Profesie 56

"WAARSKU HULLE! HOE MIN VAN HULLE SAL LUISTER"

5 Junie 2002

‘n Waarskuwing aan vyf state:

California, Nevada, Texas, Arkansas, Missouri

Elisabeth het hierdie hoorbare woorde van die Here af gehoor, voordat HY hierdie waarskuwing deur haar gebring het.

*******

EK het MY profete gestuur om van MY oordele te waarsku. EK het MY apostels en profete voortgestuur om te waarsku voordat die oordeel gaan kom. EK waarsku, in Amerika hulle nou weer, deur middel van hierdie Diensmaagd van MY. EK het aan haar ‘n droom gegee. Daar moet nou! Baie dringend! Gebedstryders opgerys word in die vyf state wat in die droom genoem word. [California, Nevada, Texas, Arkansas, Missouri]. EK het dit in ‘n tyd vir haar vertel, toe sy baie weerloos was, toe haar oor oop was en sy ingestel was op MY woorde. Twee woorde: Waarsku hulle! Waarsku hulle wanneer Amerika baie weerloos gaan wees. Terwyl ‘n vliegtuig laag gevlieg het, net soos daar in die droom hieronder beskryf word. Hierdie vyf state is baie weerloos. As daar nie genoeg gebedstryders opstaan en omgee nie, sal daar ‘n aanval kom. EK gaan nie sê hoe nie, EK gaan ook nie sê wanneer nie. EK waarsku deur middel van MY profete. Hoe min van julle sal luister.

Aangesien daar al so baie waarskuwings van die regering was, neem die mense nie meer die waaskuwings ernstig op nie. Maar Missouri, Arkansas, Texas, California en Nevada, ‘As MY mense wie deur MY NAAM geroep is, nie hulleself nederig maak en op hulle gesigte val en berou hê vir die sondes in hierdie land nie’, sal hierdie vyf state die woede van die Almagtige GOD YAHUVEH se hand voel.

Maar MY kinders wie in die Ark is. Die Ark is enige plek waar EK julle geplaas het, totdat al die boosheid verby is. EK wil vir julle dit vertel: salf julle huise, salf julle deure, omdat die kinders van Israel veilig sal wees, net soos in die dae van ouds, toe die plae gekom het. Die wat ander gode aanbid het, was nie veilig gewees nie. Die engel van die dood het verbygegaan en nie aan die kinders van Israel geraak nie. Maar die wat ander gode aanbid het, die wat geen god aanbid het nie, het die hand van die Almagtige GOD YAHUVEH se woede gevoel. EK laat dit toe.

EK het toegelaat dat MY dogter die een is wat julle waarsku. Hoe min van julle sal luister. Soos EK gesê het, is julle oor en oor getoets, net soos Elia "Elijah" van Ouds, die weduwee van Sarfat en ander getoets was. Die profete van Baäl sal val. EK sal die oordeel afstuur aan diegene wie nie hierdie waarskuwing ernstig opneem nie. Moenie enige mens blameer nie, omdat dit toegelaat gaan word deur die hand van die Skepper, die Redder. Julle sal nie vir ons op enige ander manier luister nie. Berou, val op julle knieë en bid dat die oordeel nie daardie dag oor julle sal kom nie. Omdat julle julle harte verhard het, julle ore doof gemaak het, en julle oë blind gehou het.

Julle kerke laat MY opgooi. Julle aanbidding maak dat EK MY ore toe hou. Julle beter nou na MY roep, terwyl EK nog te vinde is. Weg met julle hipokrasie, weg met julle Fariseërs, julle wat die brief van die wet ken, maar geen liefde binne in het nie, gaan weg van MY. EK noem julle nie MY kinders nie, julle is MY vyande. Moenie dink dat YAHUSHUA so sou praat nie, EK noem hulle slange en adders. Julle spuit julle giftige gif binne in diegene wie MY dien. Julle probeer hulle doodmaak met die brief van die wet. Julle gooi MY genade uit. Dit is hoekom julle niks van MY af sal kry nie.

Maak dit ‘n hoof opskrif, Elisabeth. Waarsku hulle! Die wat terg en sê, "Ag jy waarsku elke dag van oordele". Waarsku hulle! Hoeveel van hulle sal aandag gee as die vloede kom, net soos in die dae van Noag? Net soos in die dae van Sodom en Gomorra. Niemand het aandag gegee, voordat dit te laat was nie. Waarsku hulle! Amerika, julle dink julle vlieg so hoog. Maar julle verstaan nie. EK het julle slegs vir een doel beskerm, en dit is vir die mense se part wie MY NAAM uitroep en bid, "Spaar Amerika, gee Amerika asseblief nog meer tyd!" Maar waar is julle berou, Amerika? Waarom bedek julle nie julle gesigte in skaamte nie? Die wreedaardigheid is nog steeds besig om plaas te vind, en MY Seun se naam word steeds vertrap.

Waarsku hulle, MY dogter! Moenie verbaas wees oor hoe min mense sal luister nie, en oor hoe baie mense daar sal wees wat sal spot nie. Hulle sien die ware predikers, soos jy en ander predikers. Hulle sien ook dat die ministeries swaar kry. Hulle voed net hulle eie gesigte. Hulle gee nie om vir die wie MYNE is nie. Die tyd het nou gekom en daar sal ‘n honger in hulle maag wees. Daar sal geen dak oor hulle koppe wees nie. Miskien nie vandag nie, maar dit sal gebeur wanneer hulle dit die minste verwag. EK sal MY ore doof hou vir hulle gehuil. Diegene wat MY Sabbat dag verafsku. Waarsku hulle, MY dogter!

EK het hierdie ministerie gebruik om die yster in mense te toets. Mense, julle het nie geslaag nie. EK roep diegene wie MY aanbid, wie MY elke dag getrou dien, wie so baie bid dat hulle nie die ure in die dag kan tel nie. EK roep hulle om die yster van die mense te toets. Daar is gevind dat die mense behoeftig is, daar is gevind dat die mense sonder medelye is. So waarsku hulle, MY dogter! Hulle sal spot en hulle sal lag. Hulle sê, dit wat jy geprofeseer het, het nog nie gebeur nie. Hulle vergeet dat die profetiese waarskuwings in Openbaring ook nog nie plaasgevind het nie, nog nie tot ‘n graad, soos jy dit al gesien het nie.

Wanneer EK genade het, gooi hulle MY genade terug in MY gesig. EK toon genade, omdat MY profete bid en sê, "Moet dit asseblief nie nou doen nie!" Omdat EK genade toon en die mense oprys en bid, word MY apostels en profete as valse apostels en profete beskou, omdat EK nie MY woede op daardie dag losgelaat het nie. Waarsku hulle, MY dogter! Moenie verbaas wees oor hoe min van hulle sal luister nie. Waarsku hulle, MY dogter, sodat die bloed nie op jou hande sal wees nie. Vertel aan hulle die droom hieronder. Maar hulle verstaan nie, omdat hulle ore doof is. Satan maak dit vol van was. Hulle oë is gedemp, satan bedek hulle oë. Hulle monde kan slegs laster en verwoesting spreek, teen die wie EK as MYNE beskou. Maar die wie MYNE is, is geseël. Die wie MYNE is, word beskerm. Maar waarsku hulle, MY dogter, sodat hulle nie kan sê, EK het hulle nie gewaarsku nie, EK het nie ‘n apostel en ‘n profeet gestuur om hulle te waarsku om berou te hê en te bid nie.

Hoekom dink Amerika dat hy beter is as enige ander nasie hier op die aarde? MY gebedsstryders, EK wil dit aan julle vertel. Die wat aanhoudend bid, moet met die mense in die vyf state [California, Nevada, Texas, Arkansas, Missouri], in aanraking kom. Die wat opgerys word in ander plekke regoor die wêreld, julle ken julle roeping. Dit is as gebedsstryders. Kom nou na vore! Kontak hierdie Apostel voordat dit te laat is. Amerika, julle maak gereed om nog ‘n verjaarsdag te vier, net as gevolg van MY genade en liefde. EK het vir julle medelye gehad en EK stuur nou ‘n Apostel om julle te waarsku. Bid dat MY oordeel oor Amerika, weereens uitgestel sal word.

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH HA KODESH (Heilge Gees), gegee aan Apostel Elisabeth Elijah Nikomia.

www.amightywind.com
www.almightywind.com