YAHUSHUA (JESUS) verskyn aan my op 'n wonderbaarlike wyse

Mei 2006

Ek het die voorreg om van my huis af te werk.

Een oggend, terwyl ek besig was om in my studeerkamer te sit en werk, hoor ek, ewe skielik hierdie harde voetstappe van 'n persoon wat na my huis toe aangestap kom. Soos blits spring ek toe van my stoel af om te kyk wie dit is.

Teen die tyd wat ek die venster bereik het, het die persoon alreeds verby gestap en kon ek nie regtig sien wie dit was nie. Al wat ek kon uitmaak was dat dit 'n fris geboude wit man was, met 'n kakie broek en 'n blou hemp. Sy hare was donkerbruin.

Die honde het begin blaf en ek was onder die indruk dat die man enige oomblik aan die deur sou klop. Terwyl ek na die voordeur geloop het, het ek uit die bloute 'n eienaardige fluit geluid gehoor. Die geluid het net harder en harder begin raak en ek kon nie verstaan wat se fluit geluid dit was nie.

Ek was baie verbaas en het nie regtig verstaan wat aan die gang was nie. My honde het onophoudelik geblaf. 'n Paar sekondes later het die fluit geluid skielik opgehou en toe begin die honde baie vreemd optree. Dit was amper asof hulle begin tjank het. Meteens gebeur daar iets wat my heeltemal stomgeslaan het..

Die volgende oomblik, hoor ek, hoe my tuinwerker kliphard begin praat. Nou was ek baie verbaas en het ek nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie. Ek hoor toe duidelik hoe my tuinwerker die tuinhek begin oopgemaak en langs die huis ingegaan.

Ek het by die venster probeer uitloer en kyk waar die man met die kakie broek en blou hemp was. Hy was skoonveld. Daar was geen teken van hom nie.

Ek wonder toe, "hoekom het ek nie die wit man verby die venster sien terugloop nie? Hoekom het ek nie die man se harde voetstappe gehoor toe hy terugloop nie?

Die volgende oomblik hoor ek toe my tuinwerker by my agterdeur aankom. Ek hardloop toe vinnig na die agterdeur en sluit dit oop.

Net daar gebeur daar iets wat ek nie kan verduidelik nie..

Ek het na my tuinwerker gekyk en wou hom soos gewoonlik groet.

Maar die gesig wat ek toe gesien het, het my laat vries.

Dit is moeilik om te verduidelik, maar op daardie oomblik het ek die gesig van 'n ander man, binne in syne gesien. Die man se hare was spierwit en hy het 'n baard gehad wat ook wit was. Hy het met die sagste groot blou oë na my gekyk en vir my geglimlag. Ek het toe ook bewerig terug geglimlag.

Ek was stomgeslaan. Ek het half benoud geraak en ek het toe vinnig weggekyk. Toe ek weer terugkyk, sien ek nogsteeds die gesig van die vriendelike man met die blou oë. En hy geglimlag steeds.

Sekondes later begin hy omdraai en wegstap en net met die knip van my oë, besef ek skielik dat ek weer my tuinwerker se gesig hier voor my sien. En soos hy wegstap draai hy sy gesig skyns sodat ek nog sy oë kan sien. En ek merk toe op dat sy oë nog groot en blou was. En toe begin sy oë vanself weer kleiner word en hulle kleur verander van blou na bruin. Ek kon fisies sien hoe sy oë se grootte verander en hoe sy oë bruin word.

HalleluYAH!!

Ek was stomgelsaan!!!

My tuinwerker het kort swart hare, sonder 'n baard, met bruin oë. Nou kan julle verstaan hoekom ek so uit die veld geslaan was toe ek hierdie ander gesig, binne in syne sien.

U kan net dink hoe ek moes voel en wat ek moes dink.

Ek was geskok en kon nie 'n woord uitkry nie.

Ek sluit toe die deur oop en stap nader aan hom. Sy gesig was weer normaal. Soos ek nader aan hom kom, probeer ek die heeltyd in sy oë kyk, om daardie sagte, vriendelike, blou oë te sien.

Hy het weer na my gekyk en my gegroet, maar sy oë was steeds die bruin kleur wat dit altyd was.

Sy hare wasso kort soos altyd en sy gesig was skoongeskeer.

Ek was uit die veld geslaan.

Ek het hoendervleis regoor my liggaam gehad.

Ek was waarlik so stomgeslaan dat ek net vir 'n paar minute gaan sit het en die hele gebeurtenis oordink het.

Vir weke lank het ek oor en oor gewonder wie se gesig dit kon wees.

Een middag het YAHUSHUA (JESUS) dit toe duidelik vir my in die bybel gewys.

Dit was so 3 uur die middag. Ek het op die bank gesit en bybel gelees.

My bybel was by Handelinge 20 oop gewees. Terwyl ek so rustig gesit en lees het, het my selfoon gelui. Ek antwoord toe en gesels met die persoon. My hand was die heeltyd op die bybel, sodat ek nie my plek sou verloor nie.

Nadat ons klaar gesels het besluit ek toe om verder te lees.

Tot my absolute verbasing vind ek toe dat my bybel nie meer oop was by die teks gedeelte van Handelinge 20 nie, maar dat dit by Handelinge hoofstuk 26 oop was!! Ek kon my oë nie glo nie. "Wat het nou net hier gebeur", dink ek toe by myself.

Ek was doodseker dat die bybel oop was by Handelinge 20, omdat ek spesifiek 'n gedeelte gelees het waar YAHUSHUA (JESUS) vir ons sê dat ons moet klaarmaak met die werk wat HY aan ons gegee het om te doen.

Handelinge 20:24 (Ou vertaling)

"Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God."

Ek begin toe Handelinge 26 lees en vind toe dat die gedeelte handel oor Paulus wat nog nie gered was nie, en waar YAHUSHUA (JESUS) aan hom verskyn het en aan HOM gesê het dat hy vir die mense moet sê wat hy gesien het en ook alles verder aan hulle moet vertel wat YAHUSHUA (JESUS) nog aan hom gaan openbaar.

Net daar besef ek toe dat die RUACH HA KODDESH (HEILIGE GEES) vir my met die skrifgedeelte van Handelinge 26 wou sê dat dit ook YAHUSHUA (JESUS) was wat ek daardie oggend hier buite my huis, in die vorm van my tuinwerker gesien het.

Handelinge 26:14-16 (Ou vertaling)

"En toe ons almal op die grond val, hoor ek 'n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg. Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot 'n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,

Ek Prys YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (Jesus) en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) vir daardie wonderbaarlike ondervinding wat ek gehad het. My Messias het werklik hier buite ons huis gestaan en SY gesig aan my openbaar!!!

HalleluYAH!!!

Mense, hierdeur kan ons sien dat wonderwerke nog steeds gebeur, en dat ons waarlik waarlik in die einde van tye leef. Die tyd is min. Ons KONING KOM terug. Nou is die tyd om jou lewe reg te maak. Nou is die tyd om terug te draai na HOM. Nou is die tyd om tot HOM te roep soos nog nooit tevore nie. Nou is tyd om meer heilig te word. Nou is die tyd om vir HOM te vra om in jou hart te kom bly. Nou is die tyd om jou lewe reg te kry, want more is dalk te laat. Niemand wil agterbly wanneer HY kom om SY Bruid te kom haal nie.

Niemand wil die rowwe tye deurmaak wat hierdie land en die res van die wêreld in die gesig staar nie. Niemand wil deur die Groot Verdrukking van 7 jaar gaan, wat baie naby is nie. Nou is die tyd om tot HOM te roep in Sy Hebreeuse NAME. Nou is die tyd om HOM te soek soos nog nooit tevore nie. Nou is die tyd om 'n verhouding met HOM te begin. Geen kerk, dominee, pastoor of geestelike leier kan vir jou 'n plek in die Hemel waarborg nie. Al wat saakmaak is jou verhouding met HOM. Draai weg vanaf jou sondes. Vra YAHUSHUA\Jesus Christus om jou sondes skoon te was. Vra HOM om jou te help om alle sondes in jou lewe skoon te was. Geen sonde word in die Hemel toegelaat nie. Net HY kan jou help. Net SY Bloed kan jou skoonwas.

Begin om heiligheid na te streef. Begeer om daagliks meer heilig te lewe. Begeer om ons KONING bly te maak in alles wat jy doen. Begeer om SY Bruid te wees. Nie almal kan SY Bruid genoem word nie. Nie almal is waardig om te kan sê dat hy deel is van SY Bruid nie.

Hou op om die leuen te glo dat die kerk weggraap gaan word. Dit is nie waar nie. YAHUVEH GOD sê vir ons "Oordeel begin by die kerk". Hou op om te glo dat almal in die kerk, die Bruid is. YAHUSHUA deel groot geheime met ons. HY sê dat nie een, nie een van SY Bruid sal meer in die kerk wees en Sondag kerk aanbidding doen, wanneer HY SY Bruid kom haal nie. SY Bruid sal al die Gebooie van die Tien Gebooies onderhou. En die 4de Gebod sê, "Hou die Sabbatdag Heilig". Vra enige pastoor of dominee watter dag is die Ware Sabbatdag, en hy moet dan erken dat dit die Saterdag is en nie die Sondag nie.

Kliek hier en lees hierdie webblad en sien die WAARHEID wat die RUACH HA KODESH vir ons vanuit die Hemel openbaar in verband met Sondag kerke wat verbind word met die antichris. (Webblad nog net in engels beskikbaar..)



CLICK HERE or the image below to go directly to her youtube channel
YAHSladyinred