Drome van die Wegraping en Bruid




Elisheva het gesit op PAPPA YAHUVEH se skoot!

21 Aug 2010

Op 20 Junie 2010 het Elisheva in haar slaap gepraat met PAPPA YAHUVEH en op SY skoot gesit. Dit was nie 'n droom nie en dit het haar hele gemoed verander toe sy wakker geword het.

Hier is hoe sy beskryf wat gebeur het:

"Dit het alles begin met my wat besig was om tot YAHUVEH te bid en uit te roep in 'n luide stem oor die nuutste lasterlike leuens wat gesê is deur die vyande van hierdie Bediening vir die doel om die skape en lammers weg te jaag van hierdie Bediening af. My emosies kon nie meer vat nie. My man het my hoor sê, in 'n luide stem, 'ABBA YAHUVEH in die Naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, ASSEBLIEF NEEM MY HUIS TOE NA DIE HEMEL TOE, EK WIL NIE MEER LANGER HIER OP HIERDIE AARDE WEES NIE, EK VRA NIE OM TE STERF NIE. EK WIL NET HUIS TOE KOM NA DIE HEMEL TOE SOOS U VIR ELIA VAN OUDS GENEEM HET. HIERDIE AARDE IS SO VUIL EN EK VRA NIE OM TE STERF NIE WANT EK WIL NOOIT HE DAT MY LIGGAAM WAT HEILIG GELEWE HET VIR U BEGRAWE WORD OP HIERDIE VUIL AARDE NIE.'

Ek het gekyk na die vorm van 'n baie groot man maar ek het nooit SY gesig gesien nie en tog het ek geweet dit was ABBA YAHUVEH. HY het gesit in die gestoffeerde stoel oorkant my in ons slaapkamer.

HY het gesê, 'Kom hier,' in 'n streng stem. Ek was bang dat ek iets verkeerd gesê het en ek het nie na HOM toe gegaan nie. Inteendeel ek het onthou hoe Job in die moeilikheid gekom het deur vir YAH te bevraagteken en toe het HY SY arms uitgestrek en in 'n sagter stem gesê, 'EK het gesê, 'Kom hier,' met SY arms uitgestrek en soos 'n klein kindjie het ek gegaan na my PAPPA en ek het gesit op SY skoot en ek het net begin om my hart uit te stort met al die redes waarom ek nie meer op hierdie aarde wil wees nie. Ek het HOM vertel ek was keelvol en ek het net my frustrasies uitgelaat. Dit het gelyk asof dit was sonder om asem te skep ek het so vinnig gepraat. Ek onthou net die lig oral om die figuur van my PAPPA YAH en die witheid van die hare maar ek kon nie SY gesig sien nie. Toe het HY SY hand geneem sonder om 'n woord te sê en HY het my kop op SY skouer laat lê.

Toe ek wakker geword het het ek soveel vreugde gehad want ek het geweet dat dit meer as 'n droom was. Ek weet dat ek gesit het op PAPPA YAH Se skoot. Ek kan dit nie verduidelik nie want ek weet dat YAHUVEH die aarde gebruik vir 'n voetstoel so HY kon sekerlik nie pas in daardie stoel of hierdie huis nie en tog het HY na my toe gekom in die vorm van 'n man. Nou weet ek dat nie net in die Hemel het ek my kop gelê op MAMMA WYSHEID, MAMMA RUACH HA KODESH Se skouer nie, maar nou ook ABBA YAHUVEH Se skouer reg hier in my slaapkamer. Laat die vyande spot. Ek sweer op my siel hierdie is waar.

Ek het gaan slaap so depressief soos hierdie vyande my so wreed geslaan het met hulle woorde en ek het wakker geword met vreugde en my man kan getuig daarvan. Dit is hoe kragtig ons woorde is. Wanneer ons selfs uit frustrasie praat, luister YAHUVEH na elke woord. Ek weet nie of dit enigiets te doen het daarmee nie maar die Een Minuut tot Middernag skildery van die visioen van die Hemel waar YAHUSHUA huil hang op 'n muur agter daardie stoel waar YAHUVEH gesit het. Nou is ek lief vir hierdie ou, lelike stoel! Ek kyk daarna baie kere per dag en ek onthou altyd hoeveel ons Hemelse VADER SY Kinders liefhet."

6 Julie 2010

Droom van Adam

"Ek het gedroom ek het gelê op my rug in 'n vertrek waar ander ook gelê het maar ek was gefokus om te rol van een sy na 'n ander, deur my arms en bene te beweeg soos 'n baba doen. Ek het geweet ander, Elisheva, Kathrynyah, was langs my en ek het gehoor in die gees 'Vyf Wyses' en ek het ook geweet in die Gees daar sal 'n foto geneem word, dat iemand wag om 'n foto van ons te neem maar ek het niemand om ons sien staan nie. Skielik het ek hierdie warm, omgee, sagte en kragtige stem gehoor wat kom van oral af wat sê, 'MY Geliefde Bruid'. Toe het die droom geëindig."

10 Julie 2010

Droom van Todd

"Ek het 'n droom gehad laasnag (10.7.10) oor die wegraping! Whohoo! Hierdie is wat ek onthou. Ek was in 'n vertrek toe ek skielik 'n horing gehoor het en ek het vinnig omgedraai en geluister daarna en vir 'n sekonde oordink, toe het my hart vinniger begin klop met opwinding en vreugde terwyl ek dit herken het om die shofar horing te wees wat die wegraping sou aandui. Dit het uiteindelik opgehou en ek het opgekyk met sulke verwagting en vreugde in my hart, wagtend vir YAHUSHUA, toe het ek begin voel my liggaam verander wat ongelooflik awesome was! So daardie is die droom =). Daar was meer maar dit is wasig en ek wou nie enigiets byvoeg nie =). YAHUSHUA kom! Yay!"

24 Junie 2010

Droom van Kenya: Uitnodigings Droom

"My moeder was in die droom saam met my en ons was in hierdie groot gemeente saam met Elisheva Elisheva en 'n paar ander, ons het almal geloof en was vreugdevol in die Here. 'n Boodskapper het na Elisheva gekom en aan haar uitnodigings oorhandig wat sy moes uitgee, sommige vir die gaste en sommige vir die bruid. Hy het die shofar horing geblaas en dit het my aandag vasgevang. Diegene wat deel was van die gemeente het op die vloer geval en tot die Here gebid, my gebed was: Liewe Here laat asseblief diegene toe wat U gaste is om te weet wie hulle is en diegene wat U bruid is om te weet wie hulle is.

Einde van Droom Ek onthou met die wakker word het ek die HERE gevra om my asseblief te laat weet of die droom van HOM was, toe ek weer aan die slaap geraak het het HY gesê: om deel te wees van MY Bruid moet jy nie wêrelds wees of van hierdie wêreld nie."

Ook van Kenya:

"Daar was drie groepe mense en 'n vrou het gepreek oor die voorbereiding van gereedheid van jouself.

Die eerste groep, alhoewel redelik klein, was alreeds besig om voor te berei.

Die tweede groep, groter as die eerste (omtrent medium), ek was deel daarvan, ons het steeds nodig gehad om die weg aan te wys (help).

Die laaste groep was groot, baie groot in vergelyking met die eerste en tweede, indien nie gekombineer nie, hulle het nie gelyk asof hulle hierdie vrou wat preek hoor of sien nie (so, ek glo sy was geestelik).

Toe het ek (die tweede groep) gevra 'wat het sy bedoel met die voorbereiding van gereedheid van onsself'? In plaas daarvan dat haar stem antwoord, het 'n man geantwoord en gesê, 'Julle moet die Oordele van julleself voorberei.' Ek het verstaan wat hy gesê het (die Here het my voorheen geleer om myself te oordeel).

Toe het 'n visioen voor my gesig gekom, soos 'n projektor skerm, wat gewys het miljoene der miljoene mense bespot die Wegraping, wat sê, 'Die wegraping, ha! Daardie sal nie gebeur vir nog 'n duisend jaar of so nie.' Ek het geweet hulle was gelowiges, maar ek het nie gedink hulle was ware Christene nie.

Toe het die man se stem gesê (wat ek glo is JESUS CHRISTUS (YAHUSHUA HA MASHIACH)), 'Baie glo nie dat EK kom nie, maar EK kom BAIE, BAIE, BAIE, SPOEDIG.'

Einde van droom

Ek onthou HY het die 'baie' beklemtoon, plus HY het dit drie maal gesê, soos dat HY ernstig was en HY kom terug spoediger as wat die meeste dink.

Ek het hierdie geskryf om julle moontlik, hoopvol te bemoedig om die goeie stryd te veg en ek sal graag julle gebede wil hê, sodat ek ook die goeie stryd kan veg. Seën julle in YAHUSHUA ha MASHIACH! (hoop ek het dit reg gespel: )"

Kenya B.