Wonderwerke


Die volgende is wonderwerke wat YAHUSHUA (JESUS) aan my en my familie openbaar het.
Voel asseblief vry om enige wonderwerke wat u ondervind het, vir my te stuur, sodat ek dit hier kan publiseer.
Stuur 'n e-pos na die adres.


Webblad is 10 Junie 2017 opgedateer. Ek het 'n nuwe getuienis by nommer (5) bygevoeg.

Kliek hier en sien hoekom gebruik ons die Ware Hebreeuse NAME van GOD en Jesus Christus

1) YAHUSHUA (JESUS) verskyn aan my op 'n wonderbaarlike wyse
Mei 2006


2) Ek word deur 'n wonderwerk gelei na die eindtyd webwerf, AmightyWind, waar YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (JESUS) weer met ons praat. YAHUVEH (GOD) het die profeet van die webwerf se naam op 'n kragboks in Suid Afrika geskryf.
10 Junie 2006


3) Deur 'n wonderwerk kry ek meer as R9000 terug vanaf SARS, waar ek R5000 geskuld het.
17 Junie 2006


4) 'n Engel (in die vorm van 'n swart boemelaar) verskyn verskeie kere aan my en my familie.
5 Julie 2006 - 15 Julie 2006


5) My ontmoeting met Elisheva Eliyahu, nadat ek vir 3 maande bid en vir ABBA YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (Jesus) vra vir 'n sleepwa.
1 Maart 2007


6) YAHUVEH (GOD) het SY ware Hebreeuse Naam vir ons in die wolke geskryf.
5 Junie 2007


7) YAHUVEH (GOD) red my van 'n kar ongeluk en wys vir my 'n klein reënboog.
10 September 2007


8) Ek sien die bloed van YAHUSHUA terwyl ek gedoop word.
16 September 2007


9) Ek sien YAHUVEH se Hand in die wolke.
19 Oktober 2007






1) YAHUSHUA (JESUS) verskyn aan my op 'n wonderbaarlike wyse
Mei 2006
Gaan na bo
Ek het die voorreg om van my huis af te werk.
Een oggend, terwyl ek besig was om in my studeerkamer te sit en werk, hoor ek, ewe skielik hierdie harde voetstappe van 'n persoon wat na my huis toe aangestap kom. Soos blits spring ek toe van my stoel af om te kyk wie dit is.
Teen die tyd wat ek die venster bereik het, het die persoon alreeds verby gestap en kon ek nie regtig sien wie dit was nie. Al wat ek kon uitmaak was dat dit 'n fris geboude wit man was, met 'n kakie broek en 'n blou hemp. Sy hare was donkerbruin.

Die honde het begin blaf en ek was onder die indruk dat die man enige oomblik aan die deur sou klop. Terwyl ek na die voordeur geloop het, het ek uit die bloute 'n eienaardige fluit geluid gehoor. Die geluid het net harder en harder begin raak en ek kon nie verstaan wat se fluit geluid dit was nie.

Ek was baie verbaas en het nie regtig verstaan wat aan die gang was nie. My honde het onophoudelik geblaf. 'n Paar sekondes later het die fluit geluid skielik opgehou en toe begin die honde baie vreemd optree. Dit was amper asof hulle begin tjank het. Meteens gebeur daar iets wat my heeltemal stomgeslaan het..

Die volgende oomblik, hoor ek, hoe my tuinwerker kliphard begin praat. Nou was ek baie verbaas en het ek nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie. Ek hoor toe duidelik hoe my tuinwerker die tuinhek begin oopgemaak en langs die huis ingegaan.

Ek het by die venster probeer uitloer en kyk waar die man met die kakie broek en blou hemp was. Hy was skoonveld. Daar was geen teken van hom nie.
Ek wonder toe, "hoekom het ek nie die wit man verby die venster sien terugloop nie? Hoekom het ek nie die man se harde voetstappe gehoor toe hy terugloop nie?
Die volgende oomblik hoor ek toe my tuinwerker by my agterdeur aankom. Ek hardloop toe vinnig na die agterdeur en sluit dit oop.

Net daar gebeur daar iets wat ek nie kan verduidelik nie..
Ek het na my tuinwerker gekyk en wou hom soos gewoonlik groet.
Maar die gesig wat ek toe gesien het, het my laat vries.
Dit is moeilik om te verduidelik, maar op daardie oomblik het ek die gesig van 'n ander man, binne in syne gesien. Die man se hare was spierwit en hy het 'n baard gehad wat ook wit was. Hy het met die sagste groot blou oë na my gekyk en vir my geglimlag. Ek het toe ook bewerig terug geglimlag.

Ek was stomgeslaan. Ek het half benoud geraak en ek het toe vinnig weggekyk. Toe ek weer terugkyk, sien ek nogsteeds die gesig van die vriendelike man met die blou oë. En hy geglimlag steeds.

Sekondes later begin hy omdraai en wegstap en net met die knip van my oë, besef ek skielik dat ek weer my tuinwerker se gesig hier voor my sien. En soos hy wegstap draai hy sy gesig skyns sodat ek nog sy oë kan sien. En ek merk toe op dat sy oë nog groot en blou was. En toe begin sy oë vanself weer kleiner word en hulle kleur verander van blou na bruin. Ek kon fisies sien hoe sy oë se grootte verander en hoe sy oë bruin word.
HalleluYAH!!

Ek was stomgelsaan!!!

My tuinwerker het kort swart hare, sonder 'n baard, met bruin oë. Nou kan julle verstaan hoekom ek so uit die veld geslaan was toe ek hierdie ander gesig, binne in syne sien.

U kan net dink hoe ek moes voel en wat ek moes dink.

Ek was geskok en kon nie 'n woord uitkry nie.
Ek sluit toe die deur oop en stap nader aan hom. Sy gesig was weer normaal. Soos ek nader aan hom kom, probeer ek die heeltyd in sy oë kyk, om daardie sagte, vriendelike, blou oë te sien.
Hy het weer na my gekyk en my gegroet, maar sy oë was steeds die bruin kleur wat dit altyd was.
Sy hare wasso kort soos altyd en sy gesig was skoongeskeer.

Ek was uit die veld geslaan.
Ek het hoendervleis regoor my liggaam gehad.
Ek was waarlik so stomgeslaan dat ek net vir 'n paar minute gaan sit het en die hele gebeurtenis oordink het.

Vir weke lank het ek oor en oor gewonder wie se gesig dit kon wees.

Een middag het YAHUSHUA (JESUS) dit toe duidelik vir my in die bybel gewys.

Dit was so 3 uur die middag. Ek het op die bank gesit en bybel gelees.
My bybel was by Handelinge 20 oop gewees. Terwyl ek so rustig gesit en lees het, het my selfoon gelui. Ek antwoord toe en gesels met die persoon. My hand was die heeltyd op die bybel, sodat ek nie my plek sou verloor nie.

Nadat ons klaar gesels het besluit ek toe om verder te lees.
Tot my absolute verbasing vind ek toe dat my bybel nie meer oop was by die teks gedeelte van Handelinge 20 nie, maar dat dit by Handelinge hoofstuk 26 oop was!! Ek kon my oë nie glo nie. "Wat het nou net hier gebeur", dink ek toe by myself.
Ek was doodseker dat die bybel oop was by Handelinge 20, omdat ek spesifiek 'n gedeelte gelees het waar YAHUSHUA (JESUS) vir ons sê dat ons moet klaarmaak met die werk wat HY aan ons gegee het om te doen.

Handelinge 20:24 (Ou vertaling)
"Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God."


Ek begin toe Handelinge 26 lees en vind toe dat die gedeelte handel oor Paulus wat nog nie gered was nie, en waar YAHUSHUA (JESUS) aan hom verskyn het en aan HOM gesê het dat hy vir die mense moet sê wat hy gesien het en ook alles verder aan hulle moet vertel wat YAHUSHUA (JESUS) nog aan hom gaan openbaar.

Net daar besef ek toe dat die RUACH HA KODDESH (HEILIGE GEES) vir my met die skrifgedeelte van Handelinge 26 wou sê dat dit ook YAHUSHUA (JESUS) was wat ek daardie oggend hier buite my huis, in die vorm van my tuinwerker gesien het.

Handelinge 26:14-16 (Ou vertaling)
"En toe ons almal op die grond val, hoor ek ‘n stem met my spreek en in die Hebreeuse taal sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. Toe sê ek: Wie is U, Here? En Hy sê: Ek is Jesus wat jy vervolg. Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot ‘n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn,


Ek Prys YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (Jesus) en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) vir daardie wonderbaarlike ondervinding wat ek gehad het. My Messias het werklik hier buite ons huis gestaan en SY gesig aan my openbaar!!!

HalleluYAH!!!

Mense, hierdeur kan ons sien dat wonderwerke nog steeds gebeur, en dat ons waarlik waarlik in die einde van tye leef. Die tyd is min. Ons KONING KOM terug. Nou is die tyd om jou lewe reg te maak. Nou is die tyd om terug te draai na HOM. Nou is die tyd om tot HOM te roep soos nog nooit tevore nie. Nou is tyd om meer heilig te word. Nou is die tyd om vir HOM te vra om in jou hart te kom bly. Nou is die tyd om jou lewe reg te kry, want more is dalk te laat. Niemand wil agterbly wanneer HY kom om SY Bruid te kom haal nie.

Niemand wil die rowwe tye deurmaak wat hierdie land en die res van die wêreld in die gesig staar nie. Niemand wil deur die Groot Verdrukking van 7 jaar gaan, wat baie naby is nie. Nou is die tyd om tot HOM te roep in Sy Hebreeuse NAME. Nou is die tyd om HOM te soek soos nog nooit tevore nie. Nou is die tyd om 'n verhouding met HOM te begin. Geen kerk, dominee, pastoor of geestelike leier kan vir jou 'n plek in die Hemel waarborg nie. Al wat saakmaak is jou verhouding met HOM. Draai weg vanaf jou sondes. Vra YAHUSHUA\Jesus Christus om jou sondes skoon te was. Vra HOM om jou te help om all sondes in jou lewe skoon te was. Geen sonde word in die Hemel toegelaat nie. Net HY kan jou help. Net SY Bloed kan jou skoonwas.

Begin om heiligheid na te streef. Begeer om daagliks meer heilig te lewe. Begeer om ons KONING bly te maak in alles wat jy doen. Begeer om SY Bruid te wees. Nie almal kan SY Bruid genoem word nie. Nie almal is waardig om te kan sê dat hy deel is van SY Bruid nie.

Hou op om die leuen te glo dat die kerk weggraap gaan word. Dit is nie waar nie. YAHUVEH GOD sê vir ons "Oordeel begin by die kerk". Hou op om te glo dat almal in die kerk, die Bruid is. YAHUSHUA deel groot geheime met ons. HY sê dat nie een, nie een van SY Bruid sal meer in die kerk wees en Sondag kerk aanbidding doen, wanneer HY SY Bruid kom haal nie. SY Bruid sal al die Gebooie van die Tien Gebooies onderhou. En die 4de Gebod sê, "Hou die Sabbatdag Heilig". Vra enige pastoor of dominee watter dag is die Ware Sabbatdag, en hy moet dan erken dat dit die Saterdag is en nie die Sondag nie.

Lees hierdie webblad en sien die WAARHEID wat die RUACH HA KODESH vir ons vanuit die Hemel openbaar
in verband met Sondag kerke wat verbind word met die antichris.
(Webblad nog net in engels beskikbaar..)


2) Ek word deur 'n wonderwerk gelei na die eindtyd webwerf, AmightyWind, waar YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (JESUS) weer met ons praat. YAHUVEH (GOD) het die profeet van die webwerf se naam op 'n kragboks in Suid Afrika geskryf. En sodoende aan my bekend gemaak dat ek sal weet dat die woorde wat aan haar gespreek word, direk vanuit die Hemel gespreek word en ons kan glo en vertrou dat dit nie 'n mens se woorde is wat in die profesieë gespreek word nie, maar Woorde van ons Hemelse Vader YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (Jesus) en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES).

Kliek hier en sien hoekom gebruik ons die Ware Hebreeuse NAME van GOD en Jesus Christus

Die webwerf adres is http://www.amightywind.com of http://www.almightywind.com

10 Junie 2006
Gaan na bo
Een oggend, terwyl ek rondry in Centurion, hou ek toe by 'n robot stil. Net toe ek wegtrek, voel ek hierdie gevoel binne in my wat sê dat ek na my regterkant toe moet kyk. Ek sien toe 'n kragboks langs die pad staan, met woorde wat daarop gespuitverf was.

Ek besef toe dat ek die woorde moet lees. Ek lees toe die woorde "take" en "trust", wat in wit gespuitverf was. Die ander woord wat ek toe lees, was iets soos "Elia" of "Elisha". Maar ek kon nie die woord mooi lees nie, omdat die verf oor die woord geloop het. Dit was in oranje gespuitverf. Die woorde wat ek toe lees, het nie regtig sin gemaak nie. En ek vergeet toe daarvan.

'n Dag later ry ek toe weer verby die kragboks. Die twee woorde in wit "take" en "trust" was nog steeds daar. Maar toe sien ek iets besonders. Die ander woord in oranje, was toe oorgeverf in 'n pers kleur. Die keer het dit mooi die woord "Elijah" gespel. Daar was ook geen teken van die oranje verf van die vorige dag nie.




Net daar onthou ek toe dat ek so drie dae gelede op 'n webwerf skakel op die internet afgekom het, wat vertel het hoe 'n vroutjie met die naam Elisabeth (Elisheva) Sherrie Elijah (Eliyahu), 'n profetiese droom gehad het wat met die eindtyd te doen het.

Op dieselfde oomblik wat ek toe besef dat die woord "Elijah" wat ek op die kragboks lees, definitief verwys na die vroutjie op die internet wat 'n droom gehad het, kyk ek toe op na die wolke en sien die wonderlikste verskynsel wat 'n mens net in 'n bybelboek se prentjies sien.

Die son was so groot soos die palm van my hand en daar was meer as omtrent 30 sontrale reg rondom die son, waar die onderste strale aan die grond geraak het. Ek het toe op daardie oomblik, hierdie absolute kalmte oor my gevoel. Dit was so wonderlik!!! Ek het geweet dat dit die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) en YAHUSHUA (JESUS) was wat hierdie kalmte oor my gebring het.

Ek het toe Elisabeth (Elisheva) dieselfde aand gekontak, en sy E-pos toe die volgende aan my terug:

"Dear Brother I am so overcome with emotion to think how much YAHUSHUA(JESUS) loves me to put my name on that electrical supply box. With the words take, and trust. I asked HIM why those two words, and HE said " he was telling you to take and trust the words that Elijah speaks forth for it is all truth. My mothers maiden name was Elias and my Father's name was Elijah. I use my maiden name because the anointing in it is so strong. All this is in my testimony."

Dit is my storie hoe ek op die AmightyWind webwerf afgekom het en die ware waarheid omtrent YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (JESUS) begin uitvind het.
Die webwerf leer ons van die ware name van die Liewe Vader en SY Seun, ons Messias.
Ons leer ook van die ware Sabbat en dinge wat nog in die einde van tye gaan gebeur.

Die webwerf adres is http://www.amightywind.com of http://www.almightywind.com

Lees gerus verder hoe ek oor en oor bevestiging gekry het dat die webwerf net die waarheid spreek en dat dit definitief ons Hemelse Vader en SY Seun is wat met ons praat.


3) Deur 'n wonderwerk kry ek meer as R9000 terug vanaf SARS, waar ek R5000 geskuld het.
Wonderwerke het weer begin plaasvind, vandat ek begin bid het tot die Vader en SY Seun se ware HEILIGE name, YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (JESUS).

17 Junie 2006
Gaan na bo
Ek sukkel nou meer as 4 jaar lank met SARS (belasting). Die maatskappy waar ek laaste gewerk het, voordat ek my eie besigheid begin het, het veroorsaak dat ek 'n klomp moeilikheid met SARS gehad het. Elke jaar wat ek 'n aanslag gekry het, was daar R5000 verskuldig aan SARS. Dit was definitief as gevolg van 'n fout wat iemand gemaak het op die boeke van die maatskappy waar ek gewerk het. Om alles te kroon, was die maatskappy 'n paar maande gelede gelikwideer. Dit het veroorsaak dat SARS verwag het dat ek die uitstaande geld uit my eie sak moes betaal. So het dit vir 4 jaar lank aangehou.

Hierdie jaar het ek 'n finale aanslag vanaf SARS ontvang. Hulle het daarop aangedring dat ek die geld onmiddelik moes terugbetaal. 'n Week nadat ek die woorde "take", "trust" en "Elijah" (Sien Wonderwerk no. (2)) op die kragboks hier in Suid Afrika gelees het, het ek besluit om weer na die SARS kantoor te gaan en dan te reël dat ek 'n afbetaling kon maak op die uitstaande R5000 wat ek nog skuld.

Nadat ek tot bekering gekom het, het ek op die Almightywind webwerf geleer hoe belangrik dit vir ons Hemelse Vader en SY Seun is dat ons HULLE ware Hebreeuse Name moet gebruik. Groot wonderwerke het in my lewe begin plaasvind, vandat ek net tot YAHUVEH en YAHUSHUA bid.

Een belangrike ding wat ek geleer het is dat ons moet glo en vertrou. Dit maak nie saak hoe groot probleem ons het nie, YAHUSHUA altyd vir ons sal intree, indien ons net op HOM vertrou.


Ek het by die SARS kantoor aangekom en net by myself gewonder, "hoe kan ek ooit hierdie geld terugbetaal."

Ek het in die kantoor ingegaan en op die stoel gaan sit. Dadelik het ek begin verduidelik van die R5000 wat ek vir SARS skuld. Die persoon agter die rekenaar het op my rekening ingegaan en probeer vasstel wat die moeilikheid was. Sy het my belasting nommer ingevoer en op die sleutelbord begin tik. "Meneer, ek kan nie sien wat die probleem is nie", sê sy. "Wat bedoel jy", vra ek. "Skuld ek dan nie vir julle geld nie?"
"Ek druk gou vir u 'n staat, sodat u self kan sien.", sê sy.
Sy het opgestaan en 'n uitdruk van my aanslag vir 2006 gaan haal.
"Meneer, daar is geen probleem op die stelsel nie.", sê sy.
"Ek kan regtig nie sien waarom u so voel nie. Die stelsel sê dat u nie meer geld aan SARS skuld nie."

Hoe is dit moontlik, "wonder ek by myself."
Sy sê toe, "Eintlik skuld SARS vir u geld." Sy oorhandig toe die vorm, wat sy uitgedruk het, aan my.

Wat op aarde!! Roep ek kliphard uit, nadat ek die vorm gelees het. Daar staan toe geskryf, "Bedrag aan u verskuldig: R9712"

Onmiddelik het ek geen vrae meer gehad nie en die vroutjie bedank vir haar diens. Dit was ongelooflik. Dit het gevoel of ek droom. Dit was 'n wonderwerk!
Dankie YAHUSHUA!!!


4) 'n Engel (in die vorm van 'n swart boemelaar) verskyn verskeie kere aan my en my familie.
5 Julie 2006 - 15 Julie 2006
Gaan na bo
Die Engel verskyn aan my, langs die pad.
Die Engel verskyn aan my ouers.
Die Engel verskyn een aand laat, aan my langs die pad.
Die Engel verskyn aan my suster.


Die Engel verskyn aan my, langs die pad.

Dit was laat een Sondagmiddag. Ek was besig om in my kar te ry.

Die volgende oomblik sien ek langs die pad, verder vorentoe, 'n gedaante van 'n mens. Toe ek so 30 meter van hom af was, kom ek agter dat dit 'n swartman is. Hy het ou, verslonste klere gedra. Sy hare was swart, in die vorm van "dreadlocks". Hy het 'n lang baard gehad en hy was so in sy veertigs gewees. Net voordat ek verby hom sou ry, besef ek dat hy direk in my rigting kyk. Sy oë was stiptelik op my kar gerig. En toe ek nog nader aan hom kom, sien ek hy kyk spesifiek vir my.

Dit was die eienaardigste gevoel. So asof ek hierdie warm gevoel ewe skielik binne in my gehad het. Ek dink toe by myself, "Wat is die kans dat ons hierdie man weer 'n keer sien, en nou kyk hy net vir my?" Daar was baie ander karre in die omgewing. Maar hy het spesifiek net in die rigting van my kar gekyk.. Hy het ook sommer net uit die bloute verskyn..

Die Engel verskyn aan my ma-hulle.

Dit was een Saterdag oggend, en hulle was besig om in die tuin te werk. Hulle het naby aan die hek in die voortuin gesit en in die grond geskoffel met 'n grafie. Terwyl hulle nog so besig was, het hulle uit die bloute ewe skielik gehoor hoe iemand hardop roep. Hulle sien toe 'n swartman by die hekkie staan.

Dit was dieselfde man wat nou alreeds aan my verskyn het, en vir my gekyk het. Hy het ou klere aangehad. Sy hare was swart, en in "dreadlocks" gebind. Hy het 'n lang baard gehad. Hy het baie moeg gelyk en wou net 'n bietjie water hê. Hulle het onmiddelik vir hom 'n groot beker yskaswater gaan haal.

Ek wil nou net gou 'n klip in die bos gooi..Hoe is dit moontlik dat dieselfde swartman sommer so uit die bloute by my ma-hulle se huis opdaag en vra vir water. Daar is duisende huise in die uitbreiding waar hulle bly, maar die boemelaar het besluit om spesifiek my ma-hulle se huis te kies om te gaan water vra. Die vorige kere wat ons hom gesien het, was meer as 50 kilometer van my ma-hulle se huis af. Dit is maar net 'n wonderwerk. En ek glo 100% dat dit 'n engel is wat deur YAHUSHUA (JESUS) gestuur was.

Die Engel verskyn een aand laat, aan my, langs die pad.

Die engel het nou alreeds aan my, en my ma-hulle verskyn. Ek het hom ook op 'n ander geleentheid weer 'n keer gesien. Dit was een aand laat gewees.

Terwyl ek besig was om te ry, het ek skielik net begin wonder of ek ooit weer die engel (boemelaar) gaan sien. Op daardie stadium was ek besig om in 'n draai in te gaan. Ek was skaars om die draai, toe ek ewe skielik 'n man langs die pad sien loop. Hy het met sy rug, weg van my af gestap.

Toe ek nader kom, sien ek dat dit weer die boemelaar is wat aan my verskyn het. Die ou, swartman met die "dreadlocks" in sy hare, met 'n lang swart baard. My maag het sommer so hol draai gemaak. EK was baie verbaas gewees. Dit was 'n afgeleë stuk pad en ek was glad nie naby aan die vorige area, waar ek hom die laaste keer gesien het nie.

Die Engel verskyn aan my suster.

In die tyd wat die engel aan ons verskyn het, het my suster hom nog nooit gesien nie. Sy het een middag by ons huis gekuier, en ek het haar toe vertel van hierdie swartman wat verskeie kere aan ons verskyn het. Sy was baie opgewonde om dit te hoor. Nadat sy klaar by ons gekuier het, sê sy vir my dat sy ook graag hom eendag wou sien. Ek sê toe, "Jy sal nog sussie, jy moet net glo."

Die volgende oggend skrik ek met 'n gejuig wakker, toe my selfoon 7:00 lui. Dit was my sussie gewees. Haar eerste woorde aan my was, "Ek het hom gesien! Ek het hom gesien!" "Wag, wag. Stadig nou..", sê ek toe. "Waarvan praat jy?" wou ek weet. "Ek het die swartman gesien. Hy moet waarlik 'n engel wees.", sê sy toe. "Hy het naby my huis langs die pad geloop. Toe ek verby hom ry, het hy stip na my gekyk!!", sê sy.

Toe besef ek, dit is dieselfde man wat ook aan ons verskyn het. Ek was so opgewonde. Die man het nog nooit voorheen aan haar verskyn nie. Maar nadat ek vir haar vertel het van die man wat ons 'n paar keer gesien het, het sy hom ook, sommer nog die volgende oggend, gesien. Dit was te wonderlik vir woorde..

Ek glo dat YAHUVEH (God) definitief vir ons engele hier op die aarde, in die vorm van mense, geplaas het. Ek dink ook dat elke persoon 'n beskermings engel het. Maar vandag se mense het nie meer so 'n groot geloof nie. Die lewe is so gejaagd en die mense let nie meer op wanneer YAHUVEH (God) vir ons wonderwerke, hier op die aarde laat plaasvind nie. Ek dink my suster het ook diep binne in haar gevoel dat sy hierdie man wou sien. Sy het ook waarlik begin glo dat sy hom eendag sou sien. En sy het, sommer die volgende oggend nog..


5) My ontmoeting met Elisheva Eliyahu, nadat ek vir 3 maande bid en vir ABBA YAHUVEH (GOD) en YAHUSHUA (Jesus) vra vir 'n sleepwa.
1 Maart 2007
Gaan na bo
Dit was Desember 2006 en dinge in Suid Afrika het skielik baie deurmekaar begin lyk. Daar was oral stakings en die mense van die staatsdienste was ook besig om te staak. By hospitale het hulle ook gestaak. Daar was geweldig baie krag onderbrekings en die petrol en diesel het ook kort kort opgeraak in sekere stede.

Ek het gevoel dat indien die stakings sou aanhou en dinge hand uit ruk, ek nie langer in die stad wil wees nie. Ek sal eerder by 'n plek wil wees waar die stakings my nie so hewig sou raak nie. Iewers op 'n plaas, of in die veld, weg van enige geweld.

In dieselfde tyd het YAHUVEH opdrag aan Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) ander profete gegee om as sendelinge deur die wêreld te reis. En op daardie stadium was hulle in Suid Afrika, nadat YAHUVEH hulle vir 'n tydperk na Europa toe gestuur het.

Ek het ek ook as web ontwerper uitgehelp op die Amightywind of Almightywind webwerwe, en soos YAHUVEH en YAHUSHUA nuwe Woorde en drome aan Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) gegee het, het ek dit dan bygevoeg op die Amightywind webwerf. Ek het vir YAHUSHUA gesê dat ek dit uit liefde vir HOM doen en dat ek geen salaris daarvoor vra nie. Ek was in die bevoorregte posisie om my eie besigheid te hê. So ek kon enige tyd uithelp op Amightywind wanneer dit nodig was. So het ek vir 'n hele paar maande uitgehelp. Sommige maande het dit finansieël baie sleg gegaan, maar dan het ek net vertrou en YAHUSHUA het dan op wonderbaarlike wyses finansieël voorsien. Sommige maande het ek genoeg gehad om dalk 'n pakkie chips en 'n koeldrank vir my te koop en ek was selfs bereid om op te hou om sjokolade te koop, alhoelwel ek 'n soettand het, het ek hierdie dingetjies prysgegee, sodat ek net meer geld vir my kon spaar om my maandelikse uitgawes te bekostig.

Terug na die stakings, ek het toe een dag gevoel dat ek 'n sleepwa nodig het, indien ek sou besluit om net op te pak en iewers anders heen te gaan. Ek het besef dat ek nie al my goed in my voertuig sou kon laai nie.

Dit is toe dat ek begin bid vir 'n sleepwa. Ek begin toe elke dag, oggend middag en aand bid dat ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA vir my 'n sleepwa sou gee. Dat HULLE vir my finansieël sou bystaan om 'n sleepwa te kan koop. En ek glo toe ook in geloof dat HULLE dit vir my sou doen. Want my geloof het baie gegroei en ons lees in Mattheus 7:7-8 dat wanneer ons bid vir ons gegee sal word, en wanneer ons soek, ons sal vind, en wanneer ons klop, daar vir ons oopgemaak sal word. Maar ons moet in geloof bid, en soek en klop aan die Hemel se deur, in YAHUSHUA se NAAM.

Ek het gebid in die Hebreeuse NAAM van Jesus. In die NAAM van YAHUSHUA!
Ek het vir 3 maande so gebid en net in geloof geglo dat ek sal ontvang waarvoor ek vra.

Ek het toe ook Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) hulle se foon nommer gehad, omdat ons gereeld dinge van die Amightywind webwerf bespreek het.

En een middag bel sy my uit die bloute en vertel vir my dat hulle 'n verrsasing vir my het. Haar woorde aan my was dat YAHUSHUA vir my iets wil gee. Ek was so opgewonde. Ek sê toe aan haar dat hulle dit vir my in die pos kan stuur. En ek wou toe my pos adres vir haar gee, maar sy sê toe nee, ek sal dit by hulle moet gaan haal. Sy verduidelik my toe dat hulle in Port Alfred bly. Ek stem toe in en ek reël toe ook so dat ons sommer die volgende naweek na Port Alfred toe ry.

Ons vertrek toe vroeg die Vrydag oggend. Maar dit was 'n nagmerrie rit. Ons het amper die hele dag op die pad spandeer en op 3 geleendhede het daar trokke van voor gekom wat ander karre verbygesteek het, en ons net net gemis het. Maar YAHUSHUA was met ons en HY het nie toegelaat dat ons enige iets sou oorkom nie.

Later die middag kom ons toe in Port Alfred aan. Ek bel toe Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) hulle, en hulle verduidelik my toe waar hulle bly. Die ontmoeting met met Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) en Kathrynyah en Adam was absoluut so wonderlik!! Wow!! Hulle is sulke geesvervulde en liefdevolle mense. Dit is asof YAHUSHUA binne in elkeen van hulle is. Elisabeth (Elisheva) en Kathrynyah se oë glinster ook van die RUACH HA KODESH binne in hulle.

Ek het lekker gelag toe Adam sommer dadelik wou begin geestelike liedjies sing en YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH net wou begin loof en prys. Dit was so wonderlik.

Adam vra my toe om saam met hom na die motorhuis te gaan. Hy maak toe die deur oop en daar staan 'n sleepwa, Town en Country MK II. Wow!! En hulle sê toe, YAHUSHUA sê dit is joune, dit is jou geskenk vanaf HOM. HY sê baie dankie vir al die harde werk wat jy gedoen het op die Amightywind webwerf. Baie dankie vir alles wat jy opgeoffer wat om uit te help en die dinge wat YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH vanuit die Hemel spreek, aan die wêreld bekend te kan maak.



Wow!! Ek was spraakloos en opgewonde en stomgeslaan. Hoe kon enige iemand weet dat ek gebid en gevra het vir 'n sleepwa? Hoe het hulle geweet dat ek altyd in Centurion by die Game winkelsentrum dieselfde sleepwa gesien het, die Town en Country MK II. Dieselfde grootte en als. Dit was 'n saak tussen my ons onse Here YAHUSHUA HA MASHIACH. Net HY het geweet waarvoor ek bid. Net HY het geweet dat ek op my eie altyd na die Game winkelsentrum gegaan het om na die sleepwaens te kyk. Net HY het geweet dat ek geglo het dat ek wel eendag een sal kry.

En dit was nie al nie, toe hulle die sleepwa se deksel oopmaak staan daar 'n kragopwekker van R7000, 4 kanne volgemaak met diesel. Pakke soppoeier, pakke suiker, sout, sopmengsel, blikkies kos, toiletpapier, panne, ens...
Elisabeth (Elisheva) sê toe dat ABBA YAH ook vir hulle gesê het om 'n halwe bees se vleis vir ons te gee. En hulle gaan wys toe ook vir ons die vleis in die vrieskas. Wow! Wow! Wow!!

ABBA YAHUVEH het my gebede beantwoord. HY het gehoor waarvoor ek gevra het in gebed. HY het aan SY getroue profete bekendgemaak dat hulle die sleepwa vir my moet koop. En hulle was net gehoorsaam. Hulle het van die Amightywind bediening se donasie geld geneem en die sleepwa en kragopwekker en al die ander toerusting gekoop, sonder om vrae te vra, omdat hulle YAHUVEH vrees en net 100% aan HOM gehoorsaam wil wees soos HY ons in SY Woord die Bybel leer. HalleluYAH!!

Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) is so 'n geesvervulde, liefdevolle mens en sy dien ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH met haar hele hart en hele siel en haar hele verstand en met al haar krag. Sy is 'n ware eindtyd profeet en sy wil altyd net doen wat YAHUVEH en YAHUSHUA vir haar sê om te doen. Sy spreek die Woorde wat HULLE aan haar gee, net weer so voort, want sy weet dat dit 'n vreeslike ding is wanneer jy in die hande van ons Skepper val en SY Woorde verdraai het, of van dit weggenaam het, of iets by SY Woorde bygevoeg het. Sy vrees HOM, soos ons almal moet doen, en sy wil net 100% gehoorsaam wees aan HOM.

YAHUVEH noem Elisabeth Elijah (Elisheva Eliyahu) SY "Elijah of New", omdat sy soos Elia van Ouds in hierdie eindtyd opstaan en nie wegskram of wegvlug waar YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH vir haar vra om HULLE Ware Woorde aan die nasies bekend te maak nie.

Maleagi 4:5
Kyk, EK stuur julle die profeet Elia (Elijah) voordat die groot en vreeslike dag van YAHUVEH aanbreek.



6) YAHUVEH (GOD) het SY ware Hebreeuse Naam vir ons in die wolke geskryf.
17 Junie 2006
Gaan na bo
Ons het die dag by vriende en familie op 'n plaas gekuier. Tydens een van ons gesprekke het ek dit aan die mense bekend gemaak dat ons Hemelse Vader wil hê dat ons SY ware Hebreeuse Naam moet ken en gebruik.

Ons het lekker gekuier en ons het later die middag vertrek. Terwyl ek deur een van die plaashekke gery het, het ek skielik gevoel dat die HEILIGE GEES vir my sê dat ek in die lug moet opkyk.

Ek het geluister vir hierdie stem binne in my en het dadelik opgekyk. Tot my verbasing sien ek toe wolke wat eienaardige formasies form. Dit het kompleet gelyk of daar romeinse syfers in die lug geskryf was. Iets soos XL, maar ek was verkeerd..

Na 'n tweede deeglike kyk na die wolke, sien ek toe dat dit massiewe letters is wat in die lug gevorm word, deur die wolke. Ek lees toe die volgende....Y......A.....H..... YAH!! Die direkte Hebreeuse vertaling van ons Hemelse ABBA YAHUVEH of YAHWEH. In kort word dit as YAH uitgespreek. My oë was vol trane toe ek besef wat aan die gang was.



Ons Vader het ook vir ons op die Amightywind of Almightywind webwerwe vertel dat SY Naam binne in SY Seun, JESUS se Naam voorkom. JESUS word in Hebreeus as YAHUSHUA of YAHSHUA gespel.

Die NAAM NAAM YAHUSHUA beteken "YAH saves" of "YAH red".
Die NAAM YAH is in die NAAM YAHUSHUA.
Toe YAHUSHUA op die aarde was het HY gesê EK kom in die NAAM van MY Vader. En nou sien ons wat HY bedoel het.

Die NAAM Jesus is net 300 jaar oud en dit is 'n Griekse Naam.
Die NAAM YAHUSHUA is 'n Hebreeuse NAAM en HY was as 'n Jood (Hebreër) gebore. Nie 'n Griek nie.
Die NAAM YAHUSHUA is uitgevee en selfs uit die bybels gehaal, toe hulle begin het om die bybels oor te vertaal.

Daar is krag in die NAME YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH. Groter salwingskrag as wat julle nog ooit ervaar het. Kyk na die wonderwerke in my lewe en sien dit as getuienis dat dit wat ek gelei word om hier vir julle te sê, die Waarheid is.

Jesaja 29:23-24
Want as hy, sy kinders die werk van MY hande in hulle midde sien, sal hulle MY NAAM Heilig.
Ja, hulle sal die Heilige van Jakob Heilig en vir GOD van Israel met ontsag vervul wees.


Mense! Dit is so wonderlik!! Dit is so groot!! Ons ABBA Vader YAHUVEH het SY NAAM vir ons in die wolke geskryf. HY het al oor en oor vir ons vertel watter salwings krag daar is, deur HOM en SY Seun se ware Hebreeuse Name te gebruik. Nou het HY dit so duidelik aan ons deurgegee, deur SY NAAM vir ons in die wolke te skryf. Prys ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES) in die Hoogste Hemele!!!
HalleluYAH!!

Twee dae later, het ek, gelei deur die HEILIGE GEES, deur 'n klein boek winkeltjie gestap. Skielik het ek gevoel dat ek net 'n sekere boekie van die rak moet afhaal en iets daarin lees. Die skrif wat ek toe lees, was die volgende.
Maleagi 4:2
Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar
sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.




7) YAHUVEH (GOD) red my van 'n kar ongeluk en wys vir my 'n klein reënboog.
10 September 2007
Gaan na bo
Daar het gister 'n wonderwerk gebeur. YAHUVEH het my lewe gespaar. Prys ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA en die HEILIGE GEES!!

Dit was so 7 namiddag en alreeds donker. Ek wou vinnig winkel toe ry om brood en melk te gaan koop. Ek vertrek toe by die huis en ry na die naaste winkel.

By die eerste robot het ek stilgehou en vir die rooi lig gewag.
'n Ruk later het die robot groen geword en ek sit toe die die kar in eerste rat. Die volgende oomblik voel ek net hoe die HEILIGE GEES binne in my, vir my sê dat ek eers moet wag, voordat ek versnel. Ek haal toe my voet van die versneller af. Ek het skaars twees sekondes gewag, toe ek skielik hoor hoe 'n ander motor se bande skree. Toe ek opkyk, sien ek hoe 'n rooi motor na die robot toe gejaag kom en dat hy dit nie sal maak om te stop nie. Die persoon het toe remme aangeslaan, maar tervergeefs. Sy motor het oor die robot geskuif en soos blits voor my motor se neus verby gegaan.

Die persoon in die rooi motor was dronk en hy het oor albei bane geslinger. Net daar het ek besef dat as die HEILGE GEES (RUACH HA KODESH) my nie gewaarsku het nie, sou daardie rooi kar verseker in my vasgery het.

Ek Prys YAHUSHUA, omdat HY my voor die tyd gewaarsku het.

Nadat ek by die winkel aangekom het, gebeur iets verstommend..
Ek wou net uit my motor klim, toe ek skielik besef dat daar 'n klein reënboog in my kar is. Ja, die reënboog het oor my stuurwiel en kar sitplek en oor my bene gehang. Ek was stomgeslaan. Daar was geen sonlig wat hierdie reënboog kon vorm nie. Daar was ook geen lig van buite af wat so iets kon vorm nie.

Die volgende oomblik toe ruik ek hierdie soet geur in my kar. Dt was die mees wonderlikste soet geur wat ek nog ooit geruik het. Al wat in my gedagtes ingekom het, was dat dit soos melk en koekies ruik. Ek sê toe ook sommer kliphard, "Ahhh, melk en koekies..".

Dit was 'n baie soet geur, wat ek nie kon beskryf nie.

Deesdae leer ons dat wanneer YAHUSHUA ons besoek, dat daar 'n wonderlike soet geur in die lug is.
YAHUSHUA het nou onlangs Profeet Elisheva Eliyahu besoek en sy het die wonderlikste geur van rose geruik. Dit was die heeltyd daar terwyl HY teenwoordig was. Lees gerus meer hieroor in AmightyWind Profesie 130. "YAHUSHUA verskyn aan Elisheva Eliyahu as die Roos van Sharon." Ons dien 'n groot GOD!! Prys YAHUVEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH HA KODESH in die hoogste Hemele!!


8) Ek sien die bloed van YAHUSHUA terwyl ek gedoop word.
16 September 2007
Gaan na bo
Hierdie naweek wat verby is, was ek gedoop..
YAHUSHUA het my deur die HEILIGE GEES na 'n goeie vriend van my gelei. Hierdie vriend het ook drie jaar gelede sy lewe vir YAHUSHUA gegee en hy is ook gedoop.

Hy het my gister in 'n swembad gedoop.
Die water wys yskoud toe ek inklim, maar toe my kop met die doop onder die water ingaan, het die mees wonderlikste ding gebeur! Die water het skielik warm gevoel.

My oë was toe en ek het skielik 'n wit lig gesien wat voor my geflits het. Dit het so vinnig gebeur. Daarna het ek iets soos rooi water gesien wat voor my oë gespoel het.

Nadat ek gedoop was en weer uit die water geklim het, het my vriend skielik 'n woord vanaf YAHUSHUA ontvang. My vriend sê toe vir my, "YAHUSHUA het nou net vir my gesê dat die rooi water wat jy voor jou oë gesien spoel het, SY Bloed is wat met jou bloed gemeng het en jou liggaam gereinig het."
Prys ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES)!!


9) Ek sien YAHUVEH se Hand in die wolke.
19 Oktober 2007
Gaan na bo

Ek was besig om in my motor te ry.
Skielik sien ek wolke in die lug wat ek nog nooit voorheen gesien het nie. Dit is toe dat ek voel hoe die HEILIGE GEES vir my sê dat ek moet stop en in die lug moet opkyk. Ek het dadelik my motor tot stilstand gebring en uitgeklim.

Ek kon nie glo wat ek sien nie!! Ek het nie woorde gehad nie!
Reg bokant my in die lug het die wolke sulke eienaardige kolomme gevorm. Dit het letterlik gelyk soos massiewe vingers van 'n hand. Dit is toe dat ek besef, maar dit is 'n hand. Dit moet ABBA YAHUVEH se hand wees! Ek het nie woorde gehad nie.

Ek kon letterlik 'n palm van 'n hand, en vyf vingers, in die wolke sien. Die son het helder tussendeur twee vingers geskyn.

Behalwe YAHUVEH se hand, was daar 'n paar vlies wolkies in die lug. Ek het in my motor geklim en verder gery. 20 Sekondes later het ek by 'n rooi robot stilgehou. Tot my verbasing was die hand weg en die hele lugruim toegetrek met donker onweers wolke. Ek kon nie glo dat die lug in so 'n kort tydjie skiliek net toegetrek is nie. Die weerlig het geblits en dit wou begin reën.

Later die dag het ek die profeet op die Amightywind of Almightywind webwerwe gekontak en haar vertel dat ek YAHUVEH se hand in die wolke gesien het.

Haar antwoord was "YAHUVEH het vir my gesê dat dit wel SY hand was wat jy vandag gesien het. Dit is 'n hand van beskerming vir die wat HOM ken en vir die wat HY ken. Maar dit is ook SY hand wat SY woede oor die land gaan uitstort a.g.v. al die mense se sondes."

Die volgende dag het ek ook bevestiging by 'n ander profeet gekry, wat vroeër die jaar, ook YAHUVEH se hand bokant Suid Afrika, in die lug gesien het.