Martelaarskap Kom. Is Jy Gereed?
Gegee aan Elisheva Elisheva
3.10.11
Hierdie is 3 Oktober 2011. Ek het die afgelope tyd baie profetiese drome gehad. Die woord “sonder ophou”, meeste van die tyd, baie kere, te veel kere het my man hierdie gesê, dis 24, 48 uur voordat ek slaap so dit is raar dat ek my drome kan onthou en skielik het ABBA YAHUVEH so 'n dringendheid in my geplaas om seker te maak dat ek die drome op band opneem.
Ek sal met die een vandag begin. En dan moet ek nog een doen wat ek nie opgeneem het gister nie, en hierdie word in videos geplaas vir 'n doel. En dit is omdat YAHUSHUA gesê het dat ons hierdie geharde eind-tyd generasie moet vermaak sowel as inlig. So ek sal hierdie ook in videos laat maak.
Ek glo vas, van alles wat ek gehoor het van mense wat martelaars moes sterf omdat hulle YAHUSHUA liefhet, die een genoem JESUS CHRISTUS en ek glo met my hele hart dat hulle nie ly nie, van die getuienisse wat ek gehoor het, dat die duiwel nie die satisfaksie sal hê nie. Ek glo met my hele hart en ek wil mense bemoedig.
Hierdie droom… en hulle was opeenvolgend en hulle was dieselfde en tog sal julle hoor, dit was oor martelaarskap. Dit is so naby nou mense. As jy bang is nou om op te staan en YAHUSHUA te verdedig en Heiligheid te verdedig en ander te verdedig wat Heiligheid preek en jy is bang om net 'n slegte woord oor jou gespreek te hê of om op YouTube 'n "sub" of 'n vriend te hê, wat jy nooit sal sien nie, wat jou in die steek laat, wat gaan jy doen?
Ek praat oor diegene wat hulleself noem “weergebore” Christene. Wat gaan jy doen wanneer hulle na jou toe gaan kom, die regerings van hierdie wêreld, en hulle gaan sê, “Hierdie is jou nuwe god. Ek eis en die wet eis dat jy hierdie nuwe god aanbid, hierdie leier van die wêreld, of ons gaan jou kop afkap of ons gaan jou liggaamsdele afkap of ons gaan jou ongekende angs laat ly; jy gaan nie meer enige kos hê nie; jy gaan dit doen wanneer jy jou familie sien hongerly, jou kinders sien hongerly as jy nie die een aanbid wat ons god noem en die een opgee wat jy aanbid nie, die een wat jy noem ‘YAHUSHUA’, die GOD van Abraham, Isak en Jakob. Jy het nou 'n nuwe god en as jy hom nie aanvaar nie en jy dra nie die merk nie en as jy nie bymekaarkom en aanbid op 'n verpligtende Sondag nie, is dit wat met jou gaan gebeur.”
Wat gaan julle doen mense? Julle is nou lafaards, ok? En die Bybel sê in die boek van Openbarings dat lafaards nie na die Hemel toe gaan nie. [Op. 21:8] Weet jy waarom? Want hulle gaan YAHUSHUA uitverkoop!
Julle sien, dit is nie 'n sonde om bang te wees nie. Ek het vrees ingeasem soos suurstof vandat ek gebore was! En ek weet wat die Woord sê, “Want GOD het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.” [2 Tim. 1:7] En wanneer ek daardie gesê het, “Ek asem vrees in soos suurstof”, daardie is 'n gees wat my aanhoudend treiter maar weet julle wat die sonde is? Die sonde is nie om bang te wees nie. Die sonde is om daardie vrees toe te laat om jou te stop om ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH ha KODESH te gehoorsaam, met ander woorde, [daardie vrees toe te laat om jou te stop om] GOD te gehoorsaam. Daardie is die sonde!
Tog het HY, YAHUSHUA gesê, “As U tog maar hierdie beker van MY wil wegneem,” en HY het trane van bloed gehuil, van angs! HY het geweet wat HY sou trotseer want HY was in 'n vleeslike liggaam alhoewel HY GOD was in die vlees en HY is GOD! So ek moet hierdie begin deur net vir julle te vertel, dit gaan kom, dit gaan baie vinnig gebeur.
En hierdie bediening, Amightywind Bediening, is so brutaal geteister want julle sien, hierdie bediening is nie vir almal nie. Net soos Elia van Ouds nie gestuur was na elke weduwee van Sarfat nie, net so is ek, die Pastoor, Apostel, Profeet, die een wat YAHUSHUA gebruik het en ABBA YAHUVEH gebruik het om hierdie op die internet te plaas amper 17 jaar gelede...maar dit is moeilik vir my om die jare te tel, lol, as ons aangaan om jare te tel, dit beteken ek moet aanhou ouer word! Die bediening is meer as 25 jaar oud, ok? Dit is moeilik om te glo ek weet.
Ek wil nie sê wat hierdie droom was nie maar ek vertel vir julle, dit gaan gebeur en ek moet dit opneem! GOD waarsku deur SY Profete. HY deel geheime met SY ware Profete [Amos 3:7] en ek betaal 'n groot prys om julle te kan waarsku maar ek het Esegiël 3:17-21 wat my vertel ek moet julle waarsku! Ek het geen keuse nie! Julle sien ek vrees om die GOD van Abraham, Isak en Jakob aanstoot te gee meer as wat ek mense vrees.
In my droom, ek wil net sê toe ek wakker geword het, het ek gevoel, en ek word nou wakker, nadat ek 24 uur sonder slaap gegaan het, bedien het, [giggel] teen leuens gestry het. O man, dit raak net meer belaglik elke dag! En ek voel asof ek op reis was. Ek weet nie wat ons doen as ons droom nie maar ek het gevoel ek was regtig in 'n ander plek.
Dit het voorgekom en ek glo dit was in 'n Moslem land en daar was vier mense aan die buitekant en hulle was bewaak en daar was 'n vuur in die middel en dit was in die nag. Ek is nie seker of dit in die nag was nie. Dit was nie pikdonker soos dit is in die nag nie. Ek gaan net sê daar was 'n vuur in die middel, miskien was dit net om warm te hou want ek kon almal so duidelik sien. Ek weet nie hoe laat dit was nie. Dit was voordat dit heeltemal pikdonker was en daar was 'n vrou wat ver, ver swanger was. Sy was geklee in swart en sy het 'n lang Moslem serp aangehad en daar was 'n man en ek glo daar was twee ander vrouens as ek reg onthou en hulle sou tereggestel word. Hulle sou hulle koppe afgekap hê want hulle was Christene, Volgelinge van YAHUSHUA, JESUS CHRISTUS.
Ek sê “JESUS CHRISTUS” vir diegene wat nie die naam ken van YAHUSHUA nie maar hierna wil ek net sê, “YAHUSHUA” want dit beteken, “YAH red” en hierdie is die naam wat die duiwel haat! Hierdie is die ware, Hebreeuse Naam! In die King James weergawe Bybel, het hulle ons geliefde MESSIAS 'n Griekse naam gegee, J-E-S-U-S, maar in werklikheid, Miriam, Maria, 'n Hebreeuse vrou sou nie haar baba 'n Griekse naam gegee het nie maar uit die genade van ABBA YAHUVEH, het HY daardie naam toegelaat en daardie is die naam wat ons almal geleer het, want daar is steeds redding, vergifnis, genesing, vrymaking en opwekkingskrag, wonderwerke in daardie Naam en ek is so dankbaar! Anders sou ek nie gered gewees het nie! Maar julle sien, nou word julle gewaarsku, wanneer die antichris kom gaan hy kom, daardie naam besoedel.
So ek wil terugkom na hierdie toe. Ek het hierdie vrou gesien en sy was heeltemal geklee in swart en het die swaar swart serp aangehad. Sy was gereed om enige oomblik geboorte te gee. Sy was soos 9 maande swanger. En daar was die twee vrouens en die man en ek het hulle gerusgestel. Ek het met hulle gepraat en ek het vir hulle gebid terwyl hulle geweet het hulle was op die punt om tereggestel te word en hulle het gewag vir hulle naam om uitgeroep te word.
Ek het vir hulle gesê, “Ek glo in geloof en ek weet net hierdie, asseblief moenie bang wees nie. Moenie julle laksmanne die vreugde gee om vrees op jou gesig te sien nie, loof jy eerder vir YAHUSHUA! Besef jy eerder dat jy huis toe gaan voordat ek gaan! Met jou laaste asem sê net, “YAHUSHUA red my!” En voordat daardie guillotine lem of swaard jou nek tref, ek weet nie wat hulle sou gebruik nie want dank GOD ek het dit nie gesien nie. Ek het gesê, “Ek glo met my hele hart en siel terwyl elke martelaar doodgemaak word, dat hulle gees geneem is uit hulle liggaam voordat dood selfs aangekondig kan word, ek glo dit! Julle sien ons GOD is genadig.” En ek het gesê, “Ek sal julle in die Hemel sien en julle gaan daar kom voor ek gaan want julle werk is afgehandel!” En toe het die wagte gekom en hulle het die drie weggeneem en toe het ek hierdie kosbare swanger vrou gesien en ek het gesê, “Hulle sal jou nie ook doodmaak nie, sal hulle? Ek bedoel, jy is gereed om 'n baba te hê, daardie is soos om twee dood te maak terselfdertyd.” En sy het gesê, “O ja hulle sal.” En ek het hulpeloos gevoel. Ek kon niks doen nie behalwe kyk en bid.
Ons bid nie vir hierdie mense wat martelaars word nie. Ek is ook skuldig daaraan. Hulle gee hulle lewe op hierdie oomblik vir YAHUSHUA. En net omdat dit nog nie na Amerika toe gekom het nie, dit sal. Dit sal kom oral oor die wêreld. Hoeveel van julle bid vir hulle?
Toe het die droom oorgegaan na 'n ander een – o ek wil net byvoeg – dit was soos skielik, terwyl ek so hulpeloos gevoel het, het ek skielik vrede gevoel terwyl ek daar gesit het en ek vir die vrou vertel het, ek het gesê, “Hulle is by die huis. Hulle is in die Hemel op hierdie oomblik en hulle treur nie! Hulle juig want, ‘O dood, waar is jou angel? Doderyk waar is jou oorwinning?’ HalleluYAH!”(1 Kor. 15:55)
Mense selfs al moet ons martelaars sterf, selfs al moet jy martelaar sterf, onthou net die eind resultaat is as jy nie vrees toelaat om jou te stop om YAHUSHUA te aanbid nie en die duiwel laat weet jy sal hom nie dien nie, is die eind resultaat die Hemel! Daar is geen groter beloning nie! Vir alle ewigheid om gelukkig te wees, om vreugde te ken, niks behalwe Heiligheid rondom jou nie! Om die aangesig van jou SKEPPER en jou MESSIAS te aanskou! Heilige engele wat jou omring! Om by mekaar te wees!
Moenie dat satan jou siel vat as gevolg van vrees nie. Hierdie is die oefenveld op hierdie oomblik. Hierdie is waarvoor ons op hierdie aarde is op hierdie oomblik. As jy nie kan opstaan nie en as jy bang is om beledig te word met woorde, is jy in die moeilikheid. Jy is in groot moeilikheid. Heel waarskynlik, ek kan dit redelik waarborg, jy sal YAHUSHUA uitverkoop, jy sal HOM verraai soos jy die Heilige Bedieninge verraai soos Amightywind, soos ek. En jy sit daar en jy kyk en jy is stil. Jy sal nie 'n kans hê nie. Jy sal nie 'n keuse hê nie...Jy sal moet kies op daardie dag watter God jy sal dien. En jy kies op hierdie oomblik of jy dit weet of nie. Jy oefen op hierdie oomblik vir jou besluit, net soos ek doen.
Jy sien ek het gedink ek het vir GOD alles gegee wat ek gehad het om te gee. Ek dien HOM en bedien al vir so baie jare... Ek het jonk begin, werklik jonk. Die oomblik toe ek gered was, het ek begin profeteer en evangeliseer en natuurlik dit is meer as 25 jaar en nooit een maal, het ek teruggeval nie. Nooit een maal het ek teruggegaan in sonde in nie. Daar is geen verskoning dat jy terugval nie, okei? Sodra jy werklik die liefde van YAHUSHUA ken in jou hart, sodra jy werklik die HEILIGE GEES het, as jy kopkennis het, ok? en 'n werklike sterk verhouding het waar jy weet GOD kyk na alles wat jy doen, dat alles wat jou oë sien, elke daad wat jy doen forseer die HEILIGE GEES binne-in jou om deel te neem daarin want die HEILIGE GEES is binne-in jou liggaam.
Ek kon nooit teruggevallendes verstaan nie. Hulle gebruik almal die verskoning van verlore seun maar jy weet wat? Die verlore seun het nie die vader ontken nie. Hierdie mense wat ontken, wat die goedheid van YAHUSHUA HA MASHIACH smaak en wat gered is en weergebore is en gevul is met die HEILIGE GEES en dan sê, “Wel, ek het besluit hierdie is te moeilik. Ek wil nie glo my vriend is in die hel nie. Yeah, ek het gegaan na 'n apostoliese kerk; yeah, ek eis dat ek die gawe van tale het maar hierdie is te moeilik; sekerlik, ek wil nie 'n God aanbid wat mense hel toe sal stuur nie! Ek sal eerder self hel toe gaan!” En jy weet wat? Jy sal want Hebreërs 10 lieg nie! En Hebreërs 6: 4-8 lieg nie.
Hebreërs 6:4-8
Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die HEILIGE GEES deelagtig geword het, en die goeie woord van GOD gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het-om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die SEUN van GOD weer kruisig en openlik tot skande maak, want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van GOD. Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking-die einde daarvan is verbranding.
Dit is onmoontlik! Hoor julle my? Almal van julle daar buite wat dink julle speel speletjies. Jy ontken YAHUSHUA HA MASHIACH en jy dink jy kan gaan in Buddha in en 'n Moslem word en wat ookal... en jy dink jy kan terugkom enige tyd wat jy wil? [Jy dink] jy kan gaan in toordery, satanisme, jy kan 'n ateïs word maar, “O enige tyd wat ek wil wanneer dit gerieflik is, ek weet die deur is 'n draaideur en ek kan weer terugkom…” Nee jy kan nie! Jy is 'n leuenaar! Jy is voor gelieg! Of jy weet doelbewus jy lieg of satan het jou mislei gehad om te dink dat met jou laaste asem jy net sal terugkom.
Ek gee selfs nie om oor diegene wat sê, “Maar ek het so 'n getuienis en ek het my les geleer en ek kom terug.” O yeah, reg! Dit werk nie so nie! Dit werk werklik nie so nie! Ek glo die Woord van GOD en dit sê dit is onmoontlik want nou het jy openlik vir YAHUSHUA HA MASHIACH gespot, die een wie SY Bloed gestort het op Golgota wie jou sondes bedek het, wie jy aanvaar het as HERE, GOD en REDDER en die HEILIGE GEES gehad het maar omdat sonde meer belangrik was vir jou, omdat om Heilig te lewe te moeilik was, het jy gegaan om 'n ander geloof te vind, 'n ander geloof of geen geloof nie en toe het jy begin om te sê, “O maar ek is weer terug. Ek het besluit om weer terug te kom. Ek weet die waarheid nou is in die Bybel. Ek ken die Bybel beter as wat jy doen Elisheva.” O yeah, seker jy doen inventorgorilla! Seker jy doen!
Ek het nuus vir enige iemand wat hierdie speletjie speel soos hierdie man en ander, dit is nie 'n draaideur nie. Voordat hierdie mense sterf sal hulle, weereens, die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH ontken. Dit is gewaarborg. Jy weet waarom ek weet? Hebreërs 6: 4-8. Dit is onmoontlik om terug te keer. Sodra die HEILIGE GEES gaan is dit heeltemal verby.
Tweede deel van my droom:
Hierdie was baie hartseer. Daar was 'n dragtige dier en weereens sit ek reg buitekant. Ek is in dieselfde... dit is dieselfde scenario net ek sien nie meer die swanger vrou nie. Ek weet net dat sy gevat is. Sy is tereggestel en sy is in die Hemel. Maar daar is hierdie dragtige dier en hierdie dier is 'n klein... 'n ver dragtige skapie en dit hardloop en hardloop in die rondte en in die rondte in die rondte in sirkels al om my en daar is 'n groot beer – dit lyk soos 'n Grizzly beer, 'n bruin beer, baie groot – en dit jaag hierdie klein skapie wat gereed is om geboorte te gee enige oomblik en ek is hulpeloos (terwyl ek) kyk. Al wat ek kan doen is ek is hulpeloos en ek kyk en ek weet nie wat om te doen nie want ek weet dat daardie dragtige skapie enige oomblik gaan ineenstort, sy is gereed om geboorte te gee en hierdie beer het geen genade nie. Dit wil net daardie klein skapie eet.
En so wat gebeur is die skapie stort ineen op die ou end soos reg waar ek sit op die grond en ek weet nie wat om te doen nie maar maak gou en skep dit op en sit dit in my arms, dink, “Ek sal hierdie skapie beskerm, daardie beer gaan nie aan hierdie skapie raak nie,” en toe tot my afgryse stop die beer by my en eet die skapie se kop terwyl dit in my arms is. Ek kon nie die skapie beskerm nie. Ek het probeer en ek het misluk.
Daar is
MENSE WAT KOM NA HIERDIE BEDIENING WAT DINK EK KAN HULLE BESKERM. ASSEBLIEF MOENIE NA MY KYK OM JOU TE BESKERM NIE. DAAR IS NET EEN GOEIE HERDER. EK IS NET DIE PASTOOR. EK IS NET ... 'N VROU, GERED DEUR DIESELFDE BLOED VAN YAHUSHUA SOOS ENIGE IEMAND ANDERS WAT DIT AANVAAR, WAT HEILIG LEEF. EK KAN JOU NIE BESKERM WANNEER TYD KOM, EN AS JY GEKIES IS VOOR DIE GRONDLEGGING VAN HIERDIE WÊRELD OM 'N MARTELAAR TE WEES VIR YAHUSHUA, KAN EK JOU NIE BESKERM NIE. EK KAN JOU NET BEMOEDIG. DAARDIE IS TWEE OPEENVOLGENDE DROME. MENSE “DIT” KOM. EK GEE NIE OM WAAR JY WOON IN HIERDIE WÊRELD NIE. DIT KOM. IS JY GEREED?
Is jy gereed? Ek weet nie wat dit gaan neem wat ek moet deurgaan voordat ek uit hierdie wêreld is nie. Ek weet hierdie: my wese – ly die vervolging wat ek gely het deur hierdie vyande –en almal wat geassosieer is met AmightyWind Bedieninge of enige ander [heilige] bediening [wat vervolg word]. [...] YAHUSHUA—HY is nie net Redder nie. HY is ons HERE God Almagtig. HY is ons Heerser, oor ons lewe. HY is ons voorbeeld soos HY die Vader gehoorsaam. Ons moet strewe om HOM ook te gehoorsaam.
So hierdie is my twee drome, en hulle is martelaarskap opeenvolgend. En ek los hulle nou by jou om te dink oor wat ek gesê het. Jy moet oefen om braaf te wees nou, want daardie is waarvoor jy op YouTube geplaas is. Daardie is waarvoor jy op die internet geplaas is. Daardie is waarvoor jy in hierdie wêreld geplaas is. Om op te staan en te verdedig. Daar is nog 'n brawe een, ironcross66106, Ron. [Bid vir hom].
Ron was vertel –en Ron was gedreig. En hy was geïntimideer en hulle maak videos oor hom. En wanneer ek sê “hulle”, bedoel ek daar is 'n “Nehemiah Center” kult met 'n pastorgeorgec wat beweer om 'n Messiaanse Jood te wees, maar 'n kerk het op Sondag. O, hy is 'n ware vyand, reg. Hy het gesê hy sou my dood stenig as hy kon in sy eerste video. Die man ken my nie eers nie. Vir meer as twee jaar, het hy waarlik alles gedoen wat hy kon om te probeer om my te vernietig. Julle weet hierdie vyande, hulle het... hulle is soos 'n klein weermag. Hulle kom bymekaar en hulle kry werwings. Hulle werf mense! Hulle dreig mense, hulle intimideer hulle: “Ek gaan vir al jou subs en jou vriende skryf en hulle sal jou laat vaar as jy enige iets te doen het met daardie bediening genoem AmightyWind. As jy nie hierdie video maak teen haar nie, en jy nie daardie opmerkings maak nie, sal ons jou maak dit berou.
Hoe onnosel? Hoe onnosel! Hoeveel van julle mense het daarvoor geval? Julle doen nie eers die moeite om te gaan na die webwerf toe om te sien dat hierdie 'n heilige bediening is nie. Julle doen nie eers die moeite om self die profesieë te lees nie. Die nuutste leuen is dat ek Sherry Shriner is—wie 'n doodsvyand van my is. Wie GOD geplaas het in profesieë 91 tot 92 tot 93 en haar uitmekaar geskeur en haar ontbloot het, 'n gekombineerde demoon, wat algemeen genoem word 'n alien in hierdie wêreld. Ek is jammer mense maar ek het geen respek vir julle nie. Ek het geen jammerte vir julle nie want julle herhaal net die leuens wat oor my vertel word en julle gee nie eers om om te sien wie ek regtig is nie en waarvoor AmightyWind Bediening en die Jeug Bedienaars regtig voor staan nie, wat HEILIGHEID is! GEREGTIGHEID! Die GEREGTIGHEID VAN YAHUSHUA HA MASHIACH!
In vyf-en-twintig tale onderrig ons dit, ons preek dit, en daardie sluit Hebreeus in nou. Ek skud my kop in verbasing vir wat ek gesien het op die internet. Onthou net die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH en wanneer die wegraping gebeur –onthou net hulle is min. Hulle is 'n oorblyfsel, maar hulle is soos 'n Joël 2 weermag, en ons gaan nie gestop word nie en ons gaan nie terugstaan nie. En ons hardloop na 'n goliat toe, ons hardloop nie weg van hulle af nie! En maak nie saak wat die prys is wat ons moet betaal nie, ons sal nie ons YAHUSHUA HA MASHIACH verraai nie en ons bewys dit.
Ek weet dit is makliker om my te stenig as om my te verdedig. Ek bedoel julle het die okkult[iste] wat saamkom, julle het die Nuwe Wêreld Orde [NWO] Kerk, julle het die sataniste, julle het die ateïste, die vals Christene—hey, hulle oortref in getal die heiliges in hierdie wêreld, en op die internet—om nie te noem net suiwer heidene, verworpenes. En dan het julle net die louwarmes, wat skaars enigsins enige geloof het wat nie weet wat is reg en verkeerd nie. En hierdie vyande, hulle gaan agter hulle aan—of die splinternuwe baba bekeerlinge wat net begin sê het “Ek het die waarheid gevind, ek weet dat AmightyWind bediening die waarheid preek oor heiligheid. En ek moet regmaak met GOD”.
En hulle kom daar in en soos 'n aasvoël, skep hulle hul op en hulle sal sê, “nee jy hoef nie bekommerd te wees om te sondig nie. Daardie is te moeilik” soos hierdie moa373 sataniese werwer. So hulle het ook 'n jongeling, dit is hy. Gaan agter aan en probeer om ons Geliefde Truthyah777 weg te vat. Moenie bekommerd wees om heilig te lewe nie, kom weg van daardie vals profeet, jou pastoor Elisheva Elijah. ‘Sy vertel jou, jy moet heilig lewe. Wel niemand kan heilig lewe nie—doen net die beste wat jy kan, so wat is jou sonde? Dit is geen groot probleem nie. GOD verstaan. HY verwag nie van ons om nie te sondig nie’.
Leuenaars. Ons het daardie verskoning gehad voordat ons die HEILIGE GEES gehad het. Ons het nie meer daardie verskoning nie. So ek laat julle met hierdie twee drome om julle te vertel martelaarskap kom. As jy 'n lafaard is nou en kan nie eers opstaan teen 'n paar beledigings nie of jou vriende of jou familie wat jou versaak nie, sterkte. En ek bedoel nie regtig geluk nie, want ek glo nie in geluk nie. O, hoe gaan julle ly. Die ergste lyding van alles is, as jy nie gesuiwer word in die Groot Verdrukking nie. En as jy nie... jy het alle ewigheid in Hel en die Poel van Vuur.
Sien vir my, ek weet wanneer my werk afgehandel is, ek ken die GOD wat ek dien, en ek weet hoe baie HY my liefhet, ek het HOM aanskou van aangesig-tot-aangesig. Ek het gesien en ek het gekyk. Dit sal 24 jaar gelede wees op die 24ste Desember. Ek het die aangesig aanskou van YAHUSHUA HA MASHIACH, wie ek op daardie tydstip genoem het JESUS CHRISTUS. HY het gesit op die rand van my bed. En net om myself 'n bietjie op datum te bring, dit was 'n groot waterbed, okei. En dit was 'n gestoffeerde leer reeling, maar HY het my wakker gemaak. Ek wou weet wie na my kyk met sulke liefde in SY oë. Ek het geweet dit kon nie die beledigende man wees met wie ek getroud was op daardie tydstip nie. En ek was heeltemal aan my ander kant van die bed –so naby aan die reeling as wat jy kan kom. En ek het my oë oopgemaak en ek het hierdie helder, helder lig gesien. Dit was sulke LIEFDE! HY het na my gestaar en dit was die een wat ek genoem het JESUS CHRISTUS die Een wie ek nou ken aan die Hebreeuse Naam YAHUSHUA. En die liefde, mense... O as julle net 'n fraksie van daardie liefde kon kry. As jy net kan ...ek bid jy doen. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie. Jy sal HOM nooit verraai nie. Jy sal gewillig wees om te gaan om jou kop afgekap te hê, of gemartel te word alhoewel jy moet gemartel word vir SY NAAMS'S ONTWIL. En ek bid dat almal wat bedoel is om 'n martelaar te wees, ek bid op hierdie oomblik ABBA YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA dat U hulle daardie liefde wys wat ek gesien kom het uit U OË. Dit is soos 'n reuse tsunami golf en dit spoel oor jou verstand, liggaam, gees en siel en HY het pragtige, helder blou oë! Hulle is nie bruin nie. Hulle was blou. En HY het na my gekyk en HY het gesê, EK is so jammer dat jy moet ly soos dit. Want ek het 'n siekte gehad wat kon lei tot die dood. En die dokter wou 'n paar pynlike toetse doen. En ek het gesê, “Nee, of JESUS maak my gesond of ek gaan net Huis toe na die Hemel. En ek het net geboorte gegee aan 'n kind. Ek raak hardkoppig...
Maar HY het gesê, “EK is so jammer dat jy so gely het”. En ek was gespot. En hulle het gesê, “o wel, dan sal jy sterf”. En ek het nie eers geweet op daardie tydstip dat dit heel moontlik Hanukah tyd kon gewees het nie, ek het nie eers geweet wat Hanukah was nie want dit was die 24ste Desember, die dag voor Kersfees. En ek het vir HOM vertel dat ek weet dat as mense gestaan het, opeenvolgend regoor hierdie wêreld en gesê het dat JESUS CHRISTUS my nie liefhet nie, sou ek weet dat hulle leuenaars is. En ek glo HY het dit gedoen, my nie net gesond gemaak nie natuurlik—maar HY het dit gedoen vir daardie tyd waardeur ek op hierdie oomblik gaan, waar ek mense het wat die mees haatvolle dinge sê dat—hulle ken my nie eers nie. En hulle word gebruik deur satan om te probeer om AmightyWind Bediening te vernietig en my reputasie wat ek waarlik Heilig gehou het omdat ek my YAHUSHUA liefhet en ek wil 'n voorbeeld wees vir ander. En ek bid met my hele hart dat diegene van julle wat bedoel is om martelaars te wees, diegene van julle wat sal beleef dat jou vriende en familie jou versaak omdat jy weier om die waarhede op te gee wat jy geleer het oor ons Geliefde YAHUSHUA. Ek bid met my hele hart dat jy die liefde sal voel wat ek gesien het –in SY oë. En soos hulle jou wegneem, en natuurlik is daar die Bruid van YAHUSHUA en ek praat nie nou met julle op hierdie oomblik nie. Ek praat met die Gaste by die BruilofsMaal van die LAM. Nie almal van hulle nie, maar baie van hulle [sal martelaars word].
Daardie is my gebed op hierdie oomblik, dat die liefde wat ek gesien het in YAHUSHUA se oë—nie in 'n visioen nie, maar van aangesig-tot-aangesig julle ook sal sien. En HY sal reg daar wees saam met jou en jou gees sal jou liggaam verlaat voordat selfs die lem jou nek kan raak. Vergewe my dat ek nie daardie gebed gesê het vir diegene... Daar is so baie wat op hierdie oomblik martelaars is. Daar is so baie wat gemartel en in die tronk gegooi en doodgemaak word. Vergewe my YAHUSHUA, ek het nie vir hulle gebid nie. Ek bid dat hierdie video sal staan as 'n getuienis wanneer mense dit hoor. En hulle sal onthou om te bid vir hierdie mense, veral wetende hierdie kon jy gewees het. En as dit jy is, wat sal jy doen?
Ek stel voor julle begin oefen op hierdie oomblik. Ek beveel dit baie hoog aan. Want daardie is wat GOD doen. HY sê, kies jy hierdie dag watter god jy sal dien. En HY gebruik my as SY Elia van Nuuts—nie omdat ek die reïnkarnasie is van SY Elia van Ouds nie [want daar is nie so 'n ding soos reïnkarnasie nie], O asseblief moenie hierdie leuens glo nie—ek is 'n vrou, 'n V – R – O – U, soos Helen Reddy se lied sê. Ek is 'n vrou, okei? Daardie is een groot verskil. Ek het nie 'n lang wit baard nie, en ek is defnitief nie in die Hemel nie, maar ek sal wees eendag.
Elia van Ouds was 'n profeet en ek is 'n profeet van YAHUVEH. Nie enigiets spesiaal wat ek gedoen het nie. Glo my, ek het HOM vertel, ek wil nie 'n profeet genoem word nie. En HY het gesê, “Ek gee nie om wat jy genoem wil word nie, EK NOEM JOU 'N PROFEET”! Daar is dit... En die ander ding wat Elia van Ouds en ek in gemeen het is hy was gejaag deur Jezebel, okei? [Sy het] almal agter hom aangehad, hom letterlik gejaag. Wel ek het vyande wat my jaag met die gees van Jezebel en hulle het 'n klein weermag wat net baie hard probeer om my te kry want hulle sal my doodmaak as hulle kon. Hulle het videos daar buite wat sê ‘waar is hierdie vrou, weet jy enige iets van haar af?’ ... plaas persoonlike inligting ... wanneer ek 'n webwerf geregistreer het, wanneer dit eerste op die lug was natuurlik geen van hierdie inligting is op hierdie oomblik van toepassing nie. Ek is nie meer onnosel nie. Ek het my inligting in privaat registrasie. Ek het nie toe van beter geweet nie. O man, so hulle het dit in 'n video geplaas—foonnommer, adres ... onnosel mense, onnosel verworpenes.
Die bruid van satan... daardie is wat ek op hierdie oomblik teen veg. Hoeveel van julle gaan saam met my staan? Hoeveel sal staan vir Heiligheid? Enige iemand wat hierdie hoor en hulle glo hulle is die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH en hulle het geïdentifiseer met wat ek gesê het, kontak my. My YouTube gebruikersnaam is yahsladynred want ek behoort aan YAH en, die Rooi, is vir die Bloed van YAHUSHUA wat my red, my vrymaak, my salf.
So daardie is my drome. Ek is lief vir al diegene meer as wat woorde kan sê—wie my bemoedig het. Daar is so baie profesieë wat teruggehou is—miskien so baie soos 20—ek het julle gebede nodig vir hulle om vrygestel te word. Dit is brutaal op die voorste linies. Ons het probeer gaan deur die wetlike roete om die laster van karakter te stop. En die name en die lyste [van die vyande] is so lank—Google was bedien met 'n subpoena. Ek bedoel, mense hulle sê nie net hulle hou nie van die profesieë nie. Daardie is hulle vryheid om dit te doen. Ek gee nie om nie...hulle het die hele YouTube, maar wanneer hulle my valslik beskuldig van misdade, waar stop dit? Julle sien, dit gaan nie eers net oor my nie, dit gaan oor die skape en die lammers wat weggejaag word. Ek gee so baie om wanneer ek sien 'n klein skapie het net begin loop en ek is daar oorkant om dit te troetel en die volgende ding wat ek weet dit is in 'n wolf se bek weggedra na die Hel toe. Ek gee om, ek treur. En daardie is wat satan gedoen het. En net diegene wat waarlik die HEILIGE GEES het gaan onderskeiding hê om te weet, wie is boos en wie is goed want hulle kopieer en plaas Skrif baie goed. En hulle deel hulle klein Christen liedjies...
Hulle is so boos soos boos kan wees. Ek sal eerder teen 'n openlike satanis veg of 'n openlike ateïs as om diegene te hê as sataniste en ateïste wat vermom is en kom as vals Christene.
Pasop, mense. YouTube is 'n riool en jy moet weet waar om te trap. Dit het party goed daarin, die regte, werklike, weergebore HEILIGE GEES gevulde volgelinge van YAHUSHUA wie regtig strewe om te gehoorsaam en heiligheid preek. Hulle, noem ek my broers en susters, maar die oorgrote meerderheid is lafaards en valses. Hulle is die wat sal sê, “Steek ons weg van die aangesig van die LAM en HY wat sit op die troon”. Hulle sou eerder 'n berggrot om hulle wil hê om hulle weg te steek van die aangesig van YAHUSHUA. Wag net. Die toorn van die LAM! HY is nie die opofferende, geslagte, gemartelde, vernederende, gespotte GOD wat gehang het op daardie kruis nie. HY is soveel meer! HY is nie net daardie nie. Daardie was vir een keer wat HY gesê het, “Vader vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie”! Nou weet hulle wat hulle doen en daar is geen verskoning nie en HY kom terug met vuur in SY oë. En 'n swaard in SY mond. En 'n weermag agter HOM. En ons, die Bruid van YAHUSHUA, sal op daardie perde wees agter HOM wanneer dit gebeur, wanneer HY terugkom vir 'n tweede keer. En HY sal hierdie vyande doodmaak. Daardie is al wat ek het om te sê.
Ek gee meeste aanstoot, Maar ek loof YAHUSHUA daar is 'n oorblyfsel wat my steeds as 'n seën beskou. So vir diegene wat my as 'n seën beskou hierdie dag, ek is lief vir julle en ek dank julle vir alles wat julle doen vir die Koninkryk van die Hemel en wat ookal ons het om te doen, wat ons gaan doen om die werk wat GOD ons gegee het om te doen klaar te maak. Julle weet wie dit is wat verhinder dat die antichris geopenbaar word op hierdie oomblik? Dit wat verhinder? [2 Thessalonisense 2:2-8]. Dit is ons, die Bruid van YAHUSHUA. Ons is die standaard wat GOD gebruik teen hierdie bose mense. Ons is die stem wat uitroep in die wildernis: kies julle hierdie dag watter GOD julle sal dien! Lewe Heilig! Gee die boodskap van Johannes die Doper: BEKEER die Koninkryk van die Hemel is naby! En wanneer die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH weggeneem is, sal alle Hel losbreek op hierdie aarde op 'n manier wat mense sal wil hê berge moet op hulle val om hulle weg te steek van die Toorn van die Lam en HY wie sit op die troon. So moenie sê ek het julle nie gewaarsku nie. In die tussentyd, onthou om te bid vir diegene wat martelaars word!