Profesie 72

Planeet X


12 Julie 2003

PROFETIESE WAARSKUWING VAN 'N PLANEET WAT 'N MASSA VERWOESTING SAL VEROORSAAK.

Is dit die Planeet X waarvan almal so baie van waarsku? Ek weet nie of dit so is, of nie, ook weet ek nie van die wetenskaplike inligting nie, maar ek weet wel wat YAHUVEH my vertel het, en die salwing het my getref, terwyl ek die onderstaande geskryf het.

* * * * * * *

Dwase mense, om te dink dat julle wiskunde kan gebruik om die datum te bepaal van wanneer EK 'n planeet in MY woede sal gebruik, om massa verwoesting oor My vyande te laat kom.

'n Woord van profetiese waarskuwing aan die rykes en die sterkes, wie dink dat hulle veilig sal wees in ondergrondse stede, vol van julle skatte wat geberg is, delikatesse van kosse, ens.. Die ondergrondse stede wat julle gebou het en nog steeds besig is om te bou, sal julle water grafte wees, en julle sal doodgaan saam met julle skatte van die aarde, en EK, YAHUVEH het die oordeel uitgestel vir die gebede van die wat waarlik glo in YAHUSHUA se naam, die wat gehoorsaam is, die wat Heilig voor MY loop, hulle sal gespaar word. Tot dusver het EK genade gehad vir My kinders se ontwil, wie vir meer tyd roep, om meer siele te bereik vir die Koningkryk van die Hemel.

Die oordeel is uitgestel, maar nie gestop nie en dit is EK, YAHUVEH alleen wat die datum sal bereken van MY woede wat die aarde sal tref. EK, YAHUVEH het die oordeel uitgestel om die mense te beskaam en dronk te slaan, die wie die ondergrondse stede bou en net aan hulleself dink. EK sal bewys dat EK, YAHUVEH alleen die Regter is oor die wie sal lewe en wie sal sterwe en wie in die Hemel sal gaan, en wie na die Hel sal gaan.

Onthou, EK, YAHUVEH stuur MY profete en apostels voort, om te waarsku voordat EK MY woede stuur. Dit is jou keuse of jy wil luister en gehoorsaam wees, maar weet dit, almal sal maai wat hulle saai, goeie saad en slegte saad.

EINDE VAN DIE PROFETIESE WAARSKUWING

* * * * * * *

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah Nikomia 12 Julie 2003

www.amightywind.com
www.almightywind.com