'n Engel (in die vorm van 'n swart boemelaar) verskyn verskeie kere aan my en my familie.

5 Julie 2006

Die Engel verskyn aan my, langs die pad.

Dit was laat een Sondagmiddag. Ek was besig om in my kar te ry.

Die volgende oomblik sien ek langs die pad, verder vorentoe, 'n gedaante van 'n mens. Toe ek so 30 meter van hom af was, kom ek agter dat dit 'n swartman is. Hy het ou, verslonste klere gedra. Sy hare was swart, in die vorm van "dreadlocks". Hy het 'n lang baard gehad en hy was so in sy veertigs gewees. Net voordat ek verby hom sou ry, besef ek dat hy direk in my rigting kyk. Sy oë was stiptelik op my kar gerig. En toe ek nog nader aan hom kom, sien ek hy kyk spesifiek vir my.

Dit was die eienaardigste gevoel. So asof ek hierdie warm gevoel ewe skielik binne in my gehad het. Ek dink toe by myself, "Wat is die kans dat ons hierdie man weer 'n keer sien, en nou kyk hy net vir my?" Daar was baie ander karre in die omgewing. Maar hy het spesifiek net in die rigting van my kar gekyk.. Hy het ook sommer net uit die bloute verskyn..

Die Engel verskyn aan my ma-hulle.

Dit was een Saterdag oggend, en hulle was besig om in die tuin te werk. Hulle het naby aan die hek in die voortuin gesit en in die grond geskoffel met 'n grafie. Terwyl hulle nog so besig was, het hulle uit die bloute ewe skielik gehoor hoe iemand hardop roep. Hulle sien toe 'n swartman by die hekkie staan.

Dit was dieselfde man wat nou alreeds aan my verskyn het, en vir my gekyk het. Hy het ou klere aangehad. Sy hare was swart, en in "dreadlocks" gebind. Hy het 'n lang baard gehad. Hy het baie moeg gelyk en wou net 'n bietjie water hê. Hulle het onmiddelik vir hom 'n groot beker yskaswater gaan haal.

Ek wil nou net gou 'n klip in die bos gooi..Hoe is dit moontlik dat dieselfde swartman sommer so uit die bloute by my ma-hulle se huis opdaag en vra vir water. Daar is duisende huise in die uitbreiding waar hulle bly, maar die boemelaar het besluit om spesifiek my ma-hulle se huis te kies om te gaan water vra. Die vorige kere wat ons hom gesien het, was meer as 50 kilometer van my ma-hulle se huis af. Dit is maar net 'n wonderwerk. En ek glo 100% dat dit 'n engel is wat deur YAHUSHUA (JESUS) gestuur was.

Die Engel verskyn een aand laat, aan my, langs die pad.

Die engel het nou alreeds aan my, en my ma-hulle verskyn. Ek het hom ook op 'n ander geleentheid weer 'n keer gesien. Dit was een aand laat gewees.

Terwyl ek besig was om te ry, het ek skielik net begin wonder of ek ooit weer die engel (boemelaar) gaan sien. Op daardie stadium was ek besig om in 'n draai in te gaan. Ek was skaars om die draai, toe ek ewe skielik 'n man langs die pad sien loop. Hy het met sy rug, weg van my af gestap.

Toe ek nader kom, sien ek dat dit weer die boemelaar is wat aan my verskyn het. Die ou, swartman met die "dreadlocks" in sy hare, met 'n lang swart baard. My maag het sommer so hol draai gemaak. EK was baie verbaas gewees. Dit was 'n afgeleë stuk pad en ek was glad nie naby aan die vorige area, waar ek hom die laaste keer gesien het nie.

Die Engel verskyn aan my suster.

In die tyd wat die engel aan ons verskyn het, het my suster hom nog nooit gesien nie. Sy het een middag by ons huis gekuier, en ek het haar toe vertel van hierdie swartman wat verskeie kere aan ons verskyn het. Sy was baie opgewonde om dit te hoor. Nadat sy klaar by ons gekuier het, sê sy vir my dat sy ook graag hom eendag wou sien. Ek sê toe, "Jy sal nog sussie, jy moet net glo."

Die volgende oggend skrik ek met 'n gejuig wakker, toe my selfoon 7:00 lui. Dit was my sussie gewees. Haar eerste woorde aan my was, "Ek het hom gesien! Ek het hom gesien!" "Wag, wag. Stadig nou..", sê ek toe. "Waarvan praat jy?" wou ek weet. "Ek het die swartman gesien. Hy moet waarlik 'n engel wees.", sê sy toe. "Hy het naby my huis langs die pad geloop. Toe ek verby hom ry, het hy stip na my gekyk!!", sê sy.

Toe besef ek, dit is dieselfde man wat ook aan ons verskyn het. Ek was so opgewonde. Die man het nog nooit voorheen aan haar verskyn nie. Maar nadat ek vir haar vertel het van die man wat ons 'n paar keer gesien het, het sy hom ook, sommer nog die volgende oggend, gesien. Dit was te wonderlik vir woorde..

Ek glo dat YAHUVEH (God) definitief vir ons engele hier op die aarde, in die vorm van mense, geplaas het. Ek dink ook dat elke persoon 'n beskermings engel het. Maar vandag se mense het nie meer so 'n groot geloof nie. Die lewe is so gejaagd en die mense let nie meer op wanneer YAHUVEH (God) vir ons wonderwerke, hier op die aarde laat plaasvind nie. Ek dink my suster het ook diep binne in haar gevoel dat sy hierdie man wou sien. Sy het ook waarlik begin glo dat sy hom eendag sou sien. En sy het, sommer die volgende oggend nog..



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred