrek maar dit was met 'n verskillende groep mense behalwe vir net 'n paar mans van die eerste groep wat hy herken het. Hierdie groep was egter almal mans. Hy het opgestaan en het begin praat met die groep en gevra, "Is daar enige mans in hierdie groep wat ook in die vorige groep was." En 'n paar van die mans het hulle hande opgesteek. Toe het Hy gesê, "Hierdie gaan baie moeilik wees vir my om te sê" en hy was veronderstel om hierdie mans van die vorige groep te vertel wat gebeur het want hulle was bewusteloos en het nie opgestaan toe Hy gesê het wat hy gedoen het nie. Dit het beteken hierdie mans het nie 'n ware verhouding gehad met YAHUSHUA nie en dit was Sy werk om hulle te vertel.

Sodra hy begin praat het het sommige van die mans in hierdie groep begin om te onderbreek en te ontwrig wat Hy besig was om te sê. Een man het selfs opgestaan en het gestaan reg voor Hom met sy rug gedraai na Hom en hy het begin praat. Hy het die man aan die arm gegryp en hom in die rondte gespin en terwyl die man steeds praat, het Hy op die man geskree en gesê, "In die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH beveel ek jou demoon om stil te bly." Die man kon nie 'n ding sê nie en sy mond was nou toe. Die man het op die grond geval en het 'n aanval gekry met sy arms en bene wat oral skop en Hy het gesê, "In die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH beveel ek jou demoon om stil te wees" en die man was onmiddellik stil en kon nie beweeg nie. Toe het Hy gesê, "demoon jy wil nie mors met YAHUSHUA ha MASHIACH nie wil jy." En 'n ander man in die gehoor het gepraat in 'n werklik lae demoniese stem, "Nee ons wil nie."

Einde van Droom