Fees van ongesuurde brood


Die Skrif waar die Fees van Ongesuurde Brood aan ons voorgestel word is
Levitikus 23:

6  En op die vyftiende dag van hierdie maand is die Fees van die Ongesuurde Brode van Yahweh; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.

7  Op die eerste dag moet daar vir julle 'n afgesonderde byeenkoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.

8  Maar julle moet sewe dae lank aan Yahweh 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n afgesonderde byeenkoms wees; geen beroepswerk mag julle doen nie.

9  En Yahweh het met Mosheh gepraat en gesê:

10  Spreek met die kinders van Yiesraél en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle 'n omer van die eersteling van julle oes na die priester bring.

11  En hy moet die omer voor die aangesig van Yahweh beweeg, sodat julle aanvaarbaar kan wees; die dag na die Shabbat moet die priester dit beweeg.

12  Julle moet ook op die dag as julle die omer beweeg, 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan Yahweh berei,

13  en die voedseloffer wat daarby behoort, twee tiendes van 'n efah fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan Yahweh, 'n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, 'n kwart hien.

14  En julle mag geen brood of gebraaide koring of vars graan eet tot daardie selfde dag toe nie, totdat julle die offer van julle Elohim bring. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke.

15  Dan moet julle tel van die dag na die Shabbat, van die dag af as julle die omer as beweegoffer bring, sewe volle weke moet dit wees;

16  tot die dag na die sewende Shabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe voedseloffer aan YAHUVEH bring.

Die duur van die fees word in die Skrif uiteengesit. Dit moet duur vir sewe weke. Die eerste dag is op die 15de van die eerste maand (Nisan) en die dag na Pasga is dag #1 van hierdie fees. Hierdie eerste dag is ‘n hoogs heilige Sabbat, ‘n Heilige vergadering, Heilige byeenkoms of ‘n Hoogs Heilige dag. Die sewende dag is die 21 ste dag van die eerste maand(Nisan) en is ook ‘n Hoogs Heilige Sabbat, geen werk mag gedoen word op die Hoogs Heilige Sabbatte nie.


DIE SIMBOOL VAN SUURDEEG AS ONGEREGTIGHEID


Suurdeeg, in die Skrif, simboliseer sonde.

Vanuit die gelowige se oogpunt is die prentjie heel duidelik.

YAHUSHUA was die ongesuurde sondelose Brood uit die Hemel.

Sy lewe was een sondelose perfekte lewe.

En sy liggaam was opgeoffer aan YAHUVEH.

Hy was die aanvaarbare en perfekte offer vir sonde.


Die fees van ongesuurde brode is ook ‘n oproep tot die toegewyde mense van YAH. Hulle word bemoedig om saam met hul Redder ‘n pad van heiligheid te stap. In YAHUSHUA het ons deel aan die ongesuurde brood. Deur Hom betree ons ‘n nuwe bestaan. Ons kom tot oorgawe aan YAHUVEH in ongeveinste opregtheid en waarheid.

Hier is die woorde van die Apostel Paulus in verband hiermee.

1 Kor. 5:7-8 Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees - soos julle inderdaad ongesuurd is - want ook ons Pesaglam is vir ons geslag, naamlik die Messias. 8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die Ongesuurde Brode van reinheid en waarheid.”

Toe die Israeliete Egipte inderhaas verlaat het, was die brood wat hul saamgeneem het ongesuurde brood -inderhaas gebak vir mense wat moet trek en besig was om hul gereedskap gereed te kry om op reis te gaan. Die fees van ongesuurde brode herdenk die tyd waartydenss Israel Egipte moes verlaat. Hulle volgende mylpaal was die oorgang deur die Rooi See. Die brood wat hul saam geneem het was nie gerys nie. Dit was gebak sonder suurdeeg. Daar was eenvoudig nie genoeg tyd om die brood te laat rys nie.

DIE BROOD UIT DIE HEMEL


Die Brood uit die Hemel was in die vroeë geskiedenis van Israel waargeneem. En die Hemelse voedsel van voorsienigheid was deur die profete genoem. Die Hemelse Brood word herhaaldelik gesien in die poësie van die Ou Verbond.

Nehemia 9:15

En U het hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger en water vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê om die land in besit te gaan neem waaromtrent U u hand opgehef het om hulle dit te gee.”

Psalm 78:24

en Hy het manna op hulle laat reën om te eet en koring van die hemel aan hulle gegee.”

Psalm 105:40

Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.”


DIE NUWE VERBOND VERVULLING VAN DIE FEES VAN ONGESUURDE BROOD


Die Nuwe verbond vervulling word gesien in die Pasga van YAHUSHUA se kruisiging. YAHUSHUA was net betyds in die aarde neergelê vir die Fees van Ongesuurde Brood.

Die uitbeelding van YAHUSHUA as die Brood uit die Hemel word gevind in die Heilige Skrifte. Dit word geleer in die Nuwe Testament in die woorde van YAHUSHUA Homself. YAHUSHUA het self gesê dat Hy die “Brood van die Hemel” is.

Johannes 6:33 Want die brood van Elohim is Hy wat uit die Hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee”

Johannes 6:50

Dit is die brood wat uit die Hemel neerdaal sodat iemand daarvan kan eet en nie sterf nie”

Johannes 5:51

Ek is die lewende brood wat uit die Hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet sal hy lewe tot in ewigheid. Die brood wat Ek sal gee is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.”

Die Fariseërs, die godsdienstige beweging van daardie tyd, het baie goed geweet waarvan YAHUSHUA gepraat het. Hulle was deeglik ‘geteksvers’ in verband met die Messias as die Brood van die Hemel. Hulle het geweet toe HY verwys na Homself as die Brood van die Hemel het Hy beweer dat Hy die beloofde Messias was, die Heilige Een van Israel. Dit is waarom hulle klippe opgetel het om Hom te stenig.

YAHUSHUA was die finale en perfekte offer vir sonde. Sy liggaam gebreek en verneder aan die kruis, was geoffer vir ons verlosing. Hy was begrawe terwyl die skemeraand van die Fees Van Ongeuurde Brood genader het. Vir die 15de van Nissan was Hy in die graf, volgens die Skrifte. Dus het YAHUSHUA HA MASHIACH die Fees Van Ongesuurde brood vervul.