Sukkot – Fees van Tabernakels




Sukkot is een van die Heilige Feeste wat twee Hoog Heilige Sabbat dae het waar geen werk gedoen moet word nie. Dit is belangrik dat jy alles doen wat jy kan om hierdie twee Hoog Heilige Sabbat dae af te kry. (Numeri 29:12, Deuteronomium 16:13, Levitikus 23:40, Levitikus 23:37)



Welkom by Elisheva Eliyahu's (אלישבע אליהו) se Sukkah!






Levitikus 23: 39-44
39 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van YAHUVEH sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag. 40 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van YAHUVEH julle Elohiem vrolik wees. 41 En julle moet dit as fees van YAHUVEH sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier. 42 Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Yiesraél gebore is, moet in hutte woon, 43 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Yiesraél in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Mietsrayiem uitgelei het. Ek is YAHUVEH julle Elohiem. 44 So het Mosheh dan die feestye van YAHUVEH aan die kinders van Yiesraél bekend gemaak.

Die Fees van Tabernakels is ‘n weeklange (7dae) Herfs-oes fees. Fees van die Hutte, Sukkoth of Sukkot. (verskillende spelling kom voor a.g.v. die direkte oorvertalings van die Hebreeuse woord wat uitgespreek word as: Sue-coat) Die twee dae wat volg op hierdie fees is aparte Heilige dae. Shemini Atzeret en Simkhat Torah, maar word algemeen beskou as deel van die Fees van Tabernakels.

Die Fees van Tabernakels was die laaste en belangrikste fees van die jaar. Die belangrikheid van hierdie fees kan gesien word in die verklaring : Hierdie moet vir jou ‘n ewige instelling wees” Die Goddelike uitspreking :EK IS Die HERE jou GOD” sluit hierdie, van die Heilige Feesdae van die sewende maand, sessie af. Die Fees van Tabernakels begin 5 dae na Yom Kippur op die vyftiende van Tishri (September of Oktober) Dit is ‘n drastiese verandering van die een mees ernstige Heilige Dag in ons jaar tot een een van die vrolikste. Die woord Sukkot beteken hutte en verwys na die tydelike wonings wat die Jode beveel was om in te woon gedurende hierdie Heilige feestyd, net soos dit gedoen was deur die Jode in die wildernis. Die fees van Tabernakels duur sewe dae en eindig op die een en twintigste dag(7x3) van die Hebreeuse maand van Tishri, wat Israel se sewende maand is.

Die Heilige Dag is van dubbele belang: Geskiedkundig asook landboukundig (net soos Pasga en Pinkster) Geskiedkundig moes dit gevier word ter herinnering van die veertig jaar lange verblyf in tentwonings, in die wildernis, waartydens die kinders van Israel in die woestyn rond gedwaal het.

Dit word uiteengesit in Levitikus 23:43 “sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Yiesraél in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Mietsrayiem uitgelei het. EK IS YAHWEH julle ELOHIEM.”

WAT MOES HULLE ONTHOU?

Kommentaar deur Matthew Henry verduidelik:

1.) Die wreedheid van hulle begin, en die diep bedrukte en verlate toestand waaruit YAHUVEH daardie volk verhoog het. Let Wel: Diegene wat gerieflik gesettel is behoort gereeld te dink aan hulle voormalige ongevestigde toestand, toe hulle maar net gering was in hul eie oë.

2.) Die genade van YAHUVEH aan hulle, toe YAHUVEH, terwyl hulle in tabernakels gewoon het, nie alleenlik vir HOMSELF ook ‘n Tabernakel tussen hulle laat oprig het nie , maar ook met die uiterste sorg denkbaar, ‘n koepel oor hulle gehang het , selfs die wolk wat hulle beskerm het van die son se hitte. YAHUVEH se vorige barmhartigheid aan ons en ons vaders behoort in ewige herinnering gehou te word. Die agtste dag was die groot dag van hierdie Heilige feestyd want dan het hulle weer teruggekeer na hulle eie huise, en daaraan terug gedink hoe hulle, nadat hulle vir lank in tente gewoon het in die wildernis, einde ten laaste gekom by ‘n gelukkige vesting in die beloofde land, waar hulle in goeie huise gewoon het. En hulle sou meer bewustelik hul huise waardeer en dankbaar wees vir die gemak en geriewe van hul eie huise nadat hulle sewe dae in hutte gewoon het. Dit is goed vir diegene wat gemak en oorvloed het om soms te leer wat dit is om moeilike tye deur te gaan.

Hulle moes hierdie Heilige feestyd hou met dankbaarheid aan YAHUVEH vir al die oorvloed gedurende die jaar; alhoewel die klem daarop lê dat Israel se lewe aangewese was op verlossing, wat in die ware sin van die woord die vergewing van sonde beteken. Hierdie feit distansieer hierdie Heilige dag van die oestyd-feesvieringe van die volke rondom hulle waarvan die oorsprong in mitologiese aktiwiteite van die gode gegrond is. Was die eerste “Thanksgiving” ‘n Fees van Tabernakels Vieringe?

Baie Amerikaners, wat vir die eerste keer ‘n versierde Sukkah sien, merk hoeveel die Sukkah (asook die feestyd oor die algemeen) hulle herinner aan “Thanksgiving” Die Amerikaanse trekkers, wat die “Thanksgiving” oorspronklik begin het, was diep gelowige mense. Terwyl hulle probeer het om ‘n manier te kry om hul dankbaarheid te toon vir hulle oorlewing en hul oeste, is dit baie moontlik dat hulle na die Bybel gekyk het (Levitikus 23:39) vir ‘n gepaste manier om dit te vier, en hul Fees gedeeltelik gebasseer het op die Fees van Tabernakels.

Let wel: Die viering van ‘Thanksgiving” op die derde Donderdag van November, was deur die Amerikaanse regering bepaal en kan dalk nie ooreenstem met die trekkers se eerste viering nie.

YAHUSHUA vier Fees
YAHUSHUA het die Fees van Tabernakels gevier. HY het in die Tempel onderrig gedurende die Fees van Tabernakels. Alhoewel SY disippels nie verwag het dat YAHUSHUA daardie Fees sou bywoon nie, het die meerderheid reisigers van ver, wat van HOM gehoor het, die hoop gekoester dat hulle HOM in Jerusalem sou sien. Hulle was nie teleurgesteld nie, want op verskeie geleenthede het HY onderrig gegee in die Poort van Salomo asook elders in die Tempel voorhowe. Hierdie leringe was amptelik die formele verklaring van YAHUSHUA se Goddelikheid aan die Joodse mense en aan die hele wêreld. YAHUSHUA het SY lewe gewaag om na die Fees van Tabernakels te gaan, maar die blatante waagmoed van YAHUSHUA om in die openbaar te verskyn in Jerusalem, het SY vyande oorweldig: hulle was nie voorbereid op so ‘n gewaagde uitdaging nie.

Op die laaste en belangrikste dag van die Fees van Tabernakels (die dag waarop die Rabbies die water uitgegiet het) het YAHUSHUA opgestaan (en daardeur spesiale aandag op SY boodskap gevestig) en HOMSELF verklaar as die einste Fontein van Lewende water in Johannes 7:37-38. Geestelike lesse van die Fees van Tabernakels.

YAHUVEH is Ons Skuiling
Hierdie Feestyd herinner ons om nie styf vas te klou aan materiële dinge nie. Ons leef in ‘n baie materiële era. Toe die Isrealiete swerwers in die woestyn was, het hulle almal, ryk en arm, op dieselfde wyse in tente geleef. Materiële besittings kan ons beheer en manipuleer; hulle word gode, of afgode oor ons. Ons moet onthou dat hierdie lewe net tydelik is. Ons is ook op reis na ‘n Beloofde Land in die ewigheid. Ons moet die Koninkryk van YAHUVEH soek, nie aardse gemak nie, Terwyl ons eers die Koninkryk van YAHUVEH soek (Lukas 12:31) is YAHUVEH ons beskerming. Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte - want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur. Jesaiah 25:4

YAHUSHUA is die Lewende Water
Ons geestelike dors kan nie geles word met enige iets minder as YAHUSHUA nie. Maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe (Johannes 4:14).

YAHUSHUA Was ons Sondes Weg
YAHUSHUA is die ware lewende water wat ons skoon was deur SY Bloed. 13Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, afgesonder maak tot reiniging van die vlees, 14 hoeveel te meer sal die bloed van YAHUSHUA, wat Homself deur die ewige Gees aan Elohiem sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende Elohiem te dien. (Heb. 9:13-14).

YAHUSHUA is die Lig van Die Wêreld
Die lig van die Fees van Tabernakels lampe, het die hele stad verlig. Studente meen dat YAHUSHUA na hierdie gebruik verwys het toe HY hierdie welbekende woorde gespreek het “EK is die Lig van die wêreld” (Johannes 8:12) sien ook Johannes 1:1-9 en Johannes 9:5.

YAHUSHUA Berei ons Permanente Woning
Hierdie fisiese liggame wat ons tans bewoon is net tydelike wonings. Ons liggame is broos, en sal uiteindelik verswak. Die lewe is kort. Ons hoop is nie gevestig in dit wat die wêreld ons aanbied nie, maar in dit wat YAHUVEH reeds vir ons voorsien het vir die ewigheid. Ons ewige tuiste word vir ons voorberei in ewigheid. YAHUSHUA het gesê in Johannes 14:2-3 2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.

Net Soos die Israeliete Slawerny verlaat het, Verlaat Ons die Slawerny van Sonde.

YAHUVEH het die Kinders van Israel uit die slawerny van Egiptiese opsieners uit gelei na vryheid. As Christene kan ons fees vier omdat YAHUVEH ons verlos het van die slawerny van sonde en ons uit gelei het in SY vryheid in die Koninkryk van YAHUVEH.

Was Die Geboorte van YAHUSHUA gedurende die Fees van Tabernakels?
Baie studente glo dat YAHUSHUA tydens die Fees van Tabernakels gebore was. Matthew Henry skryf:

Dit word deur baie aanvaar dat ons geseënde Redder, baie moontlik gebore was om-en-by die tyd van hierdie heilige dae: Toe het HY SY paleise van lig daarbo verlaat om tussen ons te kom woning maak (Johannes 1:14) en HY het in hutte gewoon. En die aanbidding van YAHUVEH, onder die nuwe Testamentiese bedeling, word geprofeteer met die idee dat die Fees van Tabernakels gehou sal word. Sagaria 14:16. Want, [1.] Die Evangelie van YAHUSHUA leer ons om in tente te woon en losgemaak te wees van hierdie wêreld, soos hulle wat hier geen blywende stad het nie, maar, deur geloof en hoop en heilige tevredenheid van die huidige dinge, laat ons uitgaan na HOM toe buite die kamp en die toekomstige soek. Heb. 13:13, 14. [2.] Dit leer ons om te jubel voor YAHUVEH. Hulle is die besnydenis, Israeliete in die ware sin van die woord, wat altyd roem in die Messiah YAHUSHUA. En hoe meer ons verwyderd is van hierdie wêreld, hoe minder sal ons onderhewig wees aan die onderbreking van ons blydskap.

Die Bybel noem nie spesifiek die datum waarop YAHUSHUA gebore was nie. Ons weet dat dit nie gedurende die winter maande was nie omdat die skape in die weiveld was.(Lukas 2:8) ‘n Studie van die tyd toe die verwekking van Johannes die Doper plaasgevind het, onthul dat hy op of om-en by-die 30ste Sivan, week 11, verwek was.

Toe Sagaria tempeldiens gedoen het, het hy ‘n aankondiging ontvang van YAHUVEH van ‘n komende seuntjie. Die agtste orde van Abia, waartydens Sagaria bedien het, was die week van 12-18 Sivan (Killian n.d.) Deur veertig weke by te voeg vir ‘n normale swangerskap, onthul dat Johannes die Doper gebore was op, of rond-om, Pasga (14 Nissan) Ons weet dat, ses maande na die verwekking van Johannes, was YAHUSHUA verwek in die baarmoeder van Maria (Lukas1:26-33. Dus sou YAHUSHUA ses maande later (na die verwekking van Johannes) verwek gewees het in die maand Kislev. 25 Kislev is Hanukkah. Was die “Lig van Die Wêreld” verwek tydens die Fees van Lig?

Begin by Hanukkah, wat begin op 25 Kislev en vir agt dae aanhou, en tel regdeur die nege maande van Maria se swangerskap, dan kom jy by die aangewese tyd vir die geboorte van YAHUSHUA tydens die Fees van Tabernakels (vroeg-herfs seisoen van die jaar).

Gedurende die Fees van Tabernakels, het YAHUVEH van al die manlike Jode verwag om na Jerusalem te kom. Die vele reisigers wat na Jerusalem sou kom vir die Fees, sou oorsypel na die omliggende dorpe (Betlehem is 5 myl van Jerusalem af weg) Josef en Maria kon nie ‘n kamer in die herberg kry nie as gevolg van die instroming van so groot klomp reisigers. Hulle kon dalk skuiling gekry het in ‘n Sukkah, wat gebou was in ‘n sewe-dag periode elke jaar gepaardgaande met die Feesvieringe van die Fees van Tabernakels. As gevolg van die moeilikhede tydens reise, was dit algemeen vir die offisiere om belasting tyd, gedurende die Tempel Fees, aan te kondig. (Lukas 2:1)

Ons weet, dat ons Messias, in ‘n tydelike liggaam verskyn het toe HY na die aarde gekom het. Is dit ook moontlik dat HY in ‘n tydelike woning gesit was? Die velde sou gespikkel gewees het met sukkoths gedurende hierdie oestyd om sodoende skuiling te bied vir die diere. Die Hebreeuse woord vir “stal” word “Sukkoth” genoem (Gen. 33:17)

En sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie (Lukas 2:7).

Josef en Maria het die kind geneem en gevlug na Egipte en daar vertoef totdat hulle verneem het dat Herodus dood was. Josef en Maria het die baba, YAHUSHUA, in Jesrusalem ingebring veertig dae na SY geboorte vir die reiniging-seremonie van Maria en die toewyding van die kindjie (volgens die Torah moet dit gedoen word binne veertig dae vanaf die geboorte van ‘n manlike kind- om dit nie te doen nie was gereken as sonde) Dit impliseer dat Herodus gesterf het binne dieselfde veertig dae, want solank as wat Herodus geleef het, kon hulle nie by die Tempel verskyn het nie. (Volgens die berekeninge van Josephus, was die dood van Herodus gedurende die Herfs in die 4de jaar voor die Gewone era bekend as 4 B.C.E)

Later in SY lewe het YAHUSHUA SY geboorte herdenk op ‘n berg saam met drie van SY disippels. In teenstelling met verjaardag partytjies, soos die van Herodus, waar mense gedood was terwille van vermaak, was YAHUSHUA s’n, ‘n herdenking van lewe. Op die Fees van Sukkot, het Moshe en Eliyahu (Elia) van eeue tevore, verteenwoordigers van die Torah en Profete, verskyn en met YAHUSHUA gepraat. Een dissipel, Petrus, het voorgestel dat drie sukkoths gebou moes word vir YAHUSHUA, Moshe en Eliyahu, omdat dit nodig was vir die Fees, maar hy het nie besef dat hierdie drie die vervulling was van dit wat gesimboliseer word deur die fees nie: hulle was binne-in hul Sukkoths (tydelike tabernakels) van vlees, wagtend op hul ewige opstandings-tempels (Killian n.d.)

‘n Aantal Christene vier die geboorte van YAHUSHUA gedurende die Fees van Tabernakels, kompleet met versierings en liggies op die sukkah, verjaardag koek, en musiek wat die geboorte van YAHUSHUA herdenk.

YAHUSHUA het drie preke gelewer waarin HY HOMSELF verklaar het as die Lig van die wêreld” En al drie sou gedurende die Fees van Lig (Hanukkah) gewees het, in die winter van die jaar (Desember).

Profetiese Belang
Hierdie Herfs feeste spreek van ‘n toekomstige tyd wanneer die mens sal woning (Tabernakel) by YAHUVEH, wanneer HY by hulle sal woon en hulle by HOM (Openb. 21:3). Hulle praat van ‘n dag wanneer al die nasies bymekaar sal kom in Jerusalem (Sag. 8:22; 14:16). Merkwaardig dat, selfs in die komende dae, vertel Bybelse-profesie vir ons dat mense van alle wêreld-volke, sal kom om die Fees van Tabernakels te vier saam met die Joodse mense in Jerusalem. (Sagaria 14) Die dinge is besig om in plek te val en profesie is besig om in vervulling te gaan. Die “opgang” (aliyah, in Hebreeus) vind tans in Israel plaas met die massiewe instroming van Jode uit meer as honderde nasies. Ook Christene besoek die land in rekord getalle- die meerderheid van reisigers wat Israel besoek is Christene! Ons glo dat dit alles ter voorbereiding is vir toekomstige Skriftuurlike gebeurtenisse. Jerusalem bly steeds die fokus punt van YAHUVEH se aardse patroon en plan, want heellaas, is dit Jerusalem waarheen die Messias terugkeer (Wagner 1996).

YAHUSHUA Ha Mashiach is die tabernakel of woning van YAHUVEH. In HOM is die volheid van YAHUVEH (Joh. 1:14, Kol. 2:9), en YAHUVEH woon in ons midde deur YAHUSHUA (Mat. 18:20). Dit kan uiteindelik so wees dat YAHUSHUA die Fees van Tabernakels vervul met SY tweede koms. Daar sal ‘n letterlike rus wees vir planeet aarde en al haar inwoners. Tot dan kan ons rus vind in ons siele.

Die Begin Van Die Millennium
Meeste Bybel studente is dit eens dat Tabernakels die begin van die Millennium verteenwoordig. Ons moet vol verwagting uitsien na die Fees van Tabernakels, net soos ons uitsien na die koms van die Messias, om SY regering in te bring, asook SY Koninkryk en SY wette. Maar in die laaste dae sal dit gebeur, sal die berg van die huis van YAHWEH vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van YAHWEH en na die huis van die ELOHIEM van Yaákov, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Tsion sal die Torah uitgaan en die woord van YAHWEH uit Yerushalayiem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie. (Miga 4:1-3)

Tabernakels en Pasga is die enigste heilige dae wat genoem word in die millennium-aanbidding (Eseg. 45:21-25; Sag. 14:16). Let op dat die aantal dae tussen Pasga en Tishri altyd dieselfde is. As gevolg hiervan is die tyd vanaf die eerste hooffees (Pasga in die maand Nissan) tot by die laaste hoof fees (die Fees van Tabernakels in die maand Tishri) altyd dieselfde. Kan dit enige verbintenis hê tot die geboorte van YAHUSHUA en SY dood op Pasga? Pasga is in die eerste maand op die Gewyde kalender en Tabernakels is in die eerste maand van die burgerlike kalender. Hosea 6:3 verduidelik dat YAHUSHUA sal kom soos die reën, as vroeë-reën en die laat-reën op die aarde. Die heilige feesdae van die Lente is gedurende die vroeë-reën en die heilige dae van die Herfs is gedurende die laat-reën.

Hoofstuk 14 van Sagaria, lei die Millenium era in. Die hoofstuk vertel van die bevryding van Jerusalem en hoe die Messias Koning sal wees oor die hele aarde. Dit eindig met die dat alle nasies die Wette van die Allerhoogste sal hou. Die Fees van Tabernakels-daardie Groot Fees wat die teenwoordigheid van YAHUSHUA die Messias simboliseer (HY IS die einste “Tabernakel van YAHUVEH”) sal deur alle nasies van die wêreld onderhou word. Die profeet sê aan ons dat vreeslike strawwe en plae afgeweeg sal word vir die volke wat weier om afgevaardigdes, vir die Fees van Tabernakels, te stuur na Jerusalem.

En in daardie dag sal daar lewende waters uit Yerushalayiem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See ... En Yahweh sal Koning wees oor die hele aarde; in daardie dag sal Yahweh een wees, en sy Naam een...En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Yerushalayiem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, Yahweh van die leërskare, en om die Huttefees te vier. En wie uit die geslagte van die aarde nie na Yerushalayiem optrek om voor die Koning, Yahweh van die leërskare, te aanbid nie - hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Mietsrayiem nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee Yahweh die nasies tref wat nie opgaan om die Huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Mietsrayiem wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die Huttefees te vier nie. (Sag.. 14:8-19).

Bou ‘n Sukkoth
Die Bybel sê “Bou ‘n sukkah (of ‘n hut) Rabbies het besonderhede bygevoeg oor die grootte, materiale, posisie ens. Jy kan enige afval hout gebruik wat jy beskikbaar het, om jou tent op te rig, of gebruik ou lakens om ‘n avontuur te skep vir jou kinders (maak ‘n tentseil aan jou afdak of swaaistellasie vas met sterk toue) Een gesin het siek kinders gehad en ‘n skuilinkie gemaak in hulle sitkamer van ou lakens. Maaltye was daar geëet en hulle het af-en –toe die aand daar deurgebring. Die belangrikheid hiervan, en elke ander heilige dag, is om herinneringe te skep- nie om vas te haak by gebruike nie.

Om ‘n sukkah te bou en te versier is ‘n genotvolle gesinsprojek. Jim Gerrish, met “Bridges for Peace in Jerusalem”, beskryf die volgende plan vir die bou van ‘n sukkah:

Eintlik is dit nie so ‘n moeilike werk nie. Alhoewel jy vroeg moet beplan, om so gou as moontlik te kan begin met die oprigting daarvan ná Yom Kippur, die Dag van Versoening. In Israel begin sommige toegewyde Jode reeds met die oprigting teen sononder op Yom Kippur, vier dae voor die Fees van Tabernakels begin.

Aangesien die sukkah nie ‘n ingewikkelde of blywende struktuur is nie, mag die mees bekostigbaarste materiale gebruik word. Jy sal 4 stewige stutpale nodig hê (2x4 in SA) vir die hoeke, 4 kleiner pale (2x2) vir die dak. Alle planke moet ongeveer 7 of 8 voet (2.5 meter ) in lengte wees. Om die dak toe te maak sal jy verskeie vloerlatte of kleiner borde benodig wat instaat is om liggewig boomlatte te kan dra. Vir die kante lyk dit of ou lakens goed werk. Ander materiale soos seile, bamboes matte of selfs dun lamineer hout sal ook goed wees. Jy sal genoeg hiervan nodig hê om drie kante toe te maak, met ‘n drapering aan die voorkant. Vir die bo-kant hoef jy net eenvoudig ‘n klompie bome in jou tuin te snoei.

En nou vir die eintlike konstruksie. Die tabernakel kan net mooi enige grootte wees , solank dit groot genoeg is om in te sit. ‘n Vierkant meter van 7 voet (2.5 meter) word aanbeveel, aangesien dit genoeg ruimte sal toelaat vir gaste (maak ‘n groter sukkah indien jy geseënd is met ‘n groot familie).

Eerstens moet jy vier gate in die grond maak vir die vier regop hoekpale. Of in plaas daarvan kan jy die pale anker tussen sement bakstene, of ontwerp vir hulle ander stewige staanders. As jy dit op die maklike manier wil doen, kan jy ‘n bestaande gebou gebruik vir een sykant van jou sukkah. Maak nou die horisontale stokke bo vas, aan die buitekante, sodra die reg-op stutte stewig in plek is. Daarmee klaar, kan jy die ander kleiner planke of ander klein ondersteunings borde bo-op die dak sit.

Die volgende stap is om die bedlinne, of ander bedekking, te drapeer rondom die drie kante. Vir ‘n deur aan die voorkant sal ‘n laken, op ‘n gespande draadspoor, goed werk. Ten laaste word die boomtakke bo-op gesit, maar as jy daarvan hou om die sterre te sien, moet jy nie die dak te dig maak nie. Die sukkah kan nou opgemaak word volgens jou eie smaak. ‘n Tafel en stoele is ‘n moet. Dalk voel jy lus om die mure te versier met prente of Bybel verse. Vrugte kan van die plafon afgehang word; papier stringe en ander versierings kan teen die mure gehang word. Gebruik jou verbeelding, en laat verseker die kinders toe om te help.

Dit is gebruiklik om die binnekant van die sukkah te versier met prentjies, muurbehangsels, graan gewasse, waarvoor Israel beroemd is: koring, gars, druiwe, vye, olywe, dadels en granate.

Al wat nou oorbly is die genietinge. Nooi jou vriende om jou meesterstuk te kom besigtig en saam met jou te deel in die blydskap. Toets ‘n maaltyd uit in die sukkah, of spandeer selfs ‘n nag daar. Dit sal ‘n onvergeetlike en geseënde ondervinding wees.

Wat om te doen in ‘n Sukkah
Loof YAHUVEH deur gebed.
Loof YAHUVEH deur lofliedere te sing.
Nooi familie, vriende, en bure om saam met jou fees te vier.
Wuif die Lulav (groen takke)
Eet, drink, ontspan en dut.

Lees die gedeelte oor “YAHUVEH is Ons Beskutting” en “YAHUSHUA Berei Ons Oermanente Woning Voor” uit die “Messiaanse Belang van Tabernakels.”

Sing liedere om die geboorte van YAHUSHUA te vier. Soos bv.: "Liefde en Vrede," "Stille Nag," "Daar Ver In ‘n Krippie," "Herders op Die Ope Velde" "Betlehem Ster" ens.

Die lig van die Fees van Tabernakel lampe het die hele stad verlig. Versier die sukkah met stringe liggies. Lees Bybelverse van YAHUSHUA as ons LIG (Johannes 1:1-9; 8:12; 9:5).

Maak ‘n uitbeelding van Die Geboorte Van YAHUSHUA. Lees die verhaal van die Geboorte van YAHUSHUA in Lukas of een van die ander Evangelies.

Giet water op die grond uit en lees die verklaring van YAHUSHUA in (Johannes 7:37).

Lees die verse wat hierdie Fees verduidelik hard-op: (Lev. 23:34-43 Deut. 16:13-15, en Num. 29:12-40).

Lees Johannes 7:2-39 waar YAHUSHUA die Fees van Tabernakels gevier het.

Baie Bybelse Profesieë vertel van die Messias se regering oor al die nasies. Lees sommige hiervan hard-op vir jou gesin. (Psalms 2, 47, 93, 95, 96, 97, 98, 99, 110, en 126).

Vertel Bybel Verhale.

Begin nou, begroot elke jaar en geniet dit. Beplan om ten minste een maaltyd in jou sukkah te nuttig, en gebruik dit miskien vir jou alleen-tyd saam met YAHUVEH. Jonger kinders sal wil huis-huis speel daarin, wat heeltemal aanvaarbaar is aangesien die Israeliete ook so “gehuisves” was vir veertig jaar.

Die Bybelse Instruksies van Die Fees van Tabernakels-Sukkot
In kontras met die somber ondertoon van Rosh haShanah en Yom Kippur, is die derde Fees een van suiwer blydskap. Die tyd van selfondersoek en argwaan, maak nou plek vir die fees wat genoem word: “Die seisoen van ons jubbelinge”

Die Name van die Fees:
Die Fees van Tabernakels of Hutte: Die naam kom van die Hebreeuse – Sukkot; en beteken tabernakels, hutte. Dit is afkomstig van die opdrag in (Lev. 23:42-43). Die nie-blywende blaarskuilings moes die Israeliete herinner aan GOD se getrouheid gedurende hulle veertig jaar van rondswerwing in die wildernis. Die tabernakels simboliseer die mens se behoefte om op YAHUVEH te vertrou vir SY voorsiening van kos, water en skuiling.

Die Fees van Insameling:
Die opdrag om tabernakels te bou en daarin te woon het jaarliks plaasgevind saam met Israel se laaste oes van die seisoen, en daarom was die naam “Fees van Insameling” ook gebruik vir die fees. Ons sien hoe dit aangewend word vir hierdie fees in Lev. 23:34; Deut. 16:13. Die klem is op die verwantskap van die Heilige dag tot die finale insameling van die gesaaides gedurende die Herfs. Oer-oue Israel se ekonomie was agraries (landbou georiënteerd). Die seisoene het die aktiwiteite van Israel gelei. Elke seisoen se oorvloedige oes het ‘n hernude gevoel van verligting en dankbaarheid gebring in die opsig dat hulle nie sou honger lei nie omdat YAHUVEH weereens vir SY mense voorsien het. Dit is hierdie fees wat aan die bedevaarders die Bybelse Fondasie voorsien het vir die eerste waarneming van Danksegging.

Die Seisoen van Ons Blydskap — Simcha
Die landbou jaar het ten einde geloop, die oes was versamel in die skure. Die werk was klaar en die oes was verby. GOD het vir Israel 7 feesdae gegee om alle wêreldse sorge opsy te sit om HOM te dank en te loof Wie oorvloedig voorsien het. Dit was ook die bedoeling van die instelling van ons eie “thanksgiving” viering.

Die Fees
Die impak van die Heilige dag op die Israeliete was so betekenisvol dat die fees van Tabernakels bekend geword het as die “Fees van die HERE” of net eenvoudig “Die Fees.” Die Hebreeuse woord agter die term fees is “Hag” wat beteken om te dans of om vrolik te wees. Dit was die hoogte punt in die jaarlikse siklus- dit was dié Fees.

Die Verpligtinge tydens die Viering:
Wat presies was die Jode beveel om te doen tydens die 7 dae van Sukkot? Die bou van Tabernakels. Die Israeliete was beveel om bondels latte (of Lulavs) te versamel om voor YAHUVEH te wuif en om blaaragtige tabernakels te bou om in te woon vir sewe dae. Om in tabernakels te woon was ‘n herinnering, nie van die onstandvastige tyd in die wildernis nie, maar van voedsel, sorg en beskerming deur YAHUVEH in die woestyn. Die profeet Jesaiah weerspieël hierdie gesindheid in (Jes. 4:6). Die blare het die Israeliete herinner aan hulle nederige ontstaan en hoe YAHUVEH vir hulle gesorg het. Die tabernakels was ‘n herinnering dat YAHUVEH aan SY mense skuiling sou gee en voedsel solank as wat hulle HOM sou gehoorsaam.

Die Opdrag om Te Jubel:
Ons lees in (Deut. 16:13-14) dat blydskap in YAHUVEH die vernaamste oogmerk van die Fees was. In teenstelling met Yom Kippur en Rosh Hashanah, was Sukkot ‘n tyd van vreugde. Die Israeliete moes jubel in die Voorsienigheid van YAH in hulle daaglikse brood en ook hul geestelike lewens.

Viering van Sukkot in Bybelse Tye:
Die Joodse mense moes nie na Jerusalem gaan vir die fees van Rosh Hashanah of Yom Kippur nie, maar dit was wel van hulle verwag tydens Sukkot. Jerusalem was gespikkel met duisende tydelike dakkies “lean-tos”. Ons sien dat daar, tot die bou van tabernakels en vreugde vieringe voor YAHUVEH, nog twee gebruike bygevoeg was by die feesviering teen die tyd van YAHUSHUA.

Die Seremonie van Water Gaan Haal:
Die Joodse tradisie beskryf ‘n belangrike seremonie van Sukkot, wat genoem word “Die Seremonie van Die Water Gaan Haal” in Hebreeus genoem— Nissuch Ha-Mayim, en is gewortel in die landboukundige aard van die fees.

Reën het ‘n belangrike rol gespeel in die viering van Sukkot.

Die seremonie om water te gaan haal was ‘n vreugdevolle gebeurtenis. Die Levitiese priester sou water optrek uit die bad van Siloam in ‘n spesiale goue fles. Hy sou vergesel wees deur ‘n groot groep mense wie saam met hom sou terug keer na die Tempel – deur die Waterpoort.

Terwyl die priester arriveer - sou shofars weerklink het en hy sou dan die water uitgiet oor die groot altaar. Die seremonie om die water te gaan haal, is van baie groter waarde as net die betrekking daarvan op lanboukunde. Die reën verteenwoordig die RUACH ha KODESH, en die water wat gehaal word dui op daardie dag wanneer, volgens die Profeet Joël, YAHUVEH SY Gees sou laat reën op Israel (Joël 2:28). Hierdie seremonie het selfs ‘n groter betekenis gekry toe YAHUSHUA die fees bygewoon het in (Johannes 7:37-39) en verkondig het dat HY die dors van die siel sal les.

Die Verligting van Die Tempel:
Nog ‘n seremonie van die Fees van Tabernakels was die Verligting van die Tempel.

Teen die einde van die eerste dag van die Fees sou die priesters en Leviete afgaan na die binnehof van die Vroue. Vier goue kandelaars was opgestel in die binnehof met vier goue bakke bo-op - en was dan aangesteek. Die lig wat uitstraal van die kandelaars was so helder dat die Mishna sê: “Daar was geen plein in Jerusalem wat nie deur die lig verlig was nie.” (Sukkah 5:3). Die gemoedstoestand bui was baie feestelik, mense sou tot diep in die nag dans terwyl hulle brandende fakkels vashou en gesange van lofprysing tot YAHUVEH sing. Die betekenis van die lig was om die SHKHINAH HEERLIKHEID van YAHUVEH te simboliseer , wat eens op’n tyd die Tempel gevul het. Weereens het hierdie hele seremonie ‘n groter betekenis gekry toe YAHUSHUA in die Tempel gestaan het (Johannes 8:12) en verkondig het dat HY die Lig van die wêreld was. “HY was die Lig van die wêreld want in HOM was die volheid van die Heerlikheid van YAHUVEH (Kol. 1:19). In YAHUSHUA sien ons die vervulling van die fees van Tabernakels (Joh. 1:14). YAHUSHUA is God wat woning kom maak tussen die mense. Dit is interessant dat die woord “kom woon het” ‘n tydelike verblyf impliseer - ‘n sukkot hut.

Die Toekomstige Sukkot
Die Profeet Sagaria skryf van ‘n viering van Sukkot Fees in die toekoms. YAHUVEH ag hierdie Fees so belangrik dat selfs die Heiden nasies dit ook moet vier - (Sag. 14:16).

Universiële onderwerpe in die Fees van Tabernakels

In Joodse bronne is die rol van Israel, ten opsigte van redding vir die wêreld, ‘n groot onderwerp. In die kommentaar oor (Ps 109:4) word daar gesê: “Tydens die fees van Tabernakels, offer ons 70 bulle (as versoenings- offer) vir die 70 nasies, en bid ons dat reën op hulle sal neerdaal.” Israel word beskou as voorbidders vir die sondes van die Heidene.

Die Betekenis van die Profesie in Sagaria
Die profeet Sagaria praat van die Einde van dae, wanneer Israel en die nasies gesamentlik die fees van Tabernakels sal vier. Hierdie dag van herstel sal plaasvind na die tyd van Jakob se benoudheid (Jer. 30:7) of in die Nuwe Verbond, die Groot Verdrukking (Mat. 24:21). Israel sal herstel word, beide geestelik asook volks-gewys. Haar vyande sal verpletter word, en YAHUSHUA ha MASHIACH sal regeer, nie alleenlik oor Israel nie, maar oor al die nasies van die aarde. (Sag. 14:9). YAH sal die getroues onder die Heidene gebied om na Jerusalem Israel te kom en die Fees van Tabernakels te vier (Sag. 14:16).

Waarom het YAHUVEH die Fees van Tabernakels gekies, om die gehoorsaamheid van die Heidene te toets, en nie een van die ander hoof Feeste nie? Sommige studente glo dat Sukkot, die Fees van Insameling, die mees toepaslike tyd is vir GOD, om die vrugte uit die mensdom in te samel vir SY Koninkryk. Uiteindelik sal die hele aarde die sukkot-hut word van YAHUVEH, en HY sal vir Ewig regeer (Openb. 21:3-4).

Elisabeth se Sukkot Boodskap
23 Oktober 2005
Shalom Al My Geliefde Familie In YAHUSHUA!

Ek skryf hierdie op Sukkot die aand van die 6de dag, volgens die kalender wat die Sukkot begin het op die 17de dag van Oktober.

Die Bediening werf by www.amightywind.com was by ingebreek “hacked” en lêers was uitgewis. Ons het dit ontdek op die Sabbat. Dankie aan almal wie vir my geskryf het en my vertel het dat daar ‘n probleem was om toegang te kry tot die webwerf en sekere lêers. YAHUSHUA het julle op wag gehad omdat met die verhuising na ‘n nuwe land, sou ek dit dalk nie so vining kon ontdek het nie.

Dit is die eerste keer in tien jaar op die internet dat dit gebeur het. Dit is ‘n teken vir ons om van webwerf verskaffers te verander. YAHUVEH se woede sal val op die vyande wat dit gedoen het. Ek sou verbaas wees as dit nie alreeds begin gebeur het nie. Julle is net geskik vir vernietiging, so YAHUVEH het dit toegelaat. Dit is ook ‘n teken presies hoe boos die vyande is wat probeer om hierdie bediening te vernietig en hierdie profeet stil te maak.

Ons laat die gasheer verskaffer kyk as jy enige spore gelaat het en hulle sal uitvind wie dit gedoen het, maar ek glo ek weet, en YAHUVEH het gesê HY het jou dit laat doen, om jou genoeg ruimte te gee om jouself te hang net so seker as wat Judas gedoen het. YIKES! OY VAY! Jy is oppad na verdoemenis en die hel nou vir seker! Jy is moontlik verbaas dat ons jou spore so vining ontdek het want jy het die leë lêers agtergelaat. Hoe demonies is jy, want jy het selfs die bladsye na die Bybel sowel as die “links” na die Profesieë uitgewis. Oy vay!

Dit is nie my woorde wat julle uitgewis het nie, dit is YAHUVEH en YAHUSHUA se woorde onder die Ruach ha Kodesh (Heilige Gees) salwing.

Ek sou nie in julle skoene wou wees nie, want Oordeel sal kom oor diegene wat gewaag het om in te kom deur in te breek in hierdie hierdie Heilige Heiligdom op die Internet. Julle sal die woede van YAHUVEH sien neerkom op julle en al diegene wat julle gehelp het om te doen wat nooit tevore gedoen was in die 10 jaar wat ek op die Internet is nie.

Hieronder is net twee maniere waarop ons twee vyande mee afgereken is en dit is YAHUVEH ons Skepper wie wraak neem vir hierdie bediening.

Onthou toe ek julle vertel het dat ek hoorbaar vir YAHUVEH hoor BRUL het en die Woorde wat HY gespreek het soos HY gesê het dat HY brul voordat HY SY vyande verslind! Vyande, as julle enige hoop op vergifnis het van YAHUVEH en AS jou naam gevind word in die Lam se Boek van Lewe, sal jy hieronder lees en sidder van vrees van YAHUVEH SE WOEDE, want jou naam sal ook op die Internet wees wanneer YAHUVEH wraak neem op jou.

Ek het YAHUVEH hoor sê op 23 Oktober 2005, “Jou vyande sal val soos dominos nou." Ek speel nie eers dominos nie en weet baie min oor hulle, maar ek weet dit kan nie ‘n goeie ding wees vir diegene wie hulself gestel het as vyande van hierdie Bediening en Bedienaar.

Tot dusver het twee van ons vyande wie hierdie bediening beswadder sowel as vir my begin om die uitwerking te ly van hulle boosheid. Een vrou wie gebruik is deur die sataniste, wat voorgee om Christen te wees, skryf nou vir ons en sê, "Bid vir my, ek het ‘n breingewas." Haar naam is Tari Demario, en sy is gebruik deur Zeph, Frankie, en Richard Keltner, onder andere, om te beswadder en alle vorme van bose leuens teen my te vertel deur die Internet en oor die radio luggolwe.

Ons is besig om te kyk na die proses om die radio stasie te begin waar dit weer sal gebruik word onder die salwing, alleenlik hierdie keer [‘n ander een] en ek sal die gasvrou daarvan wees. Asseblief hou dit in gebed. Een suster het alreeds geld vir ons geskenk. Dankie, Kathy, jy weet wie jy is. Ons is ‘n halwe wêreld van mekaar af en dinge is so anders waar ons nou leef. Dit is soos ‘n ander wêreld hier. Ek moes weer so baie dinge van vooraf leer, en het die manier vergeet hoe my huis gewoond was om te lyk.

Ek het geen idee gehad hoe ver ons sou reis toe ek gedink het dat ons na een plek toe sou gaan nie. YAHUVEH praat met my in my slaap en ons het geëindig in ‘n ander plek, ‘n plek waar ek gewonder het dat ek ooit soontoe sou gaan in hierdie leeftyd, want ek het geweet dit sou wonderwerke neem. Wel, ons het die wonderwerke gekry, en dit was as gevolg van ‘n vrou in Finland wie oorvloedig saad gesaai het vir hierdie wonderwerk om plaas te vind. Die vyande soos Zeph Daniel, Frank, en Richard Kelter is woedend en vra mense om hulle te vertel waar ons is. Vra jouself…wie behalwe sataniste sou aangedring het om te weet?

Ek is deur YAHUSHUA vertel om hierdie mense toe te laat om te praat soos YAHUVEH besluit het omdat HY gesê het hulle is net geskik vir die vuur van SY vernietiging en hulle grawe ‘n graf met hulle eie tonge! Bewys van die begin van hierdie is hieronder geskryf. ‘n Vrou van California genaamd Tari Demario, wie ons weet gestuur was vanaf ‘n Sataniese Kult, is vol van ‘n legioen demone. Ons het probeer om haar te help om bevryding te kry op Pasga.

Dit is waar die nagmerrie begin het. Sy het aan ons geskryf op 21 Oktober 2005, gedurende Sukkot en gesê sy het net ontdek dat sy ‘n breingewas het. Tari Demario, jy was gewaarsku en jy het geweier om te luister. Ek skryf hierdie om ons ander vyande te waarsku dat YAHUVEH so genadig is. HY stuur altyd die profete om te waarsku voor die Oordeel. Dit het begin.

Tari Demario is die mees verstandelik kranksinnige persoon wat ek ooit ontmoet het of probeer het om te help. Baie binnekort nou het YAHUVEH my vertel dat HY my sal toelaat om die volle verhaal te vertel van Tari Demario en wie haar gestuur het om hierdie Bediening te vernietig en hoe sy dit moes doen. Ek het haar ‘n kans gegee om te bekeer omdat YAHUVEH my vertel het dat sy nie kan sê dat ek haar nie tyd gegee het om te bekeer nie. Tyd is verby Tari, baie binnekort sal die wêreld die waarheid lees oor wie jy regtig is.

Dit was baie moeilik om die aanslae van hulle aanvalle te kry en nie uit te praat en terug te veg nie, maar YAHUVEH het vir my vertel, "Staan stil en sien die redding van YAHUVEH en YAHUSHUA." Gedurende Sukkot het ek hierdie bevestiging gekry dat YAHUVEH SY woord hou en SY wraak het begin, en ek weet HY sal dieselfde doen aan Zeph, Frank, en Richard Keltner, Hunter, Steven Hanson, wie dit waag om homself ‘n profeet te noem, onder andere vyande se name. YAHUVEH ken elke heks, towenaar, satanis, shaman, wat probeer en Voodoo gebruik en die okkulte en probeer om demone te stuur om my dood te maak, en hierdie Bediening te vernietig.

Onthou hierdie Bediening is nie vernoem na ‘n vrou of man of ‘n georganiseerde Kerk nie. In plaas daarvan is dit vernoem na die Skepper YAHUVEH en die enigste Messias YAHUSHUA. (JESUS CHRISTUS) in Grieks.

Die enigste hoop vir die vyande word genoem BEKERING, as dit nie te laat is nie. Hulle het nodig om op hulle knieë te val voor YAHUVEH en YAHUSHUA. Miskien sal HY genade hê vir jou en jou tyd gee om te probeer om die skade te herstel wat jy gedoen het.

Die vrou genaamd Tari Demario en die ander genaamd Angie Ray maai wat hulle gesaai het. Hulle sal die eerstes wees om te gaan onder YAHUVEH se eie hand van Oordeel, en nie enigiets wat ek gedoen het of sal doen nie. YAHUVEH IS ALMAGTIG IN LIEFDE EN ALMAGTIG IN OORLOG. HY SEEN NIE NET NIE MAAR VERVLOEK. Lees Deuteronomium 28 as jy nie saamstem nie.

YAHUVEH neem sekerlik wraak op ons vyande soos HY belowe het. Vir diegene van julle wie Heilig is en onregverdig aangeval is omdat julle opstaan vir Heiligheid van YAHUVEH en YAHUVEH en YAHUSHUA se waarhede, wees bemoedig. Dieselfde YAHUVEH wat hierdie Bediening regverdig en vir my sal ook met julle vyande afreken.

Angie Ray van Word Network, wie menigte van mense geskryf het en met my ooreengestem het is ‘n voodoo bedienaar wat voorgee om ‘n Christen Bevrydings kerk te hê, het haar gemeente van duisende laat vas en bid vir my dood, vernietiging, en die vernietiging van hierdie bediening. Sy het vir hulle die webwerf gegee en hulle besoek daagliks hier. Maar dit gaan terug na haar toe, want wanneer die salwing hulle tref deur die profetiese boodskappe wat aan my gegee is, word sommige van hulle vrygemaak en hulle skryf vir my en maak aan my bekend dat hulle bevry is van haar leuens en bose towerspreuke! Hulle bestraf en hardloop weg van hierdie Goliat van ‘n Vrou. [Lees meer oor Angie Ray Hier]

Dit is nodig dat iemand vir Word Network skryf of hulle bel en hulle laat weet. Daar was ‘n epos vir my geskryf deur ‘n voormalige diaken van haar kerk en gesê dat sy ‘n verskillende luukse kar het vir elke dag van die week! Sy woon in weelde en so ook haar dogters ten koste van haar arm gemeente. Gaan voort, Angie Ray, jy mag die weelde van hierdie wêreld hê, maar my skatte is gestoor in die Hemel waar geen mot of roes dit kan verniel en diewe nie kan inbreek en steel nie! Al wat jy gaan hê na jou laaste asem is hel en die poel van vuur vir alle ewigheid omdat jy jou siel verkoop het aan satan in my opinie, en ander stem saam.

‘n Geliefde Suster in YAHUSHUA het net vir my geskryf op 21 Okober 2005, en my laat weet dat sy nie meer langer ‘n lid is van Angie Ray se Bediening trots genoem ARM. Selfs daardie naam wys jou dat Angie Ray dink haar krag kom van haar naam, want die naam van haar sogenaamde bevrydings bediening is voorletters van haar naam! Die ARM is Angie Ray se arm!

Die enigste ARM waarop ek staatmaakl om te beskerm en te salf en my te sëen en hierdie Bediening is die ARM VAN YAHUVEH EN ARM VAN YAHUSHUA EN DIE WAPENRUSTING VAN DIE RUACH HA KODESH! Daardie behoort enigiemand die ware gees van Angie Ray te wys. Word Network het of geen onderskeidiing wanneer dit kom by haar of hulle is deel van haar boosheid of hulle is onder haar boosheid of hulle is onder haar voodoo towerspreuke! Watter ander verduideliking is daar?

Hoe meer Angie Ray haar gemeente laat bid het teen my en hierdie bediening, hoe meer woede van YAHUVEH is besig om op haar te val en op diegene wat bid teen my en hierdie Bediening. Die groot geheim wat haar eie gemeente nie weet nie en ek vertel dit nou vir jou, is dat ek vertel is deur hierdie suster wie my gewaarsku het wat Angie Ray besig is om te doen, dat Angie Ray in die hospitaal is en niemand is veronderstel om dit te weet nie. Want die spioene wie hierdie sal lees…as sy uit is teen die tyd dat julle hierdie lees, waarom vind julle nie uit of dit waar is nie?

Wee vir enigeen wat dink hulle kan hierdie Joodse Diensmaagd vervloek, met die wettige nooiensvan van Elijah--my moeder se nooiensvan is Elias—en dink hulle kan hierdie Bediening aanval vernoem na die Aleph en Tav, in Grieks die Alpha en Omega, wie YAHUVEH en YAHUSHUA is…en die Ruach ha Kodesh (Heilige Gees) is die VUUR daarin!

Ek is soos ‘n Nehemiah en ek weier om af te klim van hierdie muur op die Internet en sal aanhou om die troepe op die muur te versamel, wat die Bruid is van YAHUSHUA! Ons doen die werk en YAHUVEH en YAHUSHUA doen die veg werk vir ons!

Enigiemand wat hierdie Bediening aanval, val die Heilige Drie Eenheid aan, want my naam is nêrens in hierdie Bediening nie en ek word net gebruik as die mondstuk vir YAHUVEH en YAHUSHUA. My vyande het hulself opgestel as YAHUVEH en YAHUSHUA se vyande, want ek preek net, onderrig en lewe volgens YAHUSHUA se manier, nie my manier nie! Angie Ray en die ander wat hierdie Bediening beswadder, julle word gebruik deur satan om my aan te val, net omdat ek opstaan vir YAHUVEH se waarheid en Heiligheid, en jy nie vining bekeer nie sal jy sekerlik kom onder die swaar hand van YAHUVEH SE WOEDE EN OORDEEL en sterf vir wat jy probeer om te doen.

In YAHUSHUA HA MASHIACH Se Naam, bid ek dat die een wie haarself Pastoor Angie Ray noem, en die ander vyande wie hulself Christene noem, maar nie optree soos Christene nie, sal bekeer tot YAHUVEH en vir my skryf en verskoning vra en vining wegdraai van hierdie boosheid, in die openbaar verskoning vra, want jy het jou hand gestel teen ‘n Bediening wat Heilig is en ‘n vrou wat ‘n gesalfde skoon erdekruik is van YAHUSHUA, gewas in die gestorte bloed van YAHUSHUA, wie gebruik word vir YAHUVEH en YAHUSHUA Se glorie om ‘n mondstuk te wees vir die nasies.

Dit is die salwing van die Ruach ha Kodesh wat julle en bindinge breek, en die enigste rede dat ek die boodskappe kan hoor van YAHUVEH en YAHUSHUA is nie iets uit myself uit dat ek daaroor kan spog nie. Sonder die Naam en bloed van YAHUSHUA en die salwing van die Ruach ha Kodesh, is ek kragteloos. Ware Profete word gebruik om Seëninge aan te kondig sowel as vloeke. Lees jou Bybel, selfs YAHUSHUA het die vyeboom vervloek omdat dit nie vrug gedra het nie, en dit het verdor en verdroog!

Ek is nie in die okkulte nie, en was nog nooit gewees nie. Ek is gered, geheilig, gewy en gevul met die HEILIGE GEES vir 30 jaar. Ek was gebruik om diegene te ontbloot wie sê dat hulle Christen is maar tog nie is nie. Diegene wat my hiervan beskuldig is diesulkes in die okkulte. Hierdie mense is woedend vir my en tog…wie sal die uitverkorenes waarsku sodat hulle nie mislei word nie as hierdie Bediening hulle nie waarsku nie?

Wee julle mense wie ‘n gesalfde, Heilige Bediening en profeet aangeraak het. Julle kry ‘n voorsmaak van my Abba YAHUVEH Se woede! Ek is ‘n weeskind in hierdie wêreld, ek het nooit die liefde geken van ‘n aarde Vader, of Moeder, Suster, of Broer nie, nie eens soveel as ‘n tannie of oom, of grootouers nie. Oy Vay! Ek weet nie eers wat dit is om’n niggie te hê nie!

Maar ek het ‘n Hemelse Vader YAHUVEH wie my beskerm en seën. Ek het ‘n Messias en spoedig komende Bruidegom wat my verdedig soos geen ander nie. SY naam is YAHUSHUA HA MASHIACH! In Grieks uitgespreek JESUS. YAHUVEH sê wee aan die een wat ‘n weeskind seermaak. YAHUVEH beskerm ons veral.

Aan al diegene wat gebruik is om hierdie Bediening en vir my aan te val, jy beter bekeer tot YAHUVEH en YAHUSHUA en smeek vir genade, of verdoemenis, dood, Hel en die Poel van Vuur sal jou lot wees! Ek staan alleenlik op die skrif, "Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie, elkeen wat vals teenoor jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe EK, die HERE, vir MY dienaars sorg."

Vyande van hierdie Bedienig, onthou ek is nie net ‘n geestelike Jood nie maar ‘n biologiese Jood, en julle is soos Balaam vasberade om Israel te vervloek! YAHUVEH het dit vir my vertel gedurende Sukkot. My vyande is soos ‘n Jezebel, en onthou wat YAHUVEH gedoen het aan Jezebel omdat sy probeer het om Elia van ouds dood te maak? satan gebruik so baie van julle wat hierdie lees en jy weet dit nie eens nie, maar jy sal binnekort wanneer Oordeel val en YAHUVEH doof is vir jou gebede vir hulp.

Bekeer vandag voordat dit te laat is. Alle ander wat hierdie lees en kyk na hierdie vervolging wat gemik is teen hierdie bediening, onthou dit ....as jy niks doen om hierdie Bediening te help nie, sal jy steeds verantwoordelik gehou word deur YAHUVEH en YAHUSHUA want jy is ‘n hindernis en nie ‘n hulp nie. Wanneer jy hulp nodig het, sal niemand daar wees om jou te help in jou uur van nood nie. So baie word getoets terwyl hulle kant kies. Julle is weduwees van Sarfat en weet dit nie, want jy het op die oomblik geen gebrek nie.

Laat my verduidelik. Tien jaar gelede, toe ek eerste begin profeteer het oor die Internet, kon jy nie vroue profete vind nie. Dit was ‘n man se wêreld vir die grootste deel daarvan. Ek was vervolg deur die mans wie profete was en Apostels en selfs gedreig en vals genoem omdat vroue nie toegelaat was om te profeteer op die Internet nie. Ek het amper opgegee op daardie stadium. Een man genaamd Andrew Strom in die besonder het dit baie moeilik gemaak vir my, Hy het my op sy epos lys geplaas op honderde name en woede oor my geblaas, en gesê daar is glad nie so iets as ‘n ware ‘so sê die HERE’ nie. Ek was platgeslaan en nie baie sterk in geestelik oorlogvoering nie en, soos ek gesê het, ek wou omdraai en hardloop. Maar YAHUVEH alleen het die salwing in my vermeerder en die begeerte om SY boodskappe voort te spreek.

YAHUVEH het my vertel om myself nooit ‘n profetes te noem nie, want dit is ‘n ettiket wat ‘n man ‘n vrou wou laat dra om geslagte te verdeel. Wanneer die RUACH voort spreek, gee die RUACH HA KODESH nie om of jy ‘n man, vrou, seun of dogter is nie. Oy Vay! Het die mans kwaad geword daarvoor. Selfs toe hulle moes erken dat ek ‘n profesie van YAHUVEH ontvang het, sou hulle skryf en sê, "Jy is nie ‘n Profeet nie, jy is ‘n Profetes!” Ek weier om ‘n kompromie aan te gaan en ek sal aanhou doen wat YAHUVEH en YAHUSHUA sê. Ek sal alleenlik ‘n eggenoot van hierdie wêreld gehoorsaam, solank dit in lyn is met wat YAHUVEH en YAHUSHUA sê! Vroue, hierdie is bevele gegee aan my reguit uit die Hemel, en ek gee dit aan vir julle. As daardie eggenoot, of hy gered is of nie, jou ‘n bevel gee en dit is nie in lyn met skrif nie, BESTRAF HOM en laat hom weet jy gehoorsaam jou EERSTE LIEFDE. Net as hy vir jou vra om iets te doen wat in lyn is met wat YAHUVEH wil hê sal jy gehoorsaam wees!

YAHUSHUA vertel vir my dat ek die Amp het van ‘n Apostel en ek moet daardie titel gebruik om ander vroue te bemoedig wie ook die Apostoliese Amp het, om in daardie salwing te wandel. Mans is so grootgemaak en het my vertel dat geen vrou ‘n Apostel kan wees nie. Vertel dit vir Maria Magdalena wie die eerste Apostel was en ‘n geliefde van YAHUSHUA. ‘n Apostel wandel in al vyf Ampte wat is 1-Apostel, 2-Profeet, 3-Pastoor, 4-Evangelis, 5-Leermeester. Mans het probeer om my in ‘n boks te sit en vra, “Watter Amp is jy in?” Ek het nie in daardie boks gepas nie, want al die gawes van die Ruach vloei in gelyke mate voort. Toe het YAHUSHUA vir my vertel deur bevestiging op bevestiging dat ek die Amp van ‘n Apostel het. Die vroue het nodig om weer bemoedig te word. Moenie dat jou man daardie salwing in jou blus nie. Moenie dat enige man dit doen nie, selfs al noem hy homself ‘n Pastoor of Rabbie!

Wow! Waar het dit vandaan gekom? Iemand wat hierdie lees moes dit nodig gehad het. Ek was net besig om terug te skryf vir Suster Joy, met betrekking tot vervolging droom, en die volgende ding wat ek weet is dat die salwing my tref en nou het ek ook ‘n nuwe ope brief aan die Gemeente wat versamel is op hierdie AlmightyWind Internet Heiligdom Muur.

Ek was deur YAHUVEH vertel 10 jaar gelede dat HY my voort stuur na die weduwees van Sarfat al weet hulle dit nie, want hulle het nou die pragtige huise, en besittings, luukshede van hierdie wêreld, en werke. HY sou my voort stuur soos wat HY gedoen het met Elia van ouds, om die metaal van die mense te toets.

Wat sou gebeur het as die Weduwee van Sarfat nie met Elia van ouds gedeel het wat sy gedink het haar seun en haar laaste maaltyd is nie? Sy sou die wonderwerk van voorsiening gemis het, waar sy nooit weer honger was nie, en sy was ook nooit weer arm nie, en sy het selfs later getrou.

Sy sou haar besoek gemis het met YAHUVEH deur Elia van Ouds, en nou is ek gestuur terwyl YAHUVEH my noem SY "Elia van nuuts" en YAHUSHUA noem my SY "Ring Maiden."

YAHUVEH toets al diegene wat nou hierdie lees…wat sal jy doen met hierdie "Elia van nuuts" en YAHUSHUA Se "Ring Maiden"? Sal jy kies om ‘n seën te wees vir hierdie Bediening of ‘n Vloek? Die keuse is joune. Ek is niks meer as ‘n erdekruik wat YAHUVEH gebruik om te toets van watter metaal jy gemaak is. Sommige wat hierdie lees sal woedend wees wanneer ek jou vertel dat YAHUVEH my gestuur het om aan jou te openbaar dat jy getoets is en jy is ‘n Jeremia 6:27-30.

Jeremiah 6:27-30
Ek het jou onder my volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets. Hulle is almal die oproerigstes van die oproeriges wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle; hulle handel almal verderflik. Die blaasbalk blaas hard; wat uit die vuur gereed kom, is lood; tevergeefs hou hulle aan met smelt, maar die slegtes word nie afgeskei nie. Hulle word genoem: Verworpe silwer; want die HERE het hulle verwerp.

Aan al my vyande wat hulle tande kners en my dood wil hê. Ek het hierdie vir julle te sê.

Neem ‘n nommer en staan in die ry! My werk op hierdie aarde waarvoor ek gesalf is deur die Ruach ha Kodesh om te doen is nog nie klaar nie, alles vir die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA en ek sal nie teruggaan Hemel toe totdat dit klaar is nie. Ek is vasberade om hierdie aarde te verlaat wanneer YAHUSHUA kom vir SY BRUID. Tot dan is ek weggesteek onder die skuiling van YAHUVEH SE ARMS soos in Psalm 91, en geplons en weggesteek in die gestorte Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH, my geliefde Messias en eerste liefde van my lewe. Ek is vasberade om altyd vir YAHUVEH en my Messias YAHUSHUA eerste te stel in my lewe, liefde, huwelik en hierdie Bediening! My lewe en siel en hierdie Bediening hang af hiervan.

O, ek bid wel dat YAHUSHUA kom vir SY Bruid in 2006, want dit is die volgende keer dat Rosh Ha Shanah op ‘n Sabbat val. Ek is so moeg om met die vyande te veg in hierdie wêreld. Ons sal sien Geliefde lede van die Bruids party van YAHUSHUA. Tot dan, laat ons aanhou opkyk en weet ons redding kom nader! Laat ons nie sê dat ons hierdie aarde verlaat het sonder dat ons die goeie geveg geveg het in die naam van YAHUSHUA teen satan en sy diensknegte nie! Laat ons vasberade wees om dapper te wees vir YAHUSHUA maak nie saak wat dit kos nie! Laat ons weier om ‘n kompromie aan te gaan met wat ons weet waar is. Die Heilige Skrifte kan nie lieg nie! Laat ons vasberade wees om HEILIG te wees en gehoorsaam vir die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA! Uit ons eie kan ons dit nie doen nie. Maar deur die Ruach ha Kodesh kan ons alle dinge doen deur YAHUSHUA wie ons versterk. Die Bybel sê, "As jy my liefhet, sal jy my gebooie onderhou." Hoeveel eenvoudiger kan dit word?

My vyande verdraai wat ek sê. Dit is nie ons goedheid wat ons in die Hemel kry nie, dit is alleenlik deur die naam van YAHUSHUA en deur SY Gestorte bloed wat ons gered kan word. Inteendeel, laat ons nie die woord genade gebruik om opsetlik te sondig en verskonings te maak vir sonde nie, want wil ons nie behaaglik gevind word deur YAHUVEH op die manier waarop Henog was nie?

Een laaste ding aan die vyande wat spot en vloeke stuur teen YAHUSHUA SE DEMON STOMPERS. YAHUSHUA het my onlangs vertel dat YAHUSHUA SE DEMON STOMPERS is die BRUID VAN YAHUSHUA! Wie is beter gesalf om daardie demone te vertrap! Vat dit, Tari Demario, Angie Ray, en die res van satan se kinders. Dankie geliefdes wat genoem word YAHUSHUA SE DEMON STOMPERS ook genoem die BRUID VAN YAHUSHUA vir al julle liefdevolle ondersteuning en bemoediging. Hoe innig het ek elkeen van julle lief. Selfs al praat ek nie met almal van julle hier op aarde nie, sal ons vergader by almal van ons se herehuise in die Hemel. Wat ‘n dag van verblyding sal dit wees! Amen, Selah.

Verdedigend vir sommige wie weier om te luister, en verligtend vir andere wie die waarhede omhels van YAHUVEH en YAHUSHUA, gegee deur die profetiese boodskappe gegee aan hierdie “Ring Maiden” van YAHUSHUA.

Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
23/10/05

Profesieë

Profesie 75
Vir wie is julle bang om te beledig, vir MY, YAHUVEH of julle bure? Gee julle regtig om wat ander sal dink, meer as dit wat MY en YAHUSHUA bly sal maak? Weet julle nie dat MY mense besonders genoem word nie, hulle loop nie na die klank van die wêreld nie, maar na die klank van die Hemel. Hoekom sal jy skaam wees hieroor, MY kleine kind. Dit sal dan eerder 'n getuienis vir MY, YAHUVEH se GLORIE wees! Bid dat julle bure notisie sal neem, sodat julle vir hulle die storie kan vertel hoekom julle 'n "Sukkot" ter herinnering van MY Woord bou. Dit sal MY bly maak, omdat Die wat dit doen, getuig van MY, voor hulle bure, nou vra EK julle om dieselfde te doen. Hoe kan julle van MY getuig en 'n voorbeeld van julle geloof wees, as julle jul "Leanto" in julle badkamers weg steek?

Die "Sukkot" moet buite wees waar julle die Opelug kan aanskou. Die Joodse mense besef nie eers hoekom die "Sukkot" 'n opening in die dak het nie. Dit is om die Skrif te vervul, wat sê, "Kyk op, julle verlossing kom nader, omdat YAHUSHUA julle MESSIAS vanuit die Ooste kom". Julle moenie bang wees vir julle vyande wat julle seer maak nie, omdat EK, YAHUVEH die wat MYNE is, sal seën en beskerm, en die wat dink hulle is wys, sal EK dronkslaan, terwyl julle die bose weë van die wêreld en die houe van die vyande ignoreer. EK sal die tart, wat jou tart in hulle tye van nood.

Profesie 91
MY HEILIGE WIND, MY GEES, die Kosbare RUACH HA KODESH, is besig om hierdie land skoon te vee! In minder as ‘n minuut het EK heen en weer geloop, en met MY eie oë aanskou wat aangaan, op die Sukkot. Dit is nie dat EK blind is nie, EK het dit ook vanuit die Hemel aanskou, maar EK wou ook op hierdie aarde loop. So toe doen EK YAHUVEH dit op die 27ste.

Op die dae van Sukkot is julle Jode so vol van trots. "My Sukkot is beter as jou Sukkot. My kos is beter as joune. Ek lees die Torah langer as wat julle doen." Julle almal het fokus verloor. Slegs ‘n klein oorblyfsel het hulle sukkots gebou en hulle was die nederigste en hulle het waarlik MY hart aangeraak, omdat hulle dit nie net as ‘n rituele gedoen het nie. Hulle het dit nie met trots gedoen nie. En diegene wat MY hart aangeraak het, het daardie nag na YAHUSHUA gesoek. EK het MY Messiaanse Jode. Sommiges is deel van die Bruid van YAHUSHUA, en hulle is nou in Jerusalem en hulle is na aan MY hart. EK is nie kwaad vir diegene wat gekyk en gewag het en bedroef was, omdat dit nog nie die tyd vir SY koms was nie. EK is kwaad vir die wat hierdie Heilige Dag as maar ‘n rituele beskou.

Profesie 102
Kyk, EK was net eenmaal daardie geslagte LAM. EK het die vyand toegelaat om MY gesig te slaan. Maar dit was net eenmaal! EK het die doringkroon gedra! EK het die vernedering van hierdie wêreld verdra! Maar dit was net eenmaal..... EK het aan daardie Kruis gehang! EK was onherkenbaar geslaan! EK het gedors na julle! EK het gedors vir julle ongeregtigheid! EK het gesmag na julle! EK was gespot en EK was verag! Hierdie (Sukkot) is die tyd van MY geboorte op aarde! En hoe min erken dit selfs! Hulle sal 'n heidense vakansiedag vat wat toegewy is aan 'n ander heiden (Koning Nimrod) wat direk uit die put van die hel is, en hulle het MY daardie verjaardag gegee? Maar hoe min eer MY in hierdie tyd van Sukkot? Hoe min eer die prys wat EK betaal het?...

Profesie 115
Moenie vergeet Sukkot kom nie. Doen julle bes om dit te onderhou. As julle niks anders kan doen nie, slaap op die vloer en maak ‘n tent met ‘n kombers. EK ken jou hart. Ek weet wat jy kan doen en EK sal dit eer en EK sal jou seën.

Profesie 116
Verduideliking oor hoe hierdie Profesie na vore gekom het:

Adam en Elisabeth [Elisheva] het oor die telefoon gepraat. Hulle het begin bid vir seën vir Adam en Kathrynyah vir ʼn reis wat hulle wou onderneem om Elisabeth [Elisheva] te gaan sien tydens Sukkot.