YAHUVEH (GOD) het SY ware Hebreeuse Naam vir ons in die wolke geskryf.
5 Junie 2007
Ons het die dag by vriende en familie op 'n plaas gekuier. Tydens een van ons gesprekke het ek dit aan die mense bekend gemaak dat ons Hemelse Vader wil hê dat ons SY ware Hebreeuse Naam moet ken en gebruik.
Ons het lekker gekuier en ons het later die middag vertrek. Terwyl ek deur een van die plaashekke gery het, het ek skielik gevoel dat die HEILIGE GEES vir my sê dat ek in die lug moet opkyk.
Ek het geluister vir hierdie stem binne in my en het dadelik opgekyk. Tot my verbasing sien ek toe wolke wat eienaardige formasies form. Dit het kompleet gelyk of daar romeinse syfers in die lug geskryf was. Iets soos XL, maar ek was verkeerd..
Na 'n tweede deeglike kyk na die wolke, sien ek toe dat dit massiewe letters is wat in die lug gevorm word, deur die wolke. Ek lees toe die volgende....Y......A.....H..... YAH!! Die direkte Hebreeuse vertaling van ons Hemelse ABBA YAHUVEH of YAHWEH. In kort word dit as YAH uitgespreek. My oë was vol trane toe ek besef wat aan die gang was.
Ons Vader het ook vir ons op die
Amightywind of
Allmightywind webwerwe vertel dat SY Naam binne in SY Seun, JESUS se Naam voorkom. JESUS word in Hebreeus as YAHUSHUA of YAHSHUA gespel.
Die NAAM NAAM YAHUSHUA beteken "YAH saves" of "YAH red".
Die NAAM YAH is in die NAAM YAHUSHUA.
Toe YAHUSHUA op die aarde was het HY gesê EK kom in die NAAM van MY Vader. En nou sien ons wat HY bedoel het.
Die NAAM Jesus is net 300 jaar oud en dit is 'n Griekse Naam.
Die NAAM YAHUSHUA is 'n Hebreeuse NAAM en HY was as 'n Jood (Hebreër) gebore. Nie 'n Griek nie.
Die NAAM YAHUSHUA is uitgevee en selfs uit die bybels gehaal, toe hulle begin het om die bybels oor te vertaal.
Daar is krag in die NAME YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Groter salwingskrag as wat julle nog ooit ervaar het. Kyk na die wonderwerke in my lewe en sien dit as getuienis dat dit wat ek gelei word om hier vir julle te sê, die Waarheid is.
Jesaja 29:23-24
Want as hy, sy kinders die werk van MY hande in hulle midde sien, sal hulle MY NAAM Heilig.
Ja, hulle sal die Heilige van Jakob Heilig en vir GOD van Israel met ontsag vervul wees.
Mense! Dit is so wonderlik!! Dit is so groot!! Ons ABBA Vader YAHUVEH het SY NAAM vir ons in die wolke geskryf. HY het al oor en oor vir ons vertel watter salwings krag daar is, deur HOM en SY Seun se ware Hebreeuse Name te gebruik. Nou het HY dit so duidelik aan ons deurgegee, deur SY NAAM vir ons in die wolke te skryf. Prys ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) in die Hoogste Hemele!!!
HalleluYAH!!
Twee dae later, het ek, gelei deur die HEILIGE GEES, deur 'n klein boek winkeltjie gestap. Skielik het ek gevoel dat ek net 'n sekere boekie van die rak moet afhaal en iets daarin lees. Die skrif wat ek toe lees, was die volgende.
Maleagi 4:2
Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar
sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.