Regerings Sal Alle Vorme Van Kommunikasie Afsluit As Gevolg Van "Alien" Inval!




14 Oktober 2009

Hierdie droom het na my toe gekom die presiese dag wat Profesie 116 - Julle moet Geloof Water Lopers Wees! geplaas was op die Bediening webwerf.

Die droom begin dat die Regerings van die wêreld alle hospitale en dokters vertel het dat enige iemand wat ingekom het om behandel te word, vir selfs geringe behandelings maak nie saak hoe klein nie, sou aangemeld word aan die Regering.

Toe het ek op TV gesien en die internet en gehoor oor die radio van 'n "alien" inval, en vvv's was gesien oral oor die wêreld en mense het met mekaar gekommunikeer om te probeer uitvind hoe om die "aliens" te weerstaan en hulle self te beskerm. Die mense was bang en kwaad en veeleisend om te weet wat die Regering doen om hulle te beskerm teen hierdie inval. Die Regering het gesê hulle gaan alle vorme van kommunikasie wegneem om die mense te beskerm want 'n "alien" inval was teen die aarde en die Regering wou nie hê die mense moet teen die "aliens" veg nie. Die Regerings van die wêreld het gesê hulle sal dit hanteer met die "alien" leier. Mense wou weet wat aangaan en die Regering het gesê, julle sal weet wanneer ons die kommunikasie weer herstel. Die regerings het toe begin om alle vorme van kommunikasie uit te skakel en af te sluit insluitend satelliete wat TV, telefone, radios, internet en alle ander vorme van kommunikasie geaffekteer het wat mense normaalweg beskikbaar het. Hulle het begin om eerste alles in Europa af te sluit maar dit gaan ook gebeur oral oor die wêreld nadat Europa dit doen.

Die Weermag was oral en hulle het ingegaan in mense se huise in en hulle huise oorgeneem en hulle as gyselaars gehou om seker te maak hulle sal nie wraak neem teen die "aliens" nie. Die weermag was uiters boos en wreed en hulle het vroue verkrag en enige iemand geskiet wie teëgestaan het en enige iemand geskiet wie hulle wou vir geen skynbare rede nie.

Ek het mede-Bedienaar Kathrynyah geskakel op 'n satelliet foon en 'n operateur het op die lyn gekom en sy het gesê, "Hoe gaan hierdie oproep deur, dit moenie moontlik wees nie want die satelliet moes uitgeskakel gewees het in julle area, maar julle is dalk laaste op die lys, maar julle satelliet moes alreeds afgesluit gewees het. Daar sal geen kommunikasie meer wees met behulp van satelliete nie totdat die Regerings anders bepaal het."

Die operateur het toe ons foon oproep afgesny.

Einde van Droom

Gegee aan Apostel Elisheva Elisheva

14 Oktober 2009