Profetiese Droom: die HEILIGE GEES is Kwaad!






“maar WIE teen die HEILIGE GEES gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel” (Markus 3:29).

Elisheva Elisheva was 'n openbaring gegee aangaande die identiteit van die HEILIGE GEES in Profesieë 89 Geheime van die RUACH HA KODESH & 90, Wat Is Die Naam Van Die RUACH HA KODESH? gevind op die AmightyWind webwerf.

(As ons teruggaan na die Aramese en Hebreeuse vertalings van die Bybel, {sien www.scripture4all.org Hebrew Scripture,} voordat dit vertaal was in Engels, sien jy dat wanneer die Skrif sou verwys na die HEILIGE GEES, dit sou lees “SY”.

Volgens die boek van Jesaja, is die HEILIGE GEES die GEES VAN WYSHEID en in Spreuke word Wysheid verwys na as “SY,” dus, oorweeg die volgende openbaring van Profeet Elisheva Elisheva.

[In Januarie] 13, het ek 'n droom gehad dat die HEILIGE GEES woedend was vir hierdie aarde en SY het my gestuur om die Boodskap te gee dat dit nie net die VADER is wat kwaad is nie, wat oordeel gaan stuur na hierdie aarde toe nie. Dit is nie net die SEUN YAHUSHUA wat kwaad is nie maar dit is [ook] die HEILIGE GEES wat woedend is.

En ek het probeer om mense te waarsku en hulle wou nie luister nie. En toe skielik het iets gebeur. Dit het gelyk soos iets wat gekom het van die Hemel af wat hierdie aarde getref het.

Toe het hulle my geglo. Voor dit het ek gegaan voor—hierdie was die laaste deel van die droom. In die begin deel van die droom, was daar 'n man wat beweer het dat sy suster die HEILIGE GEES was en ek het vir hierdie man vertel geen mens kan moontlik die HEILIGE GEES wees nie! Daar is maar EEN [en is geen mens nie]—en die HEILIGE GEES is natuurlik deel van die DRIE EENHEID en is GOD!

En hierdie man wou my nie glo nie en hy het aanhou vir my vertel, “Nee my suster is die HEILIGE GEES.”

Van daardie deel af het dit gegaan na 'n ander deel waar SY [die HEILIGE GEES] so woedend is vir hierdie aarde as gevolg van die goddeloosheid daarin—en as gevolg van diegene wat beweer hulle behoort aan YAHUSHUA en [tog] nie HAAR GEES in hulle het nie.

En ek het nooit, ooit voorheen hieroor gedink nie. Ek weet die VADER IS kwaad. Ek weet dat die SEUN, YAHUSHUA kwaad IS. Wel vir een ding, in die Profesie [waar] SY sê WIE SY is, [Profesie 89], en in die Boek van Wysheid sê dit dat SY is die EEN wat die soldate verdrink het in die Rooi-See jy weet.

Heb. 11:29

“Deur geloof het hulle die Rooi-See deurgegaan soos oor droë grond: terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.”

Boek van Wysheid 10: 17-19

“Aan die Heilige mense het SY (WYSHEID) die loon van hulle arbeid gegee; SY het hulle gelei langs 'n wonderlike pad, SY SELF hulle skuiling bedags — en hulle sterrelig deur die nag. SY het hulle gebring oor die Rooi-See, hulle gelei deur 'n onmeetlikheid van water, waar SY hulle vyande verdrink het, hulle toe uitgespoeg het uit die dieptes van die abdye.”

So as jy kyk na die Boek van Wysheid, dit is daar.

Natuurlik IS HULLE almal GOD en natuurlik IS HULLE almal kwaad!

En daardie was my droom op 10 Januarie 2013. En ek het nog nooit 'n droom gehad soos hierdie voorheen nie! Ooit. En hierdie kan nie langer uitgestel word nie. Daardie Woord moet in 'n video geplaas word.

Boek van Wysheid: 10:16-19

“SY het ingegaan in die siel van 'n dienaar van die HERE, en vreeslike konings teëgestaan met wonders en tekens. Aan die regverdiges die loon van hulle arbeid vergeld, hulle op 'n wonderbare manier gelei en was vir hulle bedags 'n beskutting en 'n lig van sterre in die nag; hulle gebring deur die Rooi-See, en hulle gelei deur baie waters, maar SY het hulle vyande verdrink, en hulle uit die bodem van die dieptes opgegooi.”

Uit Profesie 89: “Geheime van die HEILIGE GEES/RUACH HA KODESH” “…Wil jy weet wat is een van die dinge wat MY bedroef? Wil jy weet wat is een van die dinge wat MY aanstoot gee? Elisheva, wanneer jy MY Woede en MY Rasende Woede voel…hulle praat van die VADER se Rasende Woede, van ABBA YAHUVEH se Rasende Woede, julle het nie ‘n idee van die Rasende Woede van die MOEDER VAN DIE SKEPPING nie! Jy het net ‘n deeltjie van MY Rasende Woede! Wanneer jy daardie vulkaan voel gereed om te ontplof in jou kop en dit is in die naam van geregtigheid, het julle net 'n deeltjie van MY Rasende Woede!” Hierdie is 'n waarskuwing. Vir al diegene wat sulke lastering doen soos vals profeet Linda Newkirk wat gesê het dat GOD haar vertel het dat sy die KONINGIN VAN DIE HEMEL is. Moenie die onnosele fout herhaal van Linda Newkirk waar sy gegaan het en die lyn oorgesteek het tot die punt van geen terugkeer nie haar einste siel verdoem deur die HEILIGE GEES te laster.

Pasop vir die misleidings wat die vyande van hierdie Bediening fabriseer, dat die Heilige Gees waarvan ons praat “die gees van Jezebel” of “Die Hoer van Babylon” is. Hierdie is 'n leuen van satan self. Die salwing/Heilige Gees waarvan gepraat word in hierdie Bediening is dieselfde EEN wat YAHUSHUA MASHIACH gesê het die Trooster is, en wat ons sal oortuig van sonde, geregtigheid en Oordeel (Johannes 16:8), NIE “die gees van Jezebel” of “die hoer van Babylon” nie. Daardie geeste sal jou nooit oortuig van sonde soos die RUACH HA KODESH/HEILIGE GEES nie.