My ontmoeting met Elisheva Eliyahu, nadat ek vir 3 maande bid en vir ABBA YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (Jesus) vra vir 'n sleepwa.

1 Maart 2007

Dit was Desember 2006 en dinge in Suid Afrika het skielik baie deurmekaar begin lyk. Daar was oral stakings en die mense van die staatsdienste was ook besig om te staak. By hospitale het hulle ook gestaak. Daar was geweldig baie krag onderbrekings en die petrol en diesel het ook kort kort opgeraak in sekere stede.

Ek het gevoel dat indien die stakings sou aanhou en dinge hand uit ruk, ek nie langer in die stad wil wees nie. Ek sal eerder by 'n plek wil wees waar die stakings my nie so hewig sou raak nie. Iewers op 'n plaas, of in die veld, weg van enige geweld.

In dieselfde tyd het YAHUVEH opdrag aan Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) ander profete gegee om as sendelinge deur die wêreld te reis. En op daardie stadium was hulle in Suid Afrika, nadat YAHUVEH hulle vir 'n tydperk na Europa toe gestuur het.

Ek het ek ook as web ontwerper uitgehelp op die Amightywind of Allmightywind webwerwe, en soos YAHUVEH en YAHUSHUA nuwe Woorde en drome aan Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) gegee het, het ek dit dan bygevoeg op die Amightywind webwerf. Ek het vir YAHUSHUA gesê dat ek dit uit liefde vir HOM doen en dat ek geen salaris daarvoor vra nie. Ek was in die bevoorregte posisie om my eie besigheid te hê. So ek kon enige tyd uithelp op Amightywind wanneer dit nodig was. So het ek vir 'n hele paar maande uitgehelp. Sommige maande het dit finansieël baie sleg gegaan, maar dan het ek net vertrou en YAHUSHUA het dan op wonderbaarlike wyses finansieël voorsien. Sommige maande het ek genoeg gehad om dalk 'n pakkie chips en 'n koeldrank vir my te koop en ek was selfs bereid om op te hou om sjokolade te koop, alhoelwel ek 'n soettand het, het ek hierdie dingetjies prysgegee, sodat ek net meer geld vir my kon spaar om my maandelikse uitgawes te bekostig.

Terug na die stakings, ek het toe een dag gevoel dat ek 'n sleepwa nodig het, indien ek sou besluit om net op te pak en iewers anders heen te gaan. Ek het besef dat ek nie al my goed in my voertuig sou kon laai nie.

Dit is toe dat ek begin bid vir 'n sleepwa. Ek begin toe elke dag, oggend middag en aand bid dat ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA vir my 'n sleepwa sou gee. Dat HULLE vir my finansieël sou bystaan om 'n sleepwa te kan koop. En ek glo toe ook in geloof dat HULLE dit vir my sou doen. Want my geloof het baie gegroei en ons lees in Mattheus 7:7-8 dat wanneer ons bid vir ons gegee sal word, en wanneer ons soek, ons sal vind, en wanneer ons klop, daar vir ons oopgemaak sal word. Maar ons moet in geloof bid, en soek en klop aan die Hemel se deur, in YAHUSHUA se NAAM.

Ek het gebid in die Hebreeuse NAAM van Jesus. In die NAAM van YAHUSHUA!

Ek het vir 3 maande so gebid en net in geloof geglo dat ek sal ontvang waarvoor ek vra.

Ek het toe ook Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) hulle se foon nommer gehad, omdat ons gereeld dinge van die Amightywind webwerf bespreek het.

En een middag bel sy my uit die bloute en vertel vir my dat hulle 'n verrsasing vir my het. Haar woorde aan my was dat YAHUSHUA vir my iets wil gee. Ek was so opgewonde. Ek sê toe aan haar dat hulle dit vir my in die pos kan stuur. En ek wou toe my pos adres vir haar gee, maar sy sê toe nee, ek sal dit by hulle moet gaan haal. Sy verduidelik my toe dat hulle in Port Alfred bly. Ek stem toe in en ek reël toe ook so dat ons sommer die volgende naweek na Port Alfred toe ry.

Ons vertrek toe vroeg die Vrydag oggend. Maar dit was 'n nagmerrie rit. Ons het amper die hele dag op die pad spandeer en op 3 geleendhede het daar trokke van voor gekom wat ander karre verbygesteek het, en ons net net gemis het. Maar YAHUSHUA was met ons en HY het nie toegelaat dat ons enige iets sou oorkom nie.

Later die middag kom ons toe in Port Alfred aan. Ek bel toe Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) hulle, en hulle verduidelik my toe waar hulle bly. Die ontmoeting met met Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) en Kathrynyah en Adam was absoluut so wonderlik!! Wow!! Hulle is sulke geesvervulde en liefdevolle mense. Dit is asof YAHUSHUA binne in elkeen van hulle is. Elisabeth (Elisheva) en Kathrynyah se oë glinster ook van die RUACH HA KODESH binne in hulle.

Ek het lekker gelag toe Adam sommer dadelik wou begin geestelike liedjies sing en YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH net wou begin loof en prys. Dit was so wonderlik.

Adam vra my toe om saam met hom na die motorhuis te gaan. Hy maak toe die deur oop en daar staan 'n sleepwa, Town en Country MK II. Wow!! En hulle sê toe, YAHUSHUA sê dit is joune, dit is jou geskenk vanaf HOM. HY sê baie dankie vir al die harde werk wat jy gedoen het op die Amightywind webwerf. Baie dankie vir alles wat jy opgeoffer wat om uit te help en die dinge wat YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH vanuit die Hemel spreek, aan die wêreld bekend te kan maak.



Wow!! Ek was spraakloos en opgewonde en stomgeslaan. Hoe kon enige iemand weet dat ek gebid en gevra het vir 'n sleepwa? Hoe het hulle geweet dat ek altyd in Centurion by die Game winkelsentrum dieselfde sleepwa gesien het, die Town en Country MK II. Dieselfde grootte en als. Dit was 'n saak tussen my ons onse Here YAHUSHUA HA MASHIACH. Net HY het geweet waarvoor ek bid. Net HY het geweet dat ek op my eie altyd na die Game winkelsentrum gegaan het om na die sleepwaens te kyk. Net HY het geweet dat ek geglo het dat ek wel eendag een sal kry.

En dit was nie al nie, toe hulle die sleepwa se deksel oopmaak staan daar 'n kragopwekker van R7000, 4 kanne volgemaak met diesel. Pakke soppoeier, pakke suiker, sout, sopmengsel, blikkies kos, toiletpapier, panne, ens...

Elisabeth (Elisheva) sê toe dat ABBA YAH ook vir hulle gesê het om 'n halwe bees se vleis vir ons te gee. En hulle gaan wys toe ook vir ons die vleis in die vrieskas. Wow! Wow! Wow!!

ABBA YAHUVEH het my gebede beantwoord. HY het gehoor waarvoor ek gevra het in gebed. HY het aan SY getroue profete bekendgemaak dat hulle die sleepwa vir my moet koop. En hulle was net gehoorsaam. Hulle het van die Amightywind bediening se donasie geld geneem en die sleepwa en kragopwekker en al die ander toerusting gekoop, sonder om vrae te vra, omdat hulle YAHUVEH vrees en net 100% aan HOM gehoorsaam wil wees soos HY ons in SY Woord die Bybel leer. HalleluYAH!!

Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) is so 'n geesvervulde, liefdevolle mens en sy dien ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH met haar hele hart en hele siel en haar hele verstand en met al haar krag. Sy is 'n ware eindtyd profeet en sy wil altyd net doen wat YAHUVEH en YAHUSHUA vir haar sê om te doen. Sy spreek die Woorde wat HULLE aan haar gee, net weer so voort, want sy weet dat dit 'n vreeslike ding is wanneer jy in die hande van ons Skepper val en SY Woorde verdraai het, of van dit weggenaam het, of iets by SY Woorde bygevoeg het. Sy vrees HOM, soos ons almal moet doen, en sy wil net 100% gehoorsaam wees aan HOM.

YAHUVEH noem Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) SY "Elijah of New", omdat sy soos Elia van Ouds in hierdie eindtyd opstaan en nie wegskram of wegvlug waar YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH vir haar vra om HULLE Ware Woorde aan die nasies bekend te maak nie.

Maleagi 4:5
Kyk, EK stuur julle die profeet Elia (Elijah) voordat die groot en vreeslike dag van YAHUVEH aanbreek.




CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred