Ek sien YAHUVEH se Hand in die wolke.
19 Oktober 2007
Ek was besig om in my motor te ry.
Skielik sien ek wolke in die lug wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. Dit is toe dat ek voel hoe die HEILIGE GEES vir my sê dat ek moet stop en in die lug moet opkyk. Ek het dadelik my motor tot stilstand gebring en uitgeklim.
Ek kon nie glo wat ek sien nie!! Ek het nie woorde gehad nie!
Reg bokant my in die lug het die wolke sulke eienaardige kolomme gevorm. Dit het letterlik gelyk soos massiewe vingers van 'n hand. Dit is toe dat ek besef, maar dit is 'n hand. Dit moet ABBA YAHUVEH se hand wees! Ek het nie woorde gehad nie.
Ek kon letterlik 'n palm van 'n hand, en vyf vingers, in die wolke sien. Die son het helder tussendeur twee vingers geskyn.
Behalwe YAHUVEH se hand, was daar 'n paar vlies wolkies in die lug. Ek het in my motor geklim en verder gery. 20 Sekondes later het ek by 'n rooi robot stilgehou. Tot my verbasing was die hand weg en die hele lugruim toegetrek met donker onweers wolke. Ek kon nie glo dat die lug in so 'n kort tydjie skiliek net toegetrek is nie. Die weerlig het geblits en dit wou begin reën.
Later die dag het ek die profeet op die
Amightywind of
Allmightywind webwerwe gekontak en haar vertel dat ek YAHUVEH se hand in die wolke gesien het.
Haar antwoord was "YAHUVEH het vir my gesê dat dit wel SY hand was wat jy vandag gesien het. Dit is 'n hand van beskerming vir die wat HOM ken en vir die wat HY ken. Maar dit is ook SY hand wat SY woede oor die land gaan uitstort a.g.v. al die mense se sondes."
Die volgende dag het ek ook bevestiging by 'n ander profeet gekry, wat vroeër die jaar, ook YAHUVEH se hand bokant Suid Afrika, in die lug gesien het.