Krystal se Droom Die Lammers
Geplaas 22/2/2006
Bevestiging van Profesie 80
INLEIDING DEUR ELISHEVA:
Geliefde Familie in YAHUSHUA
Ek wil graag iets deel wat so kosbaar is vir my. Ek ken hierdie jong meisie wat 17 jaar oud is en haar naam is Krystal. Sy is een van die mees gesalfde mense wat ek ken en mees toegewyde om 'n lewe van heiligheid te leef. Krystal was gevra om ons Jeug Bedienaar te help en sy het dit aanvaar. Nou moet ons net die tyd vind om die Jeug Bediening van die grond af te kry. Gerald Ford in New Zealand het aanvaar om die hoof Bedienaar daarvan te wees.
Ek is lief vir Krystal asof sy my geestelike dogter is. Ek sou geëerd wees om 'n dogter soos sy te kon hê. Haar ouers is nie eers gered nie en tog is hierdie jong vrou so gesalfd en veral deur drome.
Ek moedig jou aan om haar Werf te besoek en haar te bemoedig. Wanneer ek aangeval word deur my vyande kom sy teen hulle soos een met die Gees van 'n Koning Dawid en sy is 'n magtige gebed intersessor.
Toe Krystal Profesie 81 gelees het, het sy vir my die onderstaande geskryf en het dit alreeds geplaas gehad op haar werf.
Asseblief Heiliges hou vir Krystal in julle gebede. Ek glo waarlik sy is een van die Bruid en die jongste een tot dusver in wie ek so 'n salwing gesien het. Sy het 'n liefde vir YAHUSHUA soos geen ander jong tiener wat ek ken nie. Krystal weet nie ek doen hierdie nie, maar ek voel sterk deur dit te doen sal sy besef hoe baie YAHUSHUA haar lief het! asook iemand wat voel soos haar geestelike moeder.
Sy het baie vervolging beleef van die vyande van hierdie Bediening deur my te verdedig, is allerhande bose name genoem, en hierdie is my manier om jou te vertel Krystal ek is geëerd om jou te ken en jou vriendin te noem en as jy nie omgee nie Krystal, ek dink oor jou
as jou geestelike Moeder in YAHUSHUA. Diegene met die gawe van onderskeiding van drome stuur asseblief jou interpretasie vir my sodat dit met haar gedeel kan word.
Want dit is op hierdie vasgestelde eind tyd en uur op 14 Januarie 2006, wat EK Elisheva Eliyahu wakker gemaak het en EK het haar vertel nadat 'n menslike vyand na haar toe gekom het terwyl sy geslaap het, probeer het om haar dood te maak deur die geestelike realm, om tot MY te bid en MY te vra om haar verwerplike vyande te stuur na MY wynpers van woede ook genoem MY Vleis Meule (uit prof 80).
* * * * * * *
KRYSTAL:
Ek het 'n droom gehad 'n paar maande gelede en ek het baba lammers gevoer nadat (ek) skerpioene en paddas en slange in 'n blender gesit het ...ek dink ek het dit eintlik 'n vleis meule genoem.. of gehoor 'n Stem noem dit 'n vleis meule!! heehe van June:
Maandag, 20 Junie 2005
Onderwerp: Droom van laasnag
Tyd: 4:10:00 NM EDT
Skrywer: seawater999
laasnag het ek 'n (vreemde, ietwat walglike) droom gehad:
Ek het gedroom ek was in my slaapkamer en ek het 'n geskenk gekry van iemand. So, ek het die boks oopgemaak of 'n mandjie of iets.. en ek het drie lammers daaruit getrek, (baba skapies). [In die droom, het ek hulle baba hondjies genoem en ek het geen idee waarom nie. Daardie was baie eienaardig]. Die eerste skaap was wit en het baie gesond gelyk en het gelyk asof dit my baie vertrou; dit was nie enigsins bang vir my nie. Die tweede skaap was wit met bruin kolle?? Ek weet ek onthou hierdie een was bang en miskien siek. Een van sy oë was bedek. Die derde skaap was heeltemal swart (dit mag party ligter of meer bruin dele gehad het??) Ek kan nie sy reaksie onthou nie maar ek dink dit was soos naby dood of iets..
Vir 'n sekere rede het ek gedink die lammers was honger; ek het besluit om hulle te voer. Hulle was so jonk dat ek geweet het hulle moes met die hand gevoer word (met 'n bottel). So, vir 'n klein rukkie het ek gewonder wat om hulle te voer. Toe maak ek 'n boks oop wat 'n klomp akwariums en terrariums in het. Ek haal elkeen uit een vir een en plaas hulle in 'n reguit ry op my bed. In elkeen van hierdie terrariums is daar verskillende kreature: soos wurms, spinnekoppe, besies ander ongediertes... Op 'n stadium, (ek kan nie onthou wanneer nie), ek weet net of besef dat ek veronderstel is om die lammers te voer met hierdie kreature... Ek weet egter nie hoe nie. So doen ek navorsing (aanlyn... lol). Ek vind instruksies: Ek is veronderstel om die kreature te puree (basies, fyn te maal in 'n blender), hulle in 'n bottel te sit en dan aan die lammers te voer. [In die droom was die webwerf wat ek gevind het met die aanwysings werklik uitgebrei: daar was alle soorte kreature wat gelys was wat alle soorte groottes en vorms en kleure was ens].
Toe hoor ek 'n stem; (ek hoor 'n stem maar ek sien nie 'n persoon nie). Die stem sê dat soos die lammers grootword sal hulle slange en rotte ens. eet (soos vergelyk word met wurms en klein spinnekoppe).. einde van droom
Interpretasie:
Toe ek eerste wakker geword het, het ek regtig nie geweet wat dit beteken het nie. Maar ek het die RUACH HaKODESH (Heilige Gees) daaroor gevra gedurende die dag. So, dit is hoe Hy my geantwoord het:
-Vandag, terwyl ek skottelgoed gewas het het ek 'n CD opgesit (waarna ek in weke nie geluister het nie) genaamd 23 minute van die Hel. Dit is 'n ou, genaamd Bill Weise, wat praat hoe God hom toegelaat het om die hel te ondervind. (Hy het daarnatoe gegaan in die gees of iets). Ek sal later 'n link plaas sodat julle dit self kan hoor.... Ek sal ook die deel daarvan transkribeer wat my droom aangaan. Hy sê dat hy sê soos 'n ry demone en hy beskryf hulle... sommige van hulle is soos rotte, spinnekoppe ens [soos in my droom].
Die Heilige Gees plaas altyd hierdie in my gedagtes wat ek gelees het 'n paar dae gelede:
Die VLEIS (VLEES) van suiwer goue arende is SLANGE. Waarom? Ek hoor jou sê. Soos EK, Yahshua se VLEIS is om My Vader se wil te doen, so is julle vleis dieselfde: om My Vader se wil te doen. Soos My Vader My gestuur het, so het Ek julle gestuur. Soos Ek, Yahshua, gekom het om te VERNIETIG (DIT MAGTELOOS MAAK) die werke van die duiwel, so moet julle uitgaan en net so doen. Hoe MEER slange julle verorber het, hoe STERKER sal julle word want vleis (proteine) is jou liggaam bouende voedsel.
so julle kan uitmaak wat die droom beteken met daardie goed... Jesus het vir Petrus vertel om Sy skape en Sy lammers te voed voordat Hy opgevaar het. [Ek het nie geweet tot 'n paar minute gelede dat daar 'n verskil was tussen skape en lammers nie; lammers is baba skapies]. So, basies in die droom het God my gewys dat Hy Sy skape en lammers gevoed wil hê en dat in die proses die gemors van satan uitgevind word en die magte van duisternis word magteloos gestel.