BID DAT JY SOOS 'N ONDERWYSER SE GUNSTELING SAL WEES OM DIE TOETS VAN DIE GROOT VERDRUKKING VRY TE SPRING




'n Droom wat Elisheva gehad het op 12 November 2007.

Elisheva se kommentaar: Hierdie droom het gekom op die 11de dag van 'n vas, ek hoop dit bemoedig die wat heilig is. Voel vry om kopieë te maak en te deel met ander. Alhoewel ek die een in die droom is wat die onderwyser se witbroodjie ('n gunsteling van die onderwyser) is, wie natuurlik YAHUSHUA ha MASHICH is, staan ek net bloot vir al die kinders van YAHUSHUA wie HOM volg en gehoorsaam waar HY ookal gaan.

* * * * * * *

Droom: Ek was in 'n groot klaskamer besig om 'n toets te skryf. Almal was senuweeagtig oor die toets, ek ingesluit. Maar die onderwyser wou nie hê dat ek senuweeagtig moes wees nie. So HY het gesê dat ek kon opstaan uit my sitplek (lessenaar) en ek kon my toets doen deur HOM te volg waar ookal HY gegaan het in die kamer. So het ek dit gedoen. Al die ander moes bly sit en hulle was vol stres. Maar ek kon doen wat ek ookal wou en ek het die onderwyser gevolg en HY was tevrede met my.

(Toe ek grootgeword het as 'n kind, was my beste vriendin se naam Shirley. In die werklikheid was sy die onderwyser se witbroodjie en sy het A`s gekry vir al haar vakke en sy kon gedoen het wat sy ookal wou. Later in die lewe, nadat ek tot bekering gekom het, het ek weer vir Shirley ontmoet en probeer om weer vriende met haar te wees. Haar getroude van toe was Shirley Wright. Maar ons het nie enigiets in gemeen gehad nie want ek was weergebore en HEILIGE GEES vervuld. Toe ek vir Shirley vertel het dat ek die gawe ontvang het van die Heilige Gees van spreek in tale, het Shirley vir my gesê dat dit nou nie regtig so 'n groot ding is nie, dat sy dit altyd gehad het omdat sy van 'n ander planeet afkomstig is. Sy het probeer om my te vertel van die ander planeet maar ek het gedink sy was mal en het nie geluister nie. Shirley was altyd betrokke in heksery. Toe ek dit uitgevind het wou ek niks meer met haar te doen hê nie. Shirley Wright was vir seker verkeerd.

Terug by die droom: Shirley het gesê, ek gaan nie hier in hierdie sitplek sit nie en sy het opgestaan en sy het probeer om haar toets te doen waar sy ookal wou gaan. Maar sy het nie die onderwyser gevolg nie. Sy het gedoen wat sy ookal wou. Toe die onderwyser haar gesien het, het HY op haar geskree, "Gaan terug na jou sitplek toe. Sy het gesê, ek wil doen wat Elisheva doen. Sy hoef nie te sit om haar toets te skryf nie. Die onderwyser het streng vir haar gekyk terwyl almal se oë hulle dopgehou het en gesê, Jy is nie Elisheva nie. Shirley was gedwing om te gaan sit. Ek het die onderwyser net bly volg waar HY ookal gegaan het en daar was geen stres oor die toets nie. Einde van Droom.

Onderskeiding: Die toets is eintlik die Groot Verdrukking. Die sitplekke/lessenaars stel die wêreld voor. Shirley is van die wêreld, besig om 'n ander meester te volg, sy sal in die Groot Verdrukking wees. Sy sal nie gespaar word wanneer die uur van toetsing kom nie. Ek, Elisheva verteenwoordig al daardie wie lief is vir, gehoorsaam en YAHUSHUA dien, HOM volg en gehoorsaam, en dit beteken om Heilig te lewe, almal wat YAHUSHUA ha MASHIACH volg die enigste ware Rabbi en die grootste Leermeester. Daar is geen stres om te bekommer om die toets van die Groot Verdrukking in die gesig te staar nie, vir die Bruid van YAHUSHUA, want die Bruid volg HOM waar HY ookal gaan, en ons sal HOM volg na die Hemel toe. Ons sal geroep word uit die sitplek van hierdie wêreld en hierdie droom was vir my gegee om die Heiliges te bemoedig wat teleurgesteld was wanneer ander soos Shelby Corbitt, Choo Thomas, Kenneth Copeland onder andere datums gee vir die wegraping en dit nie plaasvind nie. Satan wil hê ons moet ons Geseënde Hoop verloor dat YAHUSHUA weer sal kom. Dit is hoekom die Skrif sê, 'hoe min sal steeds geloof hê'. Kyk, en wag is wat ons beveel is in die Skrif.

YAHUSHUA sal kom vir SY Bruid en die Gaste wie by die Bruilofsmaal van die Lam sal wees. Onthou die hoorbare Woord van YAHUVEH wat aan my gegee was baie jare gelede en wat geplaas is. "Eers een wegraping (eerste vrugte wegraping van die 144 000 soos in Openbaring 14) en dan 'n ander vir diegene wat EK liefhet." (Openbaring 7 bruid is opgeneem saam met die 2 getuies wanneer hulle uit die dood uit opstaan in die middel van die verdrukking saam met die wat dood is wat gemartel was tydens daardie tyd (die wat dood is in Christus YAHUSHUA sal eerste opstaan) saam met diegene wat lewendig is en heilig sal opgeneem word om YAHUSHUA ha MASHIACH in die lug te ontmoet,) (en hulle wat nog lewe sal opgeneem word om YAHUSHUA ha MASHIACH in die lug te ontmoet.) Moet asseblief nie mismoedig word en geloof verloor nie YAHUSHUA kom weer maar dit sal wees deur geen man of vrou se tydsberekening nie, net YAHUVEH se tydsberekening. Daar sal 'n geroep wees wat uitgaan, berei jouself voor die Bruidegom kom, en ek is verseker die Bruid van YAHUSHUA sal daardie uitroep hoor, Berei jouself voor die Bruidegom kom! Die misterie is in die gelykenis van die 10 maagde.

(Openbaring 3:10 Omdat jy MY Gebooie onderhou en bewaar het, sal EK jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. Kyk EK kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou oorwinnaars kroon kan wegneem nie. EK sal elkeen wie bewys dat hy 'n oorwinaar is, 'n pilaar in die tempel van MY YAH (GOD) maak, en dit sal vir altyd daar bly. Die Nuwe Jerusalem, wat uit die Hemel van MY GOD neerdaal, en MY nuwe NAAM." Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die GEES aan die gemeentes sê." (Lees asseblief die hele Openbaring 3:7-13.) Shirley het die gees van Isebel "Jezebel" en sy het magiese kragte, maar sy was geen profetes nie. (Lukas 21:36: "Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvang en voor die Seun van YAH\GOD te staan.")