Is jy een van YAHUSHUA se pêrels?




Gegee aan Elisheva Elisheva

19 April 2008

Ek het 'n stukkie papier gesien en dit het die alfabet gehad wat reguit afgaan van die bokant van die bladsy tot die onderkant en dit was A deur tot Z. Niks was geskryf op die bladsy behalwe die alfabet nie. Toe het ek opgemerk dat aan die einde van die alfabet by die letter Z aan die onderkant van die bladsy het ek 'n groot hand van 'n man gesien met 'n skryf instrument daarin en hy het begin kolletjies maak van die Z af oor die bladsy na regs. Hy sou hardop die nommer van die kolletjie tel terwyl hy dit maak op die papier soos in 1,2,3,4,5,6,7,8,9,10 en hy sou die 10de kolletjie omkring en sê, "Daardie is my pêrel en ek het die prys betaal vir daardie pêrel." Hy het toe aangehou om dieselfde ding te doen kolletjies te maak en hulle te nommer 1,2,3,4,5,6,7,8,9,10 en die 10de kolletjie te omsirkel en dieselfde ding te sê. Die hand het net aangehou en aangehou en aangehou om dieselfde ding te doen en toe het ek wakker geword.

Einde van Droom

Ek het hierdie droom gehad reg voor my man en ek het wakker geword uit 'n middagslapie om 3:30 nm. ons tyd wat saamval met 5:30 Jerusalem tyd wat die tyd is wat YAHUSHUA steeds aan die kruis was. Ons glo YAHUSHUA was aan die kruis van 3:00 nm. tot ongeveer 6 nm. Die skrifte stel dat HY afgehaal is kort voor sonsondergang want hulle moes haastig wees en YAHUSHUA in die graf kry voor die hoë sabbat van ongesuurde brood begin het. Ek sê hierdie want ek glo YAHUSHUA het vir my hierdie droom gegee op die presiese tyd wat HY die prys betaal het vir ons aan die kruis ongeveer 2,000 jaar gelede.

Hier is my onderskeiding van YAHUSHUA vir die droom. Die alfabet verteenwoordig die eindtye waarin ons is. Z is die einde in die alfabet. Die groot hand is YAHUSHUA Se hand en HY sit die kolletjies neer met die skryf instrument en telling. HY sê dat net 1 persoon uit 10 mense is SY pêrels bedoelende net 1 persoon uit 10 mense sal gered word in hierdie eindtye. YAHUSHUA sê HY het die prys betaal vir SY pêrels. Die ander 9 mense uit 10 sal hel toe gaan. Die kans is nie baie groot om een van YAHUSHUA ha MASHIACH se pêrels te wees nie. Is jy een van daardie pêrels wie gewillig is om die prys te betaal om YAHUSHUA s'n te wees.

Mattheus 13:45-46 Verder is Die Koninkryk van die Hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit. (YAHUSHUA het hierdie woorde gespreek.)(OAV)

Mattheus 13:45-46 "Verder is Die Koninkryk van die Hemel soos 'n Koopman wat gesoek het vir pragtige pêrels. "En toe hy een pêrel gevind het wat uniek gelyk het, het hy gegaan en alles verkoop wat hy gehad het en het dit gekoop.(Aramese vertaling (vry vertaal)