Die VVV'S en Aliens Kom!




Hierdie is alles drome van aliens wat na ons gestuur was van ons Heilige Gesalfde Gebed Vegters binne die laaste paar maande of so. Hierdie is nie 'n toeval nie mense dat hierdie drome alles nou gebeur nie. Kyk na die lug.

* * * * * * *

Bruid Is Veilig Van V.V.V's

9 November 2008

Wat ek onthou van hierdie droom is dat ek saam met twee ander mense was, 'n jong swartman en 'n jong swartvrou. (Ek hoor nou op hierdie oomblik dat YAHUSHUA ONS MASHIACH sê dat ons die swart gemeenskap verteenwoordig) Ons het weggehardloop van 'n V.V.V. wat gevorm was soos 'n piering. Ons het in 'n rooi bussie geklim. Die jong swartman het bestuur. Hy het stilgehou by 'n groot hek en ek het uit die bussie geklim om 'n knoppie te druk sodat die hek kan oopmaak. Ek het toe terug gehardloop na die bussie en ek het opgekyk en gesien dat die V.V.V. gestop het by 'n groot boog-brug. Ek was bang en het vinnig teruggeklim in die rooi bussie in. Ons het toe ingery in 'n veilige kompleks. Die hek het outomaties agter ons toegemaak. Die jong swartman het die bussie geparkeer in 'n parkeerplek en ons het uit die bussie geklim. Ek het opgekyk maar het nie die V.V.V. gesien nie. Die veilige kompleks het klein woonstelle gehad van wat ek kon sien staan van die buitekant as gevolg van die klein venstertjies. Die veilige kompleks het 'n groot parkeer area gehad met bome aan die kant.

Einde van droom

Die kleur rooi verteenwoordig die gestorte Bloed van YAHUSHUA ONS MASHIACH.

Die bussie verteenwoordig, YAHUSHUA ONS MASHIACH, en HY lei ons.

Die veilige kompleks verteenwoordig dat YAHUSHUA ONS MASHIACH SY Bruid sal veilig hou.

* * * * * * *

DROOM OOR ALIENS

14 November 2008

Ek (Joainneyah) was in Holland, ek het uit my kar geklim, dit was 'n blou stasiewa. (Ek het gedink miskien het die woord stasie beteken die aliens is gestasioneer in Holland toe het ek YAHUSHUA ONS MASHICAH gehoor sê hulle is gestasioneer rondom die wêreld.) (Die kar verteenwoordig MAMMA SHEKINYAH SY lei ons in alle waarheid en die kleur blou verteenwoordig die salwing. Hierdie is wat ek hoor wat YAHUSHUA ONS MASHIACH my vertel.)

Ek het gestaan in 'n parkeerplek in 'n parkeerarea van 'n winkelsentrum. Ek het opgekyk na die lug en dit was 'n donker bewolkte dag. In die verte kon ek iets sien wat gelyk het soos 'n wolkkolom. Ek het 'n groep van tien klein lig sirkeltjies gesien wat val uit die bodem van die wolkkolom in die grond in.

Hierdie het aan en aan gegaan en toe nog 'n groep van tien klein lig sirkeltjies. Ek het rondgekyk om te sien of enigiemand kon sien wat ek gesien het maar die mense daar was besig met hulle eie dinge om te koop. Ek het geweet hulle was V.V.V's as gevolg van 'n fliek wat ek eenkeer gesien het genaamd (The war of the worlds) dit het dieselfde toneel gehad as in die fliek. Dit was ook 'n donker bewolkte dag waar die aliens afgekom het van wat gelyk het soos 'n wolkkolom in die grond in in hierdie fliek.

(Hierdie is 'n bespotting, dit herinner my aan die skrif in die bybel Exodus 34:5 die HERE het neergedaal in 'n wolk; ook het YAHUSHUA ONS MASHIACH my gelei na hierdie skrif Exodus 13:21-22, 19:16 en Exodus 20:21)

Toe het ek myself gesien in my gewese kêrel se huis en ek het sy tannie gesien en ander familielede. Ek het hulle vertel wat ek sopas gesien het. Ek het gesê wanneer die aliens na jou toe kom vat 'n hout stok (ek het 'n besemstok in my hand gehad op daardie tydstip) jy salf die stok met olie (vra eers 'n seën oor die olie, dat YAHUVEH dit salf, in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH) en jy slaan hulle in die nek in die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH. (Die hout stok verteenwoordig die kruis waarop ons geliefde Redder gesterf het).

Ek het aan hulle verduidelik dat die aliens kom om menslike lewenskrag op te suig van diegene wat nie behoort aan YAHUSHUA ONS MASHIACH nie dan gaan die alien gees die menslike liggaam binne. Die aliens flous mense deurdat hulle dink dat hulle soos mense is. Maar jy kan hulle herken op die manier hoe hulle loop, ek het vir hulle hierdie vertel. (Die aliens loop soos die "ex-spice" meisie "Posh" wie getroud is met die sokkerspeler David Beckham)

Toe het ek skielik buite gestaan by my gewese kêrel se huis. Ek het oor die parkeerplek gekyk waar my kar geparkeer was (daar was 'n kort afstand na my kar toe). Ek het 'n tiener meisie gesien by my kar (In werklikheid was hierdie meisie my buurman se dogter waar ek gebly het in Holland). Sy was geklee in swart, in 'n kortbroek, 'n kort baadjie (ek hoor YAHUSHUA ONS MASHIACH sê dit is maar 'n kort tydjie vir die volgende fase.) Sy het aangehad hoë hakke, 'n lang wit pêrel ketting en 'n klein handsak. Sy het senuweeagtig gelyk en het aanhou rondkyk om te sien of enige iemand haar dophou; toe het sy in my kar ingebreek.

Toe skielik, ek en die tiener meisie, ek het my arms om haar gehad en ons het geloop in iets wat gelyk het soos 'n lughawe tonnel (wanneer jy na die vliegtuig toe stap). Ek het 'n bruin harige reuse-kreatuur verby ons sien stap, dit het my herinner aan 'n spotprent figuur (Big Foot). En ek was besig om te praat met die tiener meisie oor ons redder YAHUSHUA ONS MASHIACH dat somtyds praat YAHUVEH, YAHUSHUA, en ONS MAMMA IMMAYAH deur my en ek het 'n beweging gemaak met my hand oor my borskas om vir haar te wys dat ek bedoel deur my mond praat HULLE deur my. In my droom het ek gedink ek weet nie waarom ek hierdie vir haar vertel dat YAHUVEH, YAHUSHUA, en MAMMA IMMAYAH somtyds deur my praat nie. Ek het haar vertel dat YAHUSHUA ONS MASHIACH haar so liefhet dat HY gesterf het aan die kruis vir ons sondes.

(In werklikheid het ek getuig teenoor hierdie tiener meisie in Holland in 2003 ek was net gered miskien 3 maande toe ek teenoor haar getuig het. Ek het so 'n warmte gevoel wat kom uit my borskas dit het so goed gevoel om oor YAHUSHUA ONS MASHIACH te praat en ek het gesien haar gesig verlig. Skielik het ek gevoel vrees kom in my hart ek het nie geweet wat om volgende te sê nie toe het ek gesê, terloops, wil jy na ons kerk toe kom ons het 'n aandete partytjie. Daarna het ek verskriklik gevoel, satan het my getormenteer dat hierdie meisie hel toe sal gaan as gevolg van my. Ek glo dat YAHUSHUA hierdie vir my verlos het deur wat gebeur het in die verlede, HY het my toegelaat om teenoor haar te getuig in 'n droom.)

Loof ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, MAMMA IMMAYAH deur hierdie vir my te doen.

Einde van droom.

* * * * * * *

6 Oktober 2008

Suster J., van Holland

Hierdie was nie 'n droom nie. Dit was 'n ope visioen en was so werklik dat Suster J gedink het dit gebeur regtig.

Ek was in die Gees in Holland. Ek het gevalle engele gesien en uile wat kom uit die lug. Die gevalle engele het groot vlerke gehad en die uile was baie groot. Die gevalle engele was so lank dat die top van die bome net hulle knieë bereik het! Die gevalle engele en die uile het almal dieselfde kleur gehad; dit was rooi-bruin.

Toe het ek myself bevind waar ek lê in my vriend se huis; hy het gelê op die bank. Hy het gekyk na 'n fliek op TV. Hulle het dieselfde ding gewys wat ek gesien het. Ek het vir hulle gesê dit was werklik; hierdie gaan regtig gebeur in die Eind Tye. Die enigste manier hoe jy veilig kan wees is om JESUS (YAHUSHUA) te aanvaar in jou hart in. “JESUS/YAHUSHUA kom in my hart in en maak my 'n nuwe skepping in U.”

Ek was op pad om te gaan en hy het 'n nota blok geneem en alles neergeskryf wat ek gesê het. En ek het gesê, “Laat dit in jou eie woorde wees; laat dit wees uit jou hart uit.”

Ek het hom gevra om vir my 'n huurmotor te bel; sy suster het 'n paar vriende gebel wat huurmotor-bestuurders was. Sy het gesê, “Hulle slaap almal.” Dit was na middernag en my vriend het probeer om 'n ander huurmotor-bestuurder te bel. Toe het ek wakker geword en ek het gehoor, “Inval van demone.”

Einde van Droom

Kathrynyah se kommentaar:

“Ek was op pad om te gaan,” moontlik oor om die aarde te verlaat, weggeraap te word?

“Die huurmotor-bestuurders (weet nie waarom huurmotor-bestuurders nie) was almal ‘aan die slaap’”; so baie is “aan die slaap” tot wat aangaan in die wêreld!

“Dit was na middernag.” Ons is op YAH Se tyd van Genade- dis nie langer die middernag uur nie maar na middernag.

* * * * * * *

Joainneyah se Drome

Slaglyn Zombies

April 2008

Sy het 'n groep mense gesien. Hulle was omtrent 4 mense. Daar was 'n ouer vrou, 'n onderwyseres, so om en by 50 jaar oud, en daar was 'n seun so om en by 12-15 (tiener) en daar was 'n meisie, 'n tiener en 'n ander man. Sy het die groep gesien. Daar was 'n dorp. Al die strate was vuil. Die winkels was toegemaak en daar was grafitti oral. Die strate was leeg. Die groep het gehardloop. Hulle het weggehardloop van zombies af. Joainneyah het gesien die zombies hardloop agter hulle. Hulle het gelyk soos mense maar bleek.

Joainneyah kon sien die groep veg teen die zombies. Hulle het gesê, “In die Naam van Jesus, sterf.” Hulle het hulle in die nek geslaan met hout stokke. Die zombies se nekke het gedeeltelik afgekom en vinnig terug gegroei binne sekondes. Joainneyah het uitgekom. Sy was in een van daardie winkels. Sy het gesê, “Nee, in die Naam van YAHUSHUA, sterf!” En sy het een van die zombies geslaan – 'n man - met die kombuis spatula en hy het gesterf en gedisintegreer soos stof! Toe het die onderwyseres gesê, terwyl sy op die grond was, “hulle hou nie van my nie.” Toe het die vrou, die onderwyseres, gesê, “Ek kan nie meer hardloop nie, ek is moeg.” Sy het gelê op die grond en Joainneyah het vir haar gesê, “Jy moet. Jy moet veg. Jy moet hardloop, om aan te gaan.” Die vrou het gesê, “Ek kan nie meer nie. Ek is te moeg.”

Die seun het na haar toe gekom en oor haar gestaan en gesê, “Asseblief, jy moet probeer.”

Sy het gesê, “Nee, hulle hou in elk geval nie van my nie.” So, die seun het gehuil.

Sy het gesê, “Dis is hoekom.” Sy het in haar sak gegryp en vir Joainneyah 'n bruin koevert gegee. En Joainneyah en die tiener meisie het in die winkel ingegaan om daarna te kyk. In die bruin koevert het Joainneyah fotos gesien en dit was van die oorlog tyd, van die vrou se jeug, wat sy gedoen het in die verlede. Sy was gebore in die oorlog, soos WWII. Sy het die vrou sien kniel by 'n groot kis en sy was besig om te bid. Sy was 'n Jood. Die kis was iriserend gekleurd, soos MAMMA. Daar was iriserende reënboogvonke wat gekom het uit die kis. Toe het Joainneyah gehoor, “Die Ark van die Verbond”.

Joainneyah het gesê, “Dit is waarom hulle nie van jou hou nie,” terwyl sy na haar kyk waar sy op die grond lê, die seun het steeds gehuil oor haar liggaam, “jy is 'n Jood.”

Toe het Joainneyah en die tiener meisie buite toe gegaan om weer saam met die groep te wees maar sy het die ouer vrou nie weer gesien nie. Toe het 'n swartman gekom, net normaal gelyk, 'n skraal man. Joainneyah het hom ook in die nek geslaan met die spatula. Hy het gesê, “Ek is nie 'n zombie nie.” Sy het hom nie geglo nie. Sy het hom net aanhou slaan. Die groep het haar dopgehou. Hy het 'n bietjie gebloei. Hy het aanhou sê, “Ek is nie 'n zombie nie.”

Sy het gesê, “Ek wou jou net nagaan. Ek moet weet vir seker.” Sy het opgehou om hom te slaan want hy het 'n bietjie gebloei.

Toe het sy en die groep, vergesel deur die swartman 'n bietjie verder geloop buitekant die pakhuis/winkels. Hulle het opgekyk want daar was tentakels wat gehang het vanuit 'n gat in die sement oorhang. Soos 4 of 5 tentakels wat afgehang het vanuit die gat in die oorhang. Die tentakels was gemaak van vlees. Aan die einde van die tentakels was daar 'n groot haak soos 'n vleis haak. Joainneyah het gesê, “O hulle wil hê ons moet onsself haak en op gaan.” Toe het sy gesê, “Geen manier, daardie is aliens.”

Einde van Droom

* * * * * * *

Suster R., in die V.S.

3 September 2008

OK, 2 AANDE GELEDE, (EK VOEL KOUE RILLINGS ORAL OOR NOU!) EK HET 'N DROOM GEHAD DAT EK BUITEKANT MY HUIS GEGAAN HET (DIT WAS MY KINDERJARE HUIS IN FLORIDA) EK WAS BUITEKANT HET DIE LUGRUIM DEURSOEK, DIT WAS 'N PERSERIGE KLEUR. TERWYL EK DIE LUGRUIM DEURSOEK, HET EK GESIEN SOOS 5 GROOT HELDER LIGTE WAT IN LYN WAS. TOE HET HULLE KLEINER EN KLEINER GEWORD, EN SKIELIK, HET DUISENDE BAIE KLEIN LIGGIES VERSKYN ORAL OOR DIE LUGRUIM EN HULLE HET ALMAL GESPOED NA DIE SUIDE TOE (EK WEET AS GEVOLG VAN DIE RIGTING WAARNA EK GEKYK HET) TOE HET EK BINNE TOE GEHARDLOOP, EK HET BANG GEWORD WANT EK HET GEVOEL EK WORD DOPGEHOU EN SOOS DAT HULLE GEWEET HET EK HET NA HULLE GEKYK. EK HET BINNE TOE GEHARDLOOP EN EK HET VIR MY FAMILIE GESE OM AL DIE VENSTERS TOE TE MAAK EN AL DIE DEURE TE SLUIT. TOE HET ONS ALMAL WEGGEKRUIP IN HIERDIE VERTREK. MAAR 'N PAAR MINUTE LATER, WAS DAAR HIERDIE ALIEN REG LANGS DIE DEUR VAN DIE VERTREK WAARIN ONS WEGGEKRUIP HET. DIT HET 'N REKENAAR AFGEHAAL WAT DIT AANGEHAD HET EN DIT LANGS ONS NEERGESIT. EK HET BLY VRA "WAT IS JOU MISSIE?" EN DIT HET GEANTWOORD IN 'N TAAL WAT EK NIE VERSTAAN HET NIE, DIT HET VIR MY IETS GEWYS OP DIE REKENAAR, DIT WAS DIE WOORD MISSIE. MAAR DIT WOU NIE VIR MY VERTEL WAT DIE MISSIE WAS NIE. TOE IS EK WAKKER GEMAAK DEUR EEN VAN MY SUSTERS EN DIE DROOM HET GEEINDIG.

* * * * * * *

Broer J., in Finland

30 September 2008

Ek het ook 'n droom gehad laasnag waar daar 'n man was wat geveg het teen die begeerte om my te eet. In die droom het ek besef hy moes gedeeltelik alien gewees het. Miskien was hy 'n kruising. Dit is wat ek onthou.

Daar was ook 'n meisie in my droom wat haar oë kon verander/vormverskuiwing. Sy het haar oë verander in 'n alien se oë en ek het geskree vir die persoon langs my "Sy is 'n reptiel". Toe het ek die meisie gevra om die oog ding weer te doen. So sy het haar oë weer verander. Toe het daar skielik 3 illuminati mans verskyn en hulle wou die meisie gevange neem. Ek wou die meisie beskerm en ek het gehoor een van die mans sê iets soos "So jy wil dieselfde behandeling hê". Ek het besef hulle het iets gedoen aan die meisie. Miskien 'n soort van alien eksperimente. Toe het ek en die meisie begin om te ontsnap. Ons het gevlieg.

Ek wou net graag hierdie droom skryf want dit was so vreemd.

* * * * * * *

Suster S., Frankryk

23 September 2008

Ek het ook drome gehad van aliens, 'n onplesierige waarneming dat hulle (ruimtetuie en vvv's) buite my kamer is, wat rondvlieg.

LOOF YAHUVEH, YAHUSHUA EN IMMAYAH want hulle weë is hoër as ons s'n!

AL DIE HEERLIKHEID VIR DIE ALMAGTIGE!

* * * * * * *

Broer S. in die V.S.

3 Oktober 2008

Die begin van hierdie droom was vreemd en mag "junk" wees so ek laat dit uit. Dit het te doen gehad met my wat of 'n toeskouer is of sekere sport speel.

"Ek het die alien inval gesien."

29 Julie 2008 in die oggend - tyd van droom

Ek het gespeel in 'n bofbalspan en het ingehardloop vanaf die buiteveld en gaan sit, aan die regterkant van die klein oop sitplekvlak area, op die grond voor 'n persoon. Dit was nou nag. Dit was 'n groot opelug bofbal stadium. Dit was ook die tyd vir die "all-star" wedstryd wat vergesel is deur vuurwerke, soos die "4th of July". Mense was opgewonde.

Terwyl ons gesit het, sommige in die oop sitplekvlakke en ander op die grond, het iets vreemds gebeur. Skielik het rui-mte-tuie begin verskyn/rond gevlieg in die nag lug. Daar was baie verskillende vorms en groottes. Ek onthou nie dat enigiemand paniekerig was nie maar net in verbasing en verwondering. Soos al die ander, het ek steeds plat gesit. Ek het begin om diegene rondom my te vertel dat hierdie dinge illusies was en hologram tegnologie. Terwyl ek droom, het ek geweet hierdie was Projek Blou Straal.

Daar was 'n tiener wat op die grond gesit het aan my regterkant. Ek kon haar nie baie goed sien nie en kan nie presies onthou wat sy gesê het nie. Sy het iets gesê tot die effek dat daar nie genoeg bewys is om te oordeel of hierdie ruimteskepe werklik is of nie. Ek het geweet sy was verkeerd. Sy het probeer om 'n "wetenskaplike" benadering te neem tot die hele ding. Die alien ruimteskepe het aanhou vlieg oor ons koppe. Ek het na my linkerkant toe gedraai en vir diegene wat sit op die oop sitplekvlakke soortgelyke woorde van waarskuwing gesê.

Op een stadium was daar 'n stem wat 'n paar Skrifgedeeltes aangehaal het oor Jeroboam en die "drumpel" (van 'n deur) om die bestaan van aliens te "bewys" of te regverdig. Ek kan nie presies onthou wat aangehaal was nie. Ek het gesê (vir myself?) hierdie is net 'n poging om die bestaan van aliens te bewys deur die Bybel te gebruik. Wat ookal slim aangehaal was het sin gemaak maar ek het geweet dit was vals. Regverdig soos in, "Hulle is hier om te help en is goed."

Die volgorde van sommige van die volgende gebeure lyk of dit op sekere punte saamsmelt.

By een punt, terwyl die skepe oor ons koppe vlieg (hulle het "flyby's" gedoen), was daar 'n groot muur van water, oorkant van waar ons gesit het, aan die ander punt van die stadium. Dit was 'n baie groot tsunami wat na ons toe kom in die stadium. Skielik, het die skepe en muur van water opgehou beweeg. 'n Stem het gesê dat die aliens hierdie muur van water gestop het en ons (mensdom?) gered het. Ek was nooit bang gewees nie en het geweet dat selfs die water 'n illusie was en nie enigiemand kon seermaak/benadeel nie.

By 'n ander punt, was 'n ou vuil kis uitgebring voor ons. Dit was oop en binne-in kon ek hierdie "persoon" sien van hulle borskas af op. Hierdie ding het gelyk of dit heeltemal gemaak was uit 'n donkerbruin stof. Dit was kaalkop en het geen hare gehad op die liggaam nie. Daar was geen oë in die oogkaste nie. Die mense wat die kis uitgebring het en dit oopgemaak het, het twee baie klein gloeilampies laat val binne-in die oogkaste. Die ding het lewendig geword. Dit het nou gestaan. Ek weet nie wie daardie mense was wat die kis uitgebring het of waarheen hulle daarna gegaan het nie.

Gloeilampe: mag dalk verteenwoordig dat hulle verlig is deur vals lig/lewe. Gloeilampe verteenwoordig mensgemaakte lig wat onnatuurlik is wanneer dit vergelyk word met die son wat GOD gemaak het en natuurlik is. 'n Ander ding, YAH het bekendgemaak in ander drome dat ligte kan verteenwoordig dat die vyand probeer om inligting in te samel/te spioeneer op ons. Hier is 'n link na hoe die gloeilampe gelyk het:

Skielik was daar baie van hierdie kreature en hulle het almal dieselfde gelyk. Mense het nou bekommerd geraak oor hierdie wesens se optrede. Hulle sou 'n persoon of groep omsingel om hulle te "versmoor". Nooit was ek in vrees tydens enige tyd nie. Vir 'n sekere rede, het diegene in die oop sitplekvlak area aan my linkerkant net daar gesit. Hulle het nie probeer ontsnap nie. Hulle was onwillig om te vlug. Dit het nie die kreature gestop om hulle aan te val nie. Daar was orals baie van hierdie kreature.

Ek was nou op my voete. Ek het begin sê "Die BLOED van YAHUSHUA HA MASHIACH bestraf julle" terwyl ek hierdie goed geslaan het met 'n houtlepel. Dit was een van daardies in my kombuis. Ek sou hulle 2 of 3 keer slaan (maag, sy, nek?) en hulle sou dubbeld vou en grond toe val om nooit weer op te staan nie. Ek het dieselfde woorde en aksies herhaal teen baie van hierdie wesens. Op een stadium het ek 'n karate kap gedoen met my voorarm oor hulle borskaste en dit sou dieselfde effek hê. Ek onthou dat hierdie meer effektief was as die houtlepel want dit het minder houe geneem. Uiteindelik, toe ek verklaar, "Die BLOED van YAHUSHUA HA MASHIACH bestraf julle," het ek ander stemme gehoor wat dit saam met my sê. Ek het nooit gesien enigiemand sê dit of slaan hierdie kreature nie maar ek het geweet hulle volg my voorbeeld/leiding.

Uiteindelik, was daar 'n paar van hierdie kreature oor. Daardie mense op die oop sitplekvlakke het nooit enige iets gedoen wat ek kan onthou nie. Ek het die idee gekry dat baie van hulle bejaard was. Ek het ook gevoel dat twee van die drie van my ongeredde grootouers in die oop sitplekvlakke was. Hulle is my grootouers aan moederskant. Daar was ook 'n ou aan die regterkant van die oop sitplekvlakke op die laagste sitplek. Weet nie hoekom nie, maar ek onthou hom duidelik.

Ek het nooit op die oop sitplekvlakke gekom nie. Op die grond aan die linkerkant van hulle was daar ander. Hulle was swartmense. Dit was asof hulle geskei was van ons. Een van hulle het na my toe gekom. Hy was moontlik 15/16 jaar oud en was skraal. Hy het 'n soort donkerbruin kleurige kleed gedra met 'n kappie oor sy kop. 'n Klein groepie mense en ek het hom gevolg uit die stadium uit. Ek dink nou hierdie stadium kon die kolosseum voorstel. Hy het ons gelei na 'n paar dokke toe.

Terwyl ons oppad was, het twee mans in die groep 'n klein argument gehad. Albei van hulle het in die verlede boeke geskryf oor B.B. of iets soortgelyk soos dit. Persoon A het 'n beskuldiging gemaak teen Persoon B se boeke waarop B geantwoord het, "Wel ten minste het ek nie 'n boek geskryf wat dit ontken nie. Ten minste het ek probeer om die mense te waarsku." Een van hulle het geskryf wat genoem kan word "fiksie boeke" en die ander nie-fiksie boeke aangaande hierdie gebeurtenis. Kan nie regtig onthou wie wat geskryf het nie.

Ons het op die dokke geklim. Daar was mense en houtbote aan my regterkant. Ons het verby hulle gestap en aangehou om hierdie swart tiener te volg. Die dokke was baie laag en amper gelyk met die water. Ons het die einde van die dokke bereik en het nou geloop op die water/see na die oop oseaan toe. Hierdie groot slang-agtige kreatuur het reg onder ons opgekom. Dit was neon rooi van kleur en was ook baie deurskynend. Die middel van sy rug tot by sy kop was bokant die water terwyl die ander helfte onder die water was. Ons sou gestaan het op sy rug maar daardie deel was onder die oppervlakte. Dit het gegaan in dieselfde rigting as wat ons gegaan het en het amper gelyk asof dit ons lei.

Die slang kreatuur het toe onderwater gegaan en so het ons ook. Ons was besig om af te daal na hierdie baie groot metaal rooster in die oseaan-vloer. Daar was 'n heldergeel lig wat gekom het van tussen die tralies. In die droom het ek gedink, "Hierdie is soos die mariene koninkryk." So ver ek weet is dit waar die droom geëindig het - in die afdaling.

Met die wakker word, het ek nie gehou van die feit dat ons afgegaan het na hierdie eienaardige metaal rooster nie. Ek weet nie wat om te dink dat ek die kis kreature geslaan het met my voorarm in plaas van met die houtlepel nie. Beteken dit ek het dit gedoen in my krag? Die kreature het tog omgeval en nie weer opgestaan nie. Miskien verteenwoordig dit dat ek die ARM VAN YAHUVEH gebruik WIE YAHUSHUA ons MASHIACH is. HY word genoem baie kere in die O.T. deur die ARM VAN DIE HERE te wees. Ek dink daardie is moontlik die ware interpretasie van daardie deel. Dit kan ook verteenwoordig 'n nuwe, meer kragtige salwing of geestelike wapen waarmee teen hulle geveg moet word.

Wat ek nie voorheen genoem het nie was dat ek twee ruimteskepe herken het. Hulle het oor die lugruim gevlieg vanaf die ooste tot amper voor my. Ek glo my broer het langs my gestaan. Die twee skepe was van Star Wars. Die eerste van die ouer flieks en die tweede van die nuwes. Oor die eerste het ek gesê dat dit genoem was die "Dreadnaught." Aangaande die tweede, ek het nie geweet wat sy naam is nie maar dit was heeltemal rooi.

Onderskei enigiemand enige iets? Ek weet dit is soortgelyk aan die droom wat Joainneyah gehad het 'n hele paar maande gelede.

ABBA YAHUVEH seën julle almal en beskerm almal van ons teen hierdie eienaardige masjinasies en kreature in YAHUSHUA ons MASHIACH SE NAAM!

As jy onlangs drome gehad het oor vvv's of aliens of as jy onderskeiding het tot hierdie drome asseblief epos my en deel dit.

Apostel Elisheva Elisheva