Populasie Beheer




Gegee aan Elisheva Elisheva

26 Sept. 2011

Toe my geliefde vriendin YAHLittleOne my vertel het hierdie gaan saam met 'n fliek en wat hulle oorspronklik gedoen het. Daar was 'n dorp en dit was 'n groot stad. Ek het nooit regtig opgelet oor die verskillende mense oral rondom my nie totdat ek na die poskantoor toe gegaan het. Die poskantoor het twee stelle trappe gehad, 'n linker en regter een. Aan die regterkantse een was die trappe baie steil. Hulle was spesiaal ontwerpte trappe om mense te toets om te sien hoe rats hulle is. Ek het nie geweet dit het enigiets te doen gehad met jou jeug nie. Dit het hoofsaaklik te doen gehad oor jou gesondheid en jou ratsheid. Hulle was ook ontwerp op so 'n manier – dit was regtig vreemd want ek het opgelet wat die vrouens en selfs ek aangehad het in die droom, regtig kort mini rompies, waar wanneer die vrouens sou opgaan met die trappe natuurlik kon mense sien wat onder hulle rompies was. Ek het hierdie twee stelle trappe gesien en ek moes ingaan in die poskantoor en ek het gesê, “Ek gaan nie op daardie regterkantse stel trappe nie,” nie net vir die rede dat ek geweet het dat dit was vir voyeurisme, wellus maar ook het ek na hulle gekyk en ek het geweet daar is geen manier dat ek my liggaam daardeur gaan sit nie. Hulle was regtig vreemd gevormde trappe, ok, nie iets wat ek al gesien het nie maar so steil en die trappe was so ver van mekaar.

So ek het die aan die linkerkant gekies en toe ek begin het om op te gaan met die trappe aan die linkerkant, my gonna daardies was selfs moeilik maar ten minste het ek geweet dat ek dit kon doen op so 'n manier dat hulle nader aan mekaar was so die vrou sprei nie haar bene so ver uit om op te gaan met die trappe nie. So gaan ek in die poskantoor in en ek is uitasem en ek gaan na die vroue-teller en ek het gesê, “Wat is dit met hierdie trappe? Ek het dit amper nie in gemaak nie. Hoe kan enigiemand verwag om hierdie trappe te gebruik soos dit? Wat doen julle met ouer mense? ” En sy het histeries begin lag. Sy het donker hare gehad. Sy was miskien so 25, iets soos dit, nie ouer as 30 nie. Ek dink nie sy was 30 nie. En sy het net histeries vir my gelag asof sy mal geraak het! En ek het gesê, “Wel wat is so snaaks omtrent dit?” En sy het gesê, “Daar is geen ou mense nie! Het jy nie gesien nie? Niemand hier is oppad na aftree ouderdom nie,” en aftree ouderdom is vroeg. En ek het besef hierdie populasie waarmee ek omring was in die stad, hulle was almal jonk! Elke vrou het mini rompies gedra en hulle was almal jonk en toe het sy gesê, “En nou weet ons dat jy dit ook nie kan maak nie.” Met ander woorde, dat ek ouer was en ek ook sou verdwyn.

Toe ek wakker geword het – daardie was die einde van die droom, behalwe ek het gedink hoe hartseer dit was dat niemand ooit 'n ouma of 'n oupa sou ken nie. Daar was 'n afsny ouderdom waar mense net sou verdwyn. Hulle sal nie ou mense wees nie! Hulle sal niemand wees wie nie daardie trappe kan doen nie en die trappe vir my beteken dit is alles ook verbind met wellus.

So hierdie is 'n nuwe manier wat hulle populasie beheer gaan doen en ek het wakker geword en ek het vir YAHSLittleOne gebel en ek het haar vertel terwyl ek so slaap en ek het gesê hierdie is wat my droom was en ek was geskok en sy het gesê, “Hierdie klink soos 'n fliek wat ek nou net gesien het oor Ellis Eiland en dis 'n ware verhaal, toe die immigrante oorgebring was en hulle getoets was. Een van hulle toetse was om te sien of hulle kon op en af gaan met trappe, om te sien hoe gesond hulle is om hulle ouderdom te sien. Ek het gesê, “Wat gebeur met die immigrante wat nie geslaag het nie?” En sy het gesê sy het nie geweet nie. Ek het gesê, “Nee, ek het nog nooit gehoor van so 'n ding nie.

Wel, dis 'n nuwe manier wat regerings gaan wees … nie bekommerd hoef te wees oor die gesondheidsorg rekening nie, hulle gaan so te sê wegdoen met enigiemand wat nie rats is nie, fiks is nie en hulle was almal dieselfde grootte in hierdie groot stad wat omring is, ek weet nie of dit was soos New York of wat dit was nie. Man, daar was wel so baie mense toe ek geloop het deur skares so dit is 'n groot stad waarin ek as en hulle was almal dieselfde grootte – ek wil nie sê hulle was almal dieselfde grootte nie. Die vrouens het net eenders gelyk en hulle het almal baie kort rompies gedra. Alhoewel ek self in die droom 'n baie kort rompie gedra het sou ek nie daardie ander kant van die trappe doen nie en ek het regtig geweet ek kon nie die ander kant van die trappe meer doen nie. Ek kon, maar ek sou dit gedruk het en ek was nie van plan om dit te doen nie.

So daardie was my droom. Daardie is nie 'n gelukkige toekoms nie. Is dit soos wat die G.V. (Groot Verdrukking) gaan wees? Ek weet nie. Ek weet nie wat hierdie droom was nie maar dit is nie enigiets om na uit te sien in die toekoms nie. Ek het geweet toe die vrou gesê het dat die ouer mense, enigiemand wat nie daardie trappe kon maak nie hulle was doodgemaak, ok? En ek het geweet dit het alles begin met Terry Shindler Schiavo. Ek noem haar Terry Shindler. Hulle het dit alles beplan toe hulle haar doodgemaak het. Die regering het wetlik begin om 'n vrou van dors te laat sterf wie nie breindood was nie en nou in Amerika is dit beplan waar enige iemand, 'n familielid, kan sê, “Ek wil nie langer hierdie persoon in my lewe hê nie,” en daardie persoon eindig op in die hospitaal en dit is verby met hulle.

So daardie is die soort wette wat ons alreeds in Amerika het so dit sal nie lank wees voordat hierdie wêreldwyd is nie en hulle beoog om te beheer wie lewe en wie sterf. Slegs die pragtige mense, slegs die jonges en ek weet nie wat die afsny datum gaan wees nie maar dit sal wees wanneer jy nie langer die regering se toetse kan slaag nie. Daardie is waaroor die poskantoor gaan. Dit is 'n regering fasiliteit. Dit is dit! Mag YAHUSHUA genade hê op al ons siele want almal word ouer en selfs diegene wie hierdie aaklige wette gaan slaag, hulle sal ook eendag nie in staat wees om daardie trappe te doen nie, nie in staat wees om daardie toetse te slaag nie maar hulle weet ook hulle is besteebaar. Oor en uit!