New1

Welkom by die AmightyWind Afrikaans Gasteboek


Baie welkom by hierdie Afrikaanse Tak van die AmightyWind Bediening!

Indien hierdie Bediening vir u ‘n seën is, nooi ons u uit om ons gasteboek te teken. Ons moedig u aan om u getuienisse te deel en hoe hierdie Bediening u geseën het.

Wat jy in hierdie gasteboek skryf, sal ook op ‘n baie spesiale manier in die Hemel opgeskryf word.

Baie dankie aan al ons ondersteuners. Soos die Skrif sê ons is almal een liggaam in YAHUSHUA, ons MASHIACH, en die wêreld sal weet dat ons van YAHUSHUA is deur ons liefde vir mekaar. (Romeine 12: 5, Johannes 13:35)

Dankie vir die seëninge! Mag YAHUVEH, YAHUSHUA en die kosbare RUACH ha KODESH jou pad bly lei in YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam!

Kom gerus en teken ons Gasteboek

 
 
 
 
 
 
In respek vir jou privaatheid, stel ons voor dat jy nie jou van gebruik nie, net jou naam.
Velde gemerk met * is 'n vereiste.
Jou email adres sal nie gepubliseer word nie.
Mia Mia
Prys ABBA YAHUVEH (GOD), YAHUSHUA ha MASHIACH (Jesus Christus) en die liefdevolle RUACH ha KODESH (Heilige Gees) vir Almightywind Bediening!!! ABBA YAHUVEH het my op ‘n wonderbaarlike manier na die bediening toe gelei en dit het my lewe in soveel opsigte aangeraak en verander . Die waarhede, profesieë, torah gedeeltes, leringe, en soveel meer wat ek van Almightywind af ontvang, is soos daaglikse brood vir my siel ….. vars manna vanuit die Hemel.

Hierdie Bediening, onder leiding van ons geliefde en gesalfde Apostels en Profete, Pappa Ezra en Mamma Elisheva Eliyahu, bestaan al meer as 24 jaar op die Internet. ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH se profesieë, gespreek deur geliefde Apostel en Profeet Elisheva is reeds in meer as 50 verskillende tale beskikbaar en bereik miljoene siele vir YAHUSHUA regoor die wêreld.

Baie dankie Pappa Ezra en Mamma Elisheva vir alles wat julle vir Almigthywind Bediening en ABBA YAHUVEH se kinders doen en beteken. Mag die seëninge van Deuteronomium 28 op julle neerdal en julle volg tot aan die einde van dae en mag ABBA YAHUVEH julle beskerm en ons liefdevolle IMMAYAH julle lei in al julle weë.

Baie dankie vir ‘n pragtige Afrika vir YAHUSHUA webtuiste, dis voorwaar ‘n voorreg om so ‘n gesalfde webtuiste in my eie moedertaal te kan hê. Alle Lof, Eer en Heerlikheid aan ons GOD Drie-Eenheid, VADER YAHUVEH, YAHUSHUA ha MASHIACH en ons liefdevolle RUACH ha KODESH, IMMAYAH!!!

Liefde in YAHUSHUA
Mia
Frank Frank
Ek is 'n getroue lid van die Amightywind Ministry al vir die afgelope min of meer 8 jaar, en kan ek net kortliks vertel hoe my lewe al aangeraak is hierdeur...

Amightywind Bediening is baie goeie vrugbare grond! Ek't eerstehandse ondervinding hiermee toe ek destyds by die kruispaaie gestaan het om in die sondag kerk te bly of om uit te gaan.
Ek't my tiende getrou betaal elke maand in die kerk. Hoe die kerke Malachi 3 gebruik om die mense te manipuleer om geld te gee! Hulle se, as jy GOD se huis bou, dan sal HY joune bou, en terwyl dit
als goed en wel klink, dis nie die ondervinding wat ek gehad het nie. Maar ek't dit gedoen uit gehoorsaamheid uit, en nie om iets daar uit te kry.
Maar kan ek net daarvan getuig die oomblik toe ek my tiende skuif na hierdie bediening toe, en uit die kerk uit is, dat ek eweskielik, uit die bloute uit, 'n baie groot finansiele seening gekry het!
YAHUVEH GOD is groot! Daar is geen ding soos toeval nie, net Toe-val-die-lig!

Dieselfde kerk ( CRC ) waarin ek was het ook die mense probeer vertel dat as jy nie in 'n kerk is nie, dan sal jy NIE die stem van die HERE hoor nie.
Wat 'n klomp nonsens! Hoe ironies, toe ek juis die kerk verlaat het, ek sal dit nooit vergeet nie, dit was 'n Desember en ek was in die kaap op vakansie.
Hoe sal dit nou gebeur dat juis op die tyd wat ek NIE meer in 'n kerk is nie, dat ek GOD se Stem vir die eerste keer gehoor het AUDIBLY!
CRC...julle leer die mense verkeerd. Amightywind bediening se Anointing het so sterk geword oor die jare, dit spoel oor al die getroue mense wat kom sit by YAHUSHUA
se Voete om meer te leer, en waarlik 'n mens ervaar die Salwing soos nooit van tevore nie.

Een van my gunsteling profetiese woorde:
https://prophecy.amightywind.com/prophecy76/

En as jy meer hou van afrikaans:
http://www.amightywind.com/prophecyafricaans/proph76africaans.htm

Die revelation in die Profiesie is amazing! Lees, en leer, en geniet!
Lees al die ander Profesie, en kyk hoe dit inskakel met die Bybel!
Jy sal nie spyt wees nie.

Mag die HERE YAHUSHUA jou hande sterk maak!
Frank
Marinda Marinda
Mag hierdie Afrikaanse tak van Amightywind deur SA versprei soos ń Magtige gesalfde onblusbare Veldbrand. Ek bid die Spoed van Elohiem YAH op hierdie Afrikaanse bediening. En ook wêreldwyd vir elke ander taal waarin hierdie Bediening bedien word.
Ek Loof en dank ons Elohiem YAH: Abba YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH Mamma WYSHEID vir AMIGHTYWIND MINISTRY op aarde en dat HULLE ons so lief het dat HULLE beskik dat ons hierdie Profesiëe en leringe in ons eie taal kan lees en deel . En vir Profesiëe spesifiek ook vir ons ( Profesie 79) in hierdie Land SA gáán die WAARHEID onverpoost voortwoed soos n VELDBRAND en BAIE sal tot bekering kom. Dankie ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA en IMMAYAH dat u ook aan SA gedink het . Alle lof Eer en heerlikheid aan ons Elohiem YAH . Geseënd is die NAAM van ons Goddelike drie EENHEID.
Shalom in die naam VAN YAHUSHUA
Suzan Suzan
Baie baie dankie vir so ‘n geseënde en gesalfde webblad.

Wow! AfricaforYAHUSHUA is so pragtig vir YAH se Glorie! Wat ‘n wonderlike voorreg ook om ‘n Webblad van AmightyWind Ministries in Afrikaans te hê. My hele lewe het verander sedert ek gelei is na die AmightyWind gesalfde Bediening en soveel wonders en seën volg my nog steeds.

Baie dankie dat julle my geleer het om die Hebreeuse Naam van ons Messias YAHUSHUA te gebruik en hoe uiters belangrik dit is. Om elke Woord wat ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH en Kosbare IMMAYAH, RUACH ha KODESH, HEILIGE GEES in die Profesieë deur ons geliefde Mom Elisabeth, Elisheva Eliyahu voortspreek in jou eie moedertaal te kan lees, is so ‘n groot seën. Die geestelike voedsel wat ek van AmightyWind Bedienings kry, is voedsel waarsonder ek nie kan of wil gaan nie!

YAH (HEILIGE DRIE-EENHEID) gebruik SY 2 Apostels en Profete, geliefde Dad Ezra en Mom Elisheva, om uiters belangrike waarhede te leer, soos om die ware Sabbat (Vrydagaand sononder tot Saterdag sononder) en die Heilige Feeste te onderhou, om te strewe om heilig te lewe en om aan elke Woord wat uit die Mond van ABBA YAHUVEH, Geliefde YAHUSHUA ha MASHIACH en Kosbare IMMAYAH kom, gehoor te gee en te gehoorsaam.

Baie baie dankie geliefde Dad Ezra en Mom Elisheva omdat julle gewillig is om die vervolging te dra vir die salwing wat daar op julle lewe rus. Dad, baie dankie dat jy ons Mom se Hoof gebed-bedekking is en vir die Torah Gedeeltes en Onderrig wat ons elke week kry. Elke Woord is van YAH en dit is soos manna uit die Hemel – sterk geestelike voedsel waarsonder ek nie kan of wil gaan nie.

AmightyWind Ministries en AfricaforYAHUSHUA is YAH se Eie Bediening, en nêrens op die Internet sal jy so ‘n pragtige en gesalfde Webblad kry nie!

Baie liefde in YAHUSHUA vir almal
Julle suster