Wees gewaarsku!! New York, Texas en Florida
Gegee aan Elisheva Elisheva 25 April 2008
Elisheva het vandag hierdie droom gehad en vra julle om te bid vir onderskeiding daarvan. Sy het dit op band opgeneem. Hier is die transkripsie soos sy dit gespreek het. Elisheva se Droom Oor Marlo Thomas. Ok dit is die 25ste April 2008, yippee, ek gebruik hier 'n nuwe moderne, elektroniese bandopnemer, maar ek en batterye is gewoonlik nie sulke goeie maats nie soos ander mense in hierdie huis kan getuig. Op die een of ander manier "zap" die anointing daardie batterye maar laat ons dit probeer.
Hier is wat gebeur het. Na 7 ure se slaap op 25 April 2008, nadat ek bed toe gegaan het 4 vm. en ek opgestaan het om 11, het ek hierdie droom gehad. Dis interessant wanneer filmsterre in ons drome geplaas word. Ek kon nie onthou hoekom nie maar Marlo Thomas en Phil Donahue was in my droom en ek was by Marlo Thomas se huis en sy het 'n seun en 'n dogter gehad. Haar dogter het gelyk net soos sy. Haar seun blyk te wees, o ek wil sê, gonna, miskien 8 tot 10 jaar oud.
En Marlo Thomas se huis was vol eksotiese diere, in haar kombuis het sy rare eksotiese vis gehad, met akwariums, die gevaarlike soort en ek sou na hulle kyk en hulle sou kom tot by die glas en na jou kyk en sy het eksotiese diere gehad en sy het gesê, "Elke nou en dan laat sou sy al haar eksotiese diere loslaat in haar groot huis en hulle sou net, en ek het hulle gesien en hulle sou net wild rond hardloop oral in haar huis.
Wanneer ek sê eksotiese diere dink ek aan tiere en leeus en ape en al daardie en ek het gesê, "Is jy nie bang dat jou waardevolle besittings gaan breek nie want hulle was soos in 'n optog en hulle het mekaar net rondgejaag" en sy het gesê, "Ag wat, daar's niks wat geld nie weer kan koop nie" en toe het haar 8 tot 10 jarige seun 'n kaart vir my gebring en hy het gesê, "Ek moet weet waar Texas is?" en ek het gesê, "Skat, ek het 'n kaart nodig van Texas. Hierdie is 'n kaart van Florida". En hy het so hartseer bly lyk en hy het bly sê, "Maar waar is Texas?" Ek het gesê, "Maar hierdie is Florida. Ek het 'n Texas kaart nodig. Het jy nie 'n ensiklopedie nie. Het jy nie 'n wêreldkaart of 'n Verenigde State van Amerika kaart nie? Dan sal ek vir jou wys waar Texas is maar hy het bly afkyk na 'n kaart van Florida en hy het bly aandring dat ek hom moet wys waar Texas was.
En dan die laaste gedeelte van die droom, natuurlik kon ek hom nie wys nie en toe het hy baie hartseer weggegaan. Die laaste gedeelte van die droom is ek probeer om iemand te bel, 'n man en die oproep wil nie deurgaan nie en ek hou aan probeer en probeer en ek weet die oproep moet deurgaan, maar die oproep gaan nie deur nie. En ek glo ek was in Marlo Thomas se huis toe ek daardie oproep gemaak het. So word ek wakker. Ek gaan na die internet en daar's geen internet nie. (My kommentaar: ons server was seker af gewees). Nou of daardie dalk 'n oproep was wat probeer deurgaan sodat ek die mense kan waarsku, weet ek nie.
Einde van die droom
My onderskeiding is Marlo Thomas is 'n Jood. Danny Thomas was 'n volbloed Jood. Hulle seuntjie het bly aandring dat Texas in Florida was so is daar 'n stad in Florida wat genoem gaan word na 'n stad in Texas? Ek weet nie of dit werklik onderskeiding genoem word of nie of dit maar net ek is wat hierdie ding wil uitpluis nie. Ek weet dit, daar's 'n groot waarskuwing in alles hiervan want daardie seuntjie was hartseer. Toe ek die seuntjie gevra het wat die rede was hoekom hy wou weet waar Texas was, het hy gesê, "Want iets baie sleg gaan daar gebeur." Maar hy het aangehou wys na die kaart in Florida.
Op die 4de Mei het ek wakker geword met hierdie onderskeiding van die droom dat iets baie sleg gaan gebeur in New York wat Marlo Thomas voorstel en Texas en Florida.