YAHUVEH (GOD) red my van 'n kar ongeluk en wys vir my 'n klein reënboog.
10 September 2007
Daar het gister 'n wonderwerk gebeur. YAHUVEH het my lewe gespaar. Prys ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA en die HEILIGE GEES!!
Dit was so 7 namiddag en alreeds donker. Ek wou vinnig winkel toe ry om brood en melk te gaan koop. Ek vertrek toe by die huis en ry na die naaste winkel.
By die eerste robot het ek stilgehou en vir die rooi lig gewag.
'n Ruk later het die robot groen geword en ek sit toe die die kar in eerste rat. Die volgende oomblik voel ek net hoe die HEILIGE GEES binne in my, vir my sê dat ek eers moet wag, voordat ek versnel. Ek haal toe my voet van die versneller af. Ek het skaars twees sekondes gewag, toe ek skielik hoor hoe 'n ander motor se bande skree. Toe ek opkyk, sien ek hoe 'n rooi motor na die robot toe gejaag kom en dat hy dit nie sal maak om te stop nie. Die persoon het toe remme aangeslaan, maar tervergeefs. Sy motor het oor die robot geskuif en soos blits voor my motor se neus verby gegaan.
Die persoon in die rooi motor was dronk en hy het oor albei bane geslinger. Net daar het ek besef dat as die HEILGE GEES (RUACH HA KODESH) my nie gewaarsku het nie, sou daardie rooi kar verseker in my vasgery het.
Ek Prys YAHUSHUA, omdat HY my voor die tyd gewaarsku het.
Nadat ek by die winkel aangekom het, gebeur iets verstommend..
Ek wou net uit my motor klim, toe ek skielik besef dat daar 'n klein reënboog in my kar is. Ja, die reënboog het oor my stuurwiel en kar sitplek en oor my bene gehang. Ek was stomgeslaan. Daar was geen sonlig wat hierdie reënboog kon vorm nie. Daar was ook geen lig van buite af wat so iets kon vorm nie.
Die volgende oomblik toe ruik ek hierdie soet geur in my kar. Dt was die mees wonderlikste soet geur wat ek nog ooit geruik het. Al wat in my gedagtes ingekom het, was dat dit soos melk en koekies ruik. Ek sê toe ook sommer kliphard, "Ahhh, melk en koekies..".
Dit was 'n baie soet geur, wat ek nie kon beskryf nie.
Deesdae leer ons dat wanneer YAHUSHUA ons besoek, dat daar 'n wonderlike soet geur in die lug is.
YAHUSHUA het nou onlangs Profeet Elisheva Eliyahu besoek en sy het die wonderlikste geur van rose geruik. Dit was die heeltyd daar terwyl HY teenwoordig was. Lees gerus meer hieroor in AmightyWind Profesie 130. "YAHUSHUA verskyn aan Elisheva Eliyahu as die Roos van Sharon." Ons dien 'n groot GOD!! Prys YAHUVEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH HA KODESH in die hoogste Hemele!!