Gebed vir Redding

AmightyWind || AlmightyWind is ’n Profetiese Bediening wat nou evangelisasie omvat in meer as 50 tale. Ek is geëerd om internasionaal geroep te wees as een van YAH se Apostels & Profete, maar die hoof fokus is evangelisasie om siele na YAHUSHUA toe te lei! SY NAAM beteken YAHUVEH RED!

So lief het GOD die wêreld gehad dat HY SY ENIGSTE VERWEKTE SEUN gegee het, dat wie ookal in HOM glo nie verlore sal gaan nie, maar die EWIGE LEWE sal hê. —Johannes 3:16 YAHUSHUA het vir hom gesê, “EK IS DIE WEG, DIE WAARHEID & DIE LEWE: Geen mens kom na die VADER YAHUVEH, behalwe deur MY nie” —Johannes 14:6

Hierdie gebed was gegee deur YAHUVEH, YAHUSHUA & KOSBARE RUACH HA KODESH en geskryf deur Apostel Elisheva Eliyahu 25 jaar gelede. Hierdie emosionele gebed was nog nooit weer oorgedoen nie tot nou in laat 2019.

Veral as jy nog nie gered is nie en nog nie jou lewe aan YAHUSHUA gegee het of as jy teruggeval het in sonde, dring ons jou—en meer as dring ons jou—om hierdie reddings gebed te sê saam met Elisheva wie dit onder die Salwing gespreek het.

Indien nodig luister daarna verskeie kere, en kry hierdie gebed in jou gees.

En weereens, herhaal, lees dit saam met Elisheva Eliyahu, met jou hele hart en met jou hele siel en word gered, want more kan dalk te laat wees. Word gered en gee jou lewe aan YAHUSHUA HA MASHIACH. Op hierdie oomblik.

Oorspronklike Gebed

Lees die volgende gebed en aanvaar YAHUSHUA (‘JESUS’) in jou hart as HEER & REDDER. Lees dan weer die gebed, hierdie keer nie met kop kennis nie, maar met jou hele hart. Glo dit in geloof, en onthou YAHUSHUA is nie alleen GOD nie maar HY is jou BESTE VRIEND! HY gee so baie om vir jou. HY het jou so baie lief net soos jy is. HY haat sonde, maar HY het jou, die sondaar lief!

YAHUSHUA het die PRYS betaal vir jou sondes. Nou hoef jy nie meer skuldig of veroordeeld te voel nie! Bely jou sondes aan YAHUSHUA. Noem hulle. Sê dan vir HOM jy’s jammer. Vra HOM om jou al jou verlede en huidige sondes te vergewe. ‘n Sonde is enigiets wat jy gedoen het of doen wat ‘n HEILIGE YAHUVEH ongelukkig maak. Niemand is perfek nie! Onthou dit!

YAHUSHUA (‘JESUS’), ek aanvaar U nou as my HEER & REDDER, U is die GOD wat ek liefhet. Ek glo U het die PRYS vir my sondes betaal by Golgota. U het gesterf en het opgestaan uit die dood op die derde dag. Ek vra U om in my hart in te kom, vergewe my van my sondes, was my skoon van alle ongeregtigheid. Ek is jammer dat ek gesondig het en ek draai weg van daardie sondes. Dankie dat U my vul met U HEILIGE GEES en my die begeerte gee om U te dien al die dae van my lewe en leef U lewe in my, YAHUSHUA, sodat U verheerlik kan word! Dankie dat U my die begeerte gee om U Bybel te lees en my die Wysheid gee om dit te verstaan. Dankie dat U my liefhet en my siel red, sodat my geloof kan groei sodat ek eendag saam met U in die Hemel kan wees. Vul my nou met U HEILIGE GEES en maak my vry van die bose een in U NAAM YAHUSHUA bid ek!

Help my YAHUSHUA om te onthou, “Almal het gesondig en kom kort aan die glorie van YAHUVEH” (Ro 3:23), en U het gekom om ons sondaars te red. Dit is waarom U ons REDDER genoem word. Amen.

Lees die Nuwe Testament en leer WIE YAHUSHUA is. As jy nie weet waar om te begin nie, kan jy ons Verklaring van Geloof lees! Die Bybel sê jy moet HOM as HEER & REDDER bely sodat HY jou ook voor die VADER sal bely (Mt 10:32). Moenie skaam wees vir YAHUSHUA nie. HY is nie skaam vir jou nie! Vertel iemand dat jy hierdie dag vir YAHUSHUA VAN GOLGOTA & NASARET aanvaar het en al die engele in die Hemel is besig om te juig!

Laat ons saam met jou juig! Welkom by die familie van YAHUSHUA! Ons sien uit om jou in die Hemel te ontmoet indien nie op die Aarde nie!

Nuwe Gebed

Hierdie gebed was opgeneem deur ‘n bandopnemer. Hier is die oorskrywing.

LIEWE GELIEFSTE YAHUSHUA HA MASHIACH,

Ek gee my lewe nou aan U. Ek vra dat U deur my sal lewe. Ek vra dat U in my 'n suiwer hart sal skep, Psalms 51.

Ek aanvaar U nou, YAHUSHUA HA MASHIACH, as REGEERDER van my lewe, en my MESSIAS en REDDER. U is die GOD wie ek aanbid, lief het, benodig, na wie ek smag!

Vergewe my vir my sondes! Ek weet almal het gesondig, en het nie deel aan die HEERLIKHEID van ons SKEPPERS nie (Rom 3:23). Vergewe my YAHUSHUA, was my skoon! Was my skoon! Ek bely my sondes nou voor U-ek lê hulle nou neer by die voet van die kruis van Golgota, waar U gekruisig en gemartel was, waar U gesterf het in 3 ure (Mat 27:45-46).

Later het U gesê, “Dit is volbring” (Joh 19:30). En tog het U nie dood gebly nie, (Hand 2:24; Heb 7:16). Op die 3de dag het U opgestaan voor getuies (Hand 2:32; 1 Kor 15:4), en vir 40 dae het U op hierdie aarde geloop (Hand 1:3; 1 Kor 15:3-8), totdat U opgevaar het na die Hemel voor getuies (Hand 1:9).

YAHUSHUA HA MASHIACH wie sommige JESUS CHRISTUS noem, ek verklaar U HEBREEUSE NAAM nou, voor die Groot Verdrukking kom. Die Naam word gebruik as 'n vloek woord wanneer hulle “JESUS CHRISTUS” sê en hulle waag dit nie om dit as 'n vloek woord van muhammad, or allah, or buddha te sê nie of selfs satan-maar hulle vloek die NAAM BO ALLE NAME, EEN VAN DIE DELE VAN DIE HEILIGE DRIE-EENHEID.

U is die ENIGSTE GEBORE SEUN VAN ABBA YAHUVEH, & EN DIE RUACH HA KODESH— en U is die HEILIGE DRIE EENHEID, daar is geen ander nie, U is ALMAL saam SKEPPERS. U is DIE WOORD WAT VLEES GEWORD HET (Joh 1:14).

O YAHUSHUA, vergewe my! YAHUSHUA HA MASHIACH, DIE MESSIAS! Bokant die kruis het die woorde gehang “KONING VAN ISRAEL”—en hulle kon dit nie afhaal nie (Joh 19:18-22), omdat U weer terug gaan kom om te heers en regeer (Jes 9:7; Mat 25:31; Openb 1:7)!

En O YAHUSHUA, die Bruid van YAHUSHUA sê,"Kom YAHUSHUA, kom…" (Openb 22:17, 20) maar nie almal is waardig om die Bruid van YAHUSHUA te wees nie, en so sê U in die Boek van Openbaring, “Geseënd is almal wie genooi is na die Bruilof Maal van die LAM” (Openb 19:9).

O YAHUSHUA HA MASHIACH, vergewe my sondes! Was my!

Was my skoon met die ENIGSTE SUIWER, HEILIGE BLOED OPOFFERING! Wanneer U op hierdie aarde vir 33 jaar geloop het, het U nooit 'n gedagte van sonde gehad nie (2 Kor 5:21; 1 Joh 3:5), U het nooit 'n aksie van sonde gehad nie (1 Pet 2:22), alhoewel U versoek was met elke sonde (Heb 4:15), U het die duiwel vertel om weg te gaan (Mat 4; Luk 4; Mk 1:12-13)— hy het geen houvas op U gehad nie (Joh 14:30).

En hy sal geen houvas op my hê (1 Joh 5:18) nadat ek die Reddings Gebed gesê het nie.

O YAHUSHUA HA MASHIACH, ek glo U het DIE PRYS van my sondes betaal—by Golgota—was U gekruisig, U was gemartel, U was bespot, daar was op U gespoeg (Mk 15:16-19), U klere was van U afgeruk (Mat 27:28), terwyl soldate selfs gedobbel het vir die klere op U Rug (Joh 19:23-24).

O YAHUSHUA HA MASHIACH, vergewe my!

En plaas U RUACH HA KODESH, DIE HEILIGE GEES binne in my! So vertel my wanneer ek reg of verkeerd doen! Stuur die VERTROOSTER. Laat die VERTROOSTER nou binne in my kom (Joh 14:16).

Ek weet dat U nie dood is nie, maar U het weer opgestaan uit die dood op die 3de dag, terwyl die groot rots wat die soldate daar geplaas het, weggerol was—wat opgepas was (Mat 27:65-66)—maar dit het U nie op die 3de dag gestop nie; die rots het weggerol (Mat28:1-7; Mk 16:1-11; Luk 24:2).

Ek vra dat U in my hart sal inkom, om my te vergewe van my sondes. Ek bely elke sonde aan U nou, en ek noem hulle! En ek draai weg van dit af! —omdat ek skoon gewas is van alle ongeregtigheid, al die vuilheid van hierdie wêreld.

Ek gee my lewe en my liefde aan U. Ek sal U nie ontken nie. O YAHUSHUA HA MASHIACH, U het gesê, dat as daar net een was, as dit net ek was wie uitgeroep het om genade...sal U vergewe. En die sonde sal so ver wees soos die ooste van die weste (Ps 103:12).

U het gesê daar is net een sonde wat nie vergewe kan word nie en dit is die lastering teen die RUACH HA KODESH, DIE SOETE HEILIGE GEES (Mat 12:32).

O GELIEFDE YAHUSHUA, ek sou nie hierdie gebed nou sê as ek iemand van lastering was nie, behalwe as die 'n bespotting was. En ek bespot nie. Ek glo waarlik met my hele hart en ek sal nie twyfel nie.

Daar is net EEN WAARHEID & WEG& LEWE om Hemel toe te gaan! Daar is SLEGS NET EEN VOORBIDDER! SLEGS EEN NAAM waarin ABBA YAHUVEH DIE HEILIGE VADER na 'n gebed sal luister, en dit is deur U NAAM, YAHUSHUA HA MASHIACH (Joh 14:6; Hand 4:12; 1 Tim 2:5).

Ek is so jammer! Ek is so jammer! Ek het teen U gesondig, so grootliks, maar ek staan op—ek bly nie geval nie.

En ek staan op en ek kom na U en hou styf vas aan die Kruis van Golgota waar U vir my gesterf het en waar U gesê het dit is volbring.

Ek draai weg van elke sonde. Ek bestraf satan en almal wie deel is van hom! Ek bestraf die onheiligheid! In DIE NAAM & DIE BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH—sal konstant op my lippe wees.

En ek sal studeer en myself waardig ag (2 Tim 2:15).En ek sal die Nuwe Testament lees; ek sal lees en ek sal weet dat U die Torah is, die Wet van die begin tot die einde, vanaf Genesis tot Openbaring (Openb 22:13).

Ek dank U nou dat U my vul met U HEILIGE GEES, DIE RUACH HA KODESH, IMMAYAH, DIE SOETE, SOETE SHEKHINYAH GLORIE, DIE EIE TEENWOORDIGHEID VAN YAHUVEH. En dankie dat U vir my die begeerte gee om U al die dae van my lewe te dien. Dankie dat U my die begeerte gee om U lewe binne in my te lewe.

O YAHUSHUA, lewe U Lewe binne deur my.

Ek gee my lewe en my siel aan U. My gedagtes, en ligaam behoort aan U. Ek is so dankbaar ek het 'n MESSIAS!

Daar is 'n BLOED OFFER! Soos daar geskryf staan,’Sonder die storting van bloed is daar geen remissie—geen vergifnis van sonde’(Heb 9:22; Lv 17:11). En die Bloed van die diere wat geoffer was in die Ou Testament, die Ou Bloed Verbond sal nie meer ABBA YAHUVEH bevredig nie (Heb 10:4-10). Die sonde was so groot dat HY SY ENIGSTE GEBORE SEUN moes stuur sodat ‘wie ookal in HOM glo'-'nie verlore sal gaan nie, maar die Ewige Lewe sal hê’ (Joh 3:16).)

Dankie dat U my vul met geloof om te glo en nooit betwyfel nie.

O, laat U NAAM verheerlik word deur hierdie lippe in alles wat ek van nou af doen. Wys my hoe kan ek U nou bedien. Wys my hoe kan ek U verheerlik. Wys my hoe kan ek U verhef.

Dankie dat U my vrymaak van elke verslawing. Dankie dat U my verlos van elke sonde!

En alhoewel ek nie perfek sal wees nie, dankie, o dankie dat ek in staat is om te kan sê, om uit te reik na U en sê, “YAHUSHUA, ek het geval, vergewe my asseblief!” maar ek sal nie sonde vooraf beplan nie. Ek sal U nie met opset so seermaak nie.

Dankie dat U my die begeerte gee om die Bybel te lees, veral alles oor U. Dankie dat U my help om te verstaan wat Elisheva Eliyahu ons leer as 'n Messiaanse Jood.

Sy leer die Hebreeuse Wortels van die Bybelse Skrifte en die Torah is van Genesis tot Openbaring—U NAAM is daar, as hulle maar net Hebreeus geken het sou hulle, sien—soos U Elisheva Eliyahu vertel het, U het haar geleer dat die Torah, die Ou Testament was net 'n vooruitskouing van wanneer U gaan kom. U sou ‘n beter plan gehad het (Heb 8:6-12).

Moses het gedoen wat hy moes doen. Want gedurende daardie tyd moes U nie al gebore gewees het nie, maar selfs die bloed wat oor die deurposte, van daardie opofferings lam (Eks 12:7) was 'n vooruitskouing van U YAHUSHUA HA MASHIACH—wanneer U Bloed sou red en die engel van dood sal forseer word om nie enige iemand binne kant aan te raak nie en die vloeke kon nie oor hulle kom nie omdat hulle waarlik ABBA YAHUVEH aanbid het.

Dankie dat U vir my die wysheid gee om die Heilige Skrifte te verstaan en die Heilige Profesieë wat deur AmightyWind Bediening voortgespreek word.

Dankie dat U my liefhet en dat U my siel red. U het gesê as dit net ek was, Sal U weer na die kruis van

Golgota gegaan het, U sou gemartel geword het, U sou geslaan geword het. En deur U wonde, het U gesê, was ek gesond gemaak (Jes 53:5).

U het nie net gestop by redding nie, maar U het satan toegelaat om in te gaan in die martelaar wat U geslaan het 39 keer, met geen gewone sweep nie, maar 'n sweep met stukkies lood en steen, en enige iets wat U vel in flarde kon verniel en skeur, totdat U skaars na 'n mens gelyk het (Jes 52:14; 53:3) en toe was U geforseer om 'n kruis van honderde ponde te dra teen 'n bult uit op Golgota (Joh 19:17).

O YAHUSHUA, help my geloof om elke dag te groei, O YAHUSHUA HA MASHIACH, sodat ek eendag saam met U in die Hemel sal wees en U my sal omhels en my toemaak in soene.

Ek sal by die Bruilofsmaal van die LAM wees. Ek sal U nie ontken nie selfs al kom dit op die punt dat hulle sê dat jy jou lewe sal moet neer lê—soos hulle dit sal verwag—vir mense om martelare te word. En slegs die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH sal 'n getuienis soos Henog hê.

So help my om sterk in U te wees.

Vul my nou oorvloeiend met die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES, en verlos my van die bose een wat satan genoem word in U NAAM YAHUSHUA HA MASHIACH! Laat die demone nou vlug in 7 verskillende rigtings, soos ek aan U behoort, YAHUSHUA HA MASHIACH, terwyl ek hierdie gebed bid, en ek bid dit en ek sal aanhou om dit te bid elke liewe dag, todat dit in my gees ingaan, en in my siel, en my gedagtes en liggaam.

O YAHUSHUA, help my, YAHUSHUA, om te onthou dat almal het gesondig en het nie deel van die GLORIE van die VADER YAHUVEH nie (Ro 3:23).

U het gekom om ons sondaars te red en dit is hoekom U ons REDDER, en MESSIAS genoem word. U is DIE EEN & ENIGSTE WEG NA DIE HEMEL (Joh 14:6). U NAAM IS REDDING—“YAH RED.” Dit is nie Yes-shua! Dit neem die Goddelikheid van U NAAM weg, U is vernoem na die VADER, en die VADER se NAAM [YAH] is in U NAAM. Dit is wat ek op hierdie dag geleer was.

Help my, O YAHUSHUA HA MASHIACH! Selfs al gaan niemand saam met my nie, sal ek steeds volg.

Help my, YAHUSHUA HA MASHIACH! Omdat ek weet dat ek vervolg sal word vir U NAAMS onthalwe (Joh 15:20).

Help my, YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek sal nooit my geloof in wie U is opgee nie. Hierdie dag is ek wedergebore, ek is BLOED—gewas, ek is BLOED—gekoop! My siel is nie te koop nie!

Ek behoort aan U, YAHUSHUA HA MASHIACH, en daarom kan ek nou vir satan sê soos dit geskryf staan, ‘Onderwerp jouself’ aan die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH en staan die duiwel teë, en

hy sal vanaf jou wegvlug (Jk 4:7). En ‘onderwerp’ beteken, ek sal U gehoorsaam.

Ek sal die Tien Gebooie gehoorsaam; ek sal die Heilige Feeste gehoorsaam, wat ABBA YAHUVEH in plek gesit het om eer te bring aan die HEILIGE DRIE EENHEID—ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA HA MASHIACH & DIE RUACH HA KODESH, SOETE HEILIGE GEES. Ek sal die Sabbat dag eer en ek

sal dit Heilig hou (Eks 20:8; Heb 4:9),en dit is nie die leuen van 'n Sondag nie.

Help my, HEMELSE VADER, om die waarheid van die AmightyWind Bediening en die Profesieë te verdedig. Laat my nie in 'n verdoemde vyand verander nie.

O, YAHUSHUA HA MASHIACH, ek aanbid, ek prys, ek is lief vir U, ek is versot op U. Dankie dat U in my hart inkom.

In geloof glo ek dat elke verslawing van my af weggevlug het. Elke versoekoeking om te sondig, is nou weg. En wanneer ek versoek word, herinner my om op die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH te roep. Ek aanbid U.

O ABBA YAHUVEH, ek kom nou deur die NAAM VAN YAHUSHUA HA MASHIACH, en ek kom voor U TROON, en ek vra vir U hulp.

Omdat YAHUSHUA my voorheen vertel het : Niemand kon na U toe kom vir 'n gebed om beantwoord te word, tensy dit deur die NAAM en die BLOED VAN YAHUSHUA HA MASHIACH is nie (Joh 14:6, 13-14).

Ek sal hierdie gebed lees en ek sal hierdie gebed hoor. Want dit was onder die Salwing gespreek. En Elisheva Eliyahu het nie eers geweet van een woord na die volgende wat sy sou sê nie. (Want U sit die nuwe gebed in haar mond. Want selfs die ou gebed het verby gegaan en nuut geword.) En ek sal dit nie sê met kop kennis nie, maar met my hele hart.

Ek glo dit in geloof en sal onthou, dat YAHUSHUA HA MASHIACH is nie net my GOD en my HEER—& DIE SPOEDIG KOMENDE KONING VAN ISRAEL, HY is my MESSIAS! HY is my GENEESHEER, my VERLOSSER, my OPSTANDER! En HY is my BESTE VRIEND,WIE my nooit sal los of verlaat nie (Deut 31:6; Mat 28:20)!

Alhoewel ek loop deur die vallei van die skaduwee van dood, sal ek geen bose vrees nie,want HY is met my (Ps 23:4)! Ek hou vas aan Psalm 91, en ek hou vas aan Psalm 23. Want ek weet, YAHUSHUA HA MASHIACH, U het my so lief!

U het my so lief U lei my na waar hierdie gebed is. U het my lief net soos ek is. U het my so lief dat U gesê het, “Nou sal EK jou beter maak, nou sal EK ‘n nuwe oprig, die ware gees binne jou, sodat EK kan sê dat jy MY tevrede stel, en jou nie meer ‘n werker van sonde noem nie.”

YAHUSHUA, U het die PRYS betaal vir my sonde, en nou hoef ek nie meer skuldig of veroordeel te voel nie!Want ek het elke vuil sonde bely voor U, YAHUSHUA HA MASHIACH. Ek het hulle genoem en ek het trane oor hulle gehuil. En ek het U gesê dat ek so jammer is, en U het gesê, “MY kind, EK vergewe jou. Nou moet jy geloof hê” en “geloof is die vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Heb 11:1).

En selfs al hoor ek nie U stem soos Profeet Elisheva Eliyahu nie, weet ek U hoor my! Ek weet dat U my sien , ek weet dat ek ‘n kind is van ABBA YAHUVEH, U, YAHUSHUA HA MASHIACH, EN U, KOSBARE RUACH HA KODESH HEILIGE GEES, IMMAYAH!

Al my sondes is nou vergewe! En daar is [‘n] “geen visvang” teken daar. Die enigste een wat daar kan gaan, is as ek besluit om my sondes van die verlede te onthou en weer van vooraf vuil voel daaroor, of as ek kies om satan toe te laat om te gaan visvang daar en [hom toelaat] om te sê, “Onthou wie jy was en wat jy gedoen het!”

En dit is wanneer U my vertel het, YAHUSHUA, dat ek vir satan moet sê,“Ek is vergewe! My siel behoort aan YAHUSHUA HA MASHIACH!” En as hy my herinner aan die verlede, sal ek hom herinner aan die toekoms [vir hom], en dit is die bodemlose put vir ewigheid en die poel van vuur.

Ek weet nou dat sonde enige iets is wat ek gedoen het,wat HEILIGE ABBA YAHUVEH verafsku & U YAHUSHUA & U RUACH HA KODESH. Ek weet dat ons werk almal ons eie verlossing uit met vrees en bewing (Fil 2:12), en wat ookal gedoen was in die oorlog in die Hemel teen lucifer, die oorlog was afgebring hier op hierdie aarde (Openb 12:12-17) en ek sal hom veg!

Ek sal satan veg en al die onheiliges saam met hom, en al die verworpenes, ek sal hulle veg! Nie in my krag nie, nie in my mag nie, maar in die Salwing van die RUACH HA KODESH (Sag 4:6)!

Ek sal wil ken WIE U is, YAHUSHUA HA MASHIACH. Want in Joh 3:16—die Bybel vertel my ek moet U bely as my REGEERDER van my lewe, my HEER, my VERLOSSER, my MESSIAS, sodat U my sal bely voor die HEILIGE VADER, ABBA YAHUVEH (Mat 10:32).

Ek moet onthou om nooit skaam te wees vir die NAAM van YAHUSHUA HA MASHIACH, nooit skaam sal wees vir die waarhede en die openbaringe wat ek geleer sal word nie. Want YAHUSHUA HA MASHIACH is nie skaam oor my nie.

Ek sal iemand vertel wat ek vertrou dat ek vandag die besluit gemaak het van my lewe.

Hierdie is my verjaarsdag, die dag wat ek hierdie gebed sê met met hele gedagte, met my hele hart, my liggaam en my siel—en my siel behoort aan YAHUSHUA.

Ek aanvaar U, YAHUSHUA van Golgota en Nasaret, gebore in Bethlehem, beide GOD IN DIE GEES & GOD IN DIE VLEES. Maar dit was vlees, en gees, wat gehang het op die kruis by Golgota.

En hierdie dag weet ek dat al die engele in die Hemel juig! Hulle juig en hulle sing van blydskap, en as geen een ooit juig oor my op hierdie aarde as ek voel geeneen het my ooit lief of aanvaar my vir wie ek is, weet ek dat U juig en ek weet al die engele juig. Want dit is wat die Bybel sê (Lk 15:10).

En ek weet hierdie Apostel Profeet, Pastoor Elisheva Eliyahu, juig nou oor my. En sy het gesê, as ek ‘n Pastoor nodig het, dan het ek een, en ek weet ek is welkom by AmightyWind.com aanlyn bediening wat is in 51 verskillende tale, rondom hierdie wêreld , wat uitroep na U.

Ons is nie alleen nie. En hulle almal vertel my dat ek welkom is, en hulle almal wag vir my om te skryf vir Elisheva Eliyahu en haar te vertel ek het U, YAHUSHUA HA MASHIACH, aanvaar en selfs al was ek ‘n Ortodokse Jood (en ek spreek [in die gees] nou tot hulle wie Ortodokse Jode [is], hulle is ook welkom om te kom na YAHUSHUA HA MASHIACH die manier wat ek gekom het na U op hierdie dag)—

En o ek sien uit, YAHUSHUA HA MASHIACH, dat U my omhels en my so styf druk en my wange soen. Ek sien uit na die Bruilof Maal van die LAM! Of ek ‘n Bruid of ‘n Gas is, ek sal die Joodse dans doen met U. O YAHUSHUA!

Dankie dat U my vergewe. Ek voel nou so skoon. Dank U, YAHUSHUA HA MASHIACH.

Help my om vining te groei in U! Help my! Gee my meer onderskeiding. Daar is so baie vals profete daar buite (1 Joh 4:1), so baie wie beweer hulle is Christene, en tog is hulle louwarm dat U hulle gaan uitspoeg uit U mond, braak uit U mond soos die Boek van Openbaring sê (Openb 3:16).

O YAHUSHUA HA MASHIACH, bring ‘n ander gelowige na my, sodat ek nie die pad alleen sal loop nie, maar as ek moet, moet dit so wees. Want ek loop nie alleen nie, ek loop met U, my nuwe BESTE VRIEND, my MESSIAS, my HERE GOD, my VERLOSSER. Ek het U YAHUSHUA HA MASHIACH.

Dank U vir die Geskenk van Ewigdurende Lewe wat ek net hierdie dag geërf het, om te weet my naam is geskryf in die LAM se Boek van Lewe. Hou dit asseblief daar, en moenie dat dit ooit uitgeklad word nie (Openb 3:5), is my gebed, en moenie die RUACH HA KODESH, HEILIGE GEES, wegvat van my nie (Ps 51:11). Instede, vermeerder die Salwing binne in my.

Dit is my gebed. Ek vra hierdie dag, op my ware verjaarsdag.

Ek het hierdie Verlossingsgebed gesê—in YAHUSHUA HA MASHIACH se NAAM—Ek weet dat ek gehaat gaan word meer in hierdie wêreld as wat ek lief gehê gaan word, net soos as wat U loop nou op hierdie aarde, hulle sou U haat vir U Heiligheid.

Dankie YAHUSHUA HA MASHIACH. Want ek weet as satan my haat, en die demone en die verworpenes my haat, en hulle my mal noem, ek weet dat ek waarlik aan U behoort, YAHUSHUA HA MASHIACH (Joh 15:18-19).