(http://www.allmightywind.com/bridegroom/yahushua.htm)


Elisabeth [Elisheva] sê dat hierdie boodskap die enigste een is, buiten die

Citizen in Hell” wat haar laat huil het en haar hart vinnig laat klop het.

YAHUSHUA! Ons Is U Bruid!
Ons Wag vir U!

(Wag jy ook vir YAHUSHUA om U, SY Bruid Huis toe te neem?)


Lees Donna se Epos aan Elisheva asook die terugvoer aan haar


* * * * * *




Indien wel, luister dan na hierdie bandopname van hierdie gebed waar die Ruach ha Kodesh (Heilige Gees) onverwags, deur my begin huil het. Ek voel asof ek werklik ingestaan het vir almal van ons wat wag vir ons geliefde YAHUSHUA, om te kom en SY Bruid huistoe te neem. AS jy nie wag nie moet dan nie eens die moeite doen om te luister nie want jy sal nie die diepe hartseer verstaan wat ons voel nie, terwyl ons vertoef totdat YAHUSHUA weer kom en ons vat na die bruilofsfees van die Lam. As jy nie waak en bid en treur, verlang om by YAHUSHUA (Jesus) te wees nie, moet dan nie bekommerd wees nie, want HY kom nie vir jou nie, jammer om te sê.

Maar die van julle wat wag sal die hartseer hoor in my stem en sommige sal selfs instaat wees om die tale van die Ruach ha Kodesh uit te lê. Ek deel hierdie met julle om jul te bemoedig. Maak seker jy is een van die 5 wyse maagde wat hul lamppitte kort hou en genoeg olie in hul lampe het. Jy sal HOM net sien as jy geloof het om te glo dat jy sal! Die duiwel het probeer om die opname van hierdie gebed te stop. Let op hoe die bandopnemer foutief begin werk het en die spoed verander het.

Apostel Elisabeth Elija [Elisheva Eliyahu]


Transkripsie van bandopname


Pappa God, hierdie biologiese kieme oorlogvoering, siektes Vader. U weet Vader God, ag, as dit maar net ‘n koeël was wat hul lewens wou beëindig, Vader God. Maar HERE God, daar is so baie maniere om dood te gaan. En Vader U ken die bose, Vader God. U weet hoe hulle martel, U ken die manier waarop hulle wil hê dat iemand moet ly. U weet Haloween is op hande. U weet dit is ‘n satanistiese dag. Dit is ‘n tyd van die hoogste onheiligheid. Daar is niks heiligs aan daardie dag nie. Dis die mees onheiligste tyd Vader.


Maar U het gesê Pappa God , U het gesê dat ons elke dag moet jubbel en dat ons moet weet dit is U wat ons elke dag wakker maak, dit is U wat ons die krag gee om aan te gaan. Daarom dank en Loof ons U. Want U weet wat ons nodig het en dis net een klip in ons hand om Goliat te verslaan. Dit is wat U my sopas vertel, ons benodig slegs een klip in ons hand om Goliat te verslaan. En dit is die Lewende Rots, DIT IS DIE LEWENDE ROTS! En ons het die Lewende Rots en ons hou vas aan die Lewende Rots. Dit is U, YAHUSHUA ha MASHIACH. U is die Lewende Rots.

U is die oopgekloofte Rots van alle eeue, en ons gee U nou net Lofprysing, Eer en Heerlikheid. Want U sal U mense beskerm en U sal gebruik word om Goliat, wat teen ons kom, te verslaan.

Hulle dink dat hulle almal sal kan doodmaak wat glo en vertrou in YAHUSHUA ha MASHIACH en in U, PAPPA GOD, YAHUVEH. Maar hulle het ‘n wrede ontnugtering, want Goliat het ook na David toe gekom en hom ook ‘n hond genoem, en tog, wat het David vir hom gesê? “Vandag sal die God wat ek dien jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem.”

Daarom, Vader, roep ek uit vir al die Christene, Vader, vir die Pakistanse Dienaar, Vader dat ons sy vrou se smeking sal stuur aan Pres. George W. Bush, asof hy gehoor sal gee, Vader.

Maar Here God sy is daar, sy is in Pakistan, asook haar man en syself en al die Christene terwyl hierdie bose Moslems wat ons nie eens boos mag noem nie omdat ons heelwaarskynlik beskuldig sal word van haat misdaad as ons dit doen Here. Maar hulle is in vrees, hulle skuil in hul huise en die Christene word oral afgemaai, Vader net omdat ons in Amerika gesit het, het ons dit nie gesien nie.

O, vergewe ons, God sooos ons ons oë blind gehou vir dit wat in die wêreld aangaan, want nou is dit voor ons eie deur en ons sien die gevaar in ons eie land. Maar Hemelse Vader ek roep nou uit. Ek vra nou en Wendy stem saam, God, stuur ‘n spervuur van engele uit die Hemel. Ons sien die spervuur van engele, die gevegs-engele uit die Hemel, legioene op legioene op legioene om nou uit te gaan in hierdie wêreld in, om U kinders nou te beskerm. Om hulle te beskerm wat uitroep in die naam van YAHUSHUA ha MASHIACH, wat uitroep in die Naam van YAHUVEH. Beskerm hulle, beskerm hulle, beskerm hulle.

O, ek dank U en ek loof U vir die koepels, die koepels bo-oor al die huise, Vader, wat aan U behoort, nie net op die deurposte nie, God, ook nie sommer enige ou lam se bloed nie, nee, hierdie is die Lam van God, YAHUVEH. Hierdie is die Heilige, Onbevlekte, Vleklose Lam wat vir ons geslag was en weer opgestaan het. Dit is U, YAHUSHUA ha MASHIACH.

U is die Een wat ons huis bedek en beskerm. Ons gee U die Lof, Eer en Heerlikheid. Nie net vir Wendy en myself nie maar vir al ons broers en susters regoor die wêreld. Ek weet U sal martelaars hê maar ek dank U en ek loof U omdat U meer sal hê vir wie U beskerm as hulle as wat sal sterf in U Naam. Ek glo in geloof, Pappa God, want hoe kan die vyand sê dat ons anders is as hulle ons net kan doodmaak, Vader. As U nie die tipe wonderwerke wys wat U gedoen het in die tyd van die kinders van Israel nie, toe die bose Farao hulle agterna gesit het.

As U nie wys nie, Pappa God, in die tye van ouds, Pappa God, oor en oor, het U bewys met Shadrac, Meshach en Abednego wat in die vuuroond gegooi was en Daniël wat in die leeukuil gegooi was. O, HalleluYah, Pappa God, ons loof U en ons dank U, dieselfde God wat Jona laat uitspoeg het uit die maag van die walvis. U is dieselfde God, Vader, wat Noag en sy familie gespaar het terwyl almal in die hele wêreld gesterf het. U is dieselfde God, Vader.

Wat al hierdie dinge gedoen het selfs al het die water die hele wêreld oordek, Vader God. As die Mississippi rivier gaan oorstroom en al hierdie verskriklike dinge, God, en Here ek word vertel dat die hele staat daaronder sal wees, Vader. En Here ek gee U die lofprysing, Eer en heerlikheid. U het ‘n ark, U het ‘n ark gehad vir Noag. U sal ‘n ark hê vir U kinders...(sy begin bid in Hemelse tale.)

Want U is ‘n God wat beloof om te red. Want U is ‘n God wat beloof om te red. U is ‘n God wat beloof om te spaar. Hoe kan dit aan U lofprysing, Eer en eerlikheid bring as ons net doodgaan. En die vyand wys dat Goliat Dawid kan doodmaak net wanneer hy wil. Daarom dank ek U vir die Lewende Rots wat U in ons hande gesit het, ek dank U YAHUSHUA ha MASHIACH dat dit U sal wees wat hierdie bose manne sal verslaan. Want hul dink dat hulle maar net teen Christene en Messiaanse Jode kom en teen hulle wat na U uitroep, maar hulle besef nie dat hulle teen die God van die Skepping te staan kom nie, U Vader God YAHUVEH, U YAHUSHUA ha MASHIACH en U Kosbare Ruach ha Kodesh, die Gees van die Lewende God YAHUVEH en YAHUSHUA.

Daarom gee ons U nou die Lof, Eer en Heerlikheid dat die beskerming op die mense is. Dat nie een enkele wedergebore, Heilige Gees vervulde Christen, Messiaanse Jood, by watter naam hul ookal genoem word, solank hul wedergebore is, dat nie een van hulle, Pappa God, geaffekteer sal word deur die gasse, nie een van hulle geaffekteer sal word deur die siektes, nie een geaffekteer sal word deur die antraks “antrax”, nie een geaffekteer sal word deur pokke nie. Nie een van hulle geaffekteer sal word deur hierdie sogenaamde wapens nie, Vader God, biologiese oorlog, Vader God, nie een van hulle nie Vader God.

Ek glo, ek glo en ek glo en verklaar vandag dat U Bloed, YAHUSHUA ha MASHIACH, U Bloed wat bedek en beskerm, ons gaan bedek en beskerm. Ek glo ek glo ek glo Vader God met alles binne my, dat U ‘n standaard opgerig het teen hierdie bose een, alhoewel ons dit nie kan sien nie, en alhoewel ons die VSA hoor praat en ons hoor alles wat hulle beplan is om te doen deur te verklaar dat hulle ons sal beskerm. Ons Loof U en Dank U dat ons beskerming nie by hulle wapens lê nie. Ons beskerming sal lê in die sterk arm van die Here God YAHUVEH. Ons loof U en dank U omdat die bose Farao’s sal ondergaan asook al hulle troepe.

Ek roep nie uit terwille van Amerika nie. Ek roep uit vir Israel en ek roep uit vir almal reg oor die wêreld. O, Vader daar is selfs Christene wat sit in Afghanistan, Vader. Hulle noem hul die ongelowiges maar dis die gereddes wat ongelowiges genoem word. Vader God ek dank U en ek loof U vir die beskerming van hulle wat ons broers en susters is in YAHUSHUA. Ons gee nou aan U die Lof, Eer en Heerlikheid.

O, as U maar net sou kom en U Bruid versamel en ons huis toe neem YAHUSHUA. O, ons het gewag en verlang en ons staan onder die hoopla en wag vir U. Ons wag vir ons Bruidegom ons het ons bruilofskleed aan, Vader, selfs die kroontjies op ons koppe. So, ons wag vir U, ons wag vir U. Ons het die olie in ons lanterns, die lamppitte is kort geknip en ons wag vir U en ons is wakker en ons wag en ons wag. En waar is U? Waar is U? YAHUSHUA ha MASHIACH, ons wag vir ons Bruidegom, ons het liefde vir U, ons wag vir U. Ons arms is uitgestrek en ons kyk na die noorde, ooste, suide en weste en ons sê: YAHUSHUA ha MASHIACH, U is ons Bruidegom en ons is U bruid!”

Ons wag vir U! Ons roep nie net uit omdat ons bang is nie. Nee, ons het iets veel beters as dit, want die rede hoekom ons vir U wag is omdat ons U liefhet, omdat ons U aanbid, omdat ons U bewonder. Elke hartklop is vir U, ons is bereid om ons lewens vir U neer te lê, ons het U nodig, ons wil U hê, ons smag na U, ons dors na U, ons is honger vir U verskyning. Kan U nie U bruid hoor nie? Gaan U haar by die altaar laat staan vir ‘n ander dag? Ons wag vir U. Waar is U? Ek roep uit, Vader God, in die naam van die hele bruid. Laat my stem, Vader God, staan vir die hele bruid. Ons roep uit na U en ons huil vir U.

Laat my stem, Vader God, staan vir die hele bruid. Ons roep uit na U, ons huil vir U, ons voel hoe die vyand se troepe oral rond staan op hierdie dag wat veronderstel is om ons troudag te wees. Waar is ons Bruidegom? Ons sien die gewere op ons gerig. Ons sien die grinnike op hul gesigte. Hulle dink dat hulle ons sekerlik gaan doodmaak, om ons uit te wis onder die mensdom.

En daarom kyk ons uit vir ons Bruidegom. Ons sien die bose, hulle lag vir ons want hulle sien nie die Bruidegom kom vir die Bruid nie. So, hoe lank voor U kom? Wanneer gaan U ons vergader aan U sy? Ons is U metgesel ons is U geliefde. Vader God YAHUVEH. Wanneer gaan U, U seun stuur? Wanneer gaan ons die woorde hoor ”Kom hierheen!” ? Wanneer sal ons die stem hoor van ons Here God Almagtige YAHUSHUA met die stem van ‘n aartsengel. Waar is U?

Trane stroom oor ons wange. Ons wag vir U. Ons verlang na U. Ons het U lief. Kom, Kom, Kom, O asseblief Geliefde. Ons hart en gees roep uit, ons verstand en liggaam roep uit. Kom haal U Bruid. Maak ons een, maak ons een, YAHUSHUA, maak ons een. O, kyk na hulle, kyk na hulle, kyk na hulle, kyk na die bose mense, hulle rig hul wapens op ons, hulle oorlogwapens.

Hulle probeer ons skiet, die koeëls vlieg oor ons koppe na links en regs, maar HalleluYah, hulle oorlog wapens is vleeslik. Want ons gebruik geestelike wapens in verweer. En ons probeer nie eens om die krag in ons geestelike wapens te verstaan nie, dit is kragtiger as enige mens. Selfs David het nie die wapens van mense gebruik nie, want hy kon die uitrusting wat aan om gegee was, deur mense, aantrek nie. Hy het sy uitrusting wat aan hom gegee was deur YAHUVEH aangetrek daardie dag. Hy het die wapens van mense neergegooi. Hy het vyf gladde klippies opgetel en dit het net een geneem om Goliat dood te maak daardie dag. Toe het hy ‘n menslike wapen gebruik om Goliat se kop af te kap daardie dag.

Maar dit was net vir een rede en dit was ‘n bewys dat U sou doen wat U gesê het U sou doen op daardie dag. So laat ons die koppe kry van die vyande net so seker as wat die vyand die kop geneem het van Johannes die doper. Laat ONS die kop van Goliat afkap met die twee snydende swaard. Want U weet dat ek nou ‘n nuwe visie het. Ek kyk en wat sien ek?

Maar die twee snydende swaard is in die hand van elke bruid, en op die lem sien ek dat dit in bloed gedoop is, maar dis die Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH wat ons beskerm met daardie swaard. Ek sien ons, ons swaai daardie sward na links en na regs terwyl die vyand probeer staan. Maar nou weet hulle dat hulle nie net te staan kom teen enige vrou of enige man nie. So dit is wat ons gaan doen terwyl ons vir U wag op hierdie huweliksdag. Ons gaan net aanhou veg. In U heilige en U regverdige en U gesalfde YAHUSHUA se naam.

Julle sien ons ons dra nie sommer net enige bruilofskleed nie, maar ons staan in die volle wapenrusting van God YAHUVEH. En nou kyk ek rond en ek sien nie net die vyand weghardloop nie maar ek sien engele, legioene en legioene van engele wat U gestuur het hierdie dag terwyl ek gebid het. Dit is hulle wat veroorsaak dat die vyand in sewe verskillende rigtings hardloop. En daarom sal ons net hier bly staan want die woord sê as mens alles gedoen het wat jy kan, moet jy net bly staan, so daarom sal ons staan en ons sal wag vir ons Bruidegom ongeag hoe lank dit neem. Ons weet U is nooit te vroeg en nooit te laat nie.

Daarom gaan ons hier staan. Ons gaan nie eens aan die slaap raak nie. Ons gaan nie eens sit nie. Ons gaan staande bly selfs terwyl hulle lag en spot. Ons gaan hier staan en wag vir ons Bruidegom, wat die Lewende Rots genoem word. Maar ons het die trane. En al veg ons nog teen die vrese, dit maak nie saak hoeveel jare nie, ons sal hier staan met die olie in ons lanterns. En met die lamppitte kort geknip en ons gaan hier staan en wag vir ons Geliefde om te kom.

Ons het U lief, ons het U lief, ons aanbid U, ons bewonder U. Ons harte sou nie eens geklop het as dit nie was vir die feit dat U dit laat klop het nie. Ons verlang na U, ons smag na U soos ‘n persoon wat dors ly in die woestyn. Dankie vir U Lewende Water, maar dit kan nie die dors wegneem wat na U verlang nie, wat smag na U, wat ons laat huil, Waar is ons Bruidegom?

Sal U spoedig kom? Sal dit vandag wees? Sal U kom en U Bruid wegneem? Ons staan onder die ‘hoopla’ en ons kyk steeds na die noorde, ooste, suide en weste, en gaan probeer om ‘n glimlag op te sit alhoewel ons soveel hartseer voel. Maar dit is nie net van die slegte nuus nie, want laat ons onthou wie se verslag ons gaan glo? Hierdie keer gaan ons ons vertroue plaas in die geseënde Hoop en weet dat ons baie spoedig met ons Bruidegom sal opstyg om Hom lewendig te ontmoet en ons sal baie baie baie spoedig gaan.

Dankie, dankie Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH, dankie dat U my toegelaat het om te spreek namens die Bruid hierdie keer. Dankie dat U elkeen van ons gebede verhoor. O, ons aanbid U, ons loof U, ons het U lief, ons bewonder U. Ons dank U omdat U al ons sondes vergewe, om nooit weer daarna te kyk nie. Laat ons net U stem hoor, laat ons net U stem hoor, laat ons net U stem hoor, lei ons net en rig ons en vertel ons wat om te doen dis al wat ons van U vra. Laat ons nie voor die wolk van Heerlikeid uit gaan nie, en laat ons nie agter raak nie, laat ons altyd reg onder dit wees. Gebruik die vuur kolom, die Ruach ha Kodesh vuur, om ons weg te verlig. Laat ons nooit in totale duisternis wees nie, maar gebruik die vuur kolom wanneer ons nie op elektrisiteit kan staatmaak nie op daardie dag.

Wees U die Een wat ons verwarm sodat ons nooit te koud word nie. Wees U die Een wat ons afkoel sodat ons nooit te warm word nie. Wees U die Een wat ons voed. Wees U die Een waaraan ons vashou, ons styf vashou, wees U die Een wat ons die Lewende Rots noem. Wees U die arms waarin ons aan die slaap raak. Wees U die arms wat ons styf vashou. Wees U die Een wat ons kalmeer wanneer vrees ons in die nag aanval. Wees U die vrede wat alle verstand te bowe gaan wanneer ons nie in hierdie wêreld kan vashou nie. O, Vader God YAHUVEH, ek roep tot YAHUSHUA, U Enig Verwekte Seun.

Beskerm ons asseblief teen hierdie bose mense. Laat hierdie gebede vrug dra vandag. En laat die Bruid bemoedig word op ‘n spesiale manier. Laat hulle U liefde voel, dat hulle nie verlate is nie. Ons wag vir U omdat ons weet dat U sal kom, want hierdie wêreld is nie ons tuiste nie. O, ons verlang na ons Hemelse tuiste. Maar ons gaan hier bly en vertoef en die doel bereik waarvoor U ons hier gesit het selfs al beteken dit dat sommige sal leef en sommige sal sterf. Dank U, dank U my Geliefde YAHUSHUA. Dank U.

Weet julle dat ons wapenrusting wit is? Julle weet mense dink aan ons asof in ‘n bruidsgewaad, maar in werklikheid is ons...ek sien ‘n visioen en ons staan in ons wapenrusting in skitterende wit. Dank U, dank U, dank U. Lees Efesiërs 6 wat die wapenrusting van ons Vader YAHUVEH is waarin ons staan. HalleluYah, HalleluYah. Vir U heerlikheid sal ons staan ten spyte van die vervolging deur mense. U Heerlikheid. Ons sal wag. Ons weet dat U nie te vroeg is nie en nie te laat sal wees nie. Om te weet dat U by U Bruid wil wees net soveel as wat ons by U wil wees. En daarom sal ons staan. En daarom sal ons wag. Dank U Vader.

Goed kan jy alles onthou? [gerig aan Wendy aan die ander kant van die lyn]

Wendy: Ek sal probeer.

Ek sien ‘n visioen van wapenrusting...voorheen het ek dit altyd beskou as...in ‘n vloeiende syagtige rok soos dié waarin mens trou. Maar jy sien dit is onprakties vir die doel van Sy Bruid. Dis wat die Here my nou vertel. Dis nie prakties nie. Dis wêreldse wapensrusting soos my seun gesê het, dit is wêreldse wapenrusting. Ons het ‘n geestelike wapenrusting. Efesiërs 6 sê...en almal behoort te lees wat staan in Efesiërs 6. Jy beter elke enkele stukkie van jou wapenrusting aan hê, jy beter nie een stuk verwyder nie. Maar ek sien hierdie wapenrusting en dit skitter en dit lyk asof dit goud afgee. Dit is anders as enige materiaal wat mens op aarde sal vind. Dit is iets wat geen wapen kan binnedring nie en tog is dit terselfde tyd so lig dat jy nie eens weet dat jy dit aan het nie.

En dis nie lomp nie en dit is nie ‘n groot soort wapenrusting nie. Dit is baie baie pragtig en dit is baie...ek glo, ek gaan dit sê Vader want ek verstaan dit nie, dit is amper soos ‘n kleurmengeling (“iridescent”) [‘n speling van diep reënboogagtige kleure] dis soos ‘n kleurmengeling, dit is so pragtig. Ek weet nie. Ek hoor die woord kleurmengeling (“iridescent”). Ek sal die woord kleurmengeling (“iridescent”) moet opkyk. Ek weet nie wat kleurmengeling (“iridescent”) is nie.

Wendy: Dis soos...jy weet soos ‘n seeskulp. Soort van pêrelagtig...soos naelpolitoer met al die kleure daarin.

Ek hou baie van daardie tipe naelpolitoer….

Wendy: Waar mens al die verskillende kleure daarin kan sien.

Dit is hoe dit is. Mense moet verstaan, en die mans moet dit verstaan. Dit is, dat mans wat die bruid genoem word, altyd gewonder het hoe hulle sal lyk in ‘n trourok. Nou maar goed, God U noem my ‘n Bruid. Maar die Here doen dit sodat mans kan verstaan. Die uitrusting is iets wat goed lyk aan mans en vroue net soos dit ons sal pas. Dit pas ons anders as wat dit die mans sal pas as gevolg van die kurwes. Julle weet ons is anders gevorm, kom ons wees openlik. Maar dit is van dieselfde materiaal en dit is absoluut pragtig, en wanneer die sonlig daarop val, gloei dit net, daarom dank ek U en ek loof U.

En Wendy weet jy wat? Ek kan nie nag sien nie selfs al is dit dalk donker daar buite...terloops dit is 9:10 so ek weet nie hoe laat daardie boodskap begin het nie, maar ons moet regtig begin om die tye te onthou...maar dit is nou 9:10 nm....watter dag is dit? Is dit September?

Wendy: Oktober.

Ons is in Oktober...9 Oktober. Ons is in 9 Oktober en dit is na 9h00. Nege is die nommer van bevryding soos ek gehoor het. Wow. Wel, in elk geval...maar in elkgeval die belangrikste is dat hulle dit moet verstaan en ek dink dit sal hulle seën om te weet dat hulle nie daar staan in ‘n ragfyn wit nagrok nie. Dis die wapenrusting van God in Efesieërs 6 en dit is absoluut pragtig.

Ek het begin om te sê dit is nag, selfs al is dit nag is daar geen nag nie. Ek het gesien hoe die sonlig afkom en die wapenrusting vang, so selfs al is dit nag en selfs as HY in die middernag uur kom, selfs terwyl ons wag, sal dit rondom ons lyk of dit lig is, want ons sal instaat wees om duidelik te sien wanneer ons Meester gekom het, dit is wat die Here gesê het. “Al kom Ek in die middernag uur simboliseer die lig rondom julle dat julle nie in die donker betrap sal word nie. Julle sal nie onverhoeds betrap word soos met ‘n dief nie. HY het gesê julle sal lig hê reg rondom julle. Nie afhanklik van die lig nie. Dit is wat die lig is, dit is die lig van God. En soos HY nader kom word dit net al helderder en julle sal die Here enige wapen vra wat teen die vyand opgerig sal word. Dit is presies wat Hy my nou vertel. Ons gaan duideliker verstaan en suiwer openbarings kry, duidelike aksies en vinniger woorde vir Hom, ons het wapens wat aan ons gegee was.

Hierdie is splinternuut en niemand sal instaat wees om dit te stop nie. Hulle kan baie dinge wegneem maar hul kan HOM nie stop nie, die stem van YAHUVEH. Maar die Here sê nou; Laat die mense weet wanneer hulle hierdie dinge sien begin gebeur, hoor hulle duideliker en sien hulle duideliker.

Maar wanneer dit lyk of daar orals net duisternis is in die middernag uur, gaan ons duidelik die lig van God hê op ‘n magtige manier op daardie dag. Dit bid ek in die naam van YAHUSHUA. Amen. Daarsy