YAHUVEH lei my na Profeet Elisheva Elijah (Eliyahu) by 'n eindtyd webwerf, Amightywind, waar SY Engele die naam ELIJAH op 'n kragboks spuitverf
10 Junie 2006
Een oggend, terwyl ek rondry in Centurion, hou ek toe by 'n robot stil. Net toe ek wegtrek, voel ek hierdie gevoel binne in my wat sĂȘ dat ek na my regterkant toe moet kyk. Ek sien toe 'n kragboks langs die pad staan, met woorde wat daarop gespuitverf was.
Ek besef toe dat ek die woorde moet lees. Ek lees toe die woorde "take" en "trust", wat in wit gespuitverf was. Die ander woord wat ek toe lees, was iets soos "Elia" of "Elisha". Maar ek kon nie die woord mooi lees nie, omdat die verf oor die woord geloop het. Dit was in oranje gespuitverf. Die woorde wat ek toe lees, het nie regtig sin gemaak nie. En ek vergeet toe daarvan.
'n Dag later ry ek toe weer verby die kragboks. Die twee woorde in wit "take" en "trust" was nog steeds daar. Maar toe sien ek iets besonders. Die ander woord in oranje, was toe oorgeverf in 'n pers kleur. Die keer het dit mooi die woord "Elijah" gespel. Daar was ook geen teken van die oranje verf van die vorige dag nie.
Net daar onthou ek toe dat ek so drie dae gelede op 'n webwerf skakel op die internet afgekom het, wat vertel het hoe 'n vroutjie met die naam Elisabeth (Elisheva) Sherrie Elijah (Eliyahu), 'n profetiese droom gehad het wat met die eindtyd te doen het.
Op dieselfde oomblik wat ek toe besef dat die woord "Elijah" wat ek op die kragboks lees, definitief verwys na die vroutjie op die internet wat 'n droom gehad het, kyk ek toe op na die wolke en sien die wonderlikste verskynsel wat 'n mens net in 'n bybelboek se prentjies sien.
Die son was so groot soos die palm van my hand en daar was meer as omtrent 30 sontrale reg rondom die son, waar die onderste strale aan die grond geraak het. Ek het toe op daardie oomblik, hierdie absolute kalmte oor my gevoel. Dit was so wonderlik!!! Ek het geweet dat dit die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) en YAHUSHUA (JESUS) was wat hierdie kalmte oor my gebring het.
Ek het toe Elisabeth (Elisheva) dieselfde aand gekontak, en sy E-pos toe die volgende aan my terug:
"Dear Brother I am so overcome with emotion to think how much YAHUSHUA(JESUS) loves me to put my name on that electrical supply box.
With the words
take, and
trust. I asked HIM why those two words, and HE said "
he was telling you to take and trust the words that Elijah speaks forth for it is all truth. My mothers maiden name was Elias and my Father's name was Elijah.
I use my maiden name because the anointing in it is so strong.
All this is in my testimony."
Dit is my storie hoe ek op die AmightyWind webwerf afgekom het en die ware waarheid omtrent YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (JESUS) begin uitvind het.
Die webwerf leer ons van die ware name van die Liewe Vader en SY Seun, ons Messias.
Ons leer ook van die ware Sabbat en dinge wat nog in die einde van tye gaan gebeur.
Die webwerf adres is
Amightywind of
Allmightywind
Lees gerus verder hoe ek oor en oor bevestiging gekry het dat die webwerf net die waarheid spreek en dat dit definitief ons Hemelse Vader en SY Seun is wat met ons praat.