MINI HAGGADAH

Met al 15 stappe van die

Pasga Seder

EN

PASGA VEREENVOUDIG



amightywind.com - almightywind.com

 

 

 Ons is ‘n Messiaanse Joodse Pinkster Bediening...en lei siele na YAHUSHUA in meer as 25 wêreld tale, ons onderrig gehoorsaamheid aan AL 10 Gebooie en funksionering in die 5-voudige Apostoliese Bediening asook die Gawes van die HEILIGE GEES.


Nie vernoem na ‘n man, vrou of kind nie. Alle Eer en Heerlikheid aan GOD ALMAGTIG

.

Ons waarsku oor die Groot Verdrukking en Wraak wat kom, berei die Bruid voor asook die Kerk vir hierdie Eindtye, deel die Woord van GOD en Profetiese Woord aan almal. GOD praat steeds vandag! Ons is van dieselfde GEES as die vroeë Kerk wat gevind word in die boek Handelinge: Ons onderrig en glo die Hele HEILIGE BYBEL insluitende die Werk en Persoon van die HEILIGE GEES en die Joodse Oorsprong van ons Geloof.


Geseënd is HY wat kom in die Naam van die HERE YAHUVEH! 


Aleph & Tav AmightyWind/AlmightyWind
Ruach Ha Kodesh Wildfire Last Chance Ministry ©



AmightyWind/AlmightyWind se
MINI HAGGADAH

met al 15 stappe van die seder

Haggadah beteken vertelling (van die Pasga verhaal). Dit is die langer weergawe van “Pasga Vereenvoudig” ook hier gevind, gevolg deur die kommentaar oor die 4 bekers wyn en beker van Elia; maak ‘n afskrif hiervan vir jou Seder. Saam met jou Bybel kan hierdie gebruik word in die plek van ‘n Haggadah. Vir die vereenvoudigde Seder en minimum Bybelse benodighede vir ‘n Seder, sien hieronder “Pasga Vereenvoudig”



INLEIDING

Seder word uitgespreek as “say-der” (Ashkenazi) of “seh-der” (Modern) en dit beteken “volgorde”, in hierdie geval, van die Pasga Seder – ‘n feestelike maaltyd wat nie alleenlik die Eksodus uit Egipte herdenk nie maar ook die Verlossings Werk van Die Messias, YAHUSHUA, SY dood, begrafnis en opstanding. Meeste van die elemente van die moderne seder is gebaseer op die bevele van die Bybel in verband met die Pasga maar die orde van die Seder, soos ons dit vandag ken, was nie daar gestel nie tot nadat YAHUSHUA op die aarde was. Die stappe hiervan is aangepas vanuit die Moderne Joodse liturgie maar met die byvoeging van erkenning en klem op YAHUSHUA as die LAM van GOD.

Hierdie Mini Haggadah is slegs bedoel as ‘n riglyn- om ligweg gevolg te word of om onnodige stappe oor te slaan. Dit is nie altyd moontlik om alles wat hier genoem word te volg nie, alhoewel dit reeds net die hooftrekke is van ‘n meer volledige Haggadah. Ons het deurgaans notas ingesluit om aan te dui watter stappe of gedeelte daarvan geheel-en-al opsioneel is. Ons beveel aan dat jy stappe of gedeeltes van stappe oorslaan soos jy dit nodig ag. GOD oordeel die voorneme van die hart nie die ingewikkeldheid van ons Pasga Seder nie. Die seder is bedoel om aktief en tot nagedagtenis gedoen te word en nie vervelend te wees nie.

Volgens gewoonte word Feestelike kerse aangesteek voor die Seder op dieselfde manier as Sabbat Kerse. In Moderne Judaïsme bevat ‘n amptelike Seder hierdie 15 stappe gegee in ‘n Hebreeuse rympie wat gereeld gesing word om die Seder te begin: “Kadesh, Urchatz, Karpas, Yachatz, Maggid, Rachatz, Motzi, Matzah, Maror, Korech, Shulchan Orech, Tzafun, Barech, Hallel, Nirtzah”. Die letterlike vertaling is “ Reinig en Was , Groenigheid, Breek, Sê/Vertel, Was, Bring Voort, Matzah, Bitter Kruie, Toebroodjie/Rolletjie, Voorbereide Tafel, Verborge, Seën, Lofprysing, Aanneming.”

Regdeur die Seder word vier tipe Verlossings verteenwoordig deur die “Vier Bekers” wyn wat regdeur hierdie skrywe beklemtoon word in rooi. Daarom het ons Heilige Nagmaal ingesluit in hierdie “Haggadah”. Die “Here se Maaltyd” as deel van ‘n Pasga Seder was ‘n nagmaal. Sien die verduideliking oor die vier bekers later in die leesstuk. Hierdie is nie om te drink tot dronkenskap nie. GOD waarsku ten sterkste daarteen! Na die Seder is dit gebruiklik om die Uittog [Eksodus] te bespreek, Pasga gebruike of Skrif te bestudeer/voor te lees, soos bv. spesifiek die Boek van Hooglied van Salomo. Die handewas idee is ook gesien in die Laaste Aandmaal maar uitgebeeld in díé dat YAHUSHUA voete van ander gewas het in plaas van hande. Miskien wil jy dalk voete was as deel van jou Paas Feesvieringe. Voor of na die Seder is heeltemal reg.


VOORBEREIDING

Deel 1: Verwyder Suurdeeg..

...uit die huis, woonstel of kamer indien jy by ouers woon of ander mense wat nie Pasga vier nie. Dit beteken dat jy enige gesuurde brood, beskuitjies, kraakbeskuitjies of enige iets wat rysmiddel bevat soos suurdeeg, koeksoda of bakpoeier moet verwyder. Suurdeeg simboliseer sonde en verval (1 Kor. 5:6-8)

Deel II: Wat jy sal benodig.

Reeds dae voor Pasga, moet jy seker maak dat jy al die items het wat jy sal benodig. In die middag voor die Pasga begin, moet die tafel gedek word met hierdie items, en die tafel moet ook in gereedheid gebring word vir aandete.

 

1. Haggadahs OF (soos ons verkies) Bybels en , Seder lyste (soos hierdie een) vir almal, of ten minste een vir die persoon wat die Seder lei en genoeg ander om gedeel te word.

2.   *Opsioneel 2 kerse of olie lampe om gebruik te word as Fees/Sabbat Kerse.

3.   *Opsioneel Hande was skottel(s) en handdoeke. [Geen seep- gebruik net water].

4.    Wyn (of sap) & Glase, 1 per persoon (wyn word 4x geskink) + 1 ekstra glas vir “EliYah”

5.   3 Stukkies Matzot of Ongesuurde Brood in ‘n doek toegedraai en dit kan ook afsonderlik op ‘n bord geplaas word. Groot groepe het meer Matzot nodig wat byderhand neergesit moet word. (Matzah = een, en matzot = meervoud, meer as een matzah).

6.   “Seder Bord” (enige skoon bord kan gebruik word) met die volgende:

  i. *Opsionele Groen Groente (Karpas) bv. Seldery of Pietersielie

  ii.       Bitter Kruie (Maror): Romaine Blaarslaai is reg of Peperwortel (Chazeret)

  iii.      *Opsioneel Tuisgemaakte Charoset*–Word gewoonlik gemaak van appelstukke en wyn, vir variasies op die resep kan heuning byvoeg word asook vrugte, neute en speserye.”n Basiese resep is soos volg: Sny ‘n appel in stukke, een Eetlepel gekapte neute, bietjie wyn of druiwesap, een teelepel kaneel. Maak jou eie resep of soek vir een waarvan jy hou aanlyn.

    iv.      *Opsioneel Lamsbeen* (Z’roa) – net as deel van die tafel- uitstalling                     

v.      *Opsioneel Gebraaide Eier* (kan ook hard gekook wees) – om geëet te word teen die einde van stap #10, begin van stap#11

7.   *Opsioneel Soutwater in ‘n klein bakkie (meng die water met tafelsout) om die Karpas in te doop.

8.   *Opsioneel Lam-basis Aandete met eetservies.

*Ons stel voor dat al hierdie items gebruik word vir ‘n volkome ondervinding, maar sommige is gelys as opsioneel want die Bybel beveel nie uitdruklik dat been en eier gebruik moet word nie, ook nie dat Charoset en Karpas in sout water gedoop, geëet móét word nie.

Die Torah beveel nie die gebruik van wyn of druiwesap nie, maar ons weet deur die voorbeeld dat ons dit moet gebruik omdat YAHUSHUA ten minste twee maal wyn geneem het, een keer voor die Laaste Aandete en een keer daarna.


Deel 111: Vier die Pasga

As jy oorweldig sou voel om die gedetailleerde instruksies van die Haggadah te volg, kan jy die instuksies volg hier onder in “Pasga Vereenvoudig” vir ‘n verkorte Seder. Andersins kan jy kyk na die onderstaande maar kyk ook verder na die “Mini Haggadah” vir ‘n meer gedetailleerde her-vertelling van die Pasga met die fokus op YAHUSHUA en die Nagmaal beklemtoon.


Pasga VEREENVOUDIG

bevat die MINIMALE SKRIFTUURLIKE BENODIGDHEDE 

Om te voldoen aan ‘n Skriftuurlike Seder moet stappe 1, 4, 5, 8, 12-15 gevolg word soos hieronder gegee maar die 2 de en 3 de bekers, asook die beker van EliYah, is opsioneel . (Met ander woorde; jy kan stappe2-3, 6-7, & 10-11; die 2de & 3de bekers en EliYah se beker mag ook oorgeslaan word. Die volgorde van sekere van die stappe mag ook verander word).


Letwel: elke “beker” wyn hoef nie ‘n vol beker te wees nie. Die alternatief is om net ‘n teelepel, of so, in te gooi of om die wyn te verdun in ‘n fles - gereed om te skink.  


Opening stappe 1-4: Wy/Heilig die Aand en maak gereed vir Maggid

Inhoud van die Seder: Stappe 5-11: Vertel die Verhaal en Eet die Kosse van die Uittog/ Eksodus.

Laaste Stappe:12-15: Verseël die Seder met Lofprysing en Gebed.



  1. Begin die Seder met Gebed en die seën van die wyn:



  1. Skink die 1 ste beker wyn of druiwesap (moet nog nie drink nie)



  1. Begin met ‘n dankseggings gebed aan ons Hemelse VADER ABBA YAHUVEH vir alles wat HY vir ons gedoen het en nog gaan doen vir ons, SY Kinders, terwyl HY ons beskerm en oor ons waak deur al die beproewings van ons lewe en aan SY SEUN, YAHUSHUA HA MASHIACH en spoedig komende BRUIDEGOM, vir SY Verlossing aan ons op Golgota en aan IMMAYAH ons Hemelse MOEDER, wat oor ons waak en ons lei en rig in elke stap wat ons neem as ons net gehoorsaam is.



  1. Spreek die seën uit oor die wyn. Voorbeeld: Geseënd is U ABBA YAHUVEH, ons Hemelse VADER en SKEPPER van die heelal, SKEPPER van die vrug van die wingerd. U het ons geheilig deur die Gestorte Bloed van U SEUN YAHUSHUA ons MASHIACH. U het ons na veiligheid gebring tot dusver en ons dank U vir U leiding en rigting elke dag van ons lewens. Ons gee aan U alle Lof, Eer en Heerlikheid nou en vir ewig! Geseënd is die Naam van YAHUVEH GOD ALMAGTG! Die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH en IMMAYAH, MOMMA SHKHINYAH HEERLIKHEID, ons Geliefde RUACH HA KODESH, die Enigste HEMELKONINGIN!” (Voeg asseblief jul eie gebede by.)



  1. Drink die wyn of druiwesap.



2.      Was/ spoel hande af.

3. Doop pietersielie in sout water en eet terwyl jy verduidelik dat die soutwater die trane simboliseer wat die Israeliete gehuil het in Egipte en die groenigheid simboliseer die koms van die Lente wat hoop bring.

4.      Breek die middelste Matzah in twee, terwyl jy sê: Dit is die liggaam van die Here vir ons gebreek. (Gewoonlik word niks hier geëet nie. Bêre die groter stuk van die twee gebreektes vir “afikomen” in stap # 12, en sit ook die res terug).

5.     Doen ‘n inleiding en vertel die verhaal van Pasga met die 2 de beker wyn:

  1. Tel die matzah op terwyl jy sê, hierdie is die brood van smart wat ons voorvaders geëet het in Egipteland.



  1. Giet en bid seëninge oor die 2de beker. (Moet nog nie drink nie)



  1. Vertel die Pasga verhaal (of jy kan die 10 plae noem [sien Exodus 7:14 –hoofstuk 11] en lees dan Eksodus 11 – 15).



  1. Opsioneel: lees Psalm 113-114



  1. Drink 2de beker.

6.      Was weer hande. Jy kan ook ‘n seën uitspreek.

7.      Spreek ‘n seëngebed uit oor die voedsel:

Geseënd is U YAHUVEH ons GOD. Koning van die Heelal, WIE voedsel voortbring uit die aarde.

Geseënd is U, YAHUVEH ons GOD, Koning van die Heelal, WIE ons geheilig het deur SY gebooie en ons beveel het om die matzah/ongesuurde brood te eet asook die maror/ bitter kruie vir Pasga.


8.     Eet matzah, terwyl jy verduidelik wat die matzah of ongesuurde brood is wat ‘n herinnering is van die gejaagdheid waarmee die Israeliete Egipte verlaat het op die nag van die Pasga omdat die brood nie tyd gehad het om te rys nie.

9.      Eet die bitter kruie, terwyl jy verduidelik hoedat die Egiptenaars die lewe verbitter het of bitter , onaanvaarbaar gemaak het vir die Israel, wat óns ook is omdat ons ingeënt is tot die wingerdstok deur YAHUSHUA. (Rom. 11:17-19) (Ex. 1:14) en hulle lewe verbitter deur moeilike werk met klei en bakstene en deur allerlei werk in die landerye - al daardie werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.”

10.  Eet maror en matza saam. Dit word gewoonlik in charoset gedoop.

11.  Eet die eier gedoop in soutwater en eet daarna aandete. Die eier kan in die begin van die Pasga/ Pasga maaltyd geëet word of net alleen indien jy nie ‘n maaltyd eet nie. Dit is simbolies van die lyding en onderdrukking in Egipte. Enige iets anders wat in water gekook word, word sag en disintegreer maar ‘n eier word hard soos die Israeliete. Hoe langer dit gekook word hoe harder word dit. ‘n Eier simboliseer ook nuwe lewe. Bykomend het YAHUVEH ook aan Profeet Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] geopenbaar dat die 3 dele van die Drie Eenheid soos ‘n eier is - elkeen is apart en tog deel van die geheel. Soos ABBA YAHUVEH vir Elisabeth (Elisheva) gesê het, ”Watter deel van die eier is die eier? Is dit die dop? Die wit of die geel?” Natuurlik is dit al drie- elkeen apart en elkeen deel van die geheel, die eier. Dis wonderlik né?

12.  Neem weer die afikomen en eet daarvan terwyl jy onthou dat dit die liggaam van die Here verteenwoordig.

13.  Bid die seën oor die 3de beker wyn:

  1. Skink die 3de beker.



  1. Lees Psalm 126 “Die wat met trane saai sal met gejubel maai!...”



  1. Bid die seën na elke maaltyd (‘n verkorte weergawe is reg)



  1. Seën en drink die 3de beker.



  1. Skink die 4de beker en die beker van EliYah. (Moet nog nie drink nie). Bid die EliYah-gebed: Dat GOD alle dinge sal herstel, om die Koms van YAHUSHUA te bespoedig en om wraak te neem op al SY vyande.


  1. Lofprysing.

  1. Lofprysing sessie: Opsioneel: lees Psalm 115-118. Dank U ABBA YAHUVEH vir oorwinning oor al die dinge in ons lewens wat nie van U af is nie in die Naam van YAHUSHUA ons MASHIACH!



  1. Seën en drink die 4de beker.

Verdere lofprysing en gebed dat GOD die Seder sal aanneem en dat HY ingenome is daarmee.


DIE BLOED VAN YAHUSHUA
die Vier bekers wyn

Die Bloed van die Lam het die Pasga moontlik gemaak (Eksodus 12). Ons weet dat die Bloed van YAHUSHUA, siende dat HY die ware Lam van GOD is, ons vrygekoop het en dit is ons ENIGSTE Redding. Met die laaste Aandmaal het YAHUSHUA ons geleer dat die Pasga wyn ‘n simbool van SY Bloed is, die Bloed van die Hernude Verbond, uitgestort vir baie tot die vergifnis van sondes; dat soveel keer as wat ons dit sou drink, ons SY Offer moet onthou.

Neem tyd gedurende die Seder om tradisionele Pasga liedere te sing, maar tradisionele liedere en psalms oor die Bloed van YAHUSHUA is defnitief ook die moeite werd. Liedere soos (Engelse weergawes) “There is Power in the Blood”, “Now Behold the Lamb”, “Nothing but the Blood”, “There is a Fountain”, “The Blood will Never Loose it’s Power”; oor die Kruis en die Bloed, onder andere, is goeie keuses. Julle kan spontaan liedere byvoeg by jul Seder gedurende die aand. Ons stel voor dat liedere bygevoeg word terwyl een van die bekers of elk van die 4 bekers gedrink word. (Sien meer oor die 4 bekers later in hierdie leesstuk).



HAGGADAH OORSIG

Die Haggadah bevat vele tradisionele Pasga liedere, waarvan meeste weggelaat is uit hierdie leesstuk soos bv. “Dayenu”, from Maggid; “EliYahu Ha Navi” from Barech; “Adir Hu”, “Echad Mi Yoda”, “Had Gadya” vanuit: Nirtzah. Dit word aanbeveel maar is weggelaat ter wille van bondigheid. Baie gedeeltes van die “Maggid” word ook gewoonlik gesing. Die woorde en wysies van hierdie liedjies kan aanlyn gevind word.



Opening – Wy/Heilig die aand en Berei voor vir Maggid

  1. Kadesh: Skink wyn. Heilig/Wy die aand met Kiddush seën van die wyn. Drink “1ste beker”.

  2. Urchatz: was hande sonder om te seën.

  3. Karpas: seën, doop dan groenigheid in soutwater en eet.

  4. Yachatz: breek middel matzah. En versteek die afikoman.

Inhoud van die Seder – Vertelling van die Verhaal en die Eet van die Eksodus Voedsel.

  1. Maggid:

  1. Inleiding

1)     “HaLachma Anya” (Die Brood van Smart)

2)     Skink en seën die 2de beker. (Moet nog nie drink nie).

3)     “Ma Nishtana” (Wat is anders? - Die 4 Vrae)

4)     “Avadim Hayinu” (Ons was Slawe)

5)     Lees Josh. 24:2-4

6)     Lees Gen. 15:13-14, w/“Vehi SheAmda” (En dit het vas Gestaan)

  1. Vertel die verhaal van Pasga

1)     Lees Deut. 26:5-8 (en/of langer Handelinge 7:2-36)

2)     Noem die 10 Plae

3)     Vertel die verhaal van Eksodus hoofstukke 11–15 tot vers 21

  1. Oorsig van die Vertelling

1)     Lofprysing met Psalm 113-114

2)     Bid vir die Toekoms

3)     Seën die 2de beker en drink.

  1. Rachatz: Was hande met seën.

  2. Motzi: Bid die seën oor die voedsel.

  3. Matzah: Seën en eet matzah.

  4. Maror: Seën en eet bitter kruie.

  5. Korech: Eet matzah, bitter kruie [en charoset (soetigheid)] saam.

  6. Sulchan Orech: Eet die voorbereide maaltyd by die tafel.

Afsluiting – Seël die Seder met Lofprysing en Gebed.

  1. Tzafun: Vind/bring navore die afikoman. En eet dit.

  2. Barech: Skink die 3de beker wyn, lees Psalm 126, bid die Seën Na Etes. Seën & drink die 3de beker. Skink die 4de beker (EliYahu Ha Navi gereeld gesing) en bid die EliYah-gebed.

  3. Hallel: Lofprysing met Psalms 115 – 118.  Seën en drink die 4de beker.

  4. Nirtzah: Bid dat GOD die Seder aanneem. (Vele tradisionele liedere word gewoonlk gesing). Eindig die Seder.



MINI HAGGADAH

Die 15 Stappe in fynere besonderhede

 

Die Seder word gelei deur een spesifieke persoon, maar ander behoort verskillende seëninge, gebede, en voorlesings te doen en ons moedig ander aan om ook die geleentheid te gebruik om sekere stappe te lei reg deur die Seder. Die Pasga is bedoel om inter-aktief te wees. Dit maak die Verhaal lewendig.

Fees Liggies/Kerse

Hierdie is opsioneel om te doen terwyl die son ondergaan voor jou Seder.

Steek die Fees Kerse aan/Liggies by die tafel en spreek ‘n seën /gebed, gewoonlik word dit gedoen deur ‘n vrou. Julle kan die volgende lees – indien dit ‘n Vrydagaand is moet die gedeeltes tussen hakkies bygevoeg word () :

Geseënd is U, YAHUVEH, ons GOD, KONING van die Heelal,

WIE ons deur SY gebooie geheilig het en ons beveel het om die vlam van die (Sabbat en die ) Fees aan te steek en om ons Lig te laat skyn voor mense: YAHUSHUA ha MASHIACH (Die Meester van die Shabbat) en die Lig van die Wêreld.

Geseënd is U YAHUVEH, ons GOD, KONING van die Heelal,

Wat ons lewend gehou het, ons ondersteun het en ons tot by hierdie seisoen gebring het.


 

Die 15 Stappe

In sommige gemeenskappe, is dit gebruiklik om die volgende te sing vir die opening van die Seder: “Kadesh, Urchatz, Karpas, Yachatz, Maggid, Rachatz, Motzi, Matzah, Maror, Korech, Sulchan Orech, Tzafun, Barech, Hallel, Nirtzah”. Die letterlike Engelse vertalings is in die Inleiding van hierdie leesstuk. Singbare-Engelse weergawes kan aanlyn gevind word.

OPENING STAPPE:
 
Kadesh* Urchatz, Karpas, Yachatz

Heilig die Aand en Berei voor vir Maggid

  1. Kadesh” (Heilig)

Hierdie stap is nie opsioneel nie maar gedeeltes daarvan is opsioneel. Die enigste nodige deel van die “Recite Kiddush” afdeling op die volgende bladsy is [a] Die seën, van die Vrug van die wingerd.

 

  • Spreek die volgende hard-op uit oor die ongeskinkte wyn:

    YAHUSHUA het oor die wyn gespreek en gesê,

    “Dit is MY Bloed, die Bloed van die Verbond wat vir baie uitgestort word vir die vergifnis van sonde” (Mark. 14:24). “Doen dit so dikwels as julle daaruit drink, as herinnering aan MY” (1 Kor. 11:25).

  • Skink “die 1ste beker” wyn/sap vir mekaar. (Drink later). Sê: “Hierdie is die eerste van die vier bekers”. Dit word genoem “Die Beker van Heiligmaking” want GOD het gesê: EK Is YAHUVEH, en EK sal julle uitlei ...”.

  • Resiteer Kiddush oor die wyn om die Heilige Dag toe te wy, om die volle tradisione Kiddush te resiteer is opsioneel, so slaan enige van die volgende oor soos jy dit nodig vind:

  • Opsioneel vir ‘n Vrydag aand, lees Genesis 1:31-2:3 om te begin. [Of slaan oor en gaan aan].

  1. Doen die Vrug van die Wingerd-seën:

Geseënd is U YAHUVEH, ons GOD, KONING van die Heelal,

Wat die vrug van die wingerd skep en ons geheilig het deur die gestorte Bloed van U SEUN YAHUSHUA ons MASHIACH.

 

  1. Opsineel: Doen die Heilige Nag Kiddush. [Sluit die woorde in hakies hieronder in () as dit ‘n Vrydag aand is].

Geseënd is U, YAHUVEH ons GOD, KONING van die Heelal

Wat ons uitgekies het tussen al die nasies, ons verhoog het bo alle tale,

WIE ons gereinig het deur SY gebooie en met liefde gegee het [Sabbatte van rus] vasgestelde tye vir blydskap, feeste en seisoene vir vreugde;

en hierdie Dag van [Sabbat en] Pasga en die Fees van Ongesuurde Brood, die seisoen van ons Vryheid, ‘n heilige byeenkoms om die Uittog uit Egipte te herdenk en die EEN en Enigste Redding, U SEUN, YAHUSHUA ha MASHIACH, die ware Pasga Lam. Omdat U ons uitgekies het [...en nie ons vir U gekies het nie - Joh. 15:16].

Geseënd is U YAHUVEH, ons GOD WIE [die Sabbat en] Israel en die heilige tye geheilig het.

 

  1. Opsioneel vir ‘n Saterdagaand (slaan oor op ander dae). Havdalah seën:

Geseënd is U, YAHUVEH ons GOD, KONING van die Heelal,

WIE die helderheid van die vuur skep en aan ons U HEILIGE GEES, U SHKINYAH HEERLIKHEID in ons harte gegee het deur U SEUN, YAHUSHUA ha MASHIACH.

Gseënd is U, YAHUVEH ons GOD, KONING van die Heelal,

WIE onderskeid maak tussen heilig en wêrelds, tussen lig en duisternis, tussen Israel en die nasies, tussen die Sewende Dag, die Sabbat Dag, en die ses dae van werk. U het onderskeid gemaak tussen die Heiligheid van die Sabbat en die heiligheid van ‘n Fees en het die Sewende Dag geheilig, die Sabbat Dag, bo die ses dae van werk. U het U mense, Israel, uitgesonder en geheilig met U Heiligheid in die Bloed van U SEUN YAHUSHUA ha MASHIACH.

Geseënd is U, YAHUVEH ons GOD, KONING van die Heelal,

WIE onderskeid maak tussen Heiligheid en heiligheid. (Lev. 19:2; 1 Sam. 2:2) Daar is niemand Heilig soos U HEILIG is nie: VADER, SEUN en HEILIGE GEES.


 

  1. Opsioneel: Julle hoef nie hierdie seën te doen nie. (Hierdie seën was reeds gedoen in die gedeelte van die Feestelike Kers Seëning - indien julle dit wel gedoen het.)

Geseënd is U, YAHUVEH ons GOD, KONING van die Heelal,

WIE ons lewend gehou het, ons ondersteun het en ons tot by hierdie seisoen gebring het.

 

  • Opsioneel: lees Joh. 15- hfst. 16:15 i.v.m die ware Wynstok ens. Doen hierdie soos wanneer julle nagmaal hou: hou die Bloed van YAHUSHUA in gedagte; maak seker dat jy jou hart ondersoek en bekeer van enige bewustelike sonde. (Moenie die brood nou neem nie. Neem die brood later in stap #4).


  • Sê: “Hierdie is die eerste stap van die vier bekers. Dit word genoem “die Beker van Heiligmaking” want GOD het gesê: “EK IS YAHUVEH en EK sal julle uitlei...”; en

YAHUSHUA het oor hierdie wyn gespreek en gesê, “Dit is MY Bloed, die Bloed van die Verbond, wat vir baie uitgestort word tot vergewing van sonde” (Mark. 14:24)

Hierdie beker is die nuwe verbond in MY bloed, doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, as herinnering aan MY” (1 Kor. 11:25).

Drink die “1ste beker wyn of druiwesap. Onthou of julle dit nou amptelik insluit as “nagmaal’ of nie, verteenwoordig hierdie beker steeds die Bloed van YAHUSHUA. Doen dit met ‘n berouvolle gees.

As julle nagmaal hou, kan jul kies om stappe #2-3 oor te slaan, maar keer terug daarheen nadat julle stap 4# gedoen het; gaan dan voort met die Seder soos gewoonlik met stap #5. 


  1. Urchatz” (en Was)

Hierdie stap is opsioneel. Was vinnig hande in ‘n voorbereide skottel voor ete. (Geen seën word gewoonlik uitgespreek oor die hande wassery nie, maar dit simboliseer die Reinigings Krag van die Bloed vanYAHUSHUA)

Julle kan die volgende sê:

Geseënd is U, YAHUVEH, ons KONING van die Heelal, WIE ons reinig deur die Water van die Woord

En die Bloed van U SEUN, YAHUSHUA ha MASHIACH

 

  1. Karpas” (Groenigheid)



Hierdie stap is opsioneel.

  • Lees Joh. 16:16 tot vers 33 wanneer nagmaal hierby ingesluit word.

  • Verduidelik die karpas en soutwater. Julle kan die volgende lees: die soutwater herinner ons aan die trane wat die Israeliete in Egipte gehuil het, en die groenigheid/karpas is ‘n simbool van hoop en Lente, die seisoen wat ons nou binnegaan. Saam beteken die karpas en soutwater “Die wat met trane saai sal met gejubbel maai” (Psalm 126:5). Toe HY vir ons nagmaal gegee het tydens Pasga, het YAHUSHUA ons belowe dat: “ Amen Amen Ek sê vir julle, julle sal ween en rou bedryf, maar die wêreld sal bly wees. En julle sal bedroef wees MAAR julle droefheid sal in blydskap verander” (Joh. 16:20). Hierdie is ‘n belofte in die nagmaal. Onthou YAHUSHUA het in ons plek gely om aan ons nuwe lewe te gee en blydskap. Soms moet ons ook ly ter wille van HOM, maar as ons deel in SY lyding, deel ons ook in SY Oorwining en sal ons ‘n ewige beloining hê. Dit is waarom ons die brood en die wyn gebruik. En ons onthou HOM ook in hierdie karpas wat in soutwater gedoop word.

  • Resiteer die seën oor die karpas, voorbeeld:

Geseënd is U, YAHUVEH ons GOD, KONING van die Heelal,

WIE die vrug skep (opbrengs) van die aarde; en

WIE in ons die VRUG van die HEILIGE GEES Skep - alhoewel ons die stof van die aarde is.

 

  • Elkeen doop sy/haar karpas in soutwater, en eet. (Maak seker jy eet die karpas en los die maror vir later)

 

  1. Yachatz” (Breek)

 

  1. Tel die bordjie met die 3 matzot op, hou dit omhoog en sê:

    YAHUSHUA het oor hierdie brood gespreek en gesê: “Neem , eet, dit is MY Liggaam wat vir julle gebreek word: doen dit in herinnering van MY”

  2. breek die middelste van die 3 matzot in twee.

  3. [a] Draai dan die groter gedeelte toe in ‘n doek en sit dit eenkant neer en [b] sit die kleiner gedeelte terug in die bord. (Opsioneel: Steek die groter gedeelte behoorlik weg tussen nou en aandete, sodat kinders dit kan vind as deel van stap 12. Hierdie toegedraaide weggesteekte stukkie is die “afikomen” 1 Joh. 6:16 wat gebêre word vir latere gebruik - as ‘nagereg’ aan die einde van die maaltyd).

  4. Opsioneel: As julle nagmaal doen, gebruik die kleiner stukkie [b] nou as nagmaal brood en voltooi die nagmaal soos julle gewoonweg doen.

Laastens word die oorspronklike matzot bordjie met 3 matzot opgetel, terwyl jy die volgende stap lees. (“Maggid”)


INHOUD VAN DIE SEDER

Die vertelling van die Verhaal en die Eet van die Eksodus-Voedsel.


Die Vertelling van die Eksodus



  1. Maggid (Verhaal / Vertel)

Inleiding tot die Pasga Vertelling

  • Sê “HaLachma Anya” (die Brood van Smart), terwyl jy die Matzot vashou:

Kortliks: Hierdie is die brood van smart wat ons vaders geëet het in Egipte land

Of

Lank: Hierdie is die brood van smart wat ons vaders geëet het in Egipte land. Wie ookal honger is - laat hom kom eet ! Wie ookal behoeftig is - laat hom kom en Pasga vier! Nou, is ons hier; mag ons volgende jaar in die Messiaanse Koninkryk wees, die Koninkryk van die Hemel! Nou is ons in aardse liggame, mag ons volgende jaar in verheerlikte liggame wees! Nou, is ons hier; mag ons volgende jaar in die land van Israel wees! Nou, is ons slawe; mag ons volgende jaar vry mense wees!




Dit kan gevolg word deur die lied te sing met dieselfde benaming.



  • Skink die volgende beker “2de beker”. (Drink later). Sê:

YAHUSHUA het oor hierdie wyn gespreek en gesê,

Dit is MY Bloed, die Bloed van die Verbond, wat vir baie uitgestort word tot vergewing van sonde” (Mark. 14:24)

Hierdie beker is die nuwe Verbond in MY bloed, doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, as herinnering aan MY(1 Kor. 11:25).

Sê: Hierdie is die tweede van die 4 bekers. Dit word genoem “Die beker van Oordeel en Verlossing” want GOD het gesê “EK sal julle Verlos...”

 

  • Opsioneel: Sê “Ma Nishtana” (Wat is anders?). Die jongste bevoegde kind vra dan “Die 4 vrae” Hierdie is ook ‘n liedjie.

Die jongste kind vra: Waarom is hierdie nag anders as al die ander aande? Met al 4 vrae totdat almal geantwoord is. ‘n Volwassene reageer met die gegewe antwoord.

  1. Op al die ander aande mag ons suurdeeg eet (hametz) en matzah, maar op hierdie aand net matzah?

(Antwoord: Ons eet net matzah omdat GOD ons so beveel het en om te onthou dat ons eens op ‘n tyd arm slawe was, en dat ons Egipte inderhaas verlaat het; daar was geen tyd vir die brood om te rys nie.)

  1. Op al die ander aande mag ons groente eet, maar op hierdie aand eet ons maror?

(Antwoord:Ons eet maror (bitter kruie) omdat GOD ons

beveel het om dit te doen en die bitterheid van slawerny te onthou.) 

  1. Op al die ander aande doop ons nie eens eenmaal nie, maar op hierdie aand tweemaal?

(Antwoord:Hierdie tradisie, om dit twee maal te doen, herinner ons: In Egipte het ons baie trane gehuil en het gewerk as slawe, maar nou leef ons soos vry mense.)

  1. Op al die ander aande eet ons sittende of rustend, maar op die aand is ons almal rustend?

(Antwoord: Hierdie is tradisie, ons eet gemaklik om te onthou dat ons eens slawe was, maar nou is ons vry.)

 

  • Sê die “Avadim Hayinu”, wat ook ‘n liedjie is:

Kortliks: “Ons was slawe maar nou is ons vry, …”; of

Lank: “Ons was slawe vir Pharaoh in Egipte en YAHUVEH ons God het ons daar uit gelei met ‘n sterk hand en ‘n uitgestrekte arm...”

 

  • Opsioneel: “Vehi SheAmda”, wat ook ‘n liedjie is:

  • Lees Josh. 24:2-4 oor ons voorvaders in afgodery; en

  • Lees Gen. 15:13-14 oor GOD se belofte aan Abraham & resiteer “Vehi SheAmda” (En dit het vas gestaan):

En dit was hierdie [belofte] wat vir ons Voorvaders vas gestaan het en ook vir ons. Want nie net een vyand het teen ons opgestaan om ons uit te wis nie, maar in elke generasie was daar hulle wat teen ons opgestaan het om ons uit te wis, en die Heilige EEN, geseënd is HY, het ons gered uit hul hande.

 

Oorverteling van Pasga & die Eksodus:

  • Lees  Deut. 26:5-8 (en/of maak beurte om te lees vanuit die langer Handelinge 7:2-36);

  • Sê dan aan almal: Nou noem ons die 10 plae en terselfdertyd, vir elk van die 10 Plae, sal ons ‘n druppel wyn uit ons bekers op ons leë borde drup deur ‘n vinger of eetgerei te gebruik. Hierdie is die 10 Plae: Bloed, Paddas, Luise, Swerms van insekte, Pes onder die vee, Swere, Hael, Sprinkane, Duisternis, Dood van die eersgeborenes (Eksodus 7-12);

  • Herinner almal en sê: YAHUSHUA het die Volle wraak van GOD in ons plek gedra, deurdat die Wraak van YAH ons verby gegaan het en oor HOM uitgewoed het, dit is waarom YAHUSHUA die Pasga Lam is. YAHUVEH het gesê as HY die Bloed van die LAM gesien het, sou HY ons Verbygaan. Terwyl jy kyk na die wyn wat op jou bord gedrup is, onthou dat slegs een druppel van YAHUSHUA se bloed genoeg sou wees om die sonde van die hele mensdom weg te was - as hulle dit maar net sou ontvang, maar kyk en besef hoeveel meer HY gegee het, HY het SY slagare en are leeggemaak, en hierdie tien druppels is maar ‘n geringe heenwysing daarna. Hierdie 10 druppels simboliseer die volle wraak van GOD, die straf wat YAHUSHUA verduur het in ons plek, al die vloeke van ongehoorsaamheid was op YAHUSHUA geplaas, vir elke keer wat ons GOD se wette verontagsaam het soos verteenwoordig deur die 10 Gebooie. Die volkome vervulling van Pasga is in YAHUSHUA en dit is waarom ons so dikwels SY Bloed en Liggaam onthou, op hierdie aand, die nag van die Pasga.  Nou vertel ons die verhaal van die Uittog/Eksodus... 

  • Som op of maak beurte om te lees uit Eksodus hoofstukke 11–15 tot vers 21.

 

Afsluiting en Oordenking van die Vertelling

  • Opsioneel: Lofprysing met Psalm 113-114

  • Bid dat GOD SY kinders sal beskerm en bewaar in die toekoms. Bid soos jy gelei word.

  • Seën en drink die “2de beker: Sê: Hierdie is die tweede van 4 bekers. Dit word “die beker van Oordeel en Verlossing genoem” want GOD het gesê “EK sal julle Verlos...”

YAHUSHUA het oor hierdie wyn gespreek en gesê, “ Dit is MY Bloed, die Bloed van die Verbond, wat vir baie uitgestort word tot vergewing van sonde” (Mark. 14:24)

Hierdie beker is die nuwe verbond in MY Bloed, doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, as herinnering aan MY(1 Kor. 11:25).

Geseënd is U, YAHUVEH, ons GOD, KONING van die Heelal, WIE die vrug van die wingerd skep en WIE ons geheilig het deur die gestorte Bloed van U SEUN YAHUSHUA ons MASHIACH.


 

Kossoorte vir die Eksodus
Rachatz, Motzi & Matzah, Maror, Korech

 

Berei voor om die voedsel te gebruik in stappe 6 & 7.

  1. Rachatz (Was)

Hierdie stap is opsioneel: Was hande met ‘n seëning.

Geseënd is U , YAHUVEH, ons GOD, KONING van die Heelal,

WIE ons reinig deur die water van die Woord en deur die Bloed van U SEUN, YAHUSHUA ha MASHIACH

  1. Motzi (Bring na vore)

Hierdie stap is opsioneel: Sê die gewone seën oor die voedsel wat geëet gaan word:

Geseënd is U, YAHUVEH, ons GOD, KONING van die Heelal

WIE voedsel voortbring uit die aarde

 

  1. Matzah (Ongesuurde Brood)



  • Verduidelik: Matzah herinner ons dat ons, Israel, Egipte inderhaas verlaat het (die brood het nie tyd gehad om te rys nie) en herinner ons aan die smart. Suurdeeg, wat die brood laat rys, is ook ‘n uitbeelding van sonde. YAHUSHUA is sonder sonde en daarom is HY uitgebeeld deur die Ongesuurde Brood en die Manna wat uit die Hemel neerdaal. Dit word gesê: “ ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur”. GOD verlang dat ons in die waarheid en heiligheid leef- sonder om in te boet, daarom gebruik ons nie suurdeeg gedurende die dae van hierdie Fees nie. Dit herinner ons om in Heiligheid te wandel voor GOD ALMAGTIG. En so het ons ook deel aan die liggaam van die Here, die nagmaal brood.

  • Hou die matzot bord omhoog, sê die onderstaande seën vir Matzah en elkeen eet ‘n stukkie (Moet nog nie die afikoman uit haal nie, wag vir stap #12)

YAHUSHUA het oor hierdie brood gespreek en gesê:” Neem, eet dit is MY Liggaam, wat vir julle gebreek word; doen dit in herinnering aan MY”

Geseëd is U, YAHUVEH ons GOD, KONING van die Heelal,

Wat ons geheilig het met SY Gebooie en ons beveel het om die Matzah/ ongesuurde brood, van die Pasga, te eet.


 

  1. Maror (Bitter Kruie)



  • Verduidelik: Bitter kruie herinner ons aan ons vorige lewens as slawe. Die Torah sê  “[Die Egiptenare] het hul lewens verbitter met harde arbeid; met sement en bakstene, met elke soort werk op die lande; alle werk wat hulle hul gedwing het om te doen was met strengheid”.    (Eksodus. 1:14). Wanneer ons sonde doen, is ons slawe daarvan, wat ons lewens bitter maak. Ons gebruik hierdie tyd om te onthou waarvan GOD ons verlos het.

  • Sê die seën vir Maror en almal eet dit (gewoonlik in charoset/appel mengsel gedoop):   

Geseënd is U, YAHUVEH, ons GOD, KONING van die Heelal,

WIE ons met SY Gebooie geheilig het en ons beveel het om die Maror /bitter kruie te eet vir Pasga.

 

  1. Korech (Toebroodjie/”Wrap”)

Opsioneel: eet matzah, bitter kruie [en charoset/appel mengsel] alles saam.

AANDETE 



  1. Shulchan Orech (Voorbereide Tafel)

Alle dele van hierdie stap is opsioneel, alhoewel dit maklik is om ‘n ete in te sluit by die Seder. Ons beveel ten sterkste aan om nie die Lamsbeen gedeelte, van hierdie stap, oor te slaan nie-, Om die lamsbeen en die belangrikheid daarvan te bespreek en ‘n tydjie af te staan en te besef, dat geen vleis van ‘n geofferde lam teenwoordig is gedurende die Seder nie.

 

  • Wys die lamsbeen en die eier uit en verduidelik: Die Jerusalem Talmud stel voor, op Pasga moet die eier en been aan YAH voorgelê word met die woorde: “Asseblief, GOD, lig ons uit slawerny uit!” Die hardgekookte eier verteenwoordig die fees van offerandes wat gebring was in die dae van die Heiige Tempel , wat die hoof deel van die Pasga maaltyd uitgemaak het. Die been verteenwoordig die spesiale Pasga offer wat eerste gedoen was voor die Eksodus uit Egipte, en daarna elke jaar, op die middag voor Pasga, in die Heilige Tempel. Beide die feestelike offer en die Pasga offer vind hul vervulling in YAHUSHUA ha MASHIACH. Wanneer ons sê “GOD lig ons op uit slawerny “, praat ons ook van die finale verlossing - die wederkoms van YAHUSHUA, wanneer YAHUVEH alle dinge herstel, insluitende die land en mense van Israel.

  • Verduidelik die eier verder: Die hardgekookte eier is ‘n simbool van opoffering, en die swaarkry en onderdrukking in Egipte. Enige iets anders word sag en disintegreer in kokende water, maar ‘n eier word wel gevorm net soos Israel in tye van benoudheid leer om op GOD te vertrou. ‘n Eier simboliseer ook nuwe lewe, net soos YAHUSHUA uit die dood opgestaan het, net so word ons die opstanding en ewige lewe sonder einde, belowe. Net soos die eier ‘n ronde vorm het, so IS GOD- sonder begin of einde. YAHUVEH het aan Profeet Elisabeth EliYah (Elisheva Eliyahu) openbaar dat die drie dele van die DRIE EENHEID soos ‘n eier is - elkeen is apart maar tog deel van die eenheid. Soos ABBA YAHUVEH vir Elisabeth (Elisheva) gesê het, “Watter deel van die eier is die eier? Is dit die dop? Die wit of die geel? Natuurlik is dit al drie - elk apart maar tog maak almal saam die geheel, die eier. Is dit nie wonderlik nie? Die eier simboliseer baie ander dinge. Weet jy van enige iets anders? [Laat tyd toe indien enige iemand iets wil sê.] Nou neem ons elkeen ‘n stukkie van die eier.

  • Elkeen eet van die eier

  • Verduidelik die betekenis van die lams been: Ons noem die been “Z’roa” wat “arm” beteken , want daar word gesê “met ‘n sterk hand en uitgestrekte arm” het GOD ons verlos. YAHUSHUA is die Pasga Lam en die Arm van die HERE, want HY sit aan die regterhand van YAHUVEH en HY verlos ons.

  • Eet die voorbereide maaltyd, as dit deel is van die Seder.  Volgens tradisie moet geen voedsel geëet word na die volgende stap nie dus moet die hele maaltyd nou geëet word en verseël/ voltooi word met die volgende stap.



AFSLUITING VAN DIE SEDER

Tzafun, Barech*, Hallel*, Nirtzah – Die Einde

 

  1. Tzafun (Weggesteek)

  • Opsioneel: Jong kinders kan gestuur word om die afikoman te soek en ‘n klein beloning ontvang as hulle dit vind.

  • Wys die afikoman, die stukkie matzah wat vroeër weggesteek was. Verduidelik die simboliek: Onthou, die Ligaam van die HERE YAHUSHUA. Hierdie is dieselfde brood waarvan HY gesê het: Dit is MY liggaam wat vir julle gebreek word” . Sê vir almal: Breek vir jouself ‘n stukkie af maar moet dit nog nie eet nie. Stuur dit om. Selfs ‘n stukkie so groot soos ‘n olyf is groot genoeg.

  • Verduidelik die betekenis daarvan verder terwyl dit aangestuur word: Hierdie afikoman voltooi ons maaltyd. Dit is die nagereg en is soos nagmaal brood. Ons eet dit laaste om die smaak te onthou van hierdie heilige brood. Regdeur Judaïsme word dit beskou as ‘n plaasvervanger vir die Pasga Offer. Ons weet dat YAHUSHUA die ware Lam van GOD is en ook die Pasga Lam. Soos die afikoman in ‘n doek toegedraai is, weggesteek en later onthul word, is dit ‘n uitbeelding van die dood , begrafnis en onthulling van die opstandingskrag van YAHUSHUA, ‘n uitbeelding van SY Hemelvaart en SY Oorwinning oor sonde, dood, hel en die graf, en ‘n uitbeelding van SY Wederkoms - wanneer HY weer kom sal SY beloning by HOM wees - wanneer HY kom as die Leeu uit die Stam van Judah en die laaste vyand oorwin, en alle dinge sal onderwerp aan HOM. YAHUSHUA het gesê: “EK sal beslis nie weer daarvan eet voordat dit in die Koninkryk van Elohiem vervul is nie” (Lukas 22:16). Ons onthou alhoewel HY weg is, sal HY terugkeer uit die Hemel! HY het vir ons ‘n plek daar voorberei! Hierdie afikoman is ‘n belofte van dinge wat sal plaasvind! Laat ons deel hê aan die liggaam van die HERE, sodat ons kan deel hê aan SY komende Heerlikheid en die belofte van SY terugkeer vir ons!

  • Elkeen eet hul stukkie en voltooi sodoende die maaltyd. Gee genoeg tyd vir almal.



  1. Barech (Seën)



  • Sê oor die ongeskinkte wyn:

YAHUSHUA het oor hierdie wyn gespreek en gesê, “ dit is MY Bloed, die Bloed van die Verbond, wat vir baie uitgestort word tot vergewing van sonde” (Mark. 14:24)

Hierdie beker is die nuwe Verbond in MY Bloed, doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, as herinnering aan MY” (1 Kor. 11:25).

 

  • Skink die 3de beker. (Moenie nou drink nie).

  • Sê: Hierdie is die derde van die vier bekers. Dit word genoem die beker van Verlossing want GOD het gesê, “EK sal julle verlos (met ‘n uitgestrekte arm)”.

  • Lees Psalm 126. Bid die seën na die maaltye; en sê: Hierdie is die derde van die vier bekers. Dit word genoem die beker van Verlossing want GOD het gesê, “EK sal julle verlos...”;

YAHUSHUA het oor hierdie wyn gespreek en gesê, “ dit is MY Bloed, die Bloed van die Verbond, wat vir baie uitgestort word tot vergewing van sonde” (Mark. 14:24)

Hierdie beker is die nuwe Verbond in MY Bloed, doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, as herinnering aan MY” (1 Kor. 11:25).

Geseënd is U, YAHUVEH, ons GOD, KONING van die Heelal,

Wie die vrug van die wynstok skep en ons geheilig het deur die gestorte Bloed van U SEUN YAHUSHUA ons MASHIACH.


  • Drink 3de beker.

  • Skink die 4de beker. (Moenie nou drink nie). Skink die enkele beker van Elia (EliYah) terselfdertyd, maar moenie drink nie.

  • Sê: Hierdie is die laaste van die bekers. Die vierde beker word die beker van Herstel en Lofprysing genoem want GOD het gesê: “Julle sal MY volk wees en EK sal julle GOD wees” en daarmee saam die Beker van Elia want YAHUSHUA het gesê: “Waarlik, EliYah sal kom en alles herstel” (Opsioneel: Maak ‘n deur oop en sê: Ons doen dit omdat ons Elia verwag en die wederkoms van die Messias” “EliYahu haNavi” kan nou gesing word. [Maak die deur toe tydens die volgende stap #14 wanneer die 4de beker gedrink word]).

  • Sê oor die Beker van Elia: Die beker van Elia word slegs deur Elia en die Messias gedrink want GOD het gesê: “Kyk ek stuur MY boodskapper, wat die weg vir MY sal voorberei. Dan sal die Here (YAHUSHUA ) vir wie julle soek, skielik na SY Tempel kom; die Boodskapper van SY Verbond, na wie julle verlang, sal kom” sê YAHUVEH ALMAGTIG...HY [YAHUSHUA] sal die Leviete reinig...en Jerusalem sal aanneemlik wees vir die HERE YAHUVEH, soos in vervloë dae, soos in die vroeër jare...Onthou, die Torah van Moses MY kneg... vir die HELE Israel. Kyk EK stuur julle die Profeet EliYah voordat die groot en vreesaanjaende dag van YAHUVEH aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders” .

  • Bid as ‘n groep oor die beker van Elia en vra GOD dat HY SY vyande vernietig (soos jy gelei word) Die liturgie gee ook die volgende gebed:

Giet U woede uit oor die nasies wat U nie erken nie en oor die koninkryke wat U NAAM nie aanroep nie. Want hulle het Jakob verslind en sy Woonplek vernietig. Giet U woede oor hulle uit en laat U vurige woede hulle inhaal. Vervolg hulle met wraak en maak hulle tot niet onder die Hemele van YAHUVEH.



  1. Hallel (Lofprysing)

 

  • Lofprysing sessie. (Hierdie bevat gewoonlik Psalm 115-118. Julle kan self besluit wat om te doen).

  • Sê oor die 4de beker : Terwyl ons ons Seder afsluit, laat ons die woorde van YAHUSHUA onthou toe HY gesê het: “Maar EK sê vir julle EK sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie tot op daardie dag wat EK dit met julle nuut sal drink in die Koninkryk van MY Vader” (Mat. 26:29; Luk. 22:18). Hierdie is die laaste van die vier bekers. Dit word genoem die beker van Herstel en Lofprysing - want GOD het gesê “Julle sal MY volk wees en EK sal julle GOD wees”.

YAHUSHUA het oor hierdie wyn gespreek en gesê, “ dit is MY Bloed, die Bloed van die Verbond, wat vir baie uitgestort word tot vergewing van sonde” (Mark. 14:24)

Hierdie beker is die nuwe Verbond in MY Bloed, doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, as herinnering aan MY” (1 Kor. 11:25).

Geseënd is U, YAHUVEH, ons GOD, KONING van die Heelal,

Wie die vrug van die wynstok skep en ons geheilig het deur die gestorte Bloed van U SEUN YAHUSHUA our MASHIACH.

 

  • Drink die 4de beker. (Niemand behalwe die Elia van die Messias drink die beker van Elia nie. Dit is ‘n herinnering van die komende herstel van alle dinge).


  1. Nirtzah (Aanvaarding)

  • Opsioneel: As groep, vertel en loof GOD vir die wonderwerke wat die aand gebeur het, of die middernag uur (soos bv. die doodsengel wat verby gegaan het).

  • Opsioneel: Vertel en Loof GOD vir die wonders wat gebeur het tydens die Fees van Ongesuurde Brood (soos bv. die dood van Haman en sy tien seuns, die oopgang van die Rooi-see, die dood, begrafnis en opstanding van YAHUSHUA)

  • Opsioneel: Loof en sing liedere; Volgens gebruik word “Adir Hu” gesing, “Echad Mi Yodea” & “Chad Gadya”.

  • Bid en vra dat GOD die Seder sal aanvaar. Die Seder eindig gewoonlik met die woorde “Le Shanah Haba Be Yerushalayim”, wat ook’n lied is (dit beteken: Volgende jaar in Jerusalem!) Julle kan in plaas daarvan sê” Mag ons volgende jaar in die Hemelse Jerusalem wees! Dit sluit die Seder af.

(Soms word meer gedoen hierna: Byvoorbeeld; liedere word gesing , die Eksodus en die Fees van Ongesuurde Brood word bespreek, die vooruitsig na Shavuot/ Pinkster word bespreek, die Hooglied van Salomo word gelees, of die Bybel word bestudeer tot in die laat nag ure.)  


DIE VIER BEKERS
En die beker van Elia.

Volgens tradisie word vier bekers wyn of druiwesap gedrink tydens die Seder, alhoewel dit nie verplig word deur YAHUVEH nie, maar dit is opgeteken dat YAHUSHUA wyn gebruik het as ’n integrale deel van SY Seder. Hier moet ons byvoeg dat GOD jou nooit sal beveel om dronk te word nie, dronkenskap moet vermy word. Ons stel voor dat die wyn geheel en al met druiwesap vervang word indien daar ‘n probleem is. Daar word gesê dat die vier bekers die vier tipes van Verlossing voorstel wat ABBA YAHUVEH gebruik om die Israeliete se uittog uit Egipte te beskryf soos in Eks. 6: 6-7. Hierdie vier bekers verteenwoordig ook die Bloed van YAHUSHUA. Daarom stel ons voor dat; in plaas van vol bekers, slegs klein simboliese hoeveelhede gegee word (soos een eetlepel vol) vir elk van die “Vier Bekers” of verdun die wyn in ‘n fles - gereed om te skink. Verdunde wyn of sap is dalk meer verkieslik as gewone wyn. (Wyn van vroeër jare het nie die alkohol inhoud gehad van vandag se wyn nie en dit was die gebruik van die vroeëre Romeine,Grieke en Israeliete om hul wyn verskeie kere te verdun. Onthou ook dat gis, wat tydens Pasga verbied word, die hoë alkohol inhoud van wyn tot gevolg het).

Die Vier Bekers en Beker van Elia

Beker #

1

2

3

4

 

resiteer Kiddush

Ons lees die Eksodus verhaal

Ons resiteer danksegging
Na
Maaltye

Ons sing die groot Hallel (Lofprysing)" daaroor

(Oor die algemeen word die beker eers geskink en daarna word bg. Geresiteer + die vrug van die wingerd seën, en dan daarna sal almal drink)

Naam van Beker

Heiligmaking

Verlossing/ Oordeel

Verlossing

Herstel/
Lofprysing

 

Eksodus 6:7-8

EK IS die HERE en EK sal julle uit lei (onder die jukke van die Egiptenare)

EK sal julle verlos (van hulle bande)


EK sal julle verlos (met ‘n uitgestrekte arm)

Julle sal MY volk wees en EK sal julle GOD wees

*Joh. 15; Lukas 22: 14-19*

*Lukas 22:20; Mat. 26:26-30;
Mark. 14:22-26*

5 – Die Beker van Elia

[geskink/ 3de of 4de beker,en alleenlik deur Elia gedrink]

Eksodus 6:8 – Maleagi 4:4-6

en EK sal julle bring na die land (wat EK beloof het aan Abraham, Isak, and Jakob), en EK sal dit aan julle gee (as ‘n erfenis)

*In die Evangelies is daar opgeteken dat YAHUSHUA ten minste tweemaal van die wyn geneem het, een maal voor en een maal na die Pasga maaltyd. Dit is belangrik om te besef dat die deelname aan ’n Pasga Seder, vir die Messiaanse Jood die elemente van nagmaal bevat, en jy moet jou hart ondersoek soos wat jy andersins sou doen.

Daar is ook ‘’n 5de beker wyn wat genoem word; “Die Beker van Elia”. Hierdie beker word geskink maar nie gedrink nie en die deur word oopgemaak in afwagting vir die koms van Elia die Profeet, wat die MESSIAS aankondig, die MASHIACH, YAHUSHUA. Die Profeet Elia word beskou as die boodskapper van goeie nuus, blydskap en vrede. Die naam van Elia word geassosieer met die koms van die MASHIACH, en dat daar verwag word dat Elia hierdie gebeurtenis sal aankondig. Ons lees: Kyk EK stuur julle die Profeet EliYah voordat die groot en vreesaanjaende dag van YAHUVEH aanbreek. En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders” (Mal. 4:4-6a)

Volgens Joodse tradisie besoek Elia elke Joodse woning tydens Seder en neem ‘n slukkie van die beker. Toe Israel verban was uit die land was die beker van Elia gevul maar nie gedrink nie. Dit bly op die tafel as teken van ABBA YAHUVEH se verdere Messiaanse belofte van herstel. YAHUSHUA het van Johannes die doper gesê in Mark. 9:13 & Mat. 11:14: En hulle het HOM (YAHUSHUA)gevra en gesê: “Waarom sê die skrifgeleerdes dat EliYah eers moet kom...?” en HY het hulle geantwoord: “Dis waar, EliYah kom eers om alles te herstel, en tog, hoe staan daar dan van die Seun van Adam geskryf dat HY baie moet ly en verag word?..EK sê vir julle dat EliYah al gekom het, en hulle het aan hom gedoen alles wat hulle wou, soos van hom geskryf is”...” Want al die profete en die Torah het tot op Yahuganan (Johannes) geprofeteer. En as julle dit wil aanneem, hy is EliYah wat sou kom. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.”

EliYah het gekom” - Dit was waar in die persoon van Johannes die Doper wat YAHUSHUA se koms aangekondig het toe HY na die aarde gekom het 2000+ jaar gelede. Die Skrif belowe dat , net soos Johannes die Doper gestuur was met die salwing van EliYah om die weg voor te berei vir die HERE YAHUSHUA se Eerste Koms, so sal EliYah ook kom om die weg voor te berei vir die Wederkoms van Die HERE. Wie is hierdie Eindtyd EliYah, ‘n persoon, met die mantel van die eerste EliYah van Ouds, soos Johannes die Doper?

Onthou die Torah van Mosheh, my kneg, wat Ek hom beveel het op Gorev vir die hele Yiesraël - insettinge en verordeninge. 5 Kyk, Ek stuur julle die profeet EliYah voordat die groot en vreesaanjaende dag van Yahweh aanbreek. 6 En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.” Mal. 4:4-6



Nuwe EliYah ?

Profeet Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu], vir wie YAHUVEH gebruik het om geboorte te gee aan hierdie Bediening, dra nie net dieselfde van as die Profeet EliYah van Ouds nie, maar het ook dieselfde salwing: Om YAHUVEH se kinders terug te roep na HOM toe; Om die HERE GOD aan te roep op SY NAAM, YAH, eerder as net Ba’al (“Here”) ; wat ons herinner om die Wet van Moses te onthou hoofsaaklik as die Twee Grootste Gebooie: Om GOD eerste lief te hê en om ons naaste lief te hê; terug te draai na al 10 Gebooie insluitende die Sabatte van GOD; en soos Johannes die Doper, die weg voor berei vir YAHUSHUA en om ‘n volk vir HOM in gereedheid te bring, of andersins SY wraak te sien. Hier kan jul ‘n uittreksel lees van ‘n Profesie wat aan haar gegee was in 2004:

...Lees weer al die Profesieë, dan sal julle sien dat EK al vir baie jare, Elisabeth, (Elisheva) MY "Elia van nuuts" noem. Ja, haar wettige nooiensvan is Elijah [Eliyahu], maar dit is nie hoekom EK dit doen nie. Sy het nou onlangs die rede geleer, en dit is meer as om haar te stuur na die weduwees van Sarfat, om hulle te toets. En hulle weet dit nie, want hul hongersnood het nog nie gekom nie, dit is nie alleenlik om hierdie rede nie, soos reeds gestel in vele Profesieë vantevore wat EK deur haar gespreek het.

EK het hoorbaar met haar gepraat op Pasga, (wat in daardie jaar geval het op) 5 April (een dag na haar verjaardag), en vir haar gesê, haar wakker gemaak het, met woorde wat sy nie verstaan het nie en slegs deur hierdie Profesie beter sal begryp “Jy is MY “Ringmaiden”.


Voorwaar, EK sê vir haar, en vir julle met geestelike ore om te hoor en te luister. EK, YAHUSHUA noem haar "MY Elia "Elijah" van Nuuts” en openbaar hierdie geheime openbaringe wat vir haar gegee is, direk vanaf die Hemel, om 'n seën te wees oor haar en die WARE BRUID VAN YAHUSHUA ha MASHIACH. Net soos Elia van ouds geweet het wanneer om YAHUVEH SE VUUR-PERDE - STRYDWA te verwag, om hom weg te neem na die Hemel en hy die presiese tyd en dag geweet het en hy voorbereid was en Elisa vooruit gewaarsku het om hom dop te hou, so is Elia van ouds die skaduwee van dit wat sal gebeur met die Bruid. So hoekom sou EK enigsins iets minder doen vir die BRUID van YAHUSHUA?

(Profesie 76: “GELIEFDE BRUID VAN YAHUSHUA, STAAN OP EN MAAK JULLESELF GEREED, JULLE BRUIDEGOM IS OPPAD!)

Toe daardie Profesie gegee was in 2004 en in die jare daarna, het Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) nie geweet nie: dat Johannes die Doper ook tydens die seisoen van Pasga/Pasga gebore was volgens die studie van die Nuwe Testament Evangelies gekoppel met die Ou Testamentiese Levitiese Tempel-dienswisseling. Sommige glo dat hy gebore was tydens die Pasga 14-15 de van Adar. Ook was sy nie bewus van die jare lange Joodse tradisie om EliYAh se ‘terugkeer’ tydens hierdie seisoen te verwag nie, soos dit tradisioneel uitgebeeld word in die oopmaak van die deur vir EliYah tydens die Pasga Seder terwyl die Vierde Beker, die Beker van Restorasie en die beker van EliYah, geskink en geseën word.



Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] was ook gebore tydens hierdie tyd en toevallig was AmightyWind Bediening ook gestig gedurende hierdie tyd. Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] beweer nie dat sy enige spesiale persoon is nie en is altyd die eerste om te sê: “ek is die swakste een van almal” aangesien GOD haar ook so genoem het. Maar ons weet dat GOD die mees nederigste mens op die magtigste manier gebruik. Ons beweer nie dat Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] die herïnkarnasie van EliYah van Ouds is nie, hy het nie letterlik teruggekeer nie. Maar ons glo wel dat Elisabeth Elijah [Elisheve EliYahu] ‘n belangrike Eindtyd Profeet is en die mantel dra van EliYah van Ouds, net soos Johannes die Doper voor haar. Daarom noem GOD haar SY “EliYah van Nuuts”. Lees Profetiese Woorde in verband met die “EliYah van Nuuts” wat gegee was deur die jare:

... EK het deur hierdie Profetiese Diensmaagd gewaarsku, soos wat EK deur Elia van Ouds gespreek en die profete van Baäl gekonfronteer het, so gebruik EK nou MY Elia van Nuuts om dieselfde te doen...MY Elia van Nuuts spreek MY Woorde voort ...” (Profesie 38- Die Mure Van Jerigo Sal Weer Val!!)

...EK is YAHUVEH en EK het Elia "EliYah" van Ouds gesalf, soos EK MY Diensmaagd gesalf het , wie EK MY “EliYah van Nuuts" noem. Jy sal verantwoordelik gehou word, of jy ‘n seën of ‘n vervloeking vir haar is. EK salf haar om profetiese boodskappe voort te spreek wat min mense sou waag om voort te spreek, uit vrees vir bespotting, maar diegene wat dit waag om te spot, en wat ontken dat dit “EK IS” wat hier spreek, wees bewus daarvan dat julle ‘n vinger in MY, YAHUVEH, se oog gedruk het. Moet MY nie glo nie, wag en sien of dit wat ek geprofeseer het waar word, dan sal dit te laat wees vir diegene wat haar nou vervloek en verraai. Wee diegene wat dit waag om MY, YAHUVEH te toets!...” (Profesie 58)!

...Vir jare lank het EK jou nou al gestuur en stuur jou as MY EliYah van Nuuts na die weduwees van Sarfat in Amerika en regoor die wêreld en hulle het nie geweet dat hulle behoeftig was nie want die tyd het nog nie aangebreek nie maar nou sal dit spoedig op hulle neerkom.

Diegene in die winkel wat nie van jou gehou het nie en nie saam met jou gebid het nie, of jou gehelp het nie, wat slegs die boodskappe wat EK aan jou gegee het, bespot het, hulle sal die mense wees wat sal swaarkry wanneer die onheil oor hierdie aarde kom soos nog nooit van te vore vertoon was nie...” (Profesie 66)

...Wat sal jou verskoning wees wanneer jy voor MY, YAHUVEH moet staan in die, nie te verre, toekoms? Julle is gewaarsku; Die wat hierdie Joodse Diensmaagd seën…seën nie alleenlik vir haar nie, maar ook vir MY, YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA. Elisabeth [Elisheva] is die een wat EK MY Elia[EliYah] van Nuuts noem. EK, YAHUVEH het haar na die Weduwees van Sarfat gestuur, en hulle het dit nie weet nie. Julle, wat weier om te help in hierdie wêreldwye oesland, het nie enige finansiële nood nou nie, maar julle sál hê. EK het Elia van Ouds gestuur om 'n seën vir een weduwee te wees, terwyl die land vol van weduwees was vanweë die droogte en hongersnood. 

EK het vooraf geweet van 'n weduwee wat 'n seëning nodig gehad het en bereid was om haar laaste maaltyd met 'n profeet genaamd Elia te deel, al het sy geglo dat sy en haar seun dit sou eet en dan sterf. Sy het gelewe en was finansieel geseënd en haar olie kruik het nooit opgedroog nie. EK, YAHUVEH, verlang om dieselfde vir julle te doen. Dit is geen toeval dat jy na hierdie Bediening gekom het en nou hierdie woorde lees nie...” (Profesie 75)

...Hoor, O Israel, Jerusalem en die res van die wêreld, soos dit geskryf is, die een wie julle Johannes die Doper noem, het die weg vir MY Seun YAHUSHUA voorberei, net so sal dit weer wees, wanneer MY Elia van Nuuts die weg voorberei vir YAHUSHUA wat sal terugkeer om op die aarde te regeer, soos HY in die Hemel gedoen het...” (Profesie 87)

"Jezebel het probeer om al MY Profete dood te maak, en sy het misluk - en sal altyd misluk. Net soos EK vir Elia [Eliyahu] van Ouds ‘n weg gemaak het om te ontsnap, so sal EK ook MY EliYah [Eliyahu] van Nuuts beskerm...” (Profesie 92)

In 2008 sal die Profetiese Boodskappe wat navore kom, net sterker word, met kragtiger vleis vir die Heiliges om in te neem.

...In 2008 sal daar 'n oorlog wees soos geen ander nie, omdat dit die ware Heilige Profete sal wees wat sal staan - net soos Elia dit gedoen het, net soos Elia [EliYah] van Ouds dit gedoen het en geprofeteer het en die profete van Baäl ontbloot en vernietig het. Dit is hoekom EK jou geroep het Elisabeth [Elisheva], alhoewel jou laaste naam Elijah [Eliyahu] is, noem EK jou MY Elijah [Eliyahu] van Nuuts, omdat EK deur jou Profeteer, en net soos [in die tyd van] Elia [EliYah] van Ouds, sal die profete van Baäl vernietig word. Net omdat dit nie gebeur soos jou vlees dink dit moet gebeur nie, moenie so dink nie. Want waarlik sê EK vir julle 1 Nie een van hulle het YAHUVEH se Oordeel vrygespring nie. As hulle met jou kon praat, sou hulle vir jou vertel het van die dinge wat met hulle gebeur het. Elkeen wat spreek, teen hierdie Woorde wat EK deur hierdie Profesieë gespreek het, sal vir jou 'n verhaal van wee vertel. O hulle noem dit 'ongeluk' maar die tragedies wat hulle te beurt geval het!...” (Profesie 93)


YAHUVEH praat baie duidelik as ons gehoor gee. HY het Elisabeth Elijah [Elisheva Eliyahu] gestuur om die koms van SY SEUN aan te kondig! Ons gee lofprysing en eer aan ABBA YAHUVEH dat HY te midde van ons aanhoor vir “EliYah” gestuur het! Om die koms van die Heilige EEN van Israel aan te kondig, YAHUSHUA ons MASHIACH. Kom YAHUSHUA! Kom! U Bruid sê, Kom!

YAHUVEH sal geestelike Israel beskerm net soos HY fisiese Israel beskerm het wanneer sy HOM gehoorsaam het en HOM eerste gestel het in haar lewe en liefde. Mag ons YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH, die RUACH ha KODESH eerste in ons lewe en liefde stel. Mag ons met groot verwagting leef dat YAHUVEH inderdaad SY EliYah van Nuuts gestuur het en dat die Koms van ons MASHIACH op die horison is! Mag ons elke dag met groot afwagting leef vir die spoedige Koms van ons MASHIACH! Amen! Amen! Amen!

Besoek amightywind.com en almightywind.com vir die volle Profesieë en meer Profesie uittreksels onder sekere Onderwerpe gerangskik.